Obama-nalatenskap lyk toenemend minder rooskleurig

Barack Obama

Foto: AP Photo/Pablo Martinez Monsivais

Toe Barack en Michelle Obama verlede Vrydag met ’n helikopter vanaf die inhuldigingsgeleentheid van die nuwe Amerikaanse president vertrek het, kon historici begin om Obama se agt jaar as president te beoordeel.

Obama het tydens sy twee termyne as Amerikaanse president bekend gestaan as ’n charismatiese persoon wat as Amerika se eerste swart president goeie verhoudinge met die land se tradisionele bondgenote kon handhaaf, terwyl hy die wêreldbeeld van Amerika plek-plek versag het.

Wanneer historici vorige Amerikaanse presidente probeer beoordeel, is dié presidente wat groot inisiatiewe van stapel gestuur en suksesvol deurgevoer het, gewoonlik dié wat as sterk historiese figure na vore tree. Franklin Roosevelt word vir die “New Deal” onthou, Lyndon Johnson vir die “Great Society” en Ronald Reagan vir sy konserwatiewe “Reagan Revolution”. Elkeen van hierdie drie twintigste-eeuse Amerikaanse presidente het ten goede of ten kwade die Amerikaanse regering en samelewing volgens ’n duidelike plan en visie getransformeer.

Wat is Barack Obama se nalatenskap en kan hy volgens een groot idee of visie gedefinieer word? Oor die afgelope paar dae het talle historici reeds probeer om Obama te begin beoordeel. Die probleem is egter dat hy slegs onthou word as eerste swart president of hoogstens vir sy omvattende mediese hervormingsprogram, Obamacare. Ten spyte van ’n duidelike progressiewe visie van sosiale transformasie wat Obama tydens sy eerste presidentsveldtog verkondig het, het baie min daarvan werklikheid geword.

Andrew Bacevich, ’n professor in geskiedenis en internasionale verhoudinge by die Universiteit van Boston, sê dat die Obama-presidentskap binne die historiese veranderinge wat die wêreld die afgelope paar jaar beleef het, gesien moet word. Die val van die Berlynse Muur in 1989 en die einde van die Koue Oorlog het tot geweldige selfvertroue onder Amerikaners gelei. Amerika het gedink dat hul laaste groot teenstander verslaan is en dat die land nou die onbestrede wêreldleier geword het.

Tydens die periode tussen die einde van die Tweede Wêreldoorlog en die einde van die Koue Oorlog was Amerika se internasionale beleid egter meer gereeld rampspoedig as wat die meeste Amerikaners wil erken. Die Koreaanse Oorlog en die oorlog in Viëtnam het tot die dood van duisende jong Amerikaners gelei, terwyl die voordele vir Amerika beperk of selfs totaal afwesig was. Amerika se kernwedloop teen die Sowjetunie het byna tot ’n vernietigende kernoorlog gelei.

Ná die val van die Berlynse Muur het Amerika met nuwe selfvertroue sy imperialistiese rol in die wêreld voortgesit en die Obama-presidentskap kan grotendeels as ’n voortsetting hiervan beskou word. Wat Bill Clinton en beide Bush-presidente begin het, is deur Obama in Oos-Europa, Libië, Sirië, Irak en Afganistan voortgesit.

Die Obama-presidentskap sal oor jare van nou af op internasionale terrein eerder onthou word vir mislukte alliansies in Sirië, die katastrofiese verwydering van Moeammar Ghadaffi in Libië en die verdere verswakking van verhoudinge met Rusland. Binnelands het Amerika vandag die laagste ekonomiese deelnamekoers in 36 jaar met miljoene Amerikaners wat opgehou werk soek het. Rasseverhoudinge is swakker as toe Obama president geword het en die regeringsburokrasie, oormatige regulasies en staatskuld het in omvang toegeneem.

Obama sal onthou word as ’n vriendelike, charismatiese leier, maar nie as iemand wie se visie en drome ooit werklikheid geword het nie.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Jaco Kleynhans

Meer oor die skrywer: Jaco Kleynhans

Jaco Kleynhans is hoof van internasionale skakeling vir die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

18 Kommentare

jongste oudste gewildste
miv

Die outjie het net gesit en skep. Gee vir Trump ‘n regverdige kans. Trump sal sy salaris wat hy geweier het, ook nog in sy land inploeg. Wonder wat sê die klomp liberales en humaniste van Obama se nalatenskap van skuld toename, regeringsburokrasie en oormatige regulasies. Mag Skepper God vir Trump seën!

John

Hy en Hillary word tans deur CNN en al die waansinniges op straat as die redders van die mensdom gereken… Waar val hierdie gebalanseerde en deurdagte kritiek nou uit. Miskien en hopelik begin die potjie vol giftige post-waarhede nou deurroes… Swart Amerikaners glo dan die VSA moet weer ‘n Obama kry voor hulle tot ruste sal kom. Historici se slim ontledings van die verlede ten spyt… Die VSA gaan nie weer rus vir sy siel he nie. Die’ dat antie-Liberty so staan en wonder waarom haar oorle ouers haar so ‘n uitputtende naam gegee het.

Piet

Swakste mees nuttelose presedent ooit ,Trump gaan baie tyd mors om sy nalatenskap te herstel

DewaldS

Die verwagte resultaat van politieke korrektheid aangevuur deur drog-media. Tydens sy amsptermyn is kritiek teen sy leierskap mos afgemaak as rassisme. Diegene wat sy toutjies getrek het, het hulle sin die hele tyd so gekry.

gerbrandt

Obama was en is nog steeds ‘n pateet. Sy geloof was teen Amerika en Clinton was tevrede daarmee want sy het duidelik geen geloof nie.