Ongelykheid, armoede en die toekoms

Toekomspad

Argieffoto.

Suid-Afrika is ʼn intens ongelyke land. Die gaping tussen ryk en arm en uitvoerende bestuurder en werker is enorm. Die Gini-koëffisiënt wat ongelykheid meet, is 6.6 tot 6.9 in ons land. ʼn Telling van 0.4 laat gewoonlik die gevaarligte flikker dat ʼn land of samelewing erg ongelyk is.

As ons net kyk hoeveel mense afhanklik is van die plastiek wat hul uit asblikke krap en verkoop vir ʼn inkomste, behoort bogenoemde nie vir ons nuus te wees nie.

Barack Obama het in sy laaste toespraak aan die VN gesê hy is oortuig dat ʼn wêreld, waar 1% soveel rykdom het as die ander 99% altesaam, nooit stabiel sal wees nie. Dis waar dat vrye markte en kapitalisme wêreldwyd tot opheffing en rykdom gelei het, maar ons kan sekerlik nie so blind wees dat ons nie die deurlopende armoede en ongelykheid dwarsoor die wêreld en ook in ons eie samelewing raaksien nie.

In landbou is daar uitdagings wat werkers en die arbeidsmag betref. Dié bedryf verkeer plek-plek onder enorme druk weens eksterne faktore soos droogte. Boonop is die bedryf nie ’n groot werkskepper nie. Die waarheid is ook dat dit nie ʼn bedryf is wat vir ʼn werker langtermyn rykdom en vooruitgang gaan lewer nie. Daarvoor is daar verdere uitdagings soos gebrekkige onderwys (58% van werkers in die bedryf het nie gematrikuleer nie), sowel as die breër sosiale verval en druk in landelike gemeenskappe. Dit beteken ons fokus moet verskuif vanaf die werker na die entrepreneur, en entrepreneurskap moet aangemoedig en ontwikkel word.

Ons kan ons blind hou vir ongelykheid en aanhou konsentreer op die klein area wat binne ons beheer is, en aanhou om uitsluitlik te dink aan ons eie vooruitgang en voorspoed, of ons kan die realiteit van die ongelykheid laat insink, en werklik daaroor nadink. Die waarheid is regtig oorweldigend.

Dis nie ʼn sprong om te sê dat niemand ʼn ander mens honger wil laat gaan slaap nie. Dis ook nie ʼn sprong om te sê dat niemand die finansiële vermoë het om almal te help nie. Verder is ons bewus dat belastinggeld nie in alle gevalle goed (of enigsins) bestuur word nie, en dat ons die effek van staatsverval veral in die landelike gebiede akuut ervaar.

As ons aanvaar dat daar ʼn probleem is en aanvaar dat ons nie die vermoë het om dit alleen op te los nie, kan ons begin werk aan ʼn oplossing. So ʼn oplossing word gebore eerstens uit die hoop dat dinge in Suid-Afrika kan verbeter, en dat Suid-Afrika (en Suid-Afrikaners) die geneigdheid het om alle analiste en voorspellings te verras en uit te presteer. Moenie die gematigdes onderskat in al ons kultuurgroepe wat vinnig die verre linkses en verre regses in die bek ruk nie. Verder lê dit in elkeen en almal se mag om ʼn ingesteldheid te kweek wat ander mense in ag neem, en wil bou aan ʼn beter toekoms vir alle mense wat in hierdie land woon.

Dit beteken dat mense die besigheidsgeleenthede begin raaksien wat vennootskappe bring. Mense begin besef dat nie een mens of een groepering ʼn enkele pasmaak-oplossing het vir al ons uitdagings nie, maar in vennootskap ontsluit ons nuwe denkrigtings en nuwe geleenthede. Hierdie verandering is reeds besig om in die landboubedryf pos te vat en dis wonderlik om mense se ingesteldheid te ervaar.

Isolasie en ʼn inwaarts-gekeerdheid is nie die antwoord nie. Dis tyd dat ons ons denke en ons harte oopmaak om ons eie probleme suksesvol op te los.

Hierdie meningstuk is deur ʼn onafhanklike persoon opgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Jahni de Villiers

Meer oor die skrywer: Jahni de Villiers

Jahni de Villiers is ʼn arbeidsreg- en arbeidsverhoudingespesialis. Sy werk vir Agri SA as hoof van Arbeid en Ontwikkeling. Sy is tans besig met ʼn LLM-graad en haar proefskrif handel oor seksuele teistering in die werkplek. Sy is passievol oor die rol van die vrou in die werkplek.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

27 Kommentare

Joe Hall ·

Dankie Gerhard en om by jou aan te sluit…
Marx, Lenin, Stalin, Mao, Castro, Machel, Nyerere en die res van talle siele se onsuksesvolle pogings om Utopia’s met die hulp van vennootskappe te skep, bevestig dat die opheffingsproses uiteindelik ‘n baie eenvoudige proses is, individuele ingesteldheid, inspanning en toewyding is enkele van die vereistes wat tot sukses mag lei.
Om die hand oor hand groei van oorbevolking te stuit, is mynsinsiens van veel groter nut en waarde as om tyd te verspeel met allerlei drome wat reeds deur die geskiedenis as bloot oulike drome bewys is.

Ou Waardeketting Fabrieksvark van Suksesfontein ·

Oulike artikel. Dankie Jahni.
SA sal alleenlik op die volhoubare voorspoedpad kom indien en wanneer:
a) Suid-Afrikaners ontslae is van die ANC DNS en sy “National Democratic Revolution denke; en b) indien ons die rol van uitgebreide “waardekettings (‘value chains’)” besef en implimeteer om die hele bevolking, uitgesluit korrupte tenderpreneurs, te mobiliseer deur betrokkeheid in die netwerke om ekonomies wêreldkompeteerbaar te word, gefokus op enkele produkte. Ander pogings is band-aids. Só kapitaliseer Israel op sy argeologie om toerisme te bevorder. Israel betrek menigde van se burgers in hierdie waardeketting, ook die landboubedryf. Maar sukses verg ‘n visie, leierskap, agiele strategie, dissipline en kreatiwiteit. Só is China se visie “om die wêred se massaproduksie-fabriek te wees”. Wat is ons visie?

B Esterhuizen ·

Hoekom wil almal die hele tyd sosialisme toe neuk? Moet ons nie maar almal net handdoek ingooi en wag vir die staat om vir ons te sorg nie?

apie ·

Ek en my gesin het al baie gedoen aan opheffingswerk. As ‘n persoon egter nie die vermoëns het nie is dit moeilik, al is dit inherent ‘n wonderlike persoon. Dus sal daar altyd menigtes armes wees. Mense het te veel kinders wat weer in dieselfde kringloop verval. Baie voorheen benadeeldes het kanse aangegryp en gewoeker. . Afrika Suid van die Sahara is egter nie geseend t. o v ambisie, vermoeens, integriteit nie. Dit is die achilleshiel ,want tegnologie is met rasse skrede voortbeurend, soos Elon Musk se Tesla, die onbekende werelde aan’t invaar teen ‘n sneller pas as ooit tevore

Ou Waardeketting Fabrieksvark van Suksesfontein ·

Geagte Apie,
Dit is duidelik dat u praat uit ondervinding.
Om wêreldkompeteerbaar te wees verg die vermoë om agiel strategies te kan beplan, stiptelikheid, nougesetheid, deeglikheid, dissipline, noukeurige professionele dokumentasie en gereelde selfondersoek ter verbetering. Die Duitsers se sukses op tegnologiese gebied het nie uit die hemel geval nie. Dit kom oor generasies. Daarom koop ek verkieslik Duitse produkte in Duitsland gemaak.

JC ·

Ongelykheid is ‘n gegewe (in die natuur ook) – maak nie saak hoe die verstikkende humanisties-skynheilige liberaal-“demokratiese” (van een man, een stem legende) kabaal dit stel nie. Maak vrede daarmee, en hou op om die wereld in te kleur met veragtende sosialistiese terme en denke.

Maak ‘n keuse: marxisme (en sy lelike eweknie sosiale marxisme-met gelyke ellende vir almal); of kapitalisme- waar alle bote deur die gety gelig word.

Moenie met kwasi-sosialistiese beleide kom en die waarheid van ongelykheid SO probeer verbloem nie-want dit werk nie, vra vir Venezuela.

Met ander woorde: ONVOORWAARDELIKE kapitalisme; OF NIKS.

In stede daarvan: kyk na President Trump se Amerika vir inspirasie= Amerika werk.

Nasionalisme is (in teenstelling met wat die hoofstroommedia/fopnuus media jou sal wil laat glo) bevonk!

Jerry ·

Jahni vir president. Ongelooflike goeie en realistiese denkwyse en insig mbt Suid-Afrika se enorme uitdaging van armoede, ongelykheid en hoe om dit te bowe te kom, deur doodeenvoudig n ingesteldheid te kweek wat ander in ag neem. Ek kan myself ook vereenselwig met die sluit van vennootskappe deur die Afrikaner met ander groepe veral mbt inisiatiewe vir opheffing, werkskepping en armoede verligting. Ek stem ook saam dat isolasie en inwaarts-gekeerdheid nie die antwoord is nie. Die Afrikaner se heil is te vinde in Afrika, Suid-Afrika en wereldwyd soos wat die hele wereld nog altyd die oester van die Afrikaner was en steeds is. Denke wat fanaties bly kleef aan selfbeskikking en volkstaat is eng en uitgediend en plaas n klein groepie Afrikaners in die doodloopstraat waar hulle hulself tans bevind en in die toekoms gaan bevind. Weereens, welgedaan Jahni, jy verteenwoordig die denkwyse van die hoofstroom Afrikaners.

Gerhard ·

Die idee van gelykheid is in beginsel korrup. Mense kan nooit gelyk wees nie. Die verskil in intellek en vermoens maak dit dit ontmoontlik. Al wat oorbly is om van die een teen sy wil te vat en vir die ander te gee. Dit is ook iets wat nerens werk nie. Nie eers in eeste wereld lande soos die VSA en Europa nie. Die mensdom het nou al geleer die aarde is nie plat nie, maar die vet weet hulle sukkel met selfs makliker konsepte soos die.

D ·

Goeie skrywe. Dit is wel ‘n opdrag van God dat gelowiges ‘n verantwoordelikheid het teenoor die wat in nood is. En God seën jou sodat jy weer ander kan seën.

Casper Labuschagne ·

In die vorige eeu het kommuniste van klasseverskille gepraat, vandag is ongelykheid ‘n skaflike nuwe woord sonder die ou rooi bagasie vir dieselfde verskynsel. Die armstes in SA is relatief beter daaraan toe as die gemiddelde in verskeie Afrika lande, daarom stroom daardie armes steeds hierheen. Wat die statistiek verwring is die voorkoms van ‘n groot middelklas asook rykes. Sou rykes arm gemaak word deur herverdeling sal hierdie onreg dus verdwyn en is ook die linkses se oplossing wat die Gini-koëffisiënt wonderlik sal laat lyk – presies soos in Zimbabwe. Sjina kon in enkele dekades slegs ‘n deel van hul armes ophef deur enorme ekonomiese groei. Maar Sjina het begin deur die hoeveelheid babas te verminder tot ‘n negatiewe bevolkingsgroei. Van die nagenoeg eenduisend babas wat vandag in SA gebore word. word negehonderd van hulle arm gebore en sal die meeste brandarm doodgaan.

Casper Labuschagne ·

‘n Regstelling: Daar word meer as 2,500 babas per dag in SA gebore. Die syfer is 20.2 nuwe geboortes per jaar per 1000 mense en daar is nagenoeg 50 miljoen mense in SA.

Eish ·

Interressante artikel van n ou hand by Solidariteit wat my diep moet laat delf vir regverdiging van alles wat gesê word.

Jahni ·

Ek wou net uitklaar dat ek reeds ‘n geruime tyd nie meer vir Solidariteit werk nie.

Eish ·

Ek het so opgemerk, rondom Junie 2017 verwissel van werk. Heeltemal begrip daarvoor.

JC ·

Ek soek ook regverdiging Eish, en anders as ander oenskynlik liberaal ingestelde lesers voel ek met reg dat die skrywer se artikel definitief nie verteenwoordigend is van “hoofstroom Afrikaner denke” nie. Iets is nie so, of waar, omdat jy bloot se dit is so nie.

Waarom moet daar nie na inwaarts-gekeerdheid en selfbeskikking beweeg word; as daar van regeringskant bv. nydige pogings aangewend word om Afrikaanses se taal te kierang; daar gepoog word om sosiale ingenieurswese toe te pas; en ‘n totale minagting vir minderheidsregte en diversiteit van al 3 bene v/d owerheid af heers? Laertrek is die aangewese remedie; anders word kulturele uitwissing in die gesig gestaar.

Sien die gevalle van Sonop en De Goede Hoop bv. Wat op dees aarde het hulle gedoen om die hantering wat hulle ontvang het vanaf “tuks” -DIE STAAT- te verdien??

Gaan Mogoeng ook nou die trekpas kry? (ek verwys na Leopold Scholtz se ope brief aan laasgenoemde) NEE. So die stryd duur voort.

Pasop vir die valse euforie van ‘n Ramaphosa (wat ‘n padda stadig wil kook…), die stryd gaan nou eers ten volle begin; en Mashatile en Ramaphosa is ook hand-om-die-blaas.

Waarom alles van jouself gee wanneer ander etniese groepe jou wil uitdelg? Net ‘n dwaas sal so oikofobeties redeneer.

JC ·

Ek soek ook regverdiging Eish, en anders as ander oenskynlik liberaal ingestelde lesers voel ek met reg dat die skrywer se artikel definitief nie verteenwoordigend is van “hoofstroom Afrikaner denke” nie. Iets is nie so, of waar, omdat jy bloot se dit is so nie.

Waarom moet daar nie na inwaarts-gekeerdheid en selfbeskikking beweeg word; as daar van regeringskant bv. nydige pogings aangewend word om Afrikaanses se taal te kierang; daar gepoog word om sosiale ingenieurswese toe te pas; en ‘n totale minagting vir minderheidsregte en diversiteit van al 3 bene v/d owerheid af heers? Laertrek is die aangewese remedie; anders word kulturele uitwissing in die gesig gestaar.

Sien die gevalle van Sonop en De Goede Hoop bv. Wat op dees aarde het hulle gedoen om die hantering wat hulle ontvang het vanaf “tuks” -DIE STAAT- te verdien??

Gaan Mogoeng ook nou die trekpas kry? (ek verwys na Leopold Scholtz se ope brief aan laasgenoemde) NEE. So die stryd duur voort.

Pasop vir die valse euforie van ‘n Ramaphosa (wat ‘n padda stadig wil kook…), die stryd gaan nou eers ten volle begin; en Mashatile en Ramaphosa is ook hand-om-die-blaas.

Waarom alles van jouself gee wanneer ander etniese groepe jou wil uitdelg? Net ‘n dwaas sal op die oikofobetiese wyse redeneer.

Eish ·

Groot waardering vir jou inset. Ek het die artikel seker goed 6 keer met aandag deurgelees en elke keer verstik in die inhoud.

alwyn burger ·

Hoe vergelyk die Gini-koëffisiënt van 1652 met die van 2018 ?

Jerry ·

Met die realiteite wat ons in die gesig staar en wat julle so kundig uitlig is dit tog duidellik dat ons in n “give and take” situasie is. N goue middeweg moet gevind word. CR gaan daardie goue middeweg vir julle vind of julle dit wil hoor of nie. Dit gaan n kombinasie wees van kapitalisme en sosialisme. Dit is beter om voorbereid te wees en jou daarvolgens te rig as om domastrant in ontkenning te leef.

Gerhard ·

Ek dink jy verstaan Afrika baie sleg. Daar is geen middeweg nie. Daar sal net gevat word en niks terug gegee word. As jy dit nie verstaan nie is jy die een wat domastrant is.

Joe Hall ·

Jerry
Om andersdenkendes as domastrante siele te beskryf, wat volgens jou in ontkenning leef, is mynsinsiens kras. Om dit baie sagkens te stel.:-)

Om te aanvaar dat daar altoos alternatiewe/teenstellende menings is, wat in die meerderheid van gevalle van joune gaan verskil, is ‘n gegewe. Is maar hoe dit is.

Daarom en in die gees van jou “give and take” verwysing, wil ek voorstel dat jy dit ook as ‘n feit/werklikheid/waarheid moet aanvaar dat daar altyd verskillende opinies/standpunte sal wees, al sou jy daarvan oortuig wil/wou wees dat joune die finale antwoord is. Daarom stel ek voor dat jy met vrymoedigheid van jou “give and take” vermaning moet gebruik maak, om met waardigheid te aanvaar dat daar altoos verskillende menings is en dat dit nie veel inspanning kos om vryelik van die gee-en-neem beginsel gebruik te maak nie.

aquilla non capit muscas
:-)

Joe Hall ·

Jerry
Om andersdenkendes as domastrante siele te beskryf, wat volgens jou in ontkenning leef, is mynsinsiens kras. Om dit baie sagkens te stel.:-)

Om te aanvaar dat daar altoos alternatiewe/teenstellende menings is, wat in die meerderheid van gevalle van joune gaan verskil, is ‘n gegewe. Is maar hoe dit is.

In die gees van jou “give and take” verwysing, wil ek voorstel dat jy dit ook as ‘n feit/werklikheid/waarheid moet aanvaar dat daar altyd verskillende opinies/standpunte sal wees, al sou jy daarvan oortuig wil/wou wees dat joune die finale antwoord is. Daarom stel ek voor dat jy met vrymoedigheid van jou “give and take” vermaning moet gebruik maak, om met waardigheid te aanvaar dat daar altoos verskillende menings is en dat dit nie veel inspanning kos om vryelik van die gee-en-neem beginsel gebruik te maak nie.

aquilla non capit muscas
:-)

Eish ·

Die arend vang nie vlieë nie, en die leeu is nie begaan oor die opine van sy prooi nie.

Casper Labuschagne ·

Hier is die probleem, Sjina is seker die sprekendste voorbeeld van ‘n gemeenskap wat honderde miljoene inwoners vanuit absolute armoede opgehef het. Maar ‘n Google soektog na “gini coefficient of China” sal ‘n horde berigte oplewer dat uitermatige ongelykheid in Sjina inderdaad vererger. Die probleem is dat die linkses ongelykheid ophou as ‘n misdaad teen die armes. Die werklikheid is dat Zimbabwe, as ‘n wonderlike model van gelykheid, geensins ‘n paradys is waar meeste mense wil woon nie. Vergelyk eerder relatiewe armoede as ‘n maatstaf waar armoede in die VSA ‘n hoër lewenstandaard het as armoede in SA wat weer veel beter af is as armes in Zimbabwe of Mosambiek. Die rykes sal altyd ryker word, maar die armes se lewenstandaard sal ook aansienlik hoër wees in ryk lande.

Nita ·

Niemand kan die armes help as hulle, hulself nie wil help nie. As babas kry tydens skooldae n groter prioriteit is as jou geleerdheid, moenie verwag om jou lewensstandaard te verbeter nie. As n gesin nie R30000 n maand verdien nie, kan jy nie eers een kind bekostig nie.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.