’n Geslote brief aan die wit linkses

skryf

Foto: Pixabay.com

Eugene Brink skryf ‘n ‘geslote brief’ na aanleiding van die uitlatings wat gister by die Universiteit van die Witwatersrand se sentrum vir diversiteit-studies gemaak is tydens ‘n dinkskrum getiteld “Herdink die Afrikaner-identiteite; ‘n interaktiewe dialoog“:

Aangesien dit nou so fatsoenlik geraak het om “ope briewe” oor of aan mense te skryf, gaan ek nou ook my eerste een probeer. Hierdie een gaan egter nie slegs aan een persoon gerig word en so wyd moontlik versprei word soos ’n ope brief nie, maar aan ’n hele groep met wie ek meer intiem wil gesels. Daarom noem ek dit eerder ’n geslote brief, want dis ’n soort siekbed-gesprek tussen mense wat vertroud is met mekaar. Geen seepkis word dus benodig nie.

Dit is gerig aan die linkse wit groepering van goed opgevoede, swakker opgevoede en dan ook totaal onopgevoede Afrikaanse mense (soos soveel ander name, haat hulle mos die term Afrikaner, so uit respek sal ek dit dan nie gebruik om na hulle te verwys nie) wat hulle dit aanmatig om namens alle witmense en Afrikaners in Suid-Afrika te praat of ongekwalifiseerde, ongesofistikeerde en haatdraende stellings oor witmense en hul rol in die land te maak.

Julle skuil oral in obskure én prominente rolle by universiteitsdepartemente en probeer julle eie bestaan daar regverdig deur haatspraak jeens witmense en spesifiek Afrikaners in openbare forums te pleeg. Sommige van julle is kunstenaars en werk ook in die media en by uiters irrelevante dinkskrums en eien julle daarmee die reg toe om die monopolie op kennis te hê. Julle hoop om eendag onthou te word en genade bewys te word wanneer die EFF en ander skurk-organisasies die universiteite en die land in vlamme wil laat opgaan en wit gesigte met swart gesigte vervang word.

Julle sit in ivoortorings en kyk as’t ware neer op almal in die land – wit én swart – en preek dan vanuit ’n hoogte na die “gepeupel” wat nog nie die “ware lig” gesien het nie. Ek weet nie of julle werklik altruïstiese bedoelings met julle dade het nie, maar dit kom tot uiting op ’n manier wat niemand baat nie. Dit het beslis nie die gewenste uitwerking om hierdie land met sy tallose probleme op te bou en te rehabiliteer nie.

Julle is die filosowe van hierdie wêreld, of so dink julle. Julle leef in totaal abstrakte wêrelde waar daar geen waarheid behalwe julle eie is nie. Feite maak ook kwansuis nie saak nie, want hoekom sal feite dan nou ’n lekker storie (sofisme?) bederf? Julle bepleit enersyds die uitwissing of ten minste die verdrywing van alle wit mense in Suid-Afrika, maar julle het self slegs wit vriende en het nog nooit een stuk liefdadigheid of weldaad op jul eie of deur middel van ’n organisasie soos ’n kerk of welsynsorganisasie gedoen nie. Nee, dis benede julle. Julle “opium” is polities korrekte gemeenplase of haatspraak teenoor wittes. Dit gaan natuurlik mos die land red of die wêreld ’n beter plek maak, of hoe? En dis dan boonop die smalste weg, want die wittes gaan jou nie in jou kantoor vaskeer en jou met die dood dreig as die volgende betoging uitbreek nie. Hulle is mos vergewende Christene wat glo in orde en vrede. Hoe gerieflik!

Vir julle maak dit nie saak dat duisende swartmense in Suid-Afrika vir Afrikaanse sakelui met besighede van tussen 1 en 50 werknemers werk nie. Nee wat, julle is te besig om in julle regeringskantore (ja, universiteite is regeringsdepartemente) te sit en die grootste deel van die dag koerant te lees, baie min werk te doen en aan julle volgende stuk anti-wit hoon te dink. Julle mors en teer tog te lekker op witmense se belastinggeld (ja, die geld vir universiteite moet van iewers af kom) waar julle as “tenured bureaucrats” tog so bang is julle eie witheid ontstel nie die rektore en dekane nie. En jammer, abstrakte en totaal bespotlike teorieë en drogredenasies gaan nie swartmense se armoede en uitdagings oplos of hul woede wegneem nie. Slegs deur nog te bou en te skep gaan dit gebeur, nie deur afbreek en haat nie.

As julle beveel dat alle witmense kulturele selfmoord moet pleeg en die land verlaat omdat daar nie plek vir ons in Afrika of Suid-Afrika is nie, kan ek voorstel dat julle self julle eie raad eerste volg? Dit moet sleg wees om so skuldig oor jou eie bestaan te voel dat jy jou eie uitwissing of verwydering sal voorstaan. Die vraag: Wat maak julle nog hier? Julle is tog immers wit en praat Afrikaans. Kan julle die eerstes wees om julle goed te vat en te trek dat die res van ons in die land kan aangaan om aan iets beters te bou? Ek weet ek sal bly wees dat my belastinggeld nie verder op julle “werk” gemors word nie.

Julle monde skuim omtrent wanneer julle uitasem ontken dat AfriForum nie namens julle praat of optree nie. Dis julle keuse en niemand het al ooit gesê AfriForum tree namens alle wit Afrikaanssprekendes op nie. Maar julle kan dit nie vinnig genoeg ontken nie en beskryf dit as “’n gevaarlike en gewelddadige organisasie” – en dit sonder enige bewyse. Die feit is, AfriForum tree wel op namens ’n groot groep van hulle en hulle hulp word doelbewus aangevra terwyl ander mense weer onwetend (en onbetalend) die vrugte daarvan pluk. Die chaos sou nou nog steeds by die Universiteit van Pretoria geheers het as Solidariteit en AfriForum nie op ’n hoë vlak met die ANC beraadslaag en die chaos ontlont het nie. Nie dat dit vir julle as “kenners” van menseregte en dergelike konsepte sal saak maak nie, maar vryheid van assosiasie is ’n grondwetlike en internasionaal erkende reg. Die feit is, Solidariteit en AfriForum het baie steun om te doen wat ons doen en niemand kan sê dat ons enigiemand op enige manier te na kom nie.

Julle kognitiewe dissonansie verstom my en dit is een van die skreiendste swakplekke in jul monderings. Sommige van julle vertel uit een mond hoe lief julle vir julle taal en kultuur is en bepleit dan terselfdertyd die afskaffing daarvan buite die huis. Hoe maak dit op enige planeet sin en hoekom nog die skyn wek dat julle vir Afrikaans en sy mense omgee? Dis soos om te sê: “Ek is mal oor koek en soek so baie daarvan, maar moet dit nog tog om hemelsnaam net nie verkoop of bak nie!” Dink julle regtig die huidige vlaag van geweld en die uitwissing van die Afrikaanse taal en kultuur gaan Afrikaans bevorder? Dink julle dit gaan net oor Afrikaans en dat die volgende eise deur die boewe nie julle eie poste in die gedrang sal bring nie? Kou bietjie aan hierdie vrae, maar ek dink nie ek gaan ’n eerlike of bevredigende antwoord kry nie.

Ek wil afsluit daarmee dat ek bekommerd is oor julle invloed by universiteite en in die openbare domein. Julle sikofantiese gedrag en tekort aan enige vorm van kritiese denke is die sleutelfaktor om universiteite sentra van onuitnemendheid te maak en die land in ’n middelmatigheid en selfs rassekrisis te dompel. Waar universiteite, koerante en openbare debatte kritiese denke moet aanspoor en ruimte vir afvallige menings moet skep, is julle besig om die teenoorgestelde te bewerkstellig. Eerder as om julle geliefde “diversiteit” in die hand te werk, werk julle hard om die wêreld in ’n monolitiese, grys en steriele eenheid te smee waar daar geen debat, meningsverskil of alternatiewe stemme gehoor kan word nie.

Moet my asseblief net nie daarby insluit nie, want julle is geensins my gevolmagtigde nie en ek het baie meer selfrespek as dit. En moet my asseblief nie weer bel of kontak – soos etlike van julle al telkens gedoen het – as julle vir wit studente, vriende of familielede werk by die Solidariteit Beweging weens regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging soek nie. En as julle julself vir “geen klasgeld” beywer en op meer sosialisme aandring, begin dan om heel eerste julle eie inkomste op te offer. Ek was eerlikwaar my hande in onskuld aan julle aandadigheid.

Ek kan nog baie skryf, maar kom ons los dit daar. Glo dit of nie, ek het eintlik regte werk om te doen. Werk wat nou ’n positiewe en tasbare verskil aan mense se lewens maak en iets wat die Here (ja, Hy bestaan) my geroep het om hier en in hierdie tydvak te doen.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Eugene Brink

Dr. Eugene Brink is ʼn entrepreneur, sake-konsultant en onafhanklike politieke kommentator.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Antoinette ·

Baie dankie! Dit is so raak gesê, maar of dit deur hulle gelees gaan word is ‘n ander saak. Dis mos ‘n skande om in Afrikaans te lees.

Sarel Strydom ·

Baie raak beskrywing van ‘n die groep wat blykbaar nou nog deel in die “jammer ek is ‘n Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner”.

Johan 2 ·

Nes jy sê Sarel…en daar is baie van hulle!! Ek reken so 30% van ons bevolking, dalk minder noudat baie landuit is

Andrea van Vuren ·

Sarel, een van die dae gaan daar nie meer genoeg skottels wees om voete te was nie! Hierdie groepe wat hulself “akademici” in die binnekring van ‘n tersiêre instelling noem, is soos slanggif wat die liggaam (ons behoudende Afrikaners) doodmaak.

Piet Snot ·

Johan 2, baie mense wat landuit is, is beter Afrikaners as wat ek & jy kan hoop om ooit te wees.
Die baie landuit mense kon dalk jou % laat styg het, wie weet.

Trolle ·

Dankie alles waar wat jy se dink die probleem is die lingses is lafhartige mense wat te bang is vir probleme nou gaan hulle maar saam met die stroom minwetend aan die einde van die stroom is n helse waterval waanvan hulle op die ou einde nie van sal kan ontsnap nie.
Hulle is gewoonlik ook mense wat nie omgee vir hulle kinders se toekoms nie dink net aan hoeveel geld hulle nog kan maak.Kinders kan maar eendag self sien en kom klaar.

Judean Jansen van Vuuren ·

Dankie tog daar is mense wat nog om gee vir ons. Ek is ‘n trotse lid van Solidariteit. My vraag is net; Die Universiteite waarop almal soos aanspraak maak is gebou en instand gebring deur die blankes en baie Afrikaans sprekende mense in SA en hiermee ontken ek nie deel wat swartmense bygedra het met die bou daarvan maar dit was die blanke Suid Afrikaners se breinbaba. As julle nie in Afrikaanse wil leer nie, bou julle eie Universiteit en baklei om in julle taal onderrig te word, dis jou reg, maar hou op om ons reg te ontken.!!Waar sou SA vandag gewees het as dit nie vir blankes was nie, erken ons bydrae in hierdie land. Het julle al gedink hoe sou die Swartmense wat gebore en getoë is in ander lande as ‘n Afrika land nou moet hoor hulle hoort nie daar nie en dit is nie hulle land nie maar slegs blankes se land? Jy is daar gebore, jy doen jou deel en dra positief by tot die land maar eintlik moet die blankes jou in die see jag want dit is van die vroegste tye af ‘n “blanke land” Dit is mos nie regverdig of enigsins logies nie!! Erken ons bydra, ons is hier om te bly om in ons taal onderrig te word en die land ‘n beter plek te maak vir almal, ja selfs vir die swart Suid Afrikaners!!

david ras ·

Blikskottels ! so ‘n bek moet jem kry !

Ek twyfel of hierdie linkses al ooit beter beskryf is……!

Reinhardt ·

Goed gestel Eugene!
Na daai stuk is jy seker soos *drops mic

Antionette Malan ·

Goed gesê. Publiseer die brief asb ook in Engels. Hierdie politiekkorrektes wil dalk nie in Afrikaans lees nie. Ek skaam my ook vir sommige rubriekskrywers.

De Villiers Hauptfleisch ·

Goed gestel Dr. Brink. Ek wou dit ook al sê, maar sou dit nooit in sulke goeie en beskrywende Afrikaans kon sê nie. Ek dink tog daar is van hulle wat jou brief sal lees (al doen hulle dit skelm om te kyk of hulle nie weer `n bietjie skietgoed teen die Afrikaner kan kry nie) en hopelik die boodskap kry.

Gerd Lourens ·

Lanklaas so ‘n eerlike en opregte skrywe gelees. Goed gedoen, Eugene.

Hannes marais ·

Dr brink..baie goeie brief,maar ek haat ook die woord of term ‘Afrikaner’..ek is nie n Afrikaner nie..Eks n Boer..ek behoort aan n volk en dis die Boerevolk..die woord Afrikaner is gekaap van die nama stam wat n baster ras is in Namibia..van dai mense se vanne was Afrikaners..

julius ·

Hannes ek stem vir jou vir ons volgende president. Ek is 100% BOER.

Gemsbok ·

Ek skaar myself by Paul Kruger, Koos de la Rey, MW Steyn en Christiaan de Wet wat almal na hulself as Afrikaners verwys het.

Wim Kotze ·

Weet nie of jou beskrywing van die Nama reg is nie, maar jy kan gerus navors hoe Afrikaans in Namibia gekom het. Daai ouens met die Afrikaanse vanne is waarskynlik afstammelinge van jou groot-groot ouma, 10 geslagte gelede, wat ôk getrek het.

Millie ·

HOENDERVLEIS!!! OP die kop gesê – dankie vir daai insig maar ek dink dis in di wind in :)

John ·

Miskien moet ons hierdie skrywe ernstig oordink veral noudat daar gewerk word aan ‘n wet teen rassisme. As families en gesinne of mede werkers soos in Kommunistiese Rusland destyds hul eie naaste verklap of uitlewer aan die regime in die hoop op vergoeding of bevordering, le donker dae vir ons voor. En hierdie ding gaan uitgebuit word want al minder blankes is in topposte of word bevorder. Die regslui sal veral geteiken word wanneer uitsprake nie in die guns van die klaers verloop nie.

Bruno Stef ·

Eugene wat n uitstekende opsomming en skrywe van jou as n jongman maar jy moet net onthou dat die aan wie jy die skrywe gerig het taamlik dikvellig deur die lewe gaan.Die meerderheid van hulle het n “Chip op die skouer”.

elsabe ·

Sjoe Dr Brink… Ek sien baie uit na jou volgende skrywe – maar wel in ‘n AL die koerante in SA !Voorspoed, vrede en genade vir jou! Die HERE trek voor jou uit Dr!

Dirk Breytenbach ·

Geagte Dr Brink, lanklaas het ek so ‘n ewewigtige ontleding van die psige of die samestelling van ‘n Afrikaner lamsak of parasiet gesien. Dis baie keer moeilik om kommentaar te lewer in die hitte van die oomblik wanneer hulle gif braak op sosiale media maar ek dink nou dat ‘n koel kop soos u die situasie behoorlik kon opsom sodat ons ‘n eenvormige objektiewe beskouing kan handhaaf oor die verskynsels. My dilemma is nou om die tipe parasiete uit te rangeer en dadelik te identifiseer voordat ek my energie enigsins verder op hulle sal mors en aan te hou om te help bou aan ‘n volhoubare samelewing .

Theo ·

Hoe waar is jou woorde nie Dirk. “n ewewigtige ontleding van die psige of die samestelling van n Afrikaner lamsak of parasiet” Dankie Dr. Brink, voorspoed met julle stryd.

Marius ·

Die meerderheid Afrikaanses sal nie noodwendig met hierdie sienings saamstem nie. Wat maak dit hulle? Linkses? Want hulle is beslis nie wit regses soos Mnr. Brink nie. Ek verstaan nie hoe Afrikaans gekoppel is aan of jy links of regs is nie. Sê liewers in jou opskrif anti Afrikaanse wittes, want baie subtiel het jy nou net alle Afrikaners wat nie solidariteit ondersteun nie as wit anti Afrikaanse linkses getipeer. Jou artikel het meer gate in as die Titanic, en alhoewel dit lekker emosioneel opruiende taal is, en dit die lesers baie goed laat voel, het jy dit net vir die goedvoel waarde op Maroela gepubliseer. Ek is pro-Afrikaans by Universiteite, moet my nie misverstaan nie, maar jou artikel het die grense van logiese retoriek oorgesteek. Universiteite en die wêreld is twee verskillende dinge. Meeste mense gaan nie Universiteite toe nie.

Dirk Breytenbach ·

Dr Brink, Solidariteit en Afriforum is alles behalwe regs. Jy beweeg op die rand rond besluit asb. watter kant toe jy val, klou net vas aan jou leunstoel terwyl jy val. Ons ander is te besig om te werk aan alternatiewe as om na flou gesanik van identiteitloses te luister.

VerVanRyn ·

Watter gate sien jy raak? As jy iemand wil aankla van onlogiese ongegronde aannames dan moet jy darem jou eie aantuigings begrond.

gatiep ·

Lings het komunistiese doelwitte gaan soek dit maar op die verskil tussen lings en regs.
Dankie die beste berig wat ek nog op maroela gelees het.

Henry ·

Uitstekend gestel.
U skryfsel lewer opnuut aan ons lede bewys dat Afriforum en Solidariteit in raakvat hande is.

Dankie weereens vir die wonderlike voorbeeld wat gestel is tydens die onderhandelinge/gesprekke oor die probleme op Tukkies se kampus. Om met tipiese Afrikaner durf gesprekke aan die gang te sit, met alle partye wat eerlik daarin belangstel om oplossings te vind.

Diesulkes wat so hard en duidelik hierbo beskryf word, beskik in ieder geval nie oor die nodige durf of insig om ons belange te beskerm of te bevorder nie.

Johan 2 ·

Geen reaksie van ou Max nie? Wat van ou Adv!Jaco Bothma? Al die universiteit rektors? Verschoor van UOVS of is hy klaar landuit?

wynand ·

Absoluut briljant. Kan nie beter nie. Daar is hordes van hulle en ek is reg vir enige-iemand wat ons of ons Taal wil afbreek. Ek praat nie met Afrikaanse mense Engels nie. Ek weier volstrek, Baie dankie vir hierdie briljante skrywe. Dit word opreg waardeer.

Dirk ·

Maar hoe nou anders in albei Anglo Boere oorloë was daar menigte hensoppers en draadsitters gewees en wat het dit hulle in die sak gebring? Volksveraaiers sal daar altyd wees veral in die Afrikaner se kamp maar hulle sal ook soos daar genoem was deur ‘n ene spreker die Afrikaner moes eerder in sy eie swaard geval het, en hy homself is ‘n Afrikaner hkm dan ons nie die guns doen en deur selfrespek eerste die leisels neem en ons wys hoe dit gedoen moet word nie” Ek glo in elke geval gaan hy nie gemis of betreur word nie” Ek is van mening dat intellek soms ons eie grootste vyand is daarom die linkse liberale menings van ‘n handjie vol Afrikaners in ‘n tyd wat ons moet begin saamstaan meer as ooit tevore dit gaan net moeiliker raak dit kan ons maar glo dis duidelik. En ‘n Volksveraaier was nog nooit welkom by sy eie mense of by die anderkant nie hulle word instrumente ja maar as die dag kom word hy oor dieselfde kam geskeer as die res van ons.

Monica ·

Baie, baie dankie! Dit is so wonderlik en op die man af gestel. Dit verwoord so baie mense se gevoel. Uiteindelik is daar ook ‘n stem aan ons gegee.

Andre ·

Baie elegant beskryf en jammer dat vuilgoed so “sagkuns” mee gehandel moet word. Ek sou hulle ten volle in een sin kon beskryf en vertel waarheen om te gaan, maar dan sou niemand dit wou publiseer nie.

Samuel ·

Marius, jy staan so alleen. Jy, soos die mense aan wie die oorspronklike brief gerig is, verdien die (yskoue) skouer. Ek verknies my nie oor jou eensaamheid nie, maar vra eerder dat jy (en jou enersdenkendes) hand in eie boesem steek en oor jou toekoms besin. Jy is besig om jouself in die voet te skiet. Neem kennis van hoe Afrikaners en Boere oor jou sort voel. Julle doen julleself en die Afrikanerdom geen guns nie.

Hennie Terblanche ·

Fantastiese skrywe!!! My naam is Hennie Terblanche en ek’s trots om Blank en Afrikaans sprekend te wees. Nie soos die Mnr. Terblanhe wat ‘n onopgevoede en oningeligte uitlating gemaak het omrede hy ‘n gatkruiper is nie….ja, JY is ‘n gatkruiper, want jy werk heel waarskynlik vir die staat en klou vas aan jou pensioen….ten spyte van die onderdrukking van jou volk. ONS blankes het hierdie land opgebou tot ‘n 1ste wêreld land en na 22 jaar onder demokrasie grens ons aan rommel status. Die Judasse sal daar altyd wees, soosjy en FW, maar selfs julle sal berou oor julle dade. Dankie VF+, Afriforum en Solidariteit, julle maak ‘n verskil in ons Blanke Afrikaners se lewens.

Oom Boer ·

Dr. Eugene Brink, al wat ek kan sê is “Amen”. Meer raakvat kan daar nie wees nie, maar die geeles sal hulself uitverkoop met die hoop dat daar ‘n verskil sal wees. Hoe ‘n benarde denke, maar dit is soos om ‘n blinde in die woestyn vry te laat en hoop op beter. Soliforum is dienend en geregverdig tot die diening van almal en menigte van ons Afrikaners is trots op jul en jul bydraes – “Dankie vir jul onselfsugtige optredes” . Die Marius hierbo is so besig om vir homself ‘n pragtigtige Feë kasteeltjie te skep in sy drome met die hoop sy Kaders sal dit kom verf in sy gegeurde reenboog kleure droom voort. Dr. Brink seëninge en beste wense met jou volgende skrywe, glo van harte vele sien uit daarna.

Anonoom ·

Daar is ‘n pampoen met pitte. Party maak ‘n bril van die skil en gooi die res weg. Ander maak die binnekant gaar, droog die pitte en maak chips van die skil.

John ·

Die UV is die mooiste voorbeeld van hoe ‘n mooi rooi appeltjie vrot word; in stadige aksie. Ek wens dit kon op film vasgele word. Dit sou die oscar maklik wen vir beste van alles. Die verhaal begin so: Lank, lank gelede was daar ‘n lektor aan UV met groot ambisie en toe …

TTh ·

Knap gedaan Dr Brink, ons mense moet baie meer reguit begin debatteer oor dit wat aan die gebeur is en wat ons te doen staan. Ek dink daar moet dringend ‘n nuwe ‘samesnoering’ gebeur onder blank afrikaanse mense wat op Christelike basis staan, wat Christelike waardes handhaaf, hierdie kragtige taal praat en gebruik en die ‘Boer’ se kultuur uitleef. Hierdie selfsugtige suutjies-poep gespuis in ons midde, wat selfs hul huistaal verander na Engels en hul kinders Xhosa en Mandarin laat leer, sal vanself verdwyn soos mis voor die son (of is dit ‘mis’ op die grasperk), onse Boerevolk (met sy rotsvas karakter en hard van goud) moet weer ontwaak en Afriforum en Solidariteit en sekere individue doen reeds baanbrekerswerk in die verband. Weereens dankie dat jy onbeskaamd jou se se.

Arrie ·

Lanklaas soveel sin gehoor baie dankie Dr Brink.

Is dit nie juis die doel van kommunisme, om te infiltreer in ons Kerke, ons skole ons geloof sisteem en ons geskiedenis te verdraai sodat ons moet glo wat hulle aan ons voorhou nie?
Ons word van alle kante aangeval met groot pogings van ons kommunistiese regering om ons n’ leuen te laat glo.
Laat dit by alle volke nasies en tale bekend wees, die God wat Israel deur die Rooi see laat trek het, was dieselfde God by Bloedrivier en Hy is steeds dieselfde God vandag en tot in alle ewigheid.
Neem kennis julle werkers van ongeregtigheid, die ware boervolk wat opreg voor God wandel sal nie buig voor julle leuens nie al gaan ons soos Sadrag, Mesag en Abednego deur die vuuroond dan staan ons God saam met ons omdat ons Sy naam eer.

Realis ·

Vryheid van spraak by uitnementheid Dr Brink. U het met waarheid feite verkondig wat die sogenaamde “super afrikaner” nie wou hoor nie.

Sann ·

“Ek hou van ñ man wat sy man kan staan;”…..”Wat sy moeder eer in die taal uit haar vrome mond geleer, en die verraaiersgeslag in sy siel verag, wat, haar verstotend, hulself kleineer. ” Uit:~ Trou (Jan FE Celliers 1865-1940)

Charles ·

Desdae is daar mos net twee”soorte ”
mense in hierdie land van ons!!!
Die eerste ” soort” is die sogenaamde RASISTE
Die tweede “soort” is die ANDER
(Kan iemand my asb reghelp: Wat is ‘n rasis?

Johann Marx ·

Charles, as jy van ‘n stelsel hou waar alles aan die staat behoort, en hulle dit volgens hulle diskressie uitdeel…dan is jy ‘n kommunis. As jy van ‘n stelsel hou waar alles aan almal behoort…dan is jy ‘n sosialis. As jy van mense van jou eie ras hou…..is jy ‘n rassis. As jy ander rasse haat of vrees…..is jy ‘n xenofoob.

uitland ·

Baie dankie vir die artikel. Ontsettend goed geartikuleer. Sou die selfverraaiers dit miskien nie lees nie, is dit nog steeds nie verniet nie omdat ons dit lees. En dit is miskien belangriker.

John ·

Miskien moet ons dit maar uitspel soos wat dit al duideliker word uit die groot gesprekke want daar is mense wat net tevrede gaan wees as die ou grappie waar word, ‘n wet word: Eers kon ons nie, toe kon ons en nou moet ons.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.