Tienermeisie in Limpopo vermis

Emmerentia Carol Davis (Foto: Verskaf)

Die polisie is op die spoor van ʼn 15-jarige meisie van Modimolle (Nylstroom) in Limpopo nadat sy vroeër as vermis aangemeld is.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê die tienermeisie, Emmerentia Carol Davis, is op 1 September die laaste keer gesien toe sy die aand omstreeks 19:00 die huis verlaat het sonder om haar gesin in kennis te stel waarheen sy gaan.

Davis ontvang tuisonderrig en woon saam met haar gesin op ʼn plaas buite Modimolle.

Ngoepe sê die polisie en haar gesin het haar sedertdien in die omgewing en by vriende probeer opspoor, maar kon haar nie vind nie.

“Davis is van medium lengte. Daar is geen duidelike beskrywing van die spesifieke klere wat sy aangehad het ten tyde van haar verdwyning nie.”

Enigiemand met meer inligting wat tot die opsporing van Davis kan lei, kan die ondersoekbeampte, ao. Van der Merwe by 082 787 0684 bel of die polisie se misdaadnommer by 0860 10111 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Androclus ·

Ek hoop ook so dit kan met enigiemand gebeur.Dis glad nie ‘n lekker storie daardie nie.

Frank ·

Dis nou al 15 dae wat sy vermis word en dit word nou eers bekend gemaak/gepubliseer?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.