Plastiekpaaie die alternatief vir teerpaaie of ’n teer saak?

teerpad-pad-paaie-platteland

Kan plastiekpaaie dalk antwoorde bied op van die vraagstukke wat SA teister? Foto: Nextvoyage/Pexels.com

Deur Jeannette Gnade

’n Voorstel deur die Demokratiese Alliansie in die Oos-Kaap dat ’n loodsprojek begin moet word om die lewensvatbaarheid van plastiekpaaie te toets, is luidkeels deur die ANC afgeskiet. Lede van die land se regerende party kan net nie insien dat daar ’n toekoms bestaan vir paaie wat van herwinbare plastiek gemaak word nie.

Die Oos-Kaap se agterstand in padinfrastruktuur beloop meer as 100 miljard rand en daar is nie genoeg geld in die provinsiale koffers nie. ’n DA-beheerde munisipaliteit in Gauteng het hom intussen bereid verklaar om ’n stuk pad uit plastiek te vervaardig as ’n toetsprojek vir ’n skoner omgewing, die langer lewensduur van paaie en les bes geen slaggate nie.

Plastiekpaaie word reeds in Indië, Nederland en ander plekke in Europa gebruik, en Brittanje toon groot belangstelling vir die tegnologie.

Teer is afkomstig van ru-olie en is dus nie omgewingsvriendelik nie. Asfalt of teer is verantwoordelik vir twee persent van die wêreld se koolstofvrystellings. Dit is ook moeilik om teerpaaie te herstel omdat die teermengsel bo-op, asook die betonlaag daaronder, opgekap moet word en tot groot verkeersontwrigting lei.

Plastiekpaaie word so gebou dat dit ineenskakel en kan stuk-stuk teen minder tyd en koste vervang word. Tog is dié paaie se lewensduur drie keer langer as dié van teerpaaie. Plastiek het verskeie chemiese en fisiese eienskappe en kan gebruik word om paaie meer weerbaar teen uiterste weerstoestande te maak.

’n Nederlandse maatskappy het ’n model voorgestel waarvolgens plastiekpaaie met ʼn spasie binne-in gebou word waar waterpype en elektriese verbindings aangebring kan word. Die oop ruimte kan ook gebruik word vir natuurlike verhitting, wat keer dat paaie toesneeu of sal help dat reënwater vinniger opdroog. Herstelwerk aan die krag- en waterinfrastruktuur in die oop spasies kan vinnig gedoen word omdat net ’n stukkie van die pad verwyder moet word.

’n Belangrike oorweging om van teer na plastiek oor te slaan is die tonne plastiek wat by stortingsterreine beland en vir opvulling gebruik kan word. Dikwels lek besoedelingstowwe in die omliggende grond terwyl plastiekverbranding kan lei tot die vrystelling van kweekhuisgasse soos koolstofdioksied. Mikroplastiese afval is ook besig om die oseane te besoedel.

Modulêre plastiek is makliker om mee te werk as teer. Selfs paaie wat gebou word met ʼn mengsel van plastiek én teer, absorbeer nie water nie, is meer buigsaam, daar ontstaan minder groewe daarin en minder herstelwerk is nodig. Padoppervlaktes is gelyker en aborbeer klank beter.

Ongeveer een miljoen plastieksakke is nodig om ’n stuk plastiekpad van een kilometer te bou, en die boutempo is 70 persent vinniger as die aanlê van ’n teerpad. Is dit nie tyd om kreatief te dink nie?

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

26 Kommentare

Theresa ·

FANTASTIES!!!! Moenie luister na regeringsamptenare wat NIKS weet van padbou of instandhouding daarvan nie – asseblief tog!! Doen dit – kan nie wag om te sien hoe dit lyk nie. Dankie tog DA. Daar is dan soveel bewyse dat dit beter is. Soveel bewyse dat eerste wêreldlande daarin belangstel! Banaal en eintlik kry mens skaam om te hoor/lees dat hierdie land waar instandhouding byna minus als gedoen word dit waag om te sê nee daarvoor. Ongelooflik, maar nie regtig ‘n verrassing nie.

Gjorg ·

Theresa, daar is soveel veranderlikes betrokke dat mens glad nie kan sê dit gaan sommer net werk en is ‘x’ keer beter or ‘y’ keer goedkoper nie, van daar die noodsaaklikheid om ‘n toets pad te bou. Die artikel is baie misleidend en laat dit klink asof plastiek paaie sommer net ‘by default’ beter is. Letterlik ELKE feit wat hulle noem wat dit beter maak kan ek vir jou ‘n moontlike teenvoeter gee oor hoekom dit nie noodwendig reg is nie.

Carina ·

Ek dink dis ‘n fantatiese idee. Hoe gouer hulle begin hoe beter. En ons motors se bande sal ook baie langer hou – minder wrywing en slytasie. Sal interressant wees om te sien wat gebeur as die plastiek pad nat is. Sal bande nie makliker gly nie?

Daan Erasmus ·

Die bekommernis of dit glad sal wees. Onthou suiwer teer is ook glad. Dit is die gruis klippe in die pad wat bepaal hoe “grof” die teer is. Wat natuurlik is hoe grof die pad is.

Koos1 ·

Ek ondersteun dit tenvolle!
Ek vermoed ook dat dit baie goedkoper sal wees om te bou, en dis juis hierin wat ek dink hoekom die ANC amptenare vas skop, minder om te steel, en ook dat baie van hulle persoonlike belange het in besighede in die normale padbou proses (Myne ens.).

Righard ·

Die vraag is hoeveel sal so iets kos as mens dit moet vergelyk met teer. Ek vra want ek het n oprit wat ek graag wil teer maar die klink na n goeie alternatief. Wie maak die puzzle stukke?

Koos1 ·

Baie skerp Eish!

Righard. Teer oprit is nie net sommer teer op die grond sit nie. As jy dit so wil doen gaan jou oprit nie 6 maande hou nie. Onder die teer is waar die baie geld en werk lê. Die teerlagie is net sowat 5cm en die hoof doel is moet die onderlae te seël. “n Normale pad sonder enige water afvoere ens. kos maklik sowat R1 mij per kilometer. Ek sal jou aanbeveel om jou oprit met bakstene of plaveisel stene te bou. Dit is tans die goedkoopste opsie, en ek dink ons gaan nog lank wag voordat die plastiek paaie komersieël beskikbaar gaan wees.

Daan Erasmus ·

Regstelling. Teer pas kos so gemiddeld R2. 2 miljoen per km. Gladnie goedkoop nie.

Eish ·

Waarvoor wag julle? Die enigste teenkanting kan wees van diegene wat dit as n struikelblok sien vir tenderpreneurs vanweë die drasties verlaagde koste wat uiteraard die vettigheid van sulke kontrakte tot op die been sny.

Reinhardt ·

Teerpaaie met betonlae onderaan… waar kom julle aan dit? Alhoewel dit voorkom (meestal in die geval van “asphalt overlays”), is dit beslis nie die norm nie. Die kroonlaag van n pad bestaan uit asfalt, nie teer nie, die basis bestaan uit grond, nie beton nie.

Marina ·

Eerste waaraan ek gedink het is waar gaan ons rommelstatus “al wat ‘n land is geld skuld” land van ons die geld daarvoor kry??

Peet J ·

Plastiek is mos ‘n hoogs ontvlambare produk ‘n mens moet dink aan lug besoedeling sou die pad aan die brand raak asgevolg van ongelukke . Die huidige plastieksakke is reeds so ontwerp dat dit ‘n kort lewensstandaard handhaaf wat sekerlik die gehalte van die pad ook sal beïnvloed.

GdlP ·

Die idee is reeds baie vêr gevorder en op die proef gestel. Kyk gerus op Youtube, soek net “plastic roads”.

Hans Richardt ·

Ou buitebande se rubber word reeds oorsee as paaie bedekking gebruik. Dit verminder padgeraas en hou langer met minder slaggate, omdat meer buigsaam is.
Dit kan omgewingsbewaring verbeter, ou buitebande van taxis hou en werkskep.

Francois Du Plessis ·

Ou buitebande ( rubber cramps) word al baie jare in SA in seel lae gebruik. Die rubber verleen heelwat voordelige eienskappe aan die bitumen.

Bekommerd ·

Hoe lekker dink julle gaan so plastiek pad brand met al die onluste wat huidliglik die land teister?

humor ·

Waarom al die bespiegelinge deur leke op die gebied. Daar is lande wat dit suksesvol bevind. Toets die saak en handel volgens bevindinge. Laat die anc wat nog niks van enige iets n sukses gemaak het nie verduidelik waarom hulle dit teenstaan.

Daan ·

Die ANC is daarteen, want dan gaan hulle nie werk kan gee aan die onproduktiewe mense wat nou gekry word om paaie instant te hou of te herstel nie. Vat meer as 2 jaar om ‘n stuk pad van 5Km te herstel

ChainsMan ·

Klink na ‘n goeie idee… Maar wat gaan hulle doen met die bestaande teerpaaie? Hulle sommer uitruk en plastiekpaaie lê? Aikôna…
Doen net eers eksperimente of te kyk of dit dalk gaan werk… Hoewel daar groot sukses is van die plastiek paaie, dink ek die ANC het ander planne met die geld. Hoekom hulle nou daarteen is, weet ek nie… Maar ‘n slim idee… Moet asseblief nie ook “Solar Roadways” idee hier kom bespreek nie. Dis ‘n groot flop. Gaan kyk EEVBLOG Solar Roadways op YouTube.

Ig ·

Natuurlik sal die Anc die idee afskiet oor dieselfde red hoekom hulle ook Son en Windkrag afskiet en dit is omdat hulle nie hand in die beursie kan druk nie.Hierdie inisiatief moet privaat gedryf word want daar is genoeg behoefte en geleentheid om dit ekonomies haalbaar te maak.Buite Sasolburg is +- 25 werkers nou besig om die laaste 10 dae n paar gedeeltes van omtrent 20 vierkante meter altesame teer te vervang en miskien sal hulle teen Kersfees klaar wees.

WILLEM ·

SA se politiesie sal vasskop. Soos vroeer genoem minder om te steel en in elk geval word hulle betaal om so lank as moontlik aan n stuk pad te werk. Kyk maar as jy verby n plek ry hoeveel van die “werkers” sit erens op n klip of hang oor n graaf of iets. Dood verveeld met hulle self maar weet die geldjies kom in vir basies niks dun nie.

John ·

Ons moet onthou ons son brand baie warmer hier as in Europa. Gifgasse kan problematies wees alhoewel teer ook gifgas afgee. Die prys van plastieksakke sal die hoogte inskiet en skatgrawers in ons rommel sal erg vermeerder. Om vir plastieksakke te betaal en dit dan verniet aan ‘n skatryk ‘padmaker’ af te staan… Ons sal met nuwe oe na die’ euwels moet begin kyk… Het ons nog stoorplek vir sulke skatte oor en wat van inbrake of moorde vir swartsakke? Sjoe, dis ‘n opwindende nuwe uitdaging… Mammie…! Ons rommelstatus kan dalk so getroef word. Wat se ons minister van finansies?

SO ·

Hy sal seker reageer soos no.1 “business as usual”. As dit ‘n voorstel uit ANC geledere was dan het almal seker gese ja kom ons doen dit maar o wee dit 8s Afrika die en hier gebeur alles met Afrika tyd

SO ·

Vir kundiges op die gebied, sal ‘n mengsel van asbes en plastiek die kans verlaag vir plastiek komponent om maklik vlam te vat want brandweermanne se klere word van asbes vervaardag. Dis net ‘n klip in die bos.

Tania ·

dit is n wonderlike idee – in Nederland herwin hul die plastiek uit die see wat so n groot probleem is en ons oseane so besoedel. Dit is dus tweeledige voordele wat dit inhou- paaie hou langer en ons beskerm ons seelewe

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.