Hongersnood weer al hoe groter krisis

Vredeswerkers van Kamodja vergader by die militêre lugmagbasis in Phnom Penh. 382 van hulle het Donderdag veilig tuis gekom na die voltooiing van hulle jaarlange VN-vredesveldtog in Mali en Suid-Soedan. Foto: AP Photo/ Sovannara /www.africannewsagency.com

Vredeswerkers van Kamodja vergader by die militêre lugmagbasis in Phnom Penh. 382 van hulle het onlangs veilig tuis gekom na die voltooiing van hulle jaarlange VN-vredesveldtog in Mali en Suid-Soedan. Foto: AP Photo/ Sovannara /www.africannewsagency.com

Sedert die begin van 2017 is ernstige toestande van hongersnood reeds deur die Verenigde Nasies in Suid-Soedan, Venezuela en Jemen uitgewys. In talle ander lande regoor die wêreld heers daar reeds lank toestande van hongersnood. In ’n era van globalisering, groeiende rykdom, hoë produktiwiteit, verfynde produksievermoëns en uitnemende benutting van hulpbronne moet die vraag gevra word: Is die wêreld nie veronderstel om in die basiese behoefte van voedsel vir al sy mense te voorsien nie?

Die sekretaris-generaal van die VN het verlede week bekend gemaak dat minstens 20 miljoen mense, insluitende 1,4 miljoen kinders, tans weens hongersnood deur die dood in die gesig gestaar word. Die grootste risiko’s is in die noorde van Nigerië, Somalië, Suid-Soedan en Jemen. Wanneer ’n mens na hierdie 20 miljoen mense kyk, is dit belangrik om te besef dat hier na die ergste gevalle gekyk word en dat die honderde miljoene mense wat voortdurend voedseltekorte ervaar, hoewel hulle lewens nog nie deur hongersnood bedreig word nie, nie bygereken word nie.

Die rede vir die huidige toename in hongersnood is hoofsaaklik oorlog en gewelddadige konflik. Volgens die hoofekonoom van die wêreldvoedselprogram in Rome, Arif Husain, beskou hulle ’n toestand van hongersnood slegs waar daar reeds mense daagliks weens honger sterf. In Somalië is daar volgens hom verlede jaar minstens 260 000 mense weens hongersnood dood.

Hoewel oorlog en konflik die oorsaak vir die hongersnood is, vra leiers en aktiviste regoor die wêreld waarom instellings soos die VN en die wêreldvoedselprogram nie oor die vermoë beskik om die situasie te besleg nie. Die eerste antwoord is eenvoudig: Daar is nie genoeg geld beskikbaar om voedsel aan te koop en na gebiede wat hongersnood ervaar te versprei nie. In ’n era waar Westerse lande begrotingstekorte en enorme staatskuld moet trotseer is dit duidelik dat ’n alternatiewe model vir die finansiering van voedselprogramme nodig is. Lande soos China, Indië en ander ontwikkelende lande sal hul bydrae moet verhoog.

Die tweede rede waarom die probleem met hongersnood nie opgelos word nie is meer kompleks. In byna al die lande waar hongersnood tans tot sterftes lei word voedsel as speelbal gebruik om die konflik verder aan te blaas en om een groep teen ’n ander af te speel. Terroristegroepe beheer grondgebied deur die voedselvoorraad te beheer.

Daar is egter nóg ’n rede vir die geweldige toename in armoede en hongersnood in sommige wêrelddele. Globalisering het oor die afgelope paar dekades die slimste en suksesvolste mense na die lande met die sterkste ekonomieë en beste geleenthede getrek. ’n Mediese dokter in ’n Afrika-land emigreer eerder na die VSA om daar in beter werksomstandighede te gaan werk as om in sy eie land mediese dienste te lewer. Die entrepreneur uit die Midde-Ooste emigreer na Kanada of Australië in plaas daarvan om in sy eie onstabiele en onveilige land ekonomiese aktiwiteit te bevorder.

Nog ’n probleem is dat die bevolkingsaanwas in die armste lande baie hoog is. Dit gekombineer met voortslepende konflik, die mobiliteit van suksesvolle mense en Westerse lande se afnemende vermoë om vir die armste mense in ander wêrelddele te sorg, lei tot die huidige hongersnoodkrisis.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Jaco Kleynhans

Meer oor die skrywer: Jaco Kleynhans

Jaco Kleynhans is Uitvoerende Hoof van die Orania Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

10 Kommentare

conrad ·

Die aarde kan nie genoeg water en voedsel produseer aan die oorbevolkte massas wat NIKS doen om voedsel in hul eie omgewing vir hulleself te produseer nie. Groentesade is goedkoop. Die Here het gese, heers oor die aarde en BEWERK dit. Al wat hulle doen is om onverantwoordelik aan te was! Weet hulle ooit waar kinders vandaan kom? Wat hul problem erger maak, is mense wat voedsel aanry.Nee. Stop dit, sodat hulle kan leer. Voorsien hulle van voorbehoedmiddels sodat hierdie arme aarde kan asemhaal! Dis die enigste manier om hul eie elende stop te sit. Hou op kinders maak en begin plant saai en ploeg.
Onverantwoordelike bevolkingsaanwas is n al groter wordende problem vir die aarde. Volgende keer, vat voorbehhoedmiddels en nie trokke kos nie. Alternatiewelik begin n sterilisasie program.

Piket ·

In kort:
Volgens my mening is die heeltemal reg in sy aanname.
Ek stem ook heeltemal saam met Conrad. Helaas, werk sal daar nie gewerk word as hul dit verniet kan kry nie.
Aanwas beheer sal nooit realiseer tensy daar baie streng wetgewing toegepas word nie.
Goeie orde word in toenemende mate hierdeur bedreig.

Anton ·

…kinders maak sal nie die honger stil nie…kyk maar na die video materiaal wat uitgesaai word…vier aan die hand, een op die heup…en weet nie hoeveel in die maag nie…wette sal nie help nie…hulle weet daar is nie kos nie…maar tog…maak hulle kinders…

Jane ·

Daar word gedurig geveg oor LAND, maar land wat nie bewerk is en voedsel op produseer word nie beteken absoluut niks nie. VERAL Afrikalande se inwoners ly honger .. hoekom, omdat daar agv politieke druk LAND links en regs uitgedeel is, wat vandag bar en onbewerk staan. Om LAND te besit, beteken dalk in sekere kulture jy is ryk maar dit beteken NIE jy kan eet as jy nie vee daarop aanhou of plant en saai nie. Ongelukkig sit ons met mense wat ‘land’ aan mense belowe om aan bewind te bly, hulle is aangesê om aan te teel sodat hulle die minderhede kan onderdruk en die lande OORNEEM. Wel wel .. kyk nou hoe goed het dit oral gewerk. Kyk in lande waar daar hongersnood is hoeveel KLEIN KINDERTJIES en babatjies is daar. Die hemele weet as ek weet ek gaan een van die dae self nie kos he nie, sorg ek dat ek GEEN ander lewetjie op hierdie aarde inbring nie. TOG pla dit meeste van hulle NIE! Hoekom moet Westerse lande wat kort kort uitgeskel word altyd HELP? Omdat hulle kan beplan?

M'Lady ·

Sewe biljoen mense, een planeet. Die aarde kan nie meer die groot hoeveelheid mense van bronne voorsien nie. Niemand rep n woord hieroor nie, maar die hoe bevolkingsaanwas, is die groot probleem.

humor ·

Die arme mense kry bitter swaar en al plesier wat hul het is om aan te was. Die wereld sou n wonderlike leefruimte wees as die mense n besef van verantwoordelikheid gehad het, maar hierdie besef ontbreek ongelukkig. Ook in hierdie opsig is die mens se lewe vir hul van nul en gener waarde. Dit is ongelukkig so dat enige hulp hul net in n groter ellende dompel.

Meraai ·

Geen mens kan konsentreer of helder dink as hy honger is nie en kan dus nie opgevoed word nie. Voed mense, gee veilige plek om te bly en voed hulle dan op om selfonderhoudend te wees. M.a.w. moenie vir hulle vis gee nie, wys hulle hoe om vissermanne ( met al die verantwoordelikhede en selftrots van ‘n visserman) te word. As kos voortdurend vir deperate mense aangery word, gaan hulle net dit bly: desperaat!

Theresa ·

Dis hoe dit is. Massas en massas wat massas vergroot. Elke mens het die plig om iets te doen om sy voeding te plant, help plant en te oes. Dit kan nie aanhou dat voedsel bloot ingestop word nie. Alle mense moet weet hoe om te verbou en hoe om op te pas en hoe om die vrug van daardie arbeid dan te benut en te geniet. Maar, dis eeue al wat dit is, soos dit is.

Anton ·

…n man, ek sal nie sy ras verklap nie, het eendag vir my gese:
“a hungry man is an angry man”…dit is so waar…

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.