Die wêreld in foto’s – 11 September 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Te midde van die Covid-19-pandemie het duisende vlugtelinge ʼn derde nag op straat op die Griekse eiland Lesbos deurgebring ná brande by ʼn vlugtelingkamp hulle haweloos gelaat het.

Volgens die Griekse regering gaan vlugtelinge nie toegelaat word om na die vasteland van Griekeland te reis nie.

Migrante het skuilings langs die pad opgerig. (Foto: Petros Giannakouris, AP)

ʼn Man en sy kind vervoer hulle besittings ná ʼn brand hulle haweloos gelaat het. (Foto: Petros Giannakouris, AP)

Vlugtelinge het skuilings langs die pad gebou. (Foto: Petros Giannakouris, AP)

Duisende vlugtelinge is haweloos ná brande hulle vlugtelingkamp verwoes het. (Foto: Petros Giannakouris, AP)

Migrante bly in tente op straat in Lesbos, Griekeland. (Foto: Petros Giannakouris, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Anel

Dit lyk amper soos hier by ons.

Adam Adriaan

Hier lyk dit ‘n sommige dorpe nie veel beter nie.

Vrijburger

“Migrante”?