Beurtkrag: Medupi-vervoerband minstens weer op dreef

‘n Vervoerband soortgelyk aan die een wat by Medupi die gees gegee het. (Skermgreep: Eskom)

Nadat ʼn vervoerband wat steenkool na die Medupi-kragsentrale Woensdagaand die gees gegee het, het Eskom gewaarsku beurtkrag kan moontlik op kort kennisgewing in werking gestel word.

Die kragvoorsiener sê nou dié band is sedertdien herstel en kan weer gebruik word, wat Eskom se vermoë om krag op te wek beduidend verbeter het.

Geen beurtkrag word in hierdie stadium vir Vrydag in die vooruitsig gestel nie.

Eskom het weer benadruk dat die stelsel onder groot druk is en indien daar enige groot probleme ondervind word, beurtkrag op kort kennisgewing ingestel kan word.

Onbeplande instandhoudingswerk het teen Donderdagaand 10 909MW uit die stelsel gehaal. Dit is benewens die 5 831MW wat weens beplande instandhoudingswerk nie beskikbaar is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

annie ·

Die terme wat Eskom gebruik is verregaande. As ‘n motor van ‘n swak fabrikaat wat swak gediens word jou kort-kort in die steek laat, kan jy sekerlik nie as jy gereeld laat is vir jou werk vir jou baas sè jy is onder druk nie. Jy kan dit dalk waag ja, maar…

Persheks Adri ·

Eskom ons is ook onder druk ok. Doen julle werk waarvoor julle betaal word genade. Hoe moeilik kan nou wees?

Hennie ·

Baas het geklap die sweep, nou hêlle voor staan banja dedelêk!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.