DA beplan betoging oor beurtkrag

Mmusi Maimane, leier van die DA (Foto: Twitter via ANA)

Mmusi Maimane, leier van die DA, het Woensdag buite Eskom se Megawattpark in Sandton gesê hy sluit aan by Suid-Afrikaners se woede oor die regering se versuim om ʼn basiese diens aan die land te lewer.

“Dit is ʼn algehele versuim van die regering wat die land tot die randjie van ineenstorting gebring het met vlak 5 en 6 beurtkrag en kragonderbrekings landswyd wat “die nuwe normaal” geword het.

Die DA se Gautengse premierskandidaat Solly Msimanga en Team One SA-woordvoerder oor staatskaping, Natasha Mazonne, het by Maimane aangesluit.

“Die ANC sal voorspelbaar vir enigiets die skuld probeer gee buiten hulself. Hierdie nasionale noodtoestand sal nooit die kollektiewe verantwoordelikheid wees van die mense van Suid-Afrika nie. Die ANC en slegs die ANC is aanspreeklik vir hierdie energiekrisis wat al ʼn dekade lank voortduur.”

Maimane het gesê daar is boonop geen plan om die probleem op te los nie. “Van die president, tot die minister van openbare ondernemings, tot Eskom is daar geen plan of politieke wil om onmiddellik stappe te doen om die land uit dié ANC-geskepte krisis te kry nie. Ons kan dit nie verder aanvaar nie. Die ANC het Eskom gebreek; die ANC het toegelaat dat die kragvoorsiener gekaap word; en nou het die ANC nie enige plan om die krisis op te los nie.”

Hy het gesê ʼn verskoning van pres. Ramaphosa is nie goed genoeg nie. “Ons eis optrede! As ons nie nou optree nie, sal die kragvoorsiener nooit weer die honderde miljarde rand skuld kan afbetaal nie, die ongeveer 12 eenhede wat verloor is sal nooit weer herstel word nie, die steenkoolvoorraad sal nooit vervang word nie, ervare personeel sal nooit weer vervang word nie en die entiteit sal inmekaar stort.”

Die DA het ʼn “Nasionale Dag van Aksie” aangekondig op 29 Maart. “Ons doen ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners in elke gemeenskap, dorp en stad oor die land heen, om by ons aan te sluit in ʼn kollektiewe betoging teen dit wat nou ʼn nasionale krisis geword het. Net soos ons saamgestaan het teen Jacob Zuma en staatskaping, sal die ANC volgende Vrydag sien dat burgers die mag het. Die tyd is nou – ons sal nie agteroorsit en kyk hoe ons land ineenstort nie.”

Maimane sê die volgende moet onmiddellik gedoen word:
– Privatiseer die kragopwekkingseenhede van Eskom om ʼn verskeidenheid van energie op die netwerk toe te laat wat mededinging sal aanmoedig en kostes sal laat daal.
– Gee Eskom opdrag om onmiddellik konstruksie aan die laaste twee eenhede by Kusile te staak en eerder nog onafhanklike kragvoorsieners aan boord te kry om elektrisiteit te verskaf.
– Bevestig weer Eskom se ingenieurs- en instandhoudingswerknemers as ʼn “noodsaaklike diens” wat nie mag staak nie.
– Installeer slim meters vir munisipaliteite om hulle te dwing om betyds inkomste te verhaal.
– Laat munisipaliteite, wat goed bestuur word, toe om energie direk by onafhanklike energieverskaffers aan te skaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Abe ·

Hennie,(en Alida)
Ek verstaan nie jou redenasie nie. ‘Dink jy moet liewer n bietjie oorweeg wat jy se. As ons krag in duie stort sal dit uiters verreikende gevolge he.

GP ·

Moenie dink n land staan ooit weer op na so ineenstorting nie. Ten minste nie vir n paar generasies nie.

Bert ·

Ons het 25 jaar gelede JA gestem om boedel oor te gee en ‘n goedlopende ekonomie vir ‘hulle’ te gee om op te foeter.
Ons moet net ons self verwyt en dankbaar wees dat dit so lank gevat het om tot hierdie vlak te daal.
Dink alleen al aan hoeveel minder SARS gaan inkry oor die verlies aan besigheid (wins en btw) die btw verlies alleen op krag wat nie verskaf word nie moet astronomies wees.

Elna ·

Ja Musimani. Betoog asb oor beurt krag sodat ons almal gratis elektrisiteit en gratis water kan he asseblief. Dit sal vir die verbruikers soveel verligting bring. Dan moet jy asb ook net vir die 44 werkers uit elke 10 mense in Suid Afrika ook n werk skep asseblief. Aangesien jy onlangs gese het in n konferensie ” fourty four out of ten people is unemployed in South Africa”

Abe ·

gatiep,
Jy praat deur jou nek. n Totale afskakel van krag is n ernstige ding!

Alida ·

Ek stem stort ineen en kry klaar dan niemand krag nie. Huidiglik het die onwettige gebruikers krag want dit is verniet. Die ANC sal die heros wees om stemme te werf en die bollie uitsort 2 weke voor 8 Mei. How convenient!!!!

Abe ·

Die kommentare op hierdie berig is vir my besonder dwaas. Ek dink ons almal moet bietjie gaan nadink oor die erns van die saak.

Ruiklont ·

DA gebruik jul energie op dit wat ‘n verskil sal maak. Konsentreet om ontslae te raak van die staatskapers en werk vir lang lang jare agter tralies

Trol ·

Ookmaar stompsinnig vir n geleerde man. Speel al te lekker met woorde al om die waarheid. Privatisering van eskom gaan inderdaad meer gels wegneem. Al wat eskom kan help is om onwettige verbindings te vernietig en seker te maak daar kan nie weer bruggings plaasvind nie. Ontslae raak van dooie hout in die werkplek. Daardie mega salarisse, bonusse en stervoordele opskort. Uitstaande rekeninge invorder en lesbes self krag aan jan publiek verkoop. Maar ou moesie sal eerser beskuldig en vinger wys sodat die kiesers wat hy hoop om te trek uit die WIL ALLES VERNIET HÊ KORPS vir hom sal stem. Hou op op eiers loop. Klink die niebetalers se dop. Krag, lopende water, baksteenhuise,tersiëre oplyding is luukses nes sjokolade en hamburgers. Betaal daarvoor of doen daarsonder.

Abe ·

Trol,
Ek is getref deur die dwaasheid van meeste kommentare op die berig. As n mens die erns van hierdie saak in ag neem, dink ek die beste wat ons regering nou kan doen, is om n deeglike studie van Maimane se aanbevelings te maak en dit sover as moontlik, so gou as kan, te implementeer.
Ek moet met Maimane saamstem en hom geluk wens met die voorstelle wat hy maak.

Leon ·

Abe, ek stem saam met Maimane, behalwe die privatisering van Eskom. Daar is niks oor om te privatiseer nie, selfs Medupi is ‘n gemors. Die hele sektor moet geprivatiseer word: generasie, transmissie en distribusie. Onafhanklike produsente is wel besig om in te kom, ons kort moderne pararelle transmissie stelsels met meer spelers, en intelligente stelsels om krag te lewer aan finale gebruikers (smart systems). Gebruikers kan dan selfs verkies om hernubare krag te koop. Gebruikers met sonpanele kan selfs krag verkoop aan die verspreiders. Die politieke wil om alle beheer op te gee ontbreek egter. Ons kan net hoop Stad Kaapstad se hofsaak om windkrag direk van IPPs te koop gaan slaag. Maimane sal groot kraggebruikers agter die DA moet kry om hul saak te stel, en ons weet hulle wil nie die ANC ontstel nie. Ek is ook bekommerd wanneer ek lees dat Ramaphosa en Radebe se swaer ook tot die sektor wil toetree. Dit voorspel onheil.

Abe ·

Leon,
Ja, jy praat verstandig oor n ernstige saak. Ek stem saam met jou, vraag is hoeveel tyd is daar nou nog om iets te doen? Hoe oortuig mens die huidige regering om iets te doen? Lyk my ons is taamlik in n hoek gedryf.

Aap ·

Ai tog abe jy is so vol van jouself. Gaan was asseblief jou hande elke keer hoor.

Michael ·

Hey Ou Zuma het mos gese!!daar sal nooit weer beurt krag wees nie Ha Ha. dit is iets wat C R. nie kan reg kry nie. Kyk Ou Zuma wag was useless maar hier die een

Lina Smit ·

Mmusi, nou ewe skielik is dit “ons” land? Jy kry steeds nie my stem nie

marco polo ·

Jy raak verniet bly, hy bedoel ‘hulle’land. Die DA is nie n party vir blankes nie.

Davel ·

Mmusi, betoog sommer teen die DA in Pretoria asseblief. Groot dele van Waverley en aangrensende voorstede het vir MAANDE al geen straatligte nie.

willem Botha ·

Ek stem die hele moot is besig om agteruit te gaan en die DA raadslede is vol verskonings en geen wil om die probleme aan te spreek nie,my opinie is dat die area beter af was toe die anc aan bewind was.

Johann cb ·

Mnr Maimane, ek is self ‘n DA-aanhanger, maar woorde kan nie veel help sonder dade nie! Spring eerder in en doen iets daadwerklik om ‘n verskil te maak! Geen betoging gaan die kragtoevoer herstel, of beurtkrag oplos nie! Dit stel net ‘n baie slegte “voorbeeld” aan Unies dat betogings werk! SA verloor daagliks miljarde rande agv beurtkrag, betogings het dieselfde uitwerking! Hou kop Mnr…

Oujongvrou ·

Al die negatiewe kommentaar hier bo se vir my net een ding. Dom, dom, dom. As hierdie kragvoorsiener wat ons eskom noem privatiseer hoe gouer sal ons n goeie kragnetwerk kry. Alles onder die ANC het in duie gestort. Niks werk meer nie. Maimane toemaar, daar is mense hier in doe kaap wat vir jou sal stem. Laat die res van die land in donkerte sit. Ek kyk hier om my en dink ons is nie so ver van om onsself te help nie. Boere wat windopwekkers het en ander wat nou solar op hulle damme pak.

Abe ·

Oujongvrou,
Jy het nie mooi gedink nie. In geval van n totale ligte af situasie word landbou, industrie (groot en klein), watervoorsiening, handel (van gewone koop en verkoop tot effektebeursverhandeling), vervoer, afvalbestuur en nog baie ander noodsaaklike dienste in die land tot stilstand forseer. Bietjie kragopwekking wat jy noem soos deur windopwekking op plase of sonpanele, sal verdwyn in totale gaos in die land.

Michael ·

Soos die ANC. blankes gebruik vir belasting geld Doen die DA. dit net vir die blanke stem. Kyk maar wat doen hulle aan die plaasmoorde en plaas aanvalle NIKS NIE as hulle so om gegee het vir die blanke stem. kon hulle darem net so voor n verkiesing bietjie lawaai gemaak het daar oor. maar hulle se nie n woord nie Dit is mos nou n goeie bewys daarvan.

Pop ·

Marco polo, as jy nie vir hom wil stem nie, is dit jou saak. Ander weet beter en stem vir hom, want hy praat darem die waarheid en is nie korrup nie. Die blankes wat dink hulle kan op hulle eie klein mishoop gaan kraai moet maar so aanhou dink.

John ·

… die waarheid… dat die wit inkomelinge niks goeds vir Afrika gebring en gedoen het nie… onthou sy afskiet van Zille se opmerking… en hy predik die Bybel? Wat van al die kundigheid en ontwikkeling. As hy Afrikaners se stem soek moet hy darem erkentlikheid toon maar veral teenoor die Vader dat die Woord in Afrika verkondig kan word tot redding. Of was die Bybel net ‘n middel tot ‘n doel? Geen optog van watter party ook al sal die chaos by Eskom opklaar nie.

TN ·

Pop , baie dankie , darem nog ‘n stem van rede tussen die klop regse opstokers . Suid-Afrika is ‘n land vir ALMAL presies soos in die DA se manifes bevestig word en geen geskree deur die regses sal dit verander nie . Hierdie klompie is die ou HNP ondersteuners en die wat agter Terblanche se sotheid aangehardloop het ! Ons kan net slaag deur hande te vat ; Pietertjie en Vaaltyn hier in die Kaap gaan niks verander nie en nog minder regkry !

marco polo ·

pop, ek voel jammer vir jou, dit gaan vir jou n groot teleurstelling wees wanneer jy uitvind hy wou net jou stem gehad het en gaan eintlik niks doen nie.

Jo B ·

Gonna… sekere van hierdie kommentare maak my bang… wat het julle gedrink?

Arrie ·

Jare gelede toe die vorige Regering regeer het, het huidige Regering betoog om vir niks te betaal nie. Nou na 25 jaar is daardie vrot appels nog daar. Nou kry hulle net hul eie medisyne terug. Wil net alles he. Elke stad behoort sy eie krageenhede te kry. Wat het geword van die windkrag. Bly ek bly in Kaapstad kyk hoe lyk ander provinsies wat deur ANC regeer word. Moet tog nie draadsitters wees nie, gaan stem asb. My stem vir die blou span.

willem Botha ·

Nie weer al is hulle die enigste party dan stem ek nie.

Andile ·

My DA stem het in Schweizer-Reneke agtergebly. Om my stem nou te kry sal jy n koalisie met die VF+ moet sluit.

Dries du Toit ·

Arrie. Dit klink amper of jy selfbeskikking voorstaan. Dink mooi wat jy se

Amanda ·

Nog ‘n gesig, nog ‘n storie, nog ‘n protesoptog, not ‘n politikus wat stemme soek. Nog ‘n dag in ‘n misdaadhool waar Menseregtedag gevier word, maar die reg op lewe misken word. Nog ‘n betoging wat niks bereik nie. Hoeveel mense is gister dood agv misdaad in hierdie hool? Hoeveel mense gaan môre slagoffers word?
Asseblief, as betogings help vir iets, betoog asb teen misdaad en moord sommer so terwyl julle nou teen beurtkrag betoog, julle is mos nou daar om aan te hou beweeg en geraas te maak. Dit los alles op.

TLC ·

Nee sonder krag nie nee
Sny net soweto af en kyk wat se helse verskil gaan dit maak en as hul hul poppe uit die kot gooi laat saps met hul afreken
Oeps ons is in sa sorry sapd het mos nie voertuie nie
En hul is bang soos in baie bang
Ek wou julle nog n grappie vertel het maar nou het ek nie die KRAG daarvoor nie

humor ·

Daar is nog steeds baie mense wat hierdie saak nie reg verstaan nie. Die anc regeer van begin tot end met n kommunistiese ideolologie. Alles onder die mag van die staat. Hul sal nooit toelaat dat Eskom in privaatinstansies se hande beland nie. Dit is n handige eenheid om die burgery belastingbetaler tot op die been te plunder en magteloos te maak. Vir hulle is dit n eend wat goue eiers le om staat en leiers te verrykOok kan hul in lengte van dae die swart massa aan hul kant behoue laat bly deur voordeel te trek uit gratis krag en so hul stemme te werf.

Elizabeth ·

Ek sidder as ek die roekelose, onnadenkende kommentare op hierdie berig lees. Mense het geen idee waarvan hulle praat nie. As Eskom in duie stort, is ons oombliklik terug na die Middeleeue en sal julle onder andere darem nie meer julle belaglike sieninge op openbare media kan plaas nie.

Chris ·

Mnr Maiame verduidelik asb wat gaan die betoging help die sitasie gaan nie verbeter nie en die kaders gaan hulle net aan julle afvee. Begin solank beplan vir n beter en volhoubare kragnetwerk vir wanneer julle oor 10 jaar aan bewind kom. Vir die huidige glo die nasie nog CR en sy span is nog die groot verlosser en ridder in n swart BMW , maar hulle uurglas hardloop nou vinnig leeg

G ·

Betoging? Kan SA nog n extra dag van geen werk bekostig? En presies wat gaan jy reg kry deur te betoog Mmusi? Get a grip man! As jy wil betoog, betoog op 8 Mei by die stembus.

Hennie ·

As daar nie krag is nie kan ons in elke geval nie werk nie maar laat die ongeletterdes maar betoog want dit is al manier wat die regering wat ook ongeleterd is verstaan dat daar n fout is.
Kom ons wees n deel van die oplossing en nie n deel v.d probleem nie en stem met jou verstand en nie met jou hart op 8 Mei.

Hennie ·

Die DA moet net afsien van hulle grond sonder vergoeding beleid of miskien net meer verduidelik wat hulle bedoel omtrent dit. En dan ook die beeeeeeee beleid. Hoekom moet ek my besigheid deel met iemand anders dit is so goed n plaasboer moet n stuk van sy grond gee vir iemand anders.
Eskom kan gehelp word glo ek met deskudiges in ons land as hulle gevra word maar hulle is van n ander kleur.
Sodra enige beleid met kleur geassosieer word is dit rassisties en in daardie geval wil ek niks van so n party wees nie. Dit lyk vir my dat my party nog nie bestaan nie.

Oomblik in die Wind. ·

Ag is Moesie (sonder tannie Pat) nie te bly vir hierdie kolosale katastrofe in Eskom waarop hy kan kapitaliseer vir ‘n paar stemme nie? Dalk kan hy so ‘n paar ‘brownie points’ inwerk, voor 8 Mei? ‘n Kans om gesien te word? Die trein spektakel van Ramaphosa het so goed gelyk, ‘n ware Robin Hood vir die mense….
Nou kan die DA ‘n optoggie reël met blou hempies en die ANC troef vir ‘n paar stemme; dit kan slaag, maar ook nou net as die rooi leeglêers nie aan iets beter dink nie.
Politiek is een groot skyn, ‘n wedloop en oëverblindery vir stemme. Hulle voel almal ewe min vir SA en die lot van sy mense.

KrokodilBotha ·

Gedoriewaar , wie is die nar se almal . Stem foefie, lee blik . Gaan nie voor die wind waar hulle regeer nie. Ry elke dag in straat met massiewe potholes, patchy patchy deur die laaste jare. DA musipaliteite se geld kom nie terug na die wat betaal nie. Hulle duck and dive

Elna ·

Abe ek sien nerens in my kommentaar wat ek gelewer het dat ek enigsins jou opinie gevra het nie. Wie wil jy wees??? Wie is jy om almal so te oordeel op hulle opinies op hierdie kommentaar?? Duidelik stem jy vir die DA en stem saam die ANC!! So moenie ons wat kommentaar lewer op ons baadjie takseer nie. Elkeen wat hier kommentaar lewer het die volste reg om sy of haar opinie te lig en te se wat ons voel. Gaan krap eerder in die DA en die ANC se slaai en los ons uit om ons kommentaar te lewer. Duidelik is jy vervelig so gaan steek die vuur aan die brand en braai vir jou n lekker stuk vleis met n bier in die hand.

Hpk ·

En die beste… Geen van die gebiede wat die meeste geld skuld het beurt krag nie. Want hulle stem vir die ANC. Het jy nou al gedink wat sal gedeur as Soweto beurt krag moet kry……!!!

Thys ·

Abe……ou Musi en sy partydjie beteken net mooi niks vir my as n wit Afrikaans sprekende nie!!!!!! Go figure!!!!!!! Nag ou grootte!!!!!!!!

George in Bloem ·

Sterkte met die optog. Ek neem aan 44 uit 10 mense sal dit ondersteun.Eish!

Wiel Draai ·

Die grootste probleem (soos altyd) is die Wit Liberaal (soos heelwat van die briljante ‘kommintators’ hier) wat al ewig wil “positief wees”, “handjies vat”, heul, paai, soebat en onderhandel en die Nuwe SA Hool wil “maak werk” en almal wil oortuig dat hulle aan donker Afrika se “wonderlike demokrasie” moet deel neem, ensovoorts. Die Wit Liberaal verdien die chaos en verwoesting wat kom, en hopelik kry die Wit Liberaal dán hulle dubbele dosis “Poetic Justice” soos net Afrika dit kan uitdeel wanneer die massas finaal met hulle afreken. Nugter en denkende mense verlaat die land.

Nick ·

Ek lees nou al die kommentaar maar op die einde van die dag dink ek ons is self vir al die dinge te blameer. Ons laat die dinge toe want ons is te trots om te toi-toi, ons mense wat ja gestem het het hulle mag gegee en ons hou die anc in beheer. dink net wat kan ons doen as ons almal minder skuld op ander pak en vir ons regte opstaan………. dis natuurlik n droom want nie voordat ons kinders sterf van honger en ons suffer soos in konsentrasie kampe nie sal daar niks gebeur nie.hoe gouer hulle die land nog verder afbreek en verwoes hoe beter want ons is bederf en moet eers weer leer hoe om dankbaar te wees. Vergeet van bid en kerk toe hardloop. Ons moet self plan maak,ons hele nasie,nie net 1 of 2 nie , almal. Dit sal nie gebeur nie want ons is nog te ryk !!! Wag maar ……….die dag wat jy in die straat moet gaan sit en bedel dan sal dinge gebeur!!!!

marco polo ·

Ek stem saam met jou, Nick. Dit gaan nog te lekker, maar die tyd kom nou vinnig nader. Net die dwase sien dit nie.

NET EK ALTYD ·

Nick, ek stem heelhartig saam met jou. Ek is 30 jarige en my hart breek as ek al hierdie kommentaar hierbo lees. Almal te vinnig om gal te braak maar niemand sal opstaan en saamstaan. Altyd aan die baklei met mekaar. Sjoe ek sak my kop in skaamte.

Gert van Wierdapark ·

DA gaan betoog oor Beurtkrag – dis reg en goed so, maar ons in Centurion wil betoog oor die Nellmapius Toets-sentrum. In die byna 3 jaar wat die DA in Tshwane asn bewind is, lyk, ruik en “operate” die plek nog dieselfde. Ek weet die amp-tenare (soms ampte-narre) is nog dieselfde, maar verseker kan die met die politieke mag, iets doen om dit te “streamline”. Waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg! Het die DA die wil?

Adri ·

Skiet my maar dood maar toe almal “ja” gestem het het n LV destyds gese pasop vir die tandlose mamba se kleintjies. Nou pik die kleintjies almal raak. Nou net een versoekie en dit is vir 8 Mei. Mmusi het nie ‘n oplossing nie al blaf hy hoe hard. Daar is net twee partye wat teen aborsie op aanvraag is. Is jy aan blanke kant stem dan VF Plus en haat jy die blanke dan stem jy ACDP. Nie een van die twee gaan wen nie maar hulle laat jou stem tel deurdat hulle ‘n koalisie sluit met die party van hul keuse, en ek slaap rustig want ek het gestem. Stem vir die wenner en hoe kry jy dit dan reg om te slaap want daardie party gaan woes gly in Zuma se modder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.