Die Switserse sjokoladevervaardiger Lindt het die wêreld se hoogste sjokoladefontein onthul by sy splinternuwe “Home of Chocolate”. Die wêreld se grootste Lindt-sjokoladewinkel word ook hier gehuisves.
Lees meerAlles vir Vrydag 11 September 2020
Man in hof vir moord op pa
ʼn 21-jarige man het Vrydag in die Bloemhof-landdroshof in Noordwes verskyn in verband met die moord op sy pa en die verkragting van ‘n minderjarige familielid.
Mabuza verwelkom vordering met noodkragopwekking
Die Eskom-taakspan, onder leiding van adj.pres. David Mabuza, het Vrydag vergader om die kragreus se vordering met sy talle uitdagings te bespreek.
Eksekuteur vas oor ‘boedelbedrog’
ʼn Eksekuteur is vir beweerde boedelbedrog van R1,2 miljoen in hegtenis geneem.
Geen beurtkrag die naweek verwag
Volgens Eskom bly die kragnetwerk egter steeds onder druk en kan beurtkrag weer op kort kennisgewing ingestel word indien daar enige verdere onbeplande onderbrekings is.
Clicks moet ook aan MRK, departement verduidelik
Clicks moes hom die afgelope week ook voor die Menseregtekommissie en die minister van kleinsakeontwikkeling verduidelik oor die advertensie wat tot ‘n herrie en betogings deur die EFF gelei het.
ToekomsVenster: God word nie ingeperk
God word nie deur die stelsels en wreedhede van hierdie wêreld bedreig nie. Wat vir die mens soos die einde van die pad lyk is vir God ʼn uitnodiging tot ʼn nuwe begin.
Twee dood ná skietgeveg met polisie
Twee verdagtes is doodgeskiet nadat die polisie planne om ‘n rooftog uit te voer in die wiele gery het.
Foto’s: Peperduur voertuig uit kanaal in Kaapstad gehaal
Daar word vermoed dat die bestuurder onder die invloed van alkohol bestuur het.
Gesondheidswerkers met bederfbekers verras
“Hiermee wil ons ʼn klein deeltjie bydra om hulle weer spesiaal, geliefd en gewaardeerd te laat voel,” sê Petro Maree, projekleier van Agape Bears.
Man in hof ná hy kind glo probeer gryp
Die voorval het intussen heelwat bespiegeling uitgelok.
Die snaaksste natuurfoto’s ooit
Die Comedy Wildlife Photography Awards het pas sy finaliste vir 2020 bekendgemaak en dit is presies wat jy nodig het om jou dag op te kikker.
Die wêreld in foto’s – 11 September 2020
Te midde van die Covid-19-pandemie het duisende vlugtelinge ʼn derde nag op straat op die Griekse eiland Lesbos deurgebring ná brande by ʼn vlugtelingkamp hulle haweloos gelaat het.
Woon, werk en studeer op ʼn plaas in die hoëveld
“Net ná sonsopkoms begin nog ʼn besige dag op ons mooi hoëveldse plaas waar ons woon, werk en hard voorberei vir ons toekoms.”
Luister: Elandré gesels oor inperking, nuwe enkelsnit en toekomsbeplanning
“As jy ʼn kunstenaar vir langer as ʼn uur neersit sonder om vir hom iets te gee om te doen, dan gaan hy begin skryf, en dit is wat ek gedoen het.”
Vyf seuns stap ure lank om hond te help
Vyf jong seuns van Philippi in die Wes-Kaap het Dinsdag uit hul pad gegaan om ʼn verlate en uitgeteerde hond te help wat onder ʼn bos langs die straat gelê het.
Video: Chaos toe man kind probeer gryp
“Dit was gek.”
Talentsoekkompetisie reik ʼn ekstra hand na deelnemers
“Dit was vir ons belangrik om ʼn klein verskil in hierdie jong mense se lewens te probeer maak sodat ons weer vir hulle hoop kon gee en terselfdertyd wys dat daar mense is wat wel omgee.”
Handwerk: ’n Nuwe blaadjie vir porseleinbordjies
Gebruik gebreekte porseleinbordjies om ʼn ou skinkbord se blad met mosaïekwerk te versier.
Wat jy moet weet voor jy ʼn bakkie of paneelwa huur
Vir persone wat graag self wil verhuis of iets wil vervoer, is die huur van ʼn bakkie of afleweringsvoertuig een van die beste opsies.