Jong man sterf ná R21-skietery

Francois Swart.

ʼn Kranslegging is Donderdag gehou vir die jong veiligheidswag wat dood is nadat ʼn groep rowers Dinsdag op die motor waarin hy en ʼn kollega gery het op die R21-snelweg losgebrand het.

ʼn Kruis is reeds vroeër die week langs die R21 naby die Griffiths-afrit naby Kempton Park opgerig waar die skietery Dinsdag plaasgevind het. Francois Swart (22) is Woensdag in ʼn hospitaal oorlede nadat hy en ʼn kollega, Dale Collins, ernstig tydens die skietery beseer is. Collins sal glo Vrydag weer geopereer word.

Kollegas, familie, vriende en lede van die gemeenskap was Donderdagoggend by die kranslegging teenwoordig. Hy was ook bekend in gewigoptel-kringe.

Die kruis wat langs die R21 ter ere aan Swart opgerig is. Foto: Sec Pros/Facebook

Swart en Collins het glo goud van Pretoria na Edenvale vervoer toe die skietery plaasgevind het.

Kapt. Kay Makhubela, Gauteng-polisiewoordvoerder, het vroeër gesê ʼn groep van agt tot tien rowers in twee motors het omstreeks 12:00 ʼn wit Toyota Land Cruiser op die R21 agternagesit waartydens talle skote afgevuur is om die motor tot stilstand te bring.

Makhubele het verduidelik die polisie was intussen na die toneel ontbied waarna ʼn skietery tussen die polisie en die verdagtes ontstaan het. Die verdagtes het met leë hande op die vlug geslaan.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die polisie ondersoek sake van moord, poging tot moord en poging tot roof.

Die Toyota Land Cruiser ná die voorval. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Chris Ws ·

Dis duidelik die polisie was vas aan die slaap anders sou daar helikopters ens vir “backup” gewees het.SWAK SAPD – S W A K !!

B ·

Jy weet nie veel van die private goud vervoer bedryf. SAPD het weinig iets daarmee te doen.

At Dippenaar ·

Ag ou B, as jy dan so alles weet, lig ons plebs ook in?

Thinus ·

Hy is reg At die Polisie word nie altyd gebruik nie en dit is van iemand wat in die bedryf gewerk het..

Philip ·

Baie sad. Sterkte aan familie. Dit is ‘n “inside job”. As die polisie slim genoeg is sal hulle by sy werk begin navrae doen.

Elsabie ·

Ek stem Philip. Dis so ooglopend. Baie sterkte aan die familie en vriende.

Ongeduldig ·

Ek voel ook dat dit n inside job was want HOE anders het hulle geweet van die goud in DAARDIE voertuig? Hulle sal ALMAL in daardie maatskapoy as vetdagtes moet beskou en die gemors uitkry!

Al ·

Ek stem. Sterkte aan sy familie, mag die een wat die inligting uitgelek of verkoop het se siel in die hel brand!

Nicolette ·

Soos ek mooi kan verstaan hoe kon die rowers weg kom as die polisie reeds op hul geskiet het hoop die varke word gevang

Agie ·

Indien SAPS wel ál die skuldiges vang, verhoor en toesluit, verander NIKS. Die kosbare jongman is dood. Die power regering bly power. Net ons HERE kan hierdie gemors waarin ons, onsself laat beland het, verander. Mense …….BID

Gemaskerde Sopbeen ·

Agie, ou Nehemia het dae en nagte om gebid vir die muur van Jerusalem. Het die muur homself herstel? Nee. Die muur is herstel nadat Nehemia van sy kniekies af opgestaan het, en begin DOEN het waarvoor hy gebid het. Hoe vêr trek ons blanke Suid Afikanertjies met daardie konsep? Oooo…..nêrens nie? Ek weet….ons is nog net by “bid”…en NIKS gebeur nie. “Die Here” gaan niks hieraan doen nie…..”die Here” het jou ‘n brein en ‘n verstand en ‘n intellek en ‘n ruggraat gegee om die gemors wat jy self aangevang het, reg te stel….net sodra jy die beginsel begin verstaan. Tot dan gaan jy net ‘n slagoffer wees, van jou eie slapgatgeit….

Ken ·

Gemaskerde Sopbeen – 100% gesê!!! Wens mense wil ophou met “die Here sal help”…. Hy sal, ja, as mense hul gesonde verstand gebruik en iets doen! Help nie jy sit op jou gat en sê net heeltyd Hy gaan help nie. Staan op en doen iets!!!

Wa ·

Ek stem saam……..almal wag vir die Here om persoonlik uit die Hemel neer te daal en die vyand te verslaan. Ons moet bid ja maar om met ons handjies gevou te sit gaan ons nerens bring nie.

Matewis ·

Die van julle wat sê ons moet iets doen, verduidelik asb vir die van ons wat “net bid” wat ons moet doen en bewys ook wat julle al gedoen het. Saam met my gebed probeer ek sover ek menslik kan liefde uitleef. Jul praat van gemors wat ons self gemaak het regtemaak, ek het niks aangejaag nie, wat moet ek herstel?

Michael ·

ek wonder nog al hoeveel goud daar was dat die kind sy lewe moes prysgee vir n klomp sleg goed wat nie wil werk nie.

Ralph ·

Wonder wat sou die reaksie gewees het sou dit twee swart mans was wat deur tien wit kriminele geskiet was. Land sou beslis in vlamme opgegaan het

Willehond ·

As dit n anders kleurige was, was die hel nou los! Helikopters, taakmag en als anders. Maar nou ja, so gaan dit maar in die gewese land.

oopkop ·

Ek kon die skietery vanaf my huis hoor. Ek het gewonder wie gaan hierdie keer sy lewe verloor. Vreeslike skietery. Hulle skiet om dood te maak, geen genade nie. Voel niks vir n ander se lewe nie. RIV jonge man.

Dafer ·

@ Gemaskerde Sopbeen – Kom asseblief na vore met konstruktiewe voorstelle, en ek is seker dat daar ‘n skare gaan wees om jou te ondersteun!

Naas Vermaak ·

En laat hy bewys lewer van wat hy al gedoen het…

Hoekom is hier so baie skuilname ….is ons nou al heeltemal skaam vir ons identiteit????

Helena. ·

Baie tragies..ja was die kleur andersom was daar chaos..wonder net of daar vir die jong wit man se familie ook huise gegee gaan word..soos die tiener se familie gekry het..

Helena. ·

Baie tragies..wonder of die jong wit man se familie ook nou huise gaan kry soos die tiener se familie. Was die jong man swart was daar nou chaos..

HP ·

Jy praat nou twak. Hoeveel anders kleuriges volgens jou estimasie het huise ontvang? Get a grip!

SjN ·

Tragies, die jong man se familie behoort ook nou n huis te kry.

Lina Smit ·

Liewe Oom en Tannie, ek is so jammer oor Francois. Sterkte vir julle familie

Hond se Baas ·

Ja Gemaskerde Sopbeen jy slaan in die kol met, op die gat sit en bid. Daai groot seun het seker ‘n hele paar vriende in sy bedryf wat kan help met meer as net bid en op hulle gat sit. Doen iets broer.

Hond se Baas ·

Ja ek stem saam Gemaskerde Sopbeen, bid en slapgatgeit gaan nie die probleem stop nie maar doen gaan verseker.

Hannah ·

Wie was die lafhaard wat die opdrag gegee het dat die “goedere” vervoer moet word….sonder die ondersteuning van SAPD of gewapende sekuriteit
Glo my….hy of sy sou dit beslis nie self gedoen het nie

Pim ·

As hulle onder SAPD bewaking die goud vervoer het dan was daar dalk 30 rowers van 4 verskillende groepe.

Astrain ·

Ek het ook 2 jong seuns, pragtige mense wat ek diep liefhet…as dit met een van hulle moet gebeur, sal ek geen steen of geld ontsien om daardie kriminele op te spoor nie. Ek sal hulle JAG!!! VERSKRIKLIK TRAGIES. So jammer aan sy ouers. ????

Jerry ·

Stem saam met baie van die kommentare. Tyd vir optrede, ons kan nie meer sit en kyk nie. Waar was die polisie se “Elite eenheid”

George in Bloem ·

RIV jong man en innige simpatie aan sy geliefdes. Nog ‘n jong man in die fleur van sy lewe op die altaar ge-offer van die wondelike demokratiese Suid Afrika wat al die liberale en westerse wereld so graag wou he en wat nou opge-eindig het in hierdie korrupte,geweldadige hel hool wat hy tans is. Mens het nie meer woorde nie. Die patetiese ANC regering,met hulle totale laksheidsheid,se hande drup van die bloed van duisende van my mense. Daar sal ‘n dag van afrekening kom. Dit kan nie onbeperk so aangaan nie.

George in Bloem ·

RIV jong man en innige simpatie aan sy geliefdes. Nog ‘n jong man in die fleur van sy lewe op die altaar ge-offer van die wondelike demokratiese Suid Afrika wat al die liberale en westerse wereld so graag wou he en wat nou opge-eindig het in hierdie korrupte,geweldadige hel hool wat hy tans is. Mens het nie meer woorde nie. Die patetiese ANC regering,met hulle totale laksheidsheid,se hande drup van die bloed van duisende van my mense. Daar sal ‘n dag van afrekening kom. Dit kan nie onbeperk so aangaan nie…..

Beste ·

Die beste wat enige witmens kan doen is om die hool te verlaat. Diegene wat nie kan emigreer nie gaan eenvoudig die donker hool se nagmerries tot die dood toe of tot die wederkoms ervaar en beleef. ‘n Tragedie. Wit kinders het GEEN toekoms in donker Afrika nie.

Ek stem ·

Ek stem 100%, Beste. As ek kon het ek my gesin gevat en gewaai! Geen meer ‘trots’ Suid-Afrikaans. Wat is daar oor om meer trots op te wees… dat ons sekerlik die hoogste vlak van moord en korrupsie het????

Anoniem ·

Ek stem heelhartiglik saam. My seuntjie het gelukkig dubbele burgerskap en ek het PR in Australia. Maar tog wonder bo wonder bly ek glo dat ‘n land ook maar net ‘so ver’ in die afgrond bestuur kan word, tot alle moontlikhede van ongeruimdhede uitgeput kan raak. Dan sal ons seker maar weer moet oorneem en herbou

Ronell ·

So Gemaskerde Sopbeen wat presies het jy al gedoen??
of is jy ook nog op jou knie
woorde wek maar dade trek

diefie ·

Mag die Vader julle saggies en teer in Sy hand van vertroosting vashou.

Jennifer ·

Ek het ook n seun van die leeftyd, word die blanke meer as sekuriteitswag gebruik?teenoor die ander wat makliker beinvloed word? Aan ouers van sekuriteitswagte bid ek sterkte toe. Hartverskeurend!

Melanie ·

Plaasboere word in hulle huis aangerand en/of doodgeskiet. Hierdie jong manne was vasgevang in ‘n klein voertuig. Hulle kon nêrens heen hardloop nie. Is dit nie net NOG ‘n ander manier hoe hulle die blanke kan vermoor nie? Die polisie het nie EEN van die ander gevang nie en AL die boosdoeners het weggekom. En die goud is nog veilig. Dit laat mens dink……

Hennie ·

Hierdie is my regte naam van nou af as hulle begin skiet skiet ek terug daar is nie meer genade nie . Hoeveel van julle dit gaan doen is julle probleem .genoeg is nou regtig genoeg magtag ons is nie slappert en papers nie

Al wat oorbly ·

Stem!!!! En nie vir ANC en DA nie. Stem vir die VF+ dis absoluut al wat ons nou kan doen. Almal kan nie vlug nie. Mens kan nie gereg in eie hande neem nie. Bring jou kant om jou kruisie darem net op die regte plek te gaan trek.

MJP ·

Baie sterkte aan die familie en vriende

Hierdie is definitief in inside info. Hopelik het die polisie reeds daarmee begin en gebruik hulle polygraphs om almal wat betrokke was te toets.

Al ·

My gedagte ook, maar miskien is die Land Cruiser juis gebruik om so min as moontlik aandag te trek.
Dis waarom die sekuriteitsmaatskappy daardie blikskottel moet wat gierig was deur inligting uit te gee, moet vastrek.

Al ·

My gedagte ook, maar miskien is die Land Cruiser juis gebruik om so min as moontlik aandag te trek.
Dis waarom die sekuriteitsmaatskappy daardie blikskottel moet wat gierig was deur inligting uit te gee, moet vastrek.

Frans ·

Ek stem saam met “Gemaskerde Sopbeen” wat Nehemia se gebed en optrede mooi beskryf het, ook “Hennie” en “Al wat oorbly”. Maar ek het ‘n vraag oor die kruisie trek tydens die verkiesing om ook ons kant te bring. Ja, ons wil ons kruisie trek (dié wat hopelik van voorneme is om te stem), maar die mense wat vir WARE geregtigheid wil stem, gaan steeds kruisies volgens hulle “persepsie” van geregtigheid by verskillende partye trek omdat elke party sy eie “beloftes” van “melk en heuning” verkondig. Dan ‘n volgende vraag: Wat is “geregtigheid” deur die oë van die regering en ander partye? Duidelik sien ons met al die daaglikse ongeregtigheid dat geregtigheid nie meer die Ware Geregtigheid is waarmee ons land regeer behoort te word nie, asook geen konsekwente gesag wat toegepas word nie. Geregtigheid en gesag (polisie, weermag, howe) het nou ‘n VALSE norm geword wat op ons toegepas word. Hoe verander mens die VALSE geregtigheid as die regering dít as húlle “ware” vorm van geregtigheid beskou? Ek sou ook bitter graag ‘n oplossing wil lewer, maar as die regering dit verwerp omdat dit as “weerstand” en “teenstand” in hulle oë beskou word, hoe dan gemaak? Daar is soveel wantroue tussen die huidige gesagsinstansies wat verdeeldheid veroorsaak en dit omdat die gesagsinstansies deur die regering “voorgskryf” word en niemand wat positief as korrup in howe verklaar word, tronkstraf kry nie. Hulle bly steeds deel van die parlement en mense verloor vertroue oor howe se “vryspraak” van die lede.

Andre ·

Mense, die manne het hul daaglikse arbeid verrig wat hulle seker gekwalifiseerd was om te doen. Hulle is bewus van die risiko’s, die Polisie kan nie almal eskort en oppas nie. Waaorom moet mense nou vashak by Godsdiens en politiek. Daar is mense wat ooggetuies was van die gebeure laat hulle na vore kom met inligting om die oortreders op te spoor. Die Polisie is ook net doeltreffend as hulle deur die publiek gehelp word. Hou op snert praat. My meegevoel met die oorledene se famielie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.