Die minister van verdediging se reis was oënskynlik toelaatbaar, maar wat van die res van die gevolg?
Alles vir Vrydag 11 September 2020
Ope brief: Clicks buig knie vir anargie
Almal vra: Waarom word die aanstigter(s) nie aangekla nie? Die anargie moet stop. Vervolg dié wat breek en brand. Kla die spul aan wat onskuldige winkelgangers intimideer. En wat doen Clicks? Julle beloon die anargiste. Julle ontmoet hulle en bieg en buig.
Vandag se sportnuus
Die Rugbykampioenskap sal later vanjaar in Australië voortgaan, maar die Springbokke se deelname hang nog aan ’n draadjie.
Hoe lyk Hollywood: Misdaadskrywer verdrink tuis; stigterslid van ‘Kool and the Gang’ sterf
Maroela Media bied jou ʼn opsomming van dié week se jongste internasionale vermaaknuus.
Tienermeisie in Limpopo vermis
Sy het die huis verlaat sonder om haar gesin in kennis te stel waarheen sy gaan.
11 betogers by Clicks-winkel in hegtenis geneem
Die betogers is in hegtenis geneem nadat hulle glo Clicks-werknemers en klante gedreig het.
Liggame van drie naby Fouriesburg gekry
Beslag is gelê op knopkieries wat vermoedelik in die moorde gebruik is.
My kind sukkel met sy gehoor, taal en spraak – wat nou?
“Alles is egter nie nou verlore nie. Ouers besef dikwels nie dat hulle maklik met eenvoudige handelinge hul jong kinders se taal kan help vaslê en uitbrei nie. Doen dit sommer terwyl jy besig is met jul daaglikse roetine soos eet, bad en met aantrektyd.”
Tronkstraf vir man wat kinderpornografie besit, deel
Die Suid-Afrikaanse owerhede het met hul Amerikaanse eweknieë saamgewerk om Budden agter tralies te kry.
Beurtkrag: Medupi-vervoerband minstens weer op dreef
Dit het Eskom se vermoë om krag op te wek beduidend verbeter.
Só lyk jongste Covid-19-statistieke
Suid-Afrika se herstelkoers staan in hierdie stadium op 88,9% en tot dusver het 573 003 mense van die virus herstel.
Gedagte vir die dag: ’n Feeslewe
Dit gaan altyd sleg met ’n bedrukte mens; die blymoedige mens se hele lewe is ’n fees. (Spreuke 15:15)