Vandag se sportnuus

Nino Schurter en Lars Forster van Switserland wen die eerste been van die Absa Cape Epic (Foto: ANA)

Superrugby

  • Sewe wedstryde word die naweek gespeel.

Vrydag
Blues 08:35 Highlanders

Saterdag
Hurricanes 08:35 Stormers
Waratahs 10:45 Crusaders
Sunwolves 12:55 Lions
Bulls 15:05 Chiefs (Die Bulls sal sonder Warrick Gelant wees wat sukkel met ʼn skouerbesering).
Sharks 17:15 Rebels

Sondag
Reds 07:05 Brumbies

Pro14

  • Beide Suid-Afrikaanse spanne is dié naweek in aksie. Sewe wedstryde is geskeduleer.

Vrydag
Connacht 21:35 Benetton Treviso
Edinburgh 21:35 Leinster
Cardiff Blues 21:35 Llanelli Scarlets

Saterdag
Ospreys 17:00 Dragons
Ulster 19:30 Kings
Munster 21:45 Zebre
Glasgow Warriors 21:45 Cheetahs

Krieket

  • Suid-Afrika en Sri Lanka se tweede van drie T20-wedstryde word môreaand op Supersport Park in Centurion gespeel. Suid-Afrika het die eerste wedstryd op Nuweland in Kaapstad gewen en loop met 1 – 0 voor in dié reeks.
  • Die Indiese Premierliga begin komende naweek. Die Proteas se snelboulers, Anrich Nortje en Lungi Ngidi, het beide beserings opgedoen en hulle sal nie by IPL in aksie wees nie. Die eerste wedstryd word Saterdag gespeel wanneer die Chennai Super Kings en die Royal Challengers Bangalore mekaar pak.
  • In die plaaslike eendagreeks is een wedstryd gister afgehandel.

Warriors 223/9
Dolphins 229/1 (35.5/50 bb)
Dolphins wen met 9 paaltjies met 85 balle oor.

Donderdagword daar twee wedstryde gespeel.
Cape Cobras 10:00 Knights
Titans 10:00 Highveld Lions

Tennis

  • Die Miami Ope vir mans en vroue word tans gespeel. Loyd Harris van Suid-Afrika is gister in die kwalifiseringronde uitgeskakel. In die dubbelspel is Suid-Afrika se (6) Raven Klaasen en Michael Venus vandag in die ronde van 32 in aksie. Dié toernooi duur tot aanstaande naweek.

Gholf

  • In Amerika slaan die spelers later vandag af in die Valspar-kampioenskap in Innisbrook. Louis Oosthuizen, Charl Schwartzel, Branden Grace en Dylan Frittelli sal Suid-Afrika verteenwoordig.
  • In die Europese-reeks het die Maleisiese Ope vanoggend begin. Twaalf Suid-Afrikaners is in aksie.
  • In die Sonskynreeks begin die Toer-kampioenskap vanoggend op Serengeti. Zander Lombard sal ná dié toernooi as die wenner van die meriete ordelys gekroon word.
  • In die Sonskynreeks vir Vroue is die eerste ronde van die Jabra-toernooi op Glendower voltooi.

1 Nobuhle Dlamini (SWZ) -4
2 Anne-Lise Caudal (FRA) -1
   Lora Assad (RSA) -1
4 Kim Williams (RSA) 0  
   Kajal Mistry (AMA) 0
Tvesa Malik (IND) 0

Motorwedrenne

  • Die volgende twee wedrenne in die Formule Een- en MotoGP-reeks vind op dieselfde twee naweke plaas. Die aksie in Formule Een is aanstaande naweek in Bahrain en vir Moto GP in Argentinië.

Atletiek

  • ASA het 22 atlete gekies om Suid-Afrika by die wêreldveldloop-kampioenskap te verteenwoordig. Dié byeenkoms vind op 30 Maart in Denemarke plaas.

Fietsry

  • Daar was nuwe skofwenners tydens die derde skof van die Absa Cape Epic, in en om Oak Valley oor 103 km. Die voorlopers, Nino Schurter en Lars Forster het probleme in mans-afdeling ervaar en het vierde geëindig. Manuel Fumic (Dui) en Henrique Avancini (Bra) het die skof ingepalm en is nou algeheel voor.

In die vroue-afdeling het Annika Langvad (Den) en Anna van der Breggen (Ned) wéér geseëvier.
Vandag se vierde skof is ʼn tydtoets oor 43 km in Oak Valley.

Sokker

  • Twee internasionale wedstryde is gister afgehandel.

Wallis 1 – 0 Trinidad en Tobago
Duitsland 1 – 1 Serwië

Een internasionale wedstryd word vandag gespeel.
China 13:35 Thailand

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lourens Maritz ·

Die beriggewing oor die Cape Epic is al ou nuus. Die 5de skof is al gister afgehandel. Ons soek varser nuus asseblief MM en natuurlik meer omvattend as net die kategorie wenners.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.