Kultuurskatte is opgesluit in Geloftedag, sê Steve Hofmeyr

Steve Hofmeyr Foto: Reint Dykema, Solidariteit

SSteve Hofmeyr Foto: Reint Dykema, Solidariteit

Steve Hofmeyr

Gasheer en gasvrou op Voorbegin, MSVS, motorfietsentoesiaste en natuurlik elkeen wat moeite gedoen het om hier te wees: Vandag is die viering van dit wat nie van jou vervreem kan word nie. Die kultuurgoed wat nie van jou weggeneem kan word nie. Nie deur wetgewing nie, nie deur regerings nie, nie deur boelies nie en nie deur meerderhede nie, nie deur kommuniste nie en nie deur mymerende presidente nie.

Desember 1838 op die Klein-Tugelaoewer oorwin 470 Voortrekkers 10 000 impi’s waarvan sowat 3 000 sneuwel. Later sou een Trekker aan sy wonde beswyk. Sowaar, dis moeilik om dit nie as ʼn wonderwerk te aanskou nie. Dit sou nie die eerste of laaste keer wees dat enorme oormagte kom oorlog soek by hierdie klein volkie, en dit dan kry nie. Dit sou nie die eerste of laaste keer wees dat enorme oormagte kom bloed soek by hierdie klein volkie, en dit dan in gallonne kry nie.

Tot en met 1952 was Geloftedag bekend as Dingaansdag. My ouers noem dit nog so.
Ek is soos jy. Ek is nie ʼn teoloog nie. Ek staan verstom vir twee dekades in wat voel soos God se volslae afwesigheid. Alles tuimel in mekaar. Ek bid. My wêreld kantel, my finansies faal, my kultuur is weggesaboteer, my kerk skeur, my laaste Afrikaanse universiteit brand. Ek bid. Die telefoon lui. Ek antwoord om te hoor dat my kollega, twee plase links, wreed vermoor is. Ek bid weer. Ek vra God vir troos. ʼn Bietjie verligting. Wat stuur Hy? ʼn Droogte. Nie enige ou droogte nie. Die droogste droogte in 50 jaar.

Ek weet eintlik steeds nie wat om van ʼn Almagtige te verwag op só ʼn dag nie. Ek val op my knieë in hierdie tyd van nood. Ek glo u doen ook. Ek vertrou dat God goed is en op sy eie tyd sal omsien op sy eie manier. Ek het nie verwagtinge teen sy wil in nie, en selfs al sou die Almagtige teen my kies vandag, kies ek Hom.

Maar ek sê jou wat. Ek weet iets. Ek weet wat om van myself te verwag. Ek weet wat om van my mense te verwag. As man van my woord, uit ʼn kultuur met beginsels en ʼn volk van inbors. Daar, by hulle, lê my verwagtinge. Ek gee nie op op my God nie, omdat dit lyk of Bloedrivier se oorwinnings ons die afgelope 115 jaar nooit weer beskore was nie. Ons vergeet dat daar hoogs moontlik nie ʼn enkele oorlog en enkele nood was waarvoor ons voor die aanvang nie gebid het vir ʼn goeie uitkoms nie. Ons het tog baie van daardie ook verloor. Hieroor het ek nie vreemde verwagtinge van my God nie en sal my skaar by sy tyd en sy wil, en sy uitkomste in hierdie uitmergelende tye waar dit voel of die wêreld weer draai teen hierdie klein, dinamiese volkie.

Die EFF maak nie onversoenende geluide om die Afrikaner te antagoniseer nie. Ons is polities onbenullig. Hulle weet dit. Hulle doen dit om swart stemme by die ANC af te rokkel. Malema stel Zuma voor die ultimatum om byvoorbeeld “Die Stem! te verwyder uit die nasionale volkslied of Afrikaans te verwyder uit universiteite, of Paul Kruger van Kerkplein. Is dit wat hy wil hê? Nie regtig nie.

Ons weet eintlik nie wat de hel ons president wil hê nie. Maar Malema wil hê die ANC moet huiwer of nee sê. Dit sal die ANC laat lyk of hul wittes en Afrikaners goedgesind is, en dit is presies waar die EFF die ANC wil posisioneer. Dis ʼn taktiese speletjie. Ek is jammer om te sê dat ons reaksie vir die swartes daar buite ʼn kantlynsaak is. Indien nie ʼn grap nie. Want hulle ken ons. In ons christelike goedhartigheid het ons ons al vantevore ontferm oor ander volke en ʼn volbloed alleenheerskappy vir hulle prysgegee. Sommer gratis. As Kersvader nie so bietjie overdressed was nie, sou ek kon sweer hy is ʼn Boere-Afrikaner. Want ons deel goeters uit. Nie enige goeters nie. Soewereiniteite, geslaagde infrastruktuur, opvoeding en dienste, vooruitstrewende ekonomieë; en ons gee ons erfenis op ʼn fraai skinkbord weg. Pasella. Hulle ken ons, man. Op ʼn klein koppie in Orania staan daar tiental standbeelde wat hulle verwyder het sonder ʼn piep uit hierdie liefdevolle, verdraagsame Boervolk.

Ons ry dan deur die strate van Tshwane, in Januarie Masalela af tot in Solomon Mahlangu. Die hemel hoor my, nie eers die swartes weet wie dié twee here was nie. Ons dink nie twee keer daaraan dat ons borge is van die NDR elke keer as ons ons GPS update na die nuwe dorp, straat en stadsname nie. Ek stop by die verkeersligte daar en vra die swart straathoeksmouse wie Solomon Mahlangu was. Wat antwoord hulle? “No… Please” (dan hou hulle ʼn leë handjie uit).

Ek sien Totius is ook nou verhuis as ʼn versoeningsgebaar. Onrusbeheer. Dit is wat versoening is. Onrusbeheer. Wat anders is transformasie? Onrusbeheer. Wat anders is equality en representivity? Dis onrusbeheer. Wat is RA, SEB en ander rassistiese voorkeurbehandeling? Dis onrusbeheer. Jy doen onrusbeheer as jy werk met die onredelike verwagtinge van beskawinglose, bloeddorstige kulture. Ons is die Vader Kersfees van Onrusbeheer.

Ons is dieselfde goeie, onbaatsugtige christenkinders wat ons was toe ons hierdie land op ʼn skinkbord, met ʼn duifpatroontjie om, oorhandig het aan kommuniste, Marxiste, sosialiste en terroriste. Ons Nuwe Testamentiese verdraagsaamheid maak ons samesweerders van die moordenaars en verkragters van ons ouers, ons kinders en ons eggenote; van ons taal, ons kultuur en ons Gelofte. Ons het ons Gelofte verkrag. Want ons is sulke goeie mensies. So het ons onsself afgevee van die tafel af. Ons is gesink deur ons eie goedbedoelde verdraagsaamheid en verlamming.

Ek is nie meer seker dat ons verdien dat God ons hoor nie.
Onrusbeheer. Dit was hoekom ʼn paranoïese wêreld hierdie oorgawe-verdraagsaamheid begin preek het. Dit was ʼn teenvoeter vir wêreldoorloë en konflik. Nie lank nie of die Oostenrykse filosoof Karl Popper sien die eerste slang in die gras. Hy noem sy teorie die verdraagsaamheidsparadoks, wat so verwoord kan word: Hoe verdraagsaam moet verdraagsames wees teenoor onverdraagsames wat verdraagsames wil uitwis? Of eenvoudiger: moet verdraagsames dan die einde van verdraagsaamheid verdra.

Puik vraag. Onbeantwoord. Daar is teoloë wat sê: Ja, broer, dit is die kern van Christus se boodskap. Maar vir wie gaan die teoloog dit preek as daar niemand oor is om dit te hoor nie?

Ek staan gereeld stil by monumente en standbeelde reg oor Suid Afrika. Ek vat ʼn knipmessie saam en trek die onkruid uit wat so aanhoudend deur die klipwerk breek. Soos ek binne biblioteke en boekwinkels die stemme van skrywers hoor, voel ek by monumente die asems van die slagoffers aan, meesal vroue en kinders. Ek het ʼn spesiale aanvoeling daarvoor as Boerkind. Dis soms ʼn las, soms ʼn straf. Weg is die voorreg om my op ʼn eiland weg te isoleer, want ek sweer hulle volg vir my soontoe.

Dis ʼn ander asem, die laaste asem wat ʼn kindjie uitasem as ʼn assegaai deur haar nek skeur. Dis ʼn ander asem, dié van die vrou wie se laaste blik op die lewe, so deur die buskruit en roet en stof, dié van haar kinders is wat val en haar man wat sy dolk uittrek, want die kruitvat is leeg. Ek lewe met daardie spoke. Elke dag. Dis ons verhaal. Dis ons geselskap.

As ek jou vra wat het Roelf Meyer en FW de Klerk weggeteken in 1992 met hul leuens oor die ja en nee stem, sê hulle my die wit alleenheerskappy was nie volhoubaar nie. A, ek ken dit. Dit is … onrusbeheer. Maar die apartheidbewind is nie eers 4 gram van die 10 ton geskiedenis wat uitgegooi is nie. Met die oorgawe aan swart kommunistiese beheer het ons nie net die Nasionale Party en bietjies Verwoerd in die drein afgespoel nie. Wat van die res van ons geskiedenis? Wat van die vyf Oosgrensoorloë, en die kinderasempies daar; wat van die manmoedige Trekboere, die Voortrekkers daarna; wat van die Vrystaatse Boere wat al vroeg in die 19de eeu van hul grond afgejaag is om dit kastig aan die Griekwas te oorhandig, met ʼn oog op die diamant. En … onrusbeheer. Waar is die asems van die gesinne by Bloukrans en langs die Boesmanrivier, nou weg in die wind, waar die asems van Piet Retief se geselskap onder die knopkieries by Umgungundluvu, waar die Gelofte aan ons God alleen dan uit dankbaarheid dat daar vir ons ook ʼn oorwinning kon wees oor die oormagte by Bloedrivier; waar die bravade van die Wenkommando; waar die woorde van Louw Wepener: As ons broers, by gevaarlike plekke kom, sal ek julle nie toeroep “Gaan burgers” nie, maar “Kom burgers, laat ons dan sterf soos helde, nie lafaards nie”?

Waar is die oorwinning by Bronkhorstspruit, ou Colley se twee nederlae? By die eerste een niks geleer nie, toe beset hy mos Majuba. ʼn Handjievol Boere onder Joubert skiet die Kakies uit hul Empire-verhewenheid. Colley is daar oorlede. Net toe die Brit reken hy weet hoe werk die kommando’s – hulle sit mos altyd daar in die koppies, soos by Majuba – staan die Boer vlak voor hom op uit die loopgrawe van Magersfontein en skiet die kakiekomkommer uit hom uit. Waar is die Jameson-oorwinning, waar is die Sandrivier, Pretoria- en Londen-konvensie, waar is die ink in pleitversoeke aan die konings en koninginne wat oor ons moes kom omsien.

Ek is nog nie eers deur die tweede Vryheidsoorlog nie.

ʼn Mens sou dink dat ons die handboek kon skryf oor taktiek om die vyand te uitoorlê.
Joubert, De la Rey en Cronjé se groot bydraes tot militêre vernuf was nie net hul magasyne en rooklose kruit nie. Republikeinse gevegstaktiek behels dat jy laag lê en nie skiet voor die vyand enkele meters voor jou voorste linies staan nie. Intieme oorlog. Jy kyk jou vyand in die wit van sy oë.

Dan is daar mobiliteit, guerrillaoorlog. Ons het dit ontdek. Ons het dit vervolmaak. Hier is ons vandag ook, ons slaan dekking, ons wag die vyand in in defensiewe stellings.

Nou hoekom doen ons nie wat Kruger, Joubert en De La Rey gedoen het nie? Vra jy my. Hoekom nie? Omdat niks meer dieselfde is nie, niks behalwe God nie. Jy sal jou metafore moet ken om die ANC in te pas in die plek van die Empire, die koningin in die plek van Zuma. En wat sal jy sê, waar is die slagveld en hoe lyk ons wapens en ons patrone. Dit vra ek my God af en dankie tog vir God, want lyk my daar is net een konstante, en dis Hy. Niks van die res lyk vir my dieselfde nie.

Napoleon het gesê: Vat my wapens, maar los my met die vlag, en ek sal hierdie veldslag wen. Daar is jou eerste wapen. Jou simbole. Jou monumente. Jou geheuenis. Jou geloftes.

“Die Stem”, byvoorbeeld, is magtige Boervolk- en Afrikaner-simboliek. Meer as ʼn vlag is dit ʼn ritueel, wat dit moeilik maak om weg te vat. Dit grief die ander volke asook die verraaiers en manteldraaiers in ons midde want dit is een pragwapen van verset. As ek “Die Stem” sing hoef ek baie goed nie te verduidelik nie. Hulle kan vlae en standbeelde en straat- en dorpsname verwyder, maar dis moeilik om die woorde oor ons tong vir voor te skryf, omdat dit onmoontlik is om die klop van ons hart te reguleer en die kombers van ons trots af te ruk oor die kultuurskatte wat dit dek.

Daar het soveel water in die see geloop. Totius se standbeeld is nou ook geskuif oor sy geskrifte glo ʼn rasseonderskeid tref. Jy moet ongeletterd wees, en níks weet van geskiedenis om nie te weet dat almal en elkeen wat voor arme Totius gelewe het tussen rasse onderskei het. Selfs slawerny, wat ons ook vandag afkeur, was wettig in ʼn ander tyd. Laat weet as jy iets uit Christus se mond hoor waar hy slawerny verbied. Hoekom het hy nie? Want dit was gemeenplase, die norme, konvensioneel vir daardie tyd. Om vandag se moraliteit op die verlede af te dwing, vir reparasies nogal, sê vir my net een ding: geletterdheid is ʼn nuwigheid in jou familie, jou gesin en jou kultuur, Afrika. En jy soek al weer ʼn shortcut na ietsie gratis.

Ek verstaan die sielkunde van kollektiewe apologie, maar dis nie regsgeldig nie. Jy kan nié jou skuld by ʼn saak voor die hof bring as jy niks gedoen het nie. Jy kan nie namens ander ʼn vonnis uitdien nie. Nie vir iets wat wettig was in ʼn vorige bestel nie. Nie van ʼn minderheid ter verdediging van ʼn duursame alleenheerskappy nie. Ten duurste gekoop. Met kontrakte, maar ook oorloë en bloed. Die voordeel wat wittes geniet het, (soms) steeds geniet, is niks anders nie as hul verdiende loon. In 17e-eeuse konteks vaar jy, land jy, maak jy fyn verstellings aan jou kompas, skets en herskets jy landkaarte, bou jy paaie, plase, infrastruktuur, geletterdheid, administrasies, ekonomieë, hospitale en universiteite. En jy doen wiskunde. Ons doen dit want dit is uiteraard voordelig. Ons doen dit want ons kulturele tradisie toets dit al baie lank en vind dat hierdie omgang met ons bronne, mineraal en verstandelik, voordelig is op vele vlakke. Omdat ons as Westerlinge lees en woeker kon ons deur etlike millennia idees toets en die sterkstes en mees betroubares daarvan uitsonder en inspan. Dis nie onfeilbaar nie, maar sommer baie ruimer as dié van groepe wat eers 80 jaar gelede leer lees en skryf het en nou die Afrosentriese model aan ons wil opdis as die beter een. Afrika-kulture en leiers veral, kom met die een hand in ʼn gebalde vuis en maak luide anti-Westerse geluide. Maar net met een hand. Want met die ander hand is hy besig om teen die spoed van lug te assimileer, te gryp, eintlik, na die vrugte van ʼn Westerse beskawing. Dekades ná die wêreld die kommunisme agtergelaat het ontdek Suid Afrika dit en skryf dit voor as redder van ontluikende ekonomieë deur volke wat vir 700 jaar nie die Magna Carta kon lees nie! Dit is ons verval! Malema verkoop stokou Marxisme as een van sy New Ideas. Hulle sal vir hom lag, ook oorsee. Maar tuis tussen die ongeletterdes sal die arme eenoogsot koning wees.

Om briek aan te slaan vir volke wat nie ʼn snars daarvan verstaan het nie, kon nooit ons verantwoordelik bo die aanspreeklikheid wees teenoor ons eie mense en kinders nie. Ons voorouers het aangeland, administrasies gevestig, hospitale en skole gebou en hulleself militêr gesterk. Die beste wat Afrika-nasies kon doen was vra: Wat de hel is dit, my kroon?

Die Derde Wêreld-agterstand kan nie op apartheid blameer word nie. Apartheid het moontlik daardie agterstand besweer, maar wees eerlik en oorweeg die oorkoepelende agterstand van jou voorvaders wat nie op ander volkere blameer kan word nie; ʼn agterstand wat voor kolonisering reeds daar was. Suid-Afrika en Afrika kan nie genees voordat daar wedersydse boetedoening is nie. Daarmee saam wil ek in jou vandag weer wakker maak die trots vir jou grootjies se presatsies. Hulle werk hard om jou dit te maak vergeet. Hoe ver kan jy jou bors uitsteek vir die kollektiewe gewoontes van jou voorvaders, die Weste, die Hollanders, die Franse en die Engelse. Het jy al ooit gehoor van ʼn kortafstandatleet wat omdraai by die wenlint en die goue medalje vir die ou gee wat vyfde, tiende of heel laaste is?

Ek hou van witwees. Ek moet trots mag wees daarop. Ek dink nie dis mooier as ander nie, maar ek kan nie my voorkeur hier voorgeskryf word nie. Ek kan dit wees sonder om een swart of bruin broer te verloën. En ek het baie. Ek heg miskien minder waarde aan bloedlyne en biologie as aan kultuur en kollektiewe gewoontes. Ja, miskien kan jy witwees nooit weer terugteel nie. As hy bont is, is dit dan tot daar. Hy kom nie terug nie. Maar, meer belangrik, kultuur en kollektiewe gewoontes ook nie. As hy weggeteel word, is hy weg. Dit en net dit verklaar my versigtigheid en behoudendheid. Maar die swart-wit denke, die pigmentasie en velkleur per se, is ʼn strik, ʼn red herring, want mense wil hê ons moet dom lyk.

Kyk hoe val daardie Boere nou vas by die biologie, seg hulle. Hulle doen dit om ons weg te hou van die feit dat kleur nooit alleen kom nie, dat die uitwendige maar bloot merkers is vir daardie eintlike merkwaardige verskille tussen mense en rasse en geslagte, waar die meme nie onder die gene weggesteek kan word nie, dat die diverse kollektiewe gewoontes en enorme verskille in taal en kultuur bly, selfs al word ons almal ligpers.

Die gerieflikste nuwe-millennium gonswoord is rassisme. Rassisme hier en rassisme daar. Die woord word verpopulariseer deur dié wat reken dat rasse nie bestaan nie. Maar daar kan nie rassisme wees as daar nie rasse is nie. En as daar dan verskillende rasse is, moet jy kan onderskeid tref, vergelyk. ʼn Boom word tog geken aan sy vrugte. Jy staan voor ʼn appel, of ʼn peer, of ʼn vrot appel en ʼn groen peer en jy diskrimineer. Jy gebruik dieselfde diskriminerende fakulteit om te onderskei tussen sigarette, tussen ʼn Coke en ʼn Pepsi. Jy sê: Ek soek daaardie een, maar nie daardie een nie. Dit is waarvoor jou fakulteite ingespan word. Jy doen dit eintlik elke sekonde van jou menswees. Wanneer hierdie “diskriminasie” of “rassisme” ʼn sonde word is wanneer iemand die mag het om jou keuse te beïnvloed of jou voor te skryf hóé jy moet kies en hóé jy moet dink op grond van jou velkleur.

Soos apartheid soms gedoen het en soos die ANC nou doen. Met amper drie keer meer rassewette as gedurende apartheid sê hy vir jou hierdie demokrasie sal jou straf as jy nie daardie vrot peer kies bo die peer wat jy wou hê nie. En een helfte van ons wittes koop dit. Hulle omhels daardie sotterny. Ons help daardie proses aan deur ons afwesigheid van verset, ʼn lamsakkige toenadering daartoe, ʼn gevorderde Stockholm-sindroom waar ons simpatie, teen ons gesondheid in, teen ons beterwete en teen ons voortbestaan, by die vyand witvoetjie soek. Dankie my swartbaas, sê Adriaan. En Piet. En Max. En De Vos. Wat kan ek u nog bied uit die koffers van my kinders se toekoms. My taal, die het u reeds. My monumente, my swartbaas. Daar’s min oor, maar vat en vandaliseer maar. My kultuur dan. Jong, dankie vir die enkele bladsye daarvan in my kinders se geskiedenis, maar skeur dan maar daardie bladsytjies oor Paul Kruger ook uit. Dankie, my kommunistiese grootbaas.

Is daar ʼn plan? Wel, ja. En hy is reeds in werking. Is daar ʼn oplossing en ʼn einde in sig? Beslis nie. Moenie dat politici hierdie fraai klinkklare bestemmings voor jou uitpak nie. Dis bog. Ons is meer as kniediep in die swart gat. Ek en jy weet dit. Dis kompleks, dis pynigend en as ek dit kon maak verdwyn in ʼn oogwink, het ek. Maar hierdie een gaan stamina vat, sweet en denke kos en baie ure op ons knieë verg. Die plan is reeds afgeskop. Van ons kalibreer al jare daaraan. Selfbeskikking deur selfstandigheid, oorlewing deur selfbeveiliging, opvoeding deur eie skole en universiteite, inkering tot ons werklike dilemma deur realiteit in die oog te staar, en dan ons kompas te rig na die fakkelvure van hoop, geloof en liefde. Daarmee saam ʼn nugter oog om wêreldtendense, die verloop van die liberale eksperiment, die land se verwarring en teleurstelling met sy messiaanse ANC se aanskoulike verval, wat algar in ons guns kan tel. Ek dink nie dit is al tyd daarvoor nie, maar dit kom. Die politieke landskap kan oornag verander, ontknoop in ʼn ruimte met die potensiaal om ons met ons spesifieke belange te huisves. Ek hou daardie gaping dop soos ʼn Springboklosskakel.

Een voorbeeld: as die swaar, dikgevrete, oorgewig ANC-eenpartystaat sou opskeur, sal ons ons oornag in die posisie vind van ʼn gesonder demokrasie, waar klein partye en minderheidsgroepe se insae eksponensieel vergroot. En tel vir iets. Dit is die dag wat ek partypolitiek weer sal oorweeg. Dis nou as ek oorreed kan word dat enige oplossings in Suid Afrika in die politiek lê. Ek is nie oortuig nie.

Hier is nog oplossings: Sny die naelstring wat jou afhanklik maak van staatsmasjienerie. Jy hoef nie op te pak en na ʼn volkstaat te trek daarvoor nie. Jy kan dit vanaand in jou huis begin doen. Ons het nie net patriote en doelgerigte Afrikaner-Boere nodig nie, maar slimmes ook. Verloor jou genetiese aandagafleibaarheid deur nie te val vir die klein verskille tussen ons nie. Natuurlik is daar verskille tussen Boere en Afrikaners maar dit is een fragmentasie wat ons eenvoudig nie kan bekostig nie. Braai meer. Nooi ʼn Bloubul uit. Begin oor die kole met daardie konfliksituasie, wat jou sal sterk vir die groter gevegte. Ja, braai meer. En laastens … ek het blykbaar manalleen gewerk aan die wit aanwasprobleem terwyl julle Agter elke man gekyk het! Gaan huis toe, maak kinders. Julle maak mooies.

Tot dan, is jy die leier wat jy gesoek het in ander.
Ek haal aan van Brugge en Schonees uit 1937: “Ons moes in ons eie vryheidsoorlog die onafhanklikheid van die Boererepublieke prysgee, in dieselfde stryd het ons egter die geestelike onafhanklikheidvan die hele Afrikanerdom gewen. Uit die skynbare nederlaag is die nuwe Afrikaner-nasie gebore. My bede is nie ʼn nuwe Afrikaner-nasie nie. Net om dit wat ons het, ʼn nietige klein solidariteit, te behou in hierdie stormagtige tyd.”

Dan haal ek dr. Hendrik French Verwoerd aan. Sê my hy was nie visioenêr nie: ʼn Nuwe [postapartheid] regering sou met sosialisme en staatskapitalisme eksperimenteer en dit sal die ekonomie vernietig.
Amen oubaas.
En laastens Jan FE Cilliers:
“dis ʼn graf in die gras / dis ʼn vallende traan / dis al …”
Dankie.

Hierdie meningstuk is deur ʼn onafhanklike persoon opgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Steve Hofmeyr

Meer oor die skrywer: Steve Hofmeyr

Steve Hofmeyr is onder meer skrywer, aktivis en geselsprogramaanbieder. Hy het meer as 2 miljoen CD's op sy kerfstok en is 'n driemalige SAMA-wenner (insluitende Besverkoopte Suid-Afrikaanse Kunstenaar 2004). www.stevehofmeyr.co.za

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

50 Kommentare

Henry ·

Hoennirvleis lekker Steve!
Goeie wetter, wat vir ‘n lekkerte om te lees!!!

Delia ·

Henry, ek stem saam met jou…….EN met sy 3de laaste paragraaf het ek vir die eerste keer in ‘n Lang tyd lekker uit my maag gelag!
Doe so voort, Steve…..en ‘n Geseende Kersfees vir jou en joune.

Jodels ·

Baie dankie dat jy ons herinner wie en wat ons volk was…die probleem is almal wil alles net “Like” soos op Facebook of “retweet” en dan dink hulle dit is genoeg…wat min besef is dat ons gaan moet hande vuil maak en skouer aan die wiel sit om die land weer te probeer ophef…ons het ‘n volk geword wat baie kan praat maar nog minder doen… voel sommer weer lus om te gaan oplees oor my volk.

Kobus ·

Dankie ou Steve vir die woorde wat mens laat trots voel. Soms voel ek alleen en eensaam in my eie land want ek het gewonder of ander ook soos ek voel. Wanneer trek jy al die boere bietjie bymekaar. Msvs het hoop gegee maar dinge is nou weer stil…

Steve Hofmeyr ·

Dan is jy in vir ‘n joy-ride. Ons geskiedenis is in detail opgeneem in honderde en honderde boeke (wat ek ook versamel). Lekker lees. En dankie

Bert ·

Goed gestel Steve. Sekerlik die belangrikste vir ons voortbestaan is ons unieke kohesie. Om nie geassimileer te word nie. Om ons kultuurskatte te bewaar help met ons voortbestaan. En daarvoor salueer ek jou Mnr Hofmeyr.

chrisp ·

Steve.

Puik gese baie dankie/

Reel en mo#rse Boere braai ek sal selfs so” laag daal” om by julle bulle te braai.
Erens waar die hemel nog oop is(bosveld dalk)

Winston ·

Puik geskryf Steve. Ek kon nie ophou lees nie. Ek kon nie ophou waarhede sien nie. Ek kon nie ophou droom nie. Ek kon nie ophou om my voorgeslagte te waardeer nie. Dankie

Joe ·

Knap, vreemd amper op die oor so waar is dit. ons kort meer, meer gereeld, te veel om van jou te verwag.

Minnie Pretorius ·

Ek distansieer my nie van die inhoud nie, maar leef elke dag dit wat Steve sE. Vryheid kom nie sonder ‘n prys nie, maar as God jou roep,is daar geen omdraai kans nie. Daar is geen losprys vir jou siel nie. Draai jou rug vir die vyand en rig jou oE op God! Volhard in jou roeping,Steve! Niemand het gesE dat dit maklik gaan wees nie!

Frik Lotz ·

Baie goeie toespraak, Steve. Jy is n ware Afrikaner en sterk leier. Gaan voort met jou goeie werk. Ons as Afrikaners moet opstaan, saamstaan en weer n krag word om mee rekening te hou. Eendrag maak mag!

Frans Fourie ·

Ware woorde Steve. Puik om te lees. Trots om Afrikaans te wees en trots om ‘n ernstige bydrae te kan lewer om deel te kan in hierdie mooi land van ons. Ons moenie ophou met die stryd nie, kom wat wil, ter wille van ons kinders en ons eie toekoms. Ek het maar altyd die volgende gesegde wat ek gebruik in werk en speel namens
Sa!!! Vat hom!!!

Thuunda ·

En so begin die Afrikaner ontwaking…..die tyd vir selfbeskikking is op pad, wag net dat die regering se finansies intuimel, dan is die tyd daar.

Este ·

Wel gedaan, Hou aan met hierdie werk. Ons moet werk aan die volk dat hul weer trots kan wees om God se volk te wees.

Sarie ·

Steve, dankie vir artikel, hoop elkeen van ons volk lees dit! Saamstaan is die wagwoord. Dankie vir elkeen wat baklei vir ons behoud

Jennifer ·

Goed gestel ,MAAR Ja ongelukkig is daar ‘n maar, ons volk staan glad nie saam nie.Dis net soos ouers (pensionarisse) se kinders wat vergader oor hul toekoms ,6 Van hulle,EÑ almal besluit bv. almal gaan saam vir hulle ‘n mediese fonds uitneem, eñ op die einde is dit net Een uit Ses,wat dit deurdruk en REGTIG doen ‼️ Dis hoe Ons volk is, laat ander dit maar doen, ons Sal net eenkant staan en kyk, Maar indien Dit Werk Sal ons Soos skape volg. Ander volke staan Saam en DOEN alles saam , of dit nou ‘n toi toi is oor salarrise,Sal Almal toi toi,Van Kaap tot bo punt Van Suid-Afrika !! NIE ons ou paar mense wat OOR is Van ons Volk nie ! Ons weet dat Daar nou tans ongeveer 15 teen EEN is .Ons Gaan nie wen nie en ons Weet dit ! Ons staan ALMAL in ‘n ry by diê slagpale, wag maar net gelate tot dit Jou beurt is om geslag te word. Ek WEET nie hoe ons OOIT weer gaan voel as ons WEER kan sè , dis die land Van melk en heuning nie. Dit Sal nie in ons leeftyd gebeur nie , miskien na die 4de geslag Van nou. So Steve , wat Sal jy voorstel ? Op ons knieê KAN ons bly ,maar ons word vertrap intussen .

Esther ·

Ek het gedink dis net ek wat so passievol is oor my volk, my taal, my kultuur, my geskiedenis maar vandag voel ek nie so alleen nie….
Baie dankie vir dit Steve!
Ek het op Geloftedag na ‘n plaaslike radio stasie geluister en hulle het ‘n mening peiling gehad oor die Gelofte wat in 1838 afgelê is. Die vraag wat “mense” gevra het was of die Gelofte nog op ons op toepassing is vandag en hoe kan “ons” dit hou as iemand anders namens “ons” dit afgelê het? Dit het my hart so ongelooflik seer gemaak. Hoe kan enige regdenkende Afrikaner Boer eers so vraag oorweeg? En dit het vir my gewys dit is die probleem met “ons”. In plaas daarvan om dankie te sê vir wat God vir ons volk en nageslag gedoen het op daardie dag, in plaas daarvan om te onthou wat ons boere en vroue en kinders deur is vir ONS, in plaas daarvan – sal iemand sit en hierdie belaglike redenasie uitdink. Hoe kan jy so iets vra? Ons het nogsteeds na al die jare ‘n verantwoordelikheid teenoor God en teenoor ons volk. Ons is miskien nie in ‘n laer getrek teen Impi’s nie, maar ons is in ‘n “laer” teen ‘n godelose regering, teen plaasmoorde, teen boere haat, teen afsku van die Afrikaanse taal en en en …… God het ons in 1838 gered en verlos – as ons hou by daardie Gelofte sal God dit weer doen!!!!!
Steve – dankie vir jou liefde vir ons volk, ons nasie, ons taal en ons God! Dankie!!!!

Ronnie Geldenhuys ·

Eish!! Steve my vriend, so mooi gestel…Laat my dink aan die goeie ou dae, daar waar ons probleemloos kon speel buite…Kan jy onthou? En ons kinders en kleinkinders vandag? Nie meer so nie ne…Alles, soos jy noem, is verval, en vererger. Ons moet on terugdraai na wat belangrik is, ons geloof…..

Louis van Tonder ·

Steve

Ek sit hier in die DRC en ons wat Afrikaans praat, PRAAT Afrikaans. Ons het gister terug gedink aan die belofte wat ons aan God gemaak het en hoe treeurig ons Volk daarna kyk. Dis n skande dat Afrikaner kinders skaam is oor ons wat nog Afrikaans praat en die belofte nakom. Meer Afrikaners moet opstaan en trots wees oor wat my ouers en hul ouers gedoen het.

Hou aan met die goeie werk en sterkte vorentoe.

Maggie ·

Steve,
Ek wens so dat meer mense soos jy dink. Dankie dat jy jou nie laat stuit teen die meerderheid nie.
Ons moet almal maar net meer op ons kniee gaan en bid vir bevryding van die oormag.

Magdas ·

Dankie Steve. Mag God jou seên en uitrus vir wat voorlê. Ek Het 10 jaar gelede gesê as Steve eendag politiek toe gaan stem ek vir hom.

carel ·

generaal Hofmeyr soos een man sal ons om jou val generaal….

Gwen van Wyk ·

Chris barnard( skrywer) het laaaank gelede gespot met ons wat ‘n kommunis agter elke bos/boom( kan nie meer sy woorde onthou nie) sien of soek en ek wil so graag weet wat hy nou se of dink. Vandag se Burger vra ons nie reeds aan Putin uitverkoop is nie en kyk maar na ons Regering en sien hoeveel lede van die Kommunistiese party nie reeds daar sit nie. Ek het dit reeds op FB ook gese en niemand het geantwoord nie. Ons moet ag gee op Steve se woorde en begin saamstaan en veral saamwerk aan ons toekoms. Waar is ons sterk leiers en voorlopers onder ons gewone mense? Solidariteit en ander groepe veg en bereik sulke mooi suksesse mar ons is te bang om aan te sluit of te ondersteun want: wat van my pos? Wat van die publieke mening? Wat sal die mense se? Ons is te polities korrek en die ‘vyand’ het dus klaar gewen. Die Rewolusionere model is ingespan en ons arms het slap geword, te bang om terug te baklei en daarom is ons in die posisie waarin ons nou is. Kry weer bietjie nasietrots en kry die vrees uit ons gestelle. Dankie vir ‘n man soos Steve wat sonderskroom die waarheid praat. WAAR is die aanhangers wat oor hul voete geval het om Dr Verwoerd te kon ontmoet/ken. Waar is hulle?? Wat het geword van sy ondersteuners? Waar is die mense wat moes opkom vir die grootste staatsman in ons geskiedenis. Hulle het soos Petrus in die tuin van Getsemane weggedraai en wou nie geken wees as ‘n aanhanger of ondersteuner nie. Dit is die probleem met ons mense. Ons het geen veggees meer oor nie en daarom verdien ons dalk wat ons kry? Kom ons kry weer murg in ons pype ter wille van die voortbestaan van hierdie mooi land en sy ongelooflike inwoners.
emane

Noordwester ·

Een van my gunsteling quotes, is dié van die Duitse Teoloog en prediker, Dietrich Bonhoeffer- een van ‘n handjievol Christen leiers wat teen Adolf Hitler en die Nazi-regime opgestaan het en gaan so: “Silence in the face of evil is itself evil: God will not hold us guiltless. Not to speak is to speak. Not to act is to act.” Powerful stuff. Mag ons uit die penne en lewens van “legends” soos hierdie leer om die wit olifante, die reuse en skynbaar onmoontlike aan te durf met moed, mening, persoonlike oortuiging en onwrikbare geloof in ‘n God wat die Toobeeld is van afkeur in “evil”. Dis anyway wat en probeer doen. In die verlede, het een, tien geword en tien, honderd en honderd, tien duisend en tien duisend, die skare by die monument in 1938, miskien, dalk miskien net- gebeur dit weer….

JacoG ·

Van die beste skrywe wat ek in ‘n lang tyd gelees het. Tx Steve. Ek dink van die eerste (en dringendse) oplossings is opvoeding in die Boerevolk rondom indentiteit. Ek het in my samelewing al getoets rondom basiese vrae “wie is jy?” en “waar kom jy vandaan (Geskiedenis)?” My opsomming is dat 70% van my volk (tussen 18 en 40 jaar) nie weet nie. As jy nie weet wie jy is nie raak die Engelse spreuk”if you stand for nothing you will fall for everything” van toepassing. Die media en propaganda blaas hierdie verwarring natuurlik aan. Dalk is identiteit ‘n beginpunt (identiteit netwerk)?? Ek weet meeste mense se reaksie sal wees dat dit die plig van elke individu is om uit te vind (of die plig van die ouers is). Kan wees maar partykeer het mens net daai “kompasverstelling” nodig.

John ·

Miskien moet ek so bietjie duiwelsadvokaat speel en vra of die Afrikaners seker is die’ land is ons eindbestemming. Al ons voorsate kom van elders. Baie het gevlug vir hul geloof en met geloof ‘n nuwe lewe begin. Die miljoenrandvraag is nou hoe seker is ons ons Hemelvader het nie ander planne in die pyplyn vir ons nie. Wat is 350 jaar op Sy kalender. Ons voel wel ons het vreeslik hard gewerk om die land op te bou en ons geldjies le vasgepen in die kluise van plaaslike maatskappye, maar duisende mense regoor die wereld moes telkens weer vlug en weer begin. Ons kan nie die Vader se arm draai nie Die ou Jode het probeer. Dit werk nie. Hy doen net iets as dit in Sy raadsplan is. Godsdiensoorloe is orals aan die kook en aan die oorkook. Ons moet ons oe oopmaak en mooi tussen die lyne lees. Daar staan altyd baie geskryf. Idilliese drome en emosionele visioene oor die verlede is mooi (in geskiedenisboeke) maar as ons, ons hand aan die ploeg slaan help dit nie om agtertoe te kyk nie want dalk trap ons in die wippe wat nou daagliks voor die voete van die Afrikaner opgestel word. En ‘n gelofte bly tog ‘n gelofte waar ookal op die aardbol. Ons Kerk is nie van klip nie. Hy reis lig.

Phillip Groenenstein ·

“Ons het ons Gelofte verkrag”…

Kras maar ware woorde beslis. Eerstens moet dit lees Geloftes en nie Gelofte nie, want die Boervolk is met 3 Geloftes aan Vader verbind. Die eerste een was die 6 April 1654 Gelofte van Jan van Riebeeck. Die tweede die 1838 Gelofte van Bloedrivier en due derde een die Paardekraal Gelofte van 1880. Elkeen met hul eie bepaalde voorwaardes wat ons moet nakom maar skandelik as volk ons plig versuim het..nie net vandg nie maar oor dekades en dekades heen.

Maar om terug te keer na die 1838 Bloedrivier Gelofte waarna Steve verwys dat ons dit verkrag het…Beslis het ons dit verkrag..maar hoe?

Om dit te verstaan moet ons eers die 1838 Gelofte verstaan en wat daarmee bedoel sou wees. Eerstens is die woorde van die Gelofte soos ons dit vandag ken nie regtig histories korrek nie..maar dit nou eers daar gelaat. Wat wel belangrik is dat as mens ‘n ernstige studie sou gaan maak oor die bedoeling van die Gelofte sou enige student wat nie met voorafbepaalde gedagtes dit ondersoek tot die gevolgtrekking kom dat die sg “Huis van Bloedrivier wat gestig sou word tot Sy Eer” beslis nie verwys na ‘n gebou of selfs na die Geloftekerk in Pietermaritzburg nie. Nee dit verwys beslis na ‘n Volksregering( en of huishouding)…net soos wat daar in die Skrif verwys word na die Huis van Dawid en dit eintlik sy koningskap heen wys net so is dit met die Huis van Bloedrivier.

M.a.w. die onderneming van die Gelofte is om ‘n Volksregering/Volkshuishouding daar te stel wat tot Sy eer sal wees. Nou ja wat tans in SA voorgehou word as die “oplossing” vir SA is alles behalwe tot Sy Eer…eerder die teendeel en veral as mens sekere hooggeplaasde ANC lede se lasterlike uitsprake in ag neem. Voeg daar by al die wette wat op die SA wetboek staan wat in stryd is met Vader se Eer dan is dit beslis so dat ons die Gelofte(s) verkrag het.

Hef aan lê nog voor maar dit is goed dat die debat in dieregte rigting begin beweeg.

Skroplap ·

Mnr Groenenstein
Daar is veel dringender sake wat die Afrikaner in 2015 bedreig, as om homself met al die Geloftes waarna jy verwys, besig te hou.
Om knaend om te kyk, in die verlede rond te strompel en te debatteer oor wat en hoe die Afrikaner se bedreiging is of lyk, is nie van veel nut nie. Dit is tog voor die hand liggend.
Die probleme wat oorle’ oom Jan in die milieu/omstandighede van 1654 ervaar het, verskil mos hemelsbreed van dit waarmee ons tans gekonfronteer word. Ek is baie jammer, maar die Bloedrivier Gelofte gaan ook nie help om die Afrikaner teen die aanslae van die 21ste eeu te beskerm nie.

Phillip Groenenstein ·

Skroplap

As jy ‘n gelowige is sal jy die erns van ‘n Gelofte en die gevolge van die nie nakoming daarvan besef. As jy egter ‘n nie-gelowige is kan ek net seg “good luck” met jou geveg met die wêreldmagte van ons tyd, want jy gaan nie hond haar-af maak nie. Jou opponente het geen begeerte om regverdigheid te laat seëvier op die ou einde nie. As hulle begerig was om SA te laat werk sou hulle nie ‘n een man een stem oplossing in ons keelgatte afgedruk het nie. As hulle begerig was om SA te laat werk sou hulle nie alles wat vir die Afrikaner kosbaar is in die grond vertrap nie. Van sy taal, kultuur en lewensbeskouing ingesluit sy sterk godsdienstelike karakter. Die Afrikaner met sy sterk skrifgefundeerde inslag en met sy gepaargaande sterk eie identiteit is inderwaarheid ‘n erge bedreiging vir jou opponente wat ten doel het om ‘n wêreld daar te stel wat GEEN onderskeid tref op grond van volkere nie. Almal moet inderdaad op die ou einde ‘n wêreldburger wees, want as jy nie ‘n identiteit het nie dan is jy soveel makliker manupileerbaar.

Dit is nie ‘n terugryping na die verlede nie maar wel eerder ‘n uitreiking na die toekoms, die 1838 Gelofte is welliswaar verkrag soos Steve seg JUIS omdat dit ‘n verpligting op die Afrikaner/Boervolk plaas om ‘n volkshuishouding in plek te plaas wat tot Sy Eer sal wees.

Indien jy geen erg aan die Geloftes en die Afrikaner se godsdienstige karakter het nie dan het jy inderdaad self jou rug gekeer op jou eie volk, want dit is wat die wese van die Afrikaner opmaak of jy daarvan hou of nie. As jy ‘n “moderne” Afrikaner volk wil hê wat nie primêr op sy Almagtige staat maak nie dan is jy inderdaad op soek na ‘n “nuwe” volk.

Die Afrikaner/Boervolk is wat hy is, met ‘n verlede en karakter wat onlosmaakbaar is van sy verlede, sy Geloftes maar bowenal van sy Skepper. So as jy ‘n nie-gelowige “Afrikaner” is ek jammer om te seg dan is jy nie inb wese ‘bn Afrikaner dan is jy nes die 1994 “oplossing” ten doele om ‘n “nuwe” volk te probeer vestig. Dit werk nie tans in die NSA soos ons tans proefondervindelik besig is om te bewys nie, en dit sal ook nie vir jou werk om ‘n “nuwe” volk te probeer vestig wat totaal losgemaak is van sy wortel nie.

As jy wel tog ‘n gelowige is maar nie die erns van die Geloftes besef nie dan moet dalk Deut. 23:21-23 en Pred. 5:3-5 weer ‘n slag onder oë neem. En as jy steeds van mening is dat die Geloftes niks met die huidige situasie uit te waai het nie moet jy besef dat Pred. 5:5 vir jou waar geword het.

Pred. 5:5 “Laat jou mond nie toe om op jou liggaam ‘n sondeskuld te laai nie, en sê nie voor die gesant van God: Dit was ‘n vergissing nie. Waarom moet God toornig word oor jou stem en die werk van jou hande verwoes? ”

Met bogenoemde in ag geneem word Steve se woorde van “Ek is nie meer seker dat ons verdien dat God ons hoor nie” inderwaarheid waar. Met ‘n goddelose regering soos on tans het is dit geen wonder dat genoemde vers vandag voor ons oë afspeel nie. VERAL in ag geneem dat die ’94 “oplossing” ‘n grondwet waarin God as die oppergesag gestel is vervang is met ‘n grondwet waar “menseregte” die botoon voer.

Om die Geloftes na te kom beteken nie net om een dag in ‘n jaar bymekaar te kom nie, dit beteken inderwaarheid dat die kern van ons vryheidsstrewe gerig daarop moet wees om ‘n volkshuishouding daar te stel wat “tot Sy Eer sal wees”. En dit is nie moontlik in die situasie waarin die Afrikaner/Boervolk hom tans bevind nie.

Skroplap ·

Mnr Groenenstein
Jy is welkom om soveel strooipoppe op te rig en dan weer af te skiet, as wat jy sou wil.
Feit is heel eenvoudig – ek en my voorsate is en was nog altyd Afrikaners in murg en gebeente.
Hoef ons aan niemand te bewys nie.
Die onderskeie Geloftes en Beloftes en wat mens dit ookal wil noem, gaan geen jota of tittel verskil aan my en my mense maak nie. Die tyd vir omkyk, of om op prinse en ander idole uit die verlede staat te maak, is lankal verby.
Ons het inderwaarheid ook geen ‘terug-gryp’ na die verlede nodig om ons vir die hede en die toekoms te staal nie. Dankie maar Nee Dankie!!!

Danie Kok ·

Skroplap, jy skiet Phillip se gedagtes genadeloos af maar bied geen oplossing aan nie. Dis duidelik dat die pennie nie kan deurval nie of jy is net sommer moedswillig. Phillip het geensins gesê dat daar op “prinse en ander idole uit die verlede” staatgemaak moet word nie. Christus is ons volk se enigste redding. Dit het tyd geword dat daar duidelik gekwalifiseer word wie Afrikaners is, en wie Afrikaanses is. Opregte Afrikaners is ware Godgelowiges, die res is bloot Afrikaanses. Enkele vrot appels bederf die hele mandjie uiteindelik…

Skroplap ·

Danie Kok
Die ‘oplossing’ wat ek ondersteun is tog heel duidelik. Hanteer die bedreigings en probleme wat Afrikaners op die huidige stadium konfronteer met die metodes en middele wat nou – in 2015 en verder – tot die Afrikaner se beskikking is.
Geloftes, omstandighede/bedreigings wat eeue gelede gegeld het, is duidelik nie nou van enige nut nie.
Dit beteken mos nie dat die Geloftes nie ge-respekteer moet word nie.
Wie op deeske aarde dink jy is jy en wie ookal om Afrikamers wat nie aan jou/julle sogenaamde voorskrifte voldoen nie, as vrot appels te beskryf!!!

Danie Kok ·

Geen voorskrif, Skroplap – net ‘n vereiste. Dis duidelik dat jy die konsep van die 1838 Gelofte glad nie snap nie. Dit het niks met die tydsgewrig van daardie jaar te doen nie maar wel alles met God se redding vir ons volk. Dit maak die Gelofte van 1838 vandag net so relevant soos in 1880 by Paardekraal toe ons volk dieselfde Gelofte weereens afgelê het én God se redding ontvang het by Majuba in 1881. Die ongelowige Afrikaanse is maar ‘n “vrot appel” want ons volk het geen kans op oorlewing sonder die lewende God van die Bybel nie. Dis ‘n harde feit, of jy nou jou kop in die sand druk daaroor of nie – dit sal nie verander nie. Waar jy persoonlik staan is jou eie keuse…

Flip Swanepoel ·

Steve. ‘n Puiek toespraak en geskiedkundige ontleding en verankering in ons hemelse Vader en Sy voorsienigheid, en ook Sy afwesigheid.
Waarom is Hy, wat op ‘n stadium bereid was tot voorsienigheid, nou afwesig en toornig?
Is die vraag wat beantwoord moet word.
Die dvd’s wat ek vir jou op Lichtenburg oorhandig het bevat die antwoord. Pres. Paul Kruger het die burgers in sy tyd tot oorgawe en ondergang gerig.
Ten eerste omdat hy die Gelofte van Bloerdrivier te Paardekraal nagekom en gevestig het as jaarlikse instelling [waarna Majuba gevolg het], en ten tweede toe hy daardie jaarlikse Gelofteverpligting tot ‘n 5 Jaarlikse verander het [waarop Vereniging gevolg het].
Generaal De La Rey het tydens sy Geloftedag toespreek in 1900 gesê dat hulle die oorlog verloor omdat hulle nie die Geloftes na behore nagekom het nie. Die ONDERHOUDING VAN DIE GELOFTES is die BEPALENDE FAKTOR
Die 115 jaar waarna jy verwys [sedert die laaste herdenking van die Bloedrivier Gelofte te Paardekraal], is ‘n eeu van opstaan uit die Britse verassing van ons Volksbestaan tot die vestiging van die hoogste beskawingspeil in Afrika en die hedendaagse vernietiging daarvan.
Wie is in BEHEER/ Die Afrika inboorling? gedryf deur tydlose kommunistiese/imperialistiese sentiment / of die Almagtige God van hemel en aarde?
Jou oplossing stel telleur omdat jy die Hand van die Almagtige God sien en aanprys in jou rede, maar weier om daardie Hand te vat in die toekoms van die gebore en ongebore volk, waarvan jy jouself as ‘n ywerige bouer beskou.
Solidariteit met demokrasie is imperialistiese gedagtes terwyl die betaal van die Geloftes [waarvan daar 3 is] die boustene is van ons kultuur, waarvan Geloof in die Almagtige God die Rots is.
Vrede

John ·

Daar is in die verlede dikwels verwys na ooreenkomste in die stryd vir ‘n tuisland vir die Afrikaners en vir die Jode. In laasgenoemde geval is dit ‘n Bybelse gegewe. Navorsers oor die 12 stamme van Israel probeer vasstel wat van die twaalfde stam geword sedert 70 na Christus. Sommige historici beweer die Franse Hugenote is vernoem na prins Hugo wat nie net ‘n Christen was nie maar ook ‘n Jood. Hy sou dan glo ‘n afstammeling van Gad wees, die twaalfde en ‘verlore’ stam waarna so gesoek is wat uiteindelik in die hedendaagse Frankryk beland het. Die Katolieke se uitwissing van Christene het die Hugenote tot ‘n geheime organisasie gedwing, maar later is daar besluit om uit te wyk. Die Franse Hugenote het na verskeie lande gevlug waaronder Suid-Afrika. As gevolg van die jarelange vervolging het Jode regoor die wereld met die plaaslike bevolkings geassimileer. Vanne is verander en nuwe tale is aangeleer. Ouers het nie vir hul kinders vertel waar hul vandaan kom nie. Talle Jode het vir oorlewing hul Joodse geloof ‘afgesweer’ maar ander is tot die Christelike geloof bekeer. Die vyand het egter ‘n manier om ‘n Jood uit te ruik. Die geskienis bewys dit. As ons Afrikaners bietjie snuffel kan ons dalk net verras word met baie interessante inligting wat ons eng siening van ons wereldjie hier en ons toekoms op sy kop keer.

Ame ·

John, baie dankie vir jou verduideliking. Ek stem heelhartig met jou saam. Dit gaan baie interessant wees. Ek het klaar begin snuffel en wat ‘n openbaring. Mag daar regtig nog boere Afrikaners wees wat sal gaan ondersoek instel en bietjie rond snuffel (my volk gaan ten gronde weens ‘n gebrek aan kennis). Maar die hande het slap geword want die leiers het verleiers geword.

maritz ·

Ek weet nie of dit te laat is om iets te se . Het julle gesien Zim gaan oor na die yen toe . Die hele Afrika is besig om deur China oorgevat te word . Ons agtergeblewne president is besig om ons ook te vekoop . As hy nie al kla het nie

Marius ·

Ek is eerlik as ek sê Steve hou van emosionele retoriek, en hierdie is ‘n goeie voorbeeld daarvan. Ek dink ons moet wegkom van hierdie”ons is God se volk” sentiment. God se volk is alle gelowiges van alle tale en rasse. Dis hierdie eksklusiewe siening wat maak dat ware gelowiges van ander tale en kulture frons oor of ons werklik Christene is. Ons moenie ons verlede “over glamorise”, en ook nie hoe wonderlik ons nou is nie. Ek het elke dag met baie Afrikaners en Engelse mense en swart mense te doen, en Afrikaners staan nie vir my uit as meer wonderlik nie. Afrikaners het eintlik vir my nogal ‘n onvriendelike klomp mense geword. Ek weet ek veralgemeen, maar ek sien elke dag maar sy donkerder sy ook. Ons tree op en doen maar wat alle westerlinge doen. Ook wil ek maar my nek uitsteek en sê dat jy nie sondermeer kan verwag dat die gelofte deur alle Afrikaners onderhou moet word nie. Wat van die nasate van baie burgers in die Kaap wat gekies het om nié die groot trek mee te maak nie. Wat van dié wie se voorouers lank ná 1838 die land ingekom het. Dis wat die Afrikaner uniek maak. Ons geskiedenis is nie so gedeel as wat Steve wil afmaak nie. Ons het verseker die swakste regering in die land se geskiedenis. Dit erken ek heelhartig, maar dis ons Christelike plig om te doen wat sendelinge en gelowiges deur die eeue gedoen het. Bou skole, leer die kinders, bou hospitale en hou aan opvoed. Ons doen in elk geval die “Christenwees – ding “op die kantlyn. Afrikanerkerke is besig om leeg te loop. Ons hou van ons welvaart en as die predikant nog vir my kan sê dit gaan goed met my omdat ek ‘n Christen is dan hou ek meer van só kerk. (Hulle skiet deesdae in elke ryk voorstad op.) Die punt is, die Afrikaner se geloof het so afgewater geraak, en ongelukkig het ons iewers begin dink God is meer oor ons besorg as oor die nasies. Dis dié sentiment wat ons wegvat van ons godgegewe roeping om sy kinders uit alle nasies na hom toe te lei. Ek respekteer Steve se standount, maar om hemelsnaam, hou tog vir God uit dit uit. As ek die Bybel lees sien ek hoe Hy uit al die nasies uit alle volke vir Hom ‘n volk bymekaarmaak. Ek sien min Afrikaners wat uit hul pad gaan om vir ander te wys hoe Jesus lyk. Die paar wat ek ken is besig met sendingwerk onder die armste van die armstes. Hulle het nie nou tyd vir Steve se “kom ons red ons volkie en sy standbeelde-benadering nie.

j\Jeanette ·

Marius

Hou in gedagte dat Steve in 1994 ja gestem het vir verandering. Sekerlik het hy die ideale gekoester wat jy hierbo steeds koester.

Swart Christene behoort skaam te wees met dit wat besig is om plaas te vind in hierdie land onder ‘n ANC-regering. Waarom hulle dan nou moet frons oor die Afrikaner se Christenskap wanneer die Afrikaner onder hierdie omstandighede met nuwe inisiatiewe na vore kom is nie duidelik nie.

Jy maak jouself as deel van ‘n groep, skuldig aan emosionele retoriek deur ALEWIG die Afrikaner se Christenskap te betwyfel wanneer die Afrikaner stappe wil neem om sy identiteit te beveilig.

Dalk, net dalk, sal jy vind dat daar binne hierdie vernuwende denke van die Afrikaner, veel meer ruimte is vir Christene om mekaar oor kleurgrense heen te vind.

marius ·

Jy sie Jeanette. Jy maak nog steeds ‘n fout in jou redenasie. As ek na die trant van jou antwoord luister dan is swart-wees steeds gelyk aan ANC wees. Jou vooroordeel sou minder duidelik gewees het as jy gesê het Christene behoort skaam te wees oor die ANC regering en nie swart Christene nie. Jou woorde verraai subtiel dat swart mense kollektief verantwoordelik moet wees vir die swak regering ongeag of hulle Christene is of nie. Wat ek probeer sê is dat wanneer jy politiek met ‘n Christen motief wil bedryf moet jy dit inklusief maak vir alle bevolkingsgroepe. Ondersteun dan die ACDP, maar sodra jy dit koppel aan Afrikanerwees dan moet jy geloof uit dit haal. Dan kan dit net suiwer ‘n kultuur organisasie wees, met geloof as iets privaats. Die Afrikaner het wonderlike dinge in Afrika kom verrig, maar baie anderskleuriges het vir baie lank gewonder hoe “Afrikaner- Christene” mense met ‘n ander velkeur as minderwaardig kon hanteer in hulle eie geboorteland. Dis wat ek bedoel daarmee dat mense ons Christenwees opnuut in twyfel kan trek. Volgens my is ware Christenwees baie meer inklusief as wat ons wil aanvaar.

Marius ·

Jammer dat ek teen die stroom swem, maar ek dink ons moet ophou om onsself as God se volk te sien. Ek ken baie nie-Afrikaners, biede swart en wit wat ook deel van God se volk is. Die probleem kom wanneer jy Afrikaner-nasionalisme wil aantrek met ‘n Christelike baadjie. Dis hoekom Afrikaners deesdae ook baie van welvaart-godsdiens hou. As jy aan God se kant is moet dit mos goed gaan met jou. Omdat ons nie die gelofte gehou het nie, het God ons verlaat. Dis die sentiment van baie Afrikaners en dis totale nonsens. Die punt sal altyd wees. God is en sal altyd getrou wees. Onthou, baie van die vryburgers het in die kaap agtergebly tydens die groot trek. Baie mense het na die groot trek eers in die land ingekom en later deel geword van die Afrikanervolk. Ons kan nie dink dat die gelofte enigsins bindend moet wees op alle Afrikaners nie. Die Afrikanervolk is ‘n sondige volk net soos alle ander nasies. Anders sou hy nie Jesus se genade nodig gehad het nie. Ek ken ‘n hele paar Afrikaners wat op die oomblik presies doen wat Jesus beveel het. Hulle werk as onderwysers en mediese personeel onder die armes en die siekes. Hulle is te besig met Sy werk, eerder as om na Steve te luister. Dis hulle na wie ek opkyk. Nie Steve nie, nie die vrotsige ANC nie en nie na De La Rey nie. Ons was en sal altyd verskillend dink. God het ons so bedoel. Ons werk is nie om in ‘n hoek laer te trek nie. As ons werlike Christene wil wees is ons werk baie groter as politieke sentimentele taal. Dis wat my trots moet maak as ‘n Afrikaner. Dat ek saam met alle volke deel van God se bloedlyn kon word. Dis die boodskap van die Evangelie. As dit kom met vervolging van beide Afrikanerkant en ANC kant moet ware gelowiges nie verbaas wees nie. Baie Afrikaners grinnik oor my siening, en dis ook maar vervolging.

Piet ·

Die vraag is, mag ‘n mens namens iemand anders ‘n gelofte/belofte maak? Selfs namens Afrikaners wat nie deel van die slag van Bloedrivier was nie. Verder so ver ek kan onthou hou die belofte in om die daardie dag as ‘n Sabatdag te heilig. Ons hou nie eers ons Vader se weeklikse Sabbat nie, (Vrydag aand sononder tot Saterdag aand sononder) wat nog van ‘n jaarlikse Sabbat. Indien ons dinge wil reg doen dan moet ons dit van die begin af reg doen. Soos deur ons Vader voorgeskryf en nie deur ‘n voormalige son aanbidder en self aangestelde biskop vn die RKK, Konstantyn nie.

Paul ·

‘n Roerende oproep om weer Christen en Boer te wees. Kom ons loop in ons trotse voorouers se spore!

John ·

Jy is reg Piet. Selfs die dae van die week is na gode vernoem. Ek wonder ook hoekom ons van Kersfees praat en nie van ‘n Christusfees nie. Die Engelse vier ‘n ‘Christmas’. Ons Afrikaners moet bietjie meer dink. Van Oom Steve gepraat. Ek is bly hy dra die saak van sy naaste op die hart, maar hy was ‘n sanger en ‘n akteur. Dit is duidelik wat hy probeer doen. ‘n Emosionele politieke styl wat gryp groot gebeure en mense uit die verlede doen nie die ding vir die Afrikaners nie. En vir ons om die gebeure rondom Geloftedag nou na baie dekades te analiseer en te debateer is verregaande. Luister wat se die ‘ander’. Wie se saak bevorder ons nou eintlik? Oom Steve hou baie van die verhoog en hy hoop die boerevolk wil hom daar hou. Daar word genoeg gesing en gedans en sannas nader geroep vanaf ons podiums. Nie nog nie asseblief.

Henry ·

Jou ‘oom Steve’ het waarskynlik veel meer gedoen om Afrikaners positief te inspireer, te midde van die horries werklikhede van hierdie droewe land, as wat jy en enige van jou pelle tot dusver na die tafel kon bring ou John.

Terloops. Wat is die verskil tussen die eindelose ge-gorrel op werwe soos hierdie deur elke Tom Diek en Herrie en die nuttelose bydraes van politici wat perde kluite as vye probeer smous???

Marius ·

Christenskap is iets wat elke dag getuig wie jy is deur jou woorde, jou handelinge en gesindheid. Ek luister gereeld hoe “Christen” – Afrikaners vertel hoe maklik hulle die verkeerskonstabel omkoop as hulle afgetrek word vir spoed of ander derglike dinge. Van hulle is vooraanstaande boere met geweldige groot boerderye. Die ironie is wanneer hulle terugkom van die geloftefees af. Dis vir my só snaaks om te hoor hoe hulle kla oor die korrupte ANC – regering. Dit was nou tot ek vir hulle gesê het dat hulle geen morele gronde het om op te staan as hulle die ANC regering se korrupsie so erg vind terwyl hulle net so korrup is in hulle omkoop van mense nie. Dis uiters lagwekkend om die minste te sê. Dan wil hulle vir my sê waarom dit so belangrik is om die geloftediens by te woon. Al wat ek sê is dat die Afrikaner nie meer of minder “Christen” is as enige ander bevolkingsgroepe nie. Dit gaan uiteindelik maar oor die behoud van ons lewenstandaard. Dis eintlik wat hier bedreig word, want ons is vry om Kerk toe te gaan, so dis nie ons geloof wat bedreig word nie. As ons ‘n goeie nie-korrupte ANC regering gehad het met goeie dienslewering dan sou min van ons regtig ‘n obsessie met die gelofte gehad het. Ons het nie ‘n beter verhouding met God omdat ons Afrikaners is nie. Ons is sondige mense wat Sy genade nodig het, soos alle ander mense. Ware Christene was deur die eeue heen baie sterker wanneer hulle vervolg was. Maar baie keer het hulle met hulle lewens daarvoor betaal-duisende van hulle.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.