#JongStemme: Hoe Malema se gewelddadige retoriek tot binnelandse terrorisme gelei het

Deur Ruan Goosen

Ruan Goosen.

Die sage het op vier September begin toe ’n “kontroversiële” Clicks-advertensie, met ’n klaarblyklike rassistiese ondertoon, op Twitter begin sirkuleer het. Dié sjampoe-advertensie bevat vier foto’s. Op twee foto’s verskyn twee swart dames – een met die opskrif “Dry & Damaged Hair” en die ander “Frizzy and dull hair”. Op die ander twee foto’s verskyn twee wit dames – een met die opskrif “Fine & Flat Hair, die ander een, “Normal hair”.

In ’n oogwink het dié advertensie nasionale nuus geword omdat hierdie “blatante rassisme” vir talle swart Suid-Afrikaners aanstoot gegee het. Soos klokslag het die gewone ou rassesmokkelaars soos die EFF op die wa geklim en verder die vuur gestook.

Ek gaan nie kommentaar lewer oor die “moraliteit” van die advertensie nie, maar liewer die aksies wat daarop gevolg het.

Op 9 September het die EFF die geleentheid gebruik om ’n grootskaalse veldtog van stapel te stuur met die doel om hul etnies-Marxistiese agenda op hierdie sage af te dwing. Hulle het gedreig dat hulle Clicks-winkels sou toemaak as Clicks nie by die EFF se voorwaardes hou nie. Julius Malema het kort daarna sy volgeling begin opsweep op Twitter deur oproepe tot gewelddadige aksie te maak, soos “Fellow fighters and ground forces, ATTACK!!!”, “we are ready to take the ultimate sacrifice in defence of black people”, “We are ready for war”.

Die oggend ná Malema se onverantwoordelike twiets het EFF-lede landwyd na Clicks-winkels toe gegaan en sodoende met hul vandalistiese veldtog begin. Verskeie winkels, onder meer die Clicks in Emalahleni, Polokwane en Witbank, is met petrolbomme bestook. Die Clicks in Alberton is aan die brand gesteek en die een in Queenstown gevandaliseer. Talle ander winkels moes toemaak as gevolg van EFF-lede wat die werknemers met geweld gedreig het indien hulle nie hul deure sluit nie.

Die ergste van als is dat Clicks op 6 September aansoek gedoen het om ’n dringende interdik teen die EFF te kry wat moontlik die EFF-terreur sou verhoed. Mens sou verwag dat die hooggeregshof hierdie aansoek sou goedkeur, maar die hof het sy ware ideologiese kleure gewys en die aansoek van die hand gewys, met koste. Alhoewel Clicks ’n klein oorwinning gekry het by die Johannesburgse hooggeregshof op 8 September toe hul ’n interim-interdik teen die EFF gekry het, was die skade reeds gedoen.

Kom ons tree vir ʼn oomblik terug en begryp wat die afgelope paar dae gebeur het: Die leier van Suid-Afrika se derde grootste politieke party het aan sy nalopers ’n direkte opdrag gegee om een van die land se grootste winkels aan te val. Die daaropvolgende dag het hulle in hul massas uitgegaan en presies gedoen wat vir hulle gesê is. Malema is tot dusver nog nie verantwoordbaar gehou vir hy dade nie, en volgens my mening dink ek nie daar gaan enige nagevolge vir hom in die toekoms wees nie.

Verbeel jou hierdie was die leier van die VF Plus, sou sy lot die selfde as Malema s’n gewees het? Nee, want die institusionele dubbelstandaarde wat tot dusver ontwikkel het, is nou van so aard dat sommige van die land se burgers toegelaat word om terrorisme aan te hits, sonder enige nagevolge, terwyl ander toegesluit word omdat hulle “rassistiese” woorde gebruik.

In die huidige Suid-Afrika word rassisme as die grootste morele boosheid beskou. Die Clicks-sage het dit bitter duidelik gemaak dat mens terrorisme mag regverdig, solank dit gedoen word in die naam van antirassisme. En moet nie dink dat jy veilig is omdat jy ’n antirassis is nie – Clicks is ’n vlak 6 SEB- maatskappy met ’n swart uitvoerende hoof en boonop is die meerderheid van hul direkteurs ook swart. Tog is dit steeds nie genoeg nie, want die “antirassisme-revolusie” sal nie stop voordat alle vorme van rassisme uit die samelewing verwyder word nie.

Dit is duidelik dat die Clicks-sage dieselfde ideologiese ondertoon as die gewelddadige Black Lives Matter (BLM)-optogte in die VSA het. Want soos enige Marxistiese beweging, glo hulle dat alle aksies – maak nie saak hoe gewelddadig en immoreel nie – geregverdig mag word solank dit ooreenstem met die beweging se ideologiese einddoel.

Uit die geskiedenis weet ons dat die eindresultaat van só ’n ideologie tragiese nagevolge inhou. Ons moenie toelaat dat hierdie tipe gedrag die nuwe normaal word nie, want indien dit gebeur, is ek bevrees daar lê donker tye vir ons voor.

  • Ruan Goosen is ’n meestersgraadstudent aan die Universiteit Stellenbosch, en die aanbieder van die Goosenomics-podsending.

#JongStemme is ʼn projek deur Maroela Media en Solidariteit Jeug wat die jeug se stem in die openbare domein wil beklemtoon. Besoek Solidariteit Jeug se webblad by www.jeug.co.za vir hulp en raad met jou loopbaan.

As jy tussen 18 en 24 jaar oud is en ʼn meningstuk wil skryf, stuur ʼn e-pos na [email protected] en ons maak graag kontak met jou.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: #JongStemme, Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

tweeling ·

Gelukkig het die krieket spanne van Pakistan, Engeland en Aus wakker geword en #BLM begin ignoreer

Vlam14 ·

Emalahleni en Witbank is een en dieselfde plek. Die een is die Afrikaanse naam vir ons dorp en die ander die swart naam vir dieselde dorp

dissie ·

Dankie Ruan,
Dis tyd dat ons wakker word! En of Emalahleni en Witbank die selfde plek is, is nie tersake . Die rassehaat gaan nie stop nie, nie in ons leeftyd .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.