Ramaphosa moet besin oor hoekom jong wit mense SA verlaat

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: PresidencyZA/Twitter

President Cyril Ramaphosa sê vandeesweek jong, wit Suid-Afrikaners moenie die land verlaat nie omdat hul vaardighede, onder meer, nodig is om die land te bou.

Hy meen die gevoel wat sommige van hulle het dat hulle nie in hul geboorteland welkom is nie, is onwaar.

Die meerderheid Afrikaners sal egter nie met Ramaphosa saamstem nie. Afrikaners, en ook jong Afrikaners, voel toenemend (aan hul vel) dat hulle as tweedeklasburgers geag word. Hulle ervaar antagonisme en, in sommige gevalle, selfs blatante rassisme teen hulle. Daar is nie gelyke geleenthede vir alle Suid-Afrikaners nie. Daarvoor sorg ondeurdagte beleide van sogenaamde transformasie, regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging.

Jong, wit Suid-Afrikaners is ook nie naïef oor die land nie. Die besonder hoë vlakke van misdaad en veral geweldsmisdaad bekommer elke regdenkende Suid-Afrikaner. En as jy reeds op een of ander manier direk geraak is en ’n slagoffer van geweldsmisdaad was, is dit nie vreemd dat vrees jou ook sal noop om ’n ander heenkome vir jouself en jou gesin te soek nie. Tragies, maar die harde werklikheid.

Die meeste jong, wit Suid-Afrikaners verlaat nie die land hoofsaaklik vir geldelike gewin nie. Hulle wil net veilig voel en nie daagliks aan misdaad, geweld, korrupsie, politieke onstabiliteit en ’n rits ander probleme, soos swak dienslewering, blootgestel wees nie.

Naas die veiligheidsituasie is werkloosheid waarskynlik ook een van die grootste dryfvere waarom jong, wit Suid-Afrikaners ’n ander heenkome soek. Hoogs begaafde en goed gekwalifiseerde wit mense kry eenvoudig nie vandag maklik of enigsins werk nie. Diegene wat hul eie werk skep of gebore entrepreneurs is, het ’n beter kans om te oorleef. Die regering se toepassing van regstellende aksie, bevoorregting van ’n nuwe swart elite en nepotisme in die staatsdiens én die privaat sektor steek jongmense ook dwars in die krop. Talle beleef eerstehands hoe hul ouers uit hul poste gewerk of afgelê word. Hulle sien nie kans om in hul ouers se voetspore te volg in wat hulle as ’n uiters onregverdige bestel ervaar nie. Dan maar liewer groener weivelde soek en aanvaar dat jy talle opofferings sal moet maak om vir werksgeleenthede oorweeg te word. Vir baie is die gedagte dat meriete en vaardighede in hul aanstellings wel belangrik is, ’n groot oorweging om die land permanent te verlaat.

Boonop is talle jongmense ook van mening dat hulle nooit ’n aandeel aan apartheid gehad het nie, en daarom nie daarvoor gestraf mag word nie.

Suid-Afrika se tanende ekonomie is nog ’n rede waarom jongmense emigreer. Van hulle word gelok deur werkaanbiedings en groot salarisse wat nie hier vir hulle beskore is nie. Aan die ander kant sien jongmense nie daarvoor kans dat hulle uitgebuit word en astronomiese hoë belasting moet betaal vir miljoene mense wat nie werk nie.

Voordat Suid-Afrika nie radikaal omgedraai word en norme en waardes weer gevestig word en kwessies soos onderwys, gesondheidsorg, die ekonomie, werkskepping en openbare dienslewering reggeruk word nie, sal die brein-erosie van ook jong, witmense voortduur. Dit is hartseer dat soveel gesinne as’t ware uitmekaar spat en geruk word, maar uiteindelik neem mense die besluite wat vir hulle die beste in hul omstandighede is.

Ramaphosa moet eerder besin oor wat gedoen kan word sodat jongmense kan glo dat daar vir hulle en hul kinders ’n toekoms is, dat hul lewensgehalte sal verbeter en dat hulle geleenthede sal kry om professioneel te ontwikkel en tot die opbou van die land by te dra.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

79 Kommentare

TOTSIEN ·

NIEMAND kan BOU terwyl ALLES afgebreek, verbrand en vermoor word nie. En niemand, nie President Ramaphosa of sy parlement keer wat aangaan om te kan BEGIN BOU nie…moet alles eers ten gronde gaan soos in Zimbabwe voordat hulle gaan tevrede wees?

Disselboom ·

… en hom in ‘n hoek in be-filosofeer? Flip Buys kan goed skryf en skrywers aanhaal.

Cherokee ·

Flip Buys? Wie’s dit? Julle praat mos twak op ‘n openbare forum!

John ·

Dit is die volmaakte voorbeeld van ontkenning… of goeie toneelspel… dalk om die buiteland te flous. Wat kan beteken dat ons jongmense weggewys moet word elders want ‘hoor wat jul prez sè: Julle jok dat julle nie welkom is of werk kry in jul vaderland nie.’ Mens kry net mee en meer ‘n gly in die glibberige man.

willem Botha ·

Hoe bly jy in n land waar daar met wetgewing teen jou gediskrimineer word oor jy wit is ,waar jy nie sekere studies kan doen nie omrede daar kwotas geplaas word op die professies ,waar jy geen beskerming kry nie omrede die land se polisie vrot verby is ,waar jy nie mag ry wat jy wil nie en ook nie bly waar jy graag wil nie agv misdaad en sekere politieke partye wat jou gereeld dreig en beskuldig van alles en nog wat net om hulle onbevoegdheid te verskans.

humor ·

Wat vir my kommerwekkend is, is dit wat hy se n weerspieeling is van sy psige. Hy weet presie wat die kernprobleem is, maar leef onkennend daarmee saam en reken die witmense is power genoeg om dit te sluk. Op die wyse word ons en ons kinders se toekoms bepaal.

Markus ·

Ramaposa glo ek het nou al telke kere gewys dat hy n leunaar is en nie vertrou kan word nie ,hoekom verander hy nie sy diskriminerende wette nie.

Hans ·

My kinders,beide professionele persone,ly onder SEB ens. Die 1 kind is al 11 jaar in dieselfde rang, in die staatsdiens, en elke dag by die werk,maar swartmense kry al die bevorderingsposte. Die ander kind is afgelê en moet noodgedwonge enige tydelike werk aanvaar net om te oorleef. Ek moedig hulle aktief aan om die land te verlaat.

Andre ·

Cyril voel vere vir jong wit mense, hy lieg soos met al sy ander stories.

Lizelda ·

Stem 100% saam. Hoe meer witkinders d land verlaat hoe meer poste sal vir sy mense gegee word. Kyk hoe sukkel ons kinders om beurse te kry en om by universiteite in te kom. Nee wat hy jok vreeslik. G’n wonder Lekota hou nie v hom nie.

Lizelda ·

Stem 100% saam. Hoe meer witkinders d land verlaat hoe meer poste sal vir sy mense gegee word. Kyk hoe sukkel ons kinders om beurse te kry en om by universiteite in te kom. Nee wat hy jok vreeslik. G’n wonder Lekota hou nie v hom nie.

James ·

Ons kan nie almal emmigreer nie. Dus, die ou waarheid, dekades al: SELFBESKIKKING, in ‘n eie geografiese gebied. Die “waar?” kan ons oor debatteer. Maar almal moet eers in beginsel BESEF dat dit die enigste manier is.

Al moet ons oorlog daarvoor maak: – Dit sal nie die eersste keer wees nie.

koos ·

Hy wil hê hulle moet bly dat die volgende geslag ook iets of iemand het om die skuld te kry vir alles wat die regering verkeerd doen.

Dries du Toit ·

James jy is reg ou maat. Die tragiek is dat ons ou volkie nog nie reg is daarvoor nie. Hulle het al so aanvaar dat hulle ondergeskik is aan die swart meerderheid dat daar maar geen weerstand is teen hierdie ongeregtigheid teen ons nie. As dit nie was vir die hoop wat die VF+, Afriforum, Solidariteit, en ander organisasies nog bring nie, was ek ook al weg. Hierdie forum wys baie van daardie niksnuts in ons geledere daagliks uit. Hulle het gewoonlik nie name nie net letters. Bang hulle word uitgeken

Hendrik ·

Dit gaan nog te goed met Afrikaners om werklik in selfbeskikking belang te stel. Kyk maar hoe min geen baie van ons om vir ons taal. Ons is te lui om ons eie huis- en tuinwerk te doen. Ons stel nie belang om na Orania te verhuis nie. Ons ondersteun nie ons eie mense se besighede nie. Die ongeluk is dat dat as ons wag tot mense swaar genoeg kry om te besef selfbeskikking is die antwoord, ons nie meer in staat sal wees om dit te doen nie.

Pieter du plessis ·

Hendrik jy praat waar ,ek sien daar word verwys na wit suid afrikaners maar daar sal nooit verwys word na swart suid afrikaners nie ,hoekom????

Liza ·

James, ‘n gebied aan die weskus sal doen. Ten minste 20 000 vierkante km, met ander woorde iets tussen die Kruger Park en Israel. Orania is te klein, word omring deur SA en word met ‘n ysterhand beheer deur Koning Carel II en die Verwoerd dinastie. Maar dit sal ‘n geleidelik proses wees om mense na die weskus te lok en van vooraf te begin.

TikTok ·

Ek is ‘n wit personeelbestuurder met meer as 20 jaar in die staatsdiens. My kinders is ook in die staatsdiens na vele probeerslae en het al goed gevorder. Ek wil net noem dat blanke jong mense doen nie eens die moeite om aansoeke in te dien nie en as ons vra doen asb aansoek… is die vlg vraag wat is die salaris? Nie bereid om onder te begin en deur die range te beweeg nie. In terme van ons Personeel plan is dit die grootste uitdaging om blanke kinders te werf veral op die intree vlakke en as interns. Ek kry die gevoel dat hul eerder werkloos sal sit by die huis en kla as om te probeer…Daarom DOEN AANSOEK en jy mag dalk net verras word.

Deurmekaar ·

Stem saam met jou kommentaar. Dis definitief nie maklik om werk te kry nie, maar ek was al op plekke in die land waar daar vir my gesê is blanke mans is so skaars dat hul maklik sal werk kry. Ons Afrikaners het ongelooflik negatief geword, en passief. Ons sit terug en wag…handjies gevou en kla. Kwalifiseer jouself, doen oral aansoek of begin waatlemoene of hout op die sypaadjie verkoop, maar doen tog net iets behalwe kla. Ek stem wel saam met die artikel hierbo… As ek nie werk gehad het nie het ek ook die pad gevat! Maar ek sou nie is sak en as gaan sit het nie.

Chris ·

Stem saam…….ek was 15 toe ek skool verlaat het(STD 7). Ek is nou 36. Het my besigheid gehaad vir 10 jaar en goed geld gemaak. Werk nou vir n goeie maatskapy en verdien meer as R40 000 n maand. Ek is nie hier om myself goed te praat…..maar harde werk kry jou maar net bo! As ek maar net kyk hoe sleg van ons mense is en al wat hulle doen is om hulle self jammer te kry oor hulle kry nie werk omrede hulle blank is. Snert……te sleg. Ek dink trek jou sokkies op…..werk hard al is dit vir min geld…..mense sien jou raak en jy sal op beweeg. Jy kan nie n groot selaris verdien net nadat jy skool verlaat nie.

Wat nog die ergste is…..die Afrikaners wat sou huil ons word onder druk deur die swart regering……julle laat die Afrikaners swak en hulpeloos lyk. Hulle sien hoe swak die “moan”gatte wat Afrikaans is. ……..iets wat ek as Afrikaner nie is. Die Afrikaner is sterk en sal nooit onderdruk wees nie.

TN ·

@Chris __ geluk Chris , mense soos jy is deel van die oplossing !

Gideon ·

As jy ‘n begaafde jong wit mens is, kan jy eenvoudig nie hier bly nie. Ouer mense (tensy jy die geldelike vermoe het), is ongelukkig hier vasgevang. Ons speel maar in die orkes op die Titanic se dek.

Deurmekaar ·

As ‘n man met ‘n jong gesin wat kan emigreer, maar nie het nie, bly dit maar ‘n moeilike besluit. Ek leef eintlik ‘n baie geseënde lewe en het alles wat my hart kan begeer, maar is bekommerd oor my twee jong seuntjies se toekoms. Ek is ook bekommerd oor ons veiligheid, alhoewel ons tot dusver deur die genade nie deur erge misdaad getref is nie. Ek leef eintlik in my eie ‘borrel’, my eie ‘eerstewêreld’, maar moet dan af en toe in aanraking kom met die ‘derde wêreld’ en dis daar waar die pawpaw die fan strike. Als wat my gelukkig maak is hier, maar ook als wat my ongelukkig maak. Elimineer ek die ongelukkigheid en emigreer, sit ek sonder dit wat eintlik belangrik is, (my familie, ‘n gevoel van behoort, my land en sy mense)

James, ek wil regtig nie net tussen ‘n klomp omies met kakiebroeke gaan bly nie, so dis ook nie die oplossing nie – en hou van ons multikulturele samelewing. Dis nie so eenvoudig nie.

James ·

Kom ek antwoord jou so:

1. In 1994, het die hordes wat toe onlus gepleeg het, ‘n gelyke speelveld betree. Dis nou ‘n kwarteeu later, met alle wetgewing en bestedingspatrone aan hulle kant: EN WEER – word onlus gepleeg. Wat vertel dit vir jou logika?;
2. Niemand wil “tussen ‘n klomp omies met kakiebroeke”gaan bly nie. Jy stereotipeer hiermee – en NET daar het my simpatie vir jou seuntjies soos mis voor die son verdwyn;
3. Die multikulti Nuwe Suid Afrika droom van 1994 is dood. MORSDOOD. En dis nie witmense wat hom doodgemaak het nie! Wat oorbly, is ‘n ontevrede blok mense – in hulle tiene van miljoene of so – wat nog STEEDS ontevrede is, en ALTYD ontevrede sal bly;
4. Met ‘n Polisiediens wat NIKS doen wanneer hulle huise, winkels, karre, lorries, kerke biblioteke, skole, universiteite ensomeer afbrand nie, GROEI die selfvertroue en inoefening in anargie;
5. Dink: “The Walking Dead.” DIS wat vir jou kom boeta. En vir jou seuntjies. Maak nie saak dat jy Omies met Kakie (waarvan ek nie een is nie) bespot nie. Daai Omies in die Kakie – waarvan die meesste laaaankal oorlede is – WAS REG. Jy sal nog self wakker word. So ook jou seuns….

Hans Richardt ·

Ons dra Wrangler en Lee jeans.
Daar is reeds werkende tegniese kollege en universiteit in pyplyn.
Ek hou nie van geforseerde etniese amalgamasie kulturele samelewing nie, want in bv Nkhandla en Nongoma bestaan GEEN multi-kulturele pypdroom samelewing nie! Ten minste doen al die omies met kakie broeke hul eie werk self…
Daar is ‘n ou VN konvensie oor reg van bevolkings vir selfbeskikking, waarom etiket nie aan internasionale reg hang nie?
Art 235 van Grondwet bskryf selfbeskikking van kulturele groepe.
Al wat Mao se smeltkroes van geforseerde etniese amalgamasie tot gevolg gehad het, was armoede en hongersnood, net soos tans in SA.

Deurmekaar ·

Ai James, ek met my 4 universiteitsgrade is heeltemal te dom om die helfte van wat jy sê te verstaan. Klink my jy wag al lank (sedert 1994, dalk selfs voor dit) vir jou teorieë om te realiseer? Ek werk in ‘n multikulturele omgewing en dis fantasties! Jy is reg, en ek vra verskoning, ek moenie stereotipeer nie, maar duidelik is jy ook nie een vir naaste liefde nie.

James ·

Jy behoort my volledige kommentaar iewers op die blad te sien, as ‘n nuwe lyn.

Ek wil jou egter HIER antwoord, oor “teorie.” Ek glo dat jy as gegradueerde, vier keer, die verloop sal verstaan. Ek gaan in domheid probeer om dit vir jou te verduidelik, kortliks:

1. ‘n Teorie is ‘n gedagte, wat waarheid mag wees;
2. ‘n Hipotese is die volgende stap – formulering van ‘n teorie om getoets te word teen die werklikheid;
3. ‘n Feit is die uiteinde van die proses, sou die hipotese bewys word – deur die werklikheid.

Nou, in die lig van jou opmerking dat ek sedert 1994 ‘n teorie het: Kom ons formuleer hom, en gaan toets hom. Is jy in? Ek kan regtig ‘n ou met vier grade gebruik om my Proefskrif te help skryf.

Bel my.

Liza ·

@Deurmekaar
‘n Afrikaner volkstaat kan modern wees, gegrond op die 4de Industriële Revolusie.

Ja Ja ·

Ja ja Ramaphosa en daarom lewe ek as ouer in vrees as my kinders net wil gaan fliek in die aand of wil gaan uiteet. Slaap ek nie tot ek hoor hulle is veilig terug. Moet ek hulle nogsteeds finansieel ondersteun omdat hulle te wit is vir ‘n goeie pos al het hulle grade daarvoor en geleer het vir daardie grade end uit – nie deurgesit omdat hulle kwota studente was ……………….

Dries du Toit ·

Uitstekend gestel James. Jy is voorwaar n Afrikaner waarmee ek myself kan assosieer

Dries du Toit ·

Deurmekaar is jy voorwaar ou maat. Naasteliefde moet jy begin by jou vrou en kinders. Jy is verantwoordelik vir hulle veilige toekoms. Hou op om deurmekaar te wees met soveel grade

Jacobus ·

wat het jy om te verloor deur die oorsee ding te probeer…so dan hou jy nie daarvan nie dan kom jy net terug SA toe (heel moontlik met n paar rand meer in jou sak en n beter CV)… nog nooit iemand gehoor se ‘oe dit was die vout van my lewe om oorsee te gegaan het’…as jy daarvan hou dan bly jy oorsee en geniet alles wat n normaale land bied, dit is so lekker! ek is 10 jaar al weg uit SA en nou dat ek kinders het kan ek myself nie indink om die hel wat suid afrika is te oorleef nie… ek sien elke dag poste wat gefull moet word hier en dan dink ek as ek tog net die poel afrikaanse jong afgestudeerdes van UVS (bsc en brek ens) kan kry sal ek elke een vat.

Deurmekaar ·

Dalk is jy reg! En toevallig is ek presies een van daai afgestudeerdes. Maar dit bly moeilik om bejaarde ouers net so te los… Maar ander die ander kind moet mens seker vorentoe ook dink, aan die nageslag.

Jacobus ·

ek moes ook my ou ouers agterlaat…dis hard maar hulle verstaan en wil igv net die best vir jou he… tot so 3 jaar terug het my vriende in SA gese hulle sal nooit SA los nie… nou doen almal navraag oor hoe om weg te kom… jy will nie in n situasie wees soos venuzela en dan sit jy vas in SA nie…bailout!

Boer-in-die-Wind ·

Jongmense, al gehoor van Dingaan en sy groot bedrieg?
Ramaphosa se praatjies & versoeke sorteer ek onder die Dingaan-sindroom.
In SA sal julle altyd tweede klas burgers wees, net goed vir belasting betaal en sondebok wees.
Vat jou goed en trek, die wereld le oop.
VSA-groete.

Ekke ·

Mnr Ramaposa se dit vir jou mense. Ek weet van 9 welgestelde gesinne wat binne die volgende 18 maande SA verlaat. Redes is geweld en misdaad en onsekerheid oor eiendomme en grondeise. Hulle almal koop nuwe besighede in die buiteland.

James ·

Aan “Deurmekaar”:
1. Ek het net twee grade;
2. Ek was 21 in 1994. Voor my studies, moes ek onlusmakers in Sebokeng oppas – met ander woorde hul regte om te protesteer respekteer, terwyl ek hulle keer om ander mense se eiendom en lewens aan te val.
3. Ek is nie so slim soos jy dink nie – so jy hoef nie dom te voel met jou vier grade nie.
4. Jy spekuleer – korrek – dat ek ‘n grootmens was in 1994. EK spekuleer – gegrond op die feit dat jy ‘n jong familie het – dat jy – OF nog nie gebore was in 1994 nie, OF ‘n Kleuter was.
5. Jy sien, slimmes – ONS wat tieners was in die 1980’s, het die oorgang beleef. Ons verstaan wat gebeur het. ONS moes op skool, leer hoe lyk kleefmyne (ANC). ONS, moes uitkyk vir tekens van landmyne(ANC).
6. ONS – wat verstaan het – het gewaarsku. En die vrugte is nou daar om te sien. Kyk maar self op tv…

7. Vier Grade, maak niemand slim nie. Kennis en Wysheid – is nie dieselfde nie. As dit so was sou jou “naam”op die blad nie “Deurmekaar”gewees het nie….

Laasstens: Ongeag hoe jy voel, die realiteit sal seevier. Jy kan goed voel oor jou werksituasie, en naassteliefde beoefen tot jy blou in die gesig is. Realiteit gebeur: Ongeag jou wysheid, geleerdheid, en liefde vir jou gesinnetjie , en jou naasste.

Jy sal sien.

Gaan koop Kakiklere vir jou seuns.

Gert ·

Dankie Alet vir ‘n perfekte opsomming van die situasie. Dankie James vir jou uitstekende kommentare. Vir my is Deurmekaar ‘n bietjie deurmekaar: “Multikulturalisme is fantasties”???

TN ·

@James __ jy maak jouself vuil die eerste keer wat ‘n Rooi-oog naby jou val ! Gaan probeer om die kappie-tannies te beïndruk met die twak wat jy praat !

Cherokee ·

James, afgesien van jou beleid, wat absoluuut in lyn met myne is, is jy nie die eerste persoon op hierdie forum wat ek komplimenteer met nie slegs jou gebruik van Afrikaans maar ook die uitset van jou redenasie. Jy sal beslis aanvalle ervaar uit ateïstiese geledere, maar voel gekomplimenteerd wanneer satan jou as bedreiging beskou.
Dankie omdat jy my weer trots maak dat ek Afrikaans is.

humor ·

James jy het hom weer reg gese. EK het ook grade met die hoeveelheid wil ek nie spog nie en dit hang nie aan my muur nie, want daar is ander kwaliteite wat vir my belangriker is, en in ons almal is daar maar soms n element van dwaasheid. Met die grysheid teen my slape besef al te goed dat wysheid die belangrike is. n Ander element kort egter nog by Deurmekaar en dit is ruggraat.

Stripes ·

Meeste van my familie is reeds in die buiteland en doen baie goed vir hulself. Ek moedig my seuns aan om ook te gaan maar hulle wil nie want ek en die vrou is nog hier. Ons is te armgat om te gaan anders was ek al lankal weg gewees.
Deurmekaar: ‘n Arabier het eendag vir my gesê dat hy op sy gevaarlikste is as hy vriendelik is. In SA het ek lankal geleer dat wat vir jou gesê word in jou gesig nie noodwendig is wat dieselfde persoon sê as jy jou rug draai nie. Wees versigtig, daai dolk in die rug kom wanneer jy dit die miste verwag.

John ·

Volgens nuusberigte bly van Cyril sy eie kinders ook nie in SA of Afrika nie. Hoekom? En as wit jongmense ook elders ‘n bestaan wil maak? Hoekom nie? Deurmekaar en James… eerlikwaar julle is sowaar die teenkante van ‘n munt… albei sit in SA en klou aan mekaar om te hou… nogal in Afrikaans en beide ewe intelligent en trots. Dalk is julle nog verlangs familie ook. Dit is presies waarom daar soveel Boere-trekgroepe destyds was… en soveel van ‘n dwarstrekkery. Hoeveel het toe van al die destydse onenighede gekom?

Andreas ·

Soos jy by tye ondervind, so ek ook, dan word ons geignoreer as ons met te veel waarheid te voorskyn kom.

Jerry ·

CR se vir gehore wat hulle graag wil hoor. Dit beteken dat hy nie opreg en eerlik is nie. CR weet dat hy die ANC die land kan laat afbreek tot in die grond in en dat die met belange en geld maar net moet betaal vir die herbou daarvan of hulle wil of nie. Die ANC sal wetsgehoorsame burgers gyselaar hou en vir alles laat betaal en weer alles op te bou, net om weer op n stadium alles af te laat afbreek. Sosialisme is n bose kringloop wat ditself bly herhaal ten einde die klimaat te skep vir afbreek, dan selfverryking, dan verandering, dan opbou, dan afbreek, dan selfverryking ens. Mense, veral jong witmense gaan harde keuses moet maak tussen gyselaar bly of gly en hopelik laat hulle goeie oordeel hulle nie in die steek nie. Vir diegene wat weet wat spyt en selfverwyt is, sal weet dat spyt kom ongelukkig altyd te laat! SA se skuldlas onder die ANC raak nie minder nie, dit raak skrikwekkend meer. Drastiese maatreels kan SA nie meer red nie, inteendeel sal maatreels of geen maatreels SA net verder en verder laat sink! Die enigste uitweg uit die gemors uit is uiteindelik totale nasionalisering. Wanneer die ANC eendag klaar is, sal daar van SA net een groot mynhoop oorbly!

Deurmekaar ·

Goed James, ek gee toe, baie van dit wat jy sê is die waarheid. Ons land gaan agteruit – daaroor twyfel ek glad nie. Ek voel self ongemaklik en soos ‘n toeris in my eie land. Een ding glo ek wel nie – ek glo nie daar is een of ander “conspiracy” teen blankes nie. Ek glo wel ons is nie meer welkom nie. Ek het meer welkom as toeris in Europa gevoel as in my eie land. Ek is wel siek en sat vir Afrikaners wat so klae die heeltyd… En ek was al verskeie kere in Orania – was selfs by ‘n familietroue daar. En dis juis dit wat my so teen die idee laat draai het. Dit lyk glad nie lekker of vooruitstrewend daar nie! Ek wil en kan myself nie met daardie Afrikaners assosieer nie. In daardie klein dorpe is daar hoeveel kerke en skole – ons Afrikaners kan nou maar net nie saamstaan nie. Bly of gly is elkeen se keuse en ek oordeel nie. Oorlogspraatjies maak my net bang – noem my maar ruggraatloos. Ek is deurmekaar – soos meeste van ons. Ek kan more emigreer, maar in my diepste sê iets vir my nie nou nie, maar dalk eendag… En as Christen voel ek dit my plig om my naaste lief te hê – ongeag hul ras.

TN ·

@Deurmekaar __ dankie vir jou stem van rede . Soos jy het ek ook ‘n spul grade waarmee ek my kantoormure mee kan versier of ontsier afhangende van hoe mens dit beskou . My dogter is ‘n professor , oudste seun ‘n speialis en my laatlam het hierdie week sy eerste graad ontvang . Ek is een van die manne wat moes seker maak dat mense soos James nie Spaans of Russies praat nie en ek is nie verbitterd daaroor nie . Mense soos jy inspireer ons verder omdat ons soek na oplossings wat ons ALTYD vind . My kinders sien die probleme van die land raak maar verkies om deel van die oplossing te wees en probeer nie om probleme groter te maak nie . Die linkses en ver- regses is die gevaar vir die toekoms . Ek het nie in die oorlog weggehardloop nie en gaan dit nie nou doen nie . Ek lig my hoed hoog vir mense soos jy en verfoei dié wat oorlog propageer om nuttelose ideologieë te probeer handhaaf . Laat mense soos James jou gerus afkraak __ dit is die mening van die probleem-soekers .

Andreas ·

Wie sal ooit ‘Hot August Night’ vergeet. Kom luister gerus hoe klink die oorspronklike viniel plaat.

Andreas ·

Jip, hierdie tipe plate bring die beste klank ooit na vore uit, beter, baie beter as digitaal.

Uiltjie ·

MAROELA, ek lees niks raak oor McBride se getuienis voor die Zondo kommissie nie? Of is daar niks nuuswaardig nie?

Vra jaar net.

Vlakvark ·

Jong “witmense” verlaat Suid-Afrika want hulle sien nie ‘n rooskleurige, vredevolle, voorspoedige gelyke geleentheid toekoms vir hul kinders in Suid-Afrika nie. Die verstaan van die oorsaak of rede verg nie ‘n voooraf kennis van kernfisika of vuurpyltegnologie nie.

Jerry ·

Deurmekaar jy is nie ruggraatloos nie, jy voel net bang soos alle regdenkende Suid Afrikaners voel oor oorlogpraatjies, want met oorlog is daar net verloorders. Regdenkende mense weet dit alles. Regdenkende mense is ook bang omdat hulle nie oogklappe aan het nie en kan sien dat die ANC in sy kwaad gesterk word deur AfriForum wat die ANC uitlok om die Afrikaner se regte te teiken, die Afrikaner te isoleer en die Afrikaner uit te sluit uit ekonomiese deelname ten einde AfriForum/Solidariteit die Afrikaner se enigste heenkome te maak. Dit is hoe die Afrikaner die Afrikaner gebruik om n Afrikaner sakeryk te bou. Regdenkende Afrikaners distansieer hulself dus van die ANC en AfriForum omrede dit presies dit is wat veroorsaak dat die Afrikaner sonder ophou geteiken word en nie welkom voel en nie deel wil wees van n getoutrekkery met die Afrikaner in die middel en wie dit alles moet bly ontgeld. Regdenkende Afrikaners wat kan, emigreer dus omrede hulle kan sien dat dit waarmee die ANC en AfriForum/Solidariteit mee besig is, die Afrikaner gaan laat opeindig in Orania en regdenkende Afrikaners wil nie daar opeindig nie, hulle wil deel wees van die breer Suid Afrikaanse samelewing, maar selfs dit word hulle ontse. Hoe dit ookal sy, dit is maar net van die redes hoekom regdenkende Afrikaners hulle in n doodloopstraat bevind, dit is hoekom jy as regdenkende Suid Afrikaner weet dat jy wel een of ander tyd gaan moet gly!

TN ·

@Jerry __ ek is regtig bly en verlig dat meer mense nie sommer oorlog bepraat asof dit ‘n rekenaarspeletjie is nie ; ons wat daar was WEET wat oorlog werklik is en dat daar net verloorders is in ‘n oorlog . Almal weet dat die land massiewe problme het maar die gematigdes van alle kleure gaan ons hierdeur trek . My mense en ek het nie bordjies om ons nekke nodig om onsself te kan handhaaf nie en nog minder is ons bang . Onthou dat bang honde die maklikste byt . Regse organisasies maak dit vir die linkses maklik om versoening af te keur omdat dit hulle bestaanreg verseker .

Judge Dredd ·

Lol. Het Lib-leke nou die woord “Progresiewe” met die woord “Regdenkende” vervang?

Julle probeer te hard om julself kamtig slimmer as die konserwatiewes te maak – dit terwyl die kommuniste/sosialiste julle om elke hoek en draai flous.

TN ·

Die regses het steeds NIKS uit die gemors van die Nattes geleer nie __ ook maar dig !

Johanna Botha ·

Ek se vat die pad die plek is n crime nes …mens word of beroof , verkrag of vermoor en jy sien nooit n pension van die regering al het jy jou hele bygedra tot belasting

Jerry ·

Dit is n denkwyse wat nie sin maak nie, om te reken dat die leier van n bevrydingsbeweging moet besin oor hoekom jong witmense die land verlaat. Dit is presies denkwyses soos hierdie wat toegelaat het dat SA in n gekkeparadys verander het, want hoe op deesaarde, sal CR enigsins wil besin oor jong witmense as hy dan juis besin om die onreg van die verlede reg te stel vir jong swartmense, “our people”? Witmense is diegene wie moet besin oor hoekom jong witmense die land verlaat, omrede witmense nagelaat het om die onreg van die verlede reg te stel voordat hulle die politieke mag aan n bevrydingsorganisasie oorhandig het. Witmense moet dus besin, want witmense laat toe dat n bevrydingsorganisasie die onreg van die verlede regstel en wie dit regstel deur kwaad met kwaad te vergeld, inplaas daarvan dat witmense die onreg van die verlede regstel! Omrede witmense nie die onreg regstel nie en n bevrydingsorganisasie dit regstel het wit jongmense nie n toekoms nie en word wit jongmense aangemoedig om die land te verlaat! Hoe moeilik kan dit wees om dit te verstaan?

Wynand ·

Ek is ‘n ingenieur met 13 jaar ondervinding. Ons het groot projek gehad vir die staat wat gestop is. Gelukkig het my maatskappy vir my ‘n geleentheid gebied in Engeland anders was ek sonder werk. So nou emigreer ons sonder dat ons werklik daarvoor gesoek het. Ons is dankbaar vir die geleentheid. Ek stem saam, dinge lyk maar sleg in ons land en gaan nie gou verbeter nie – inteendeel. Hierdie dinge wat Alet skryf Ramaphosa moet doen gaan waarskynlik nie gebeur nie. Maar die gelowige plaas sy vetroue in God alléén om vir hom te sorg. Nie die regering, sy eie vermoëns of geleenthede oorsee nie. Ps 37:25: “Ek was jonk en ek het oud geword, maar nooit het ek ‘n regverdige verlate gesien of dat sy nageslag brood soek nie.” So of jy bly of gaan, plaas jou vertroue in Hom!

Anneli ·

Jerry, jy meen witnense moet of moes die onreg van die verlede regstel. Verduidelik asseblief vir my hoe jy dink dit moes of moet gebeur?

Judge Dredd ·

O Gaats, nou gaan ou Jerry jou vertel hoe jy so “versoenend” al die verderf moet ingaan.

Gert ·

Julle groot bewonderaars van die nuwe Suid-Afrika (Jerry, Deurmekaar, ens), gaan kyk gerus na die grafiek van Suid-Afrika se BBP per kapita in US$ by southafricanmi.com, dit het konstant geval (met ‘n effense bultjie in Mbeki se tyd), van $13000 in 1993, tot $4000 vandag. Dis nou die gevolg van die “demokratiese” oorgang, en van die “fantastiese multikulturalisme”.
Dit kom van gedienstigheid aan die nuwe regime, en saamstem met al hulle planne.

Deurmekaar ·

Gert, jy verstaan my verkeerd. Ek stem saam met jou! Ons land gaan agteruit – dis duidelik. Ek is verseker nie ‘n ANC ondersteuner nie (sou dalk kon wees as hulle nie so korrup was nie!). Ek weet nog nie eers vir wie ek gaan stem nie! Maar ek weet ek stem nie ANC of FV+ nie. So dis seker DA of Cope? Jong, ek bly maar deurmekaar! As ek nie werk gehad het nie en onveilig gevoel het was ek lankal op ‘n vliegtuig. Ek het nog net nie daai punt bereik nie. Maar ek dink dis dalk net ‘n kwessie van tyd. Ek glo dat as jy jouself reg possisioneer daar nog paar jaar van ‘geluk’ oor is. Maar die Titanic sink verseker. So dis of boorgate, watertenks, generators, groot honde en elektriese heinings wat voorlê, of ‘n ander land waar ek moontlik ongelukkig en veilig gaan wees. Al wat ek probeer sê is ek sien nie eintlik kans vir een van die twee opsies nie, maar weet ek gaan een of ander tyd moet kies! En die tyd loop uit! Sou ek bly, gaan ek positief wees, die land en sy mense embrace, en nie kla nie, want so ‘n lewe is een wat gemors is. Ek sal lewe, hier of oorsee!

Gert ·

@TN,
Dankie vir die vraag. EK het definitief nie ‘n tower-oplossing nie, maar hier is my gedagtes:
Die eerste prys sou gewees het om destyds voor 1994 ware minderheidsregte in die grondwet in te skryf, soortgelyk aan wat in verskeie Europese lande bestaan vir hulle minderhede, bv. eie besluite oor eie sake, eie verteenwoordigers in die parlement, ens. Hierdie water is egter reeds onder die brug deur.
Tweedens, op die korter termyn, ondersteun ek Afriforum wat baie hard veg teen al die dom en swak besluite wat die regering neem, en sodoende die verval aansienlik vertraag.
Derdens, op die effens langer termyn, ondersteun ek die VF+ in verkiesings, want as die VF+ ooit 50% van Afrikanerstemme trek, kan hulle namens die Afrikaners begin onderhandel vir een of ander vorm van selfbeskikking, bv ‘n tipe van etniese konfederasie, of geografiese selfbeskikking.
Vierdens, as selfbeskikking nie binne die volgende termyn gebeur nie, is emigrasie ongelukkig al wat oorbly, en ek glo dit kan heel waarskynlik op daardie stadium ‘n vlugtelingsituasie wees, waar Afrikaners vir asiel sal aansoek doen in ander lande om die ineenstorting van Suid-Afrika te ontsnap.

George in Bloem ·

Ek geniet elke ou se kommentaar en beide kante van die saak het geldige punte beet. Maar een feit bly staan soos ‘n paal bo water en dit dat enige ou wat dink daar is ‘n toekoms vir die blanke hier in Azania moet sy blerrie kop laat lees. Ek moedig my kinders aan om soos my twee jong swaers,een in Brittanje en die ander in Kiwi land,om hulle heil elders te gaan soek.Beide van hulle het goeie werk en verdien uitstekende inkomste en het goed aangepas en sal nooit weer terugkom nie. My hart gaan in tienduisende stukke breek as ek my kinders en my pragtige kleinkinders gaan totsiens moet se op die lughawe maar in ons harte weet ek en my vrou en aanvaar ons dat dit die beste vir hulle is. Ek het die mooi van hierdie land ervaar,ek het my offers in Angola vir hom gebring maar van die land waarvoor ek so bitter lief was en so vurig bereid was om die hoogste prys voor te betaal,is daar vandag byna niks meer oor nie. Ek het Suid Afrika eintlik reeds gegroet want dit wat die land vandag is het Trump baie akkuraat beskryf onlangs(sh!thole)maar ek en my vrou kan of wil nerens anders heen gaan nie. Hier wil ons sterf en in hierdie grond begrawe word. Maar vir my kinders en kleinkinders le daar ‘n nuwe veilige begin elders eerdaags voor. En daarvoor kan ek net die Hemelse Vader innig dankbaar voor wees.

Basjan ·

Jy is reg George. ‘n Avontuur wat in 1652 begin het is verby, vir altyd.

Danie Grobler ·

ramaphosa is ñ gewetenlose leuenaar met geen integritet en dan kom dit voor asof die wynboere vir sy twakpraatjies geval het. Kom by in die lewe!

Anoniem ·

President Ramaphosa gaan in Jou binnekamer in en soek die AANGESIG VAN ONS VADER IN DIE HEMEL ! W y s h e i d het Julle nie want JULLE VRA NIE OPREG NIE ???

Andreas ·

Cyril weet presiés wat die probleem is, maar waarom sal hy homself en die ANC die skuld gee? Net jammer hy het met sy toespraak net nog meer mense aan hom laat twyfel, eintlik nie twyfel nie, sommer net die rug op hom draai.

As al hierdie boodskappe net by hom kan uitkom. Miskien moet iemand dit wat oor die afgelope jaar geplaas is, in ‘n bundel saamvat en dan lewer ons dit persoonlik by hom af, dit nou daar by die Unie Geboue ten aanskoue van die hele wereld.

Rooi Jan ·

Ramaphosa verag wit mense, veral Afrikaners. Punt. Hy sal jou grond vat, hy sal jou geld vat, hy sal jou vee vat. Afrikaners het nie vriende in hierdie land en die wêreld nie. Ons is op ons eie. Ramaphosa gaan nie vir jou regte veg nie.

Bennie ·

? President Cyril Ramaphosa het vandeesweek in Stellenbosch ‘n versoek gerig aan jong, wit Suid-Afrikaners om nie die land te verlaat nie. Hy het gesê hy wil die groep, met hulle vaardighede in die land hê.

*Hy meen die gevoel dat hierdie groep – (die jong, wit Suid-Afrikaners) – nie in die land welkom voel nie, onwaar is.*

Hy het verder gesê daar moet balans wees en almal moet geleenthede gegun word omdat almal ‘n rol het om te speel.

Ons, as eerstens jong, wit Suid-Afrikaners en tweedens jong, wit boere in Suid-Afrika wil graag glo dat daar vir ons ‘n toekoms hier is. *Maar, ons is wel bekommerd.* ??‍? ??‍?

Vul hierdie vorm in (http://onswilbly.co.za/) en laat weet President Ramaphosa wat jou bekommernisse is en ons sal dit vir hom aanstuur sodat jy gehoor kan word.

Deel asb hierdie boodskap met jongmense soos jy! ?

Jerry ·

MM, ons moes n gelyke samelewing daargestel en die ekonomiese koek gedeel het, voordat ons die politieke mag oorhandig het. Nou moet ons besin en die inisiatief wegneem van die staat en linkse radikales en ons moet verandering implementeer om alle Suid Afrikaners op te hef ten einde te verseker dat ons n gelyke samelewing daarstel waar swartmense nie meer gelyk is as witmense nie! Dit is in die belang van alle Suid Afrikaners dat witmense besin en die inisiatief vir gelyke verandering neem om te verhoed dat wraaksugtige linkses, wit en swart verder verdeel en opsweep en ons moet besin oor AfriForum/Solidariteit, wie se motief dit is om die enigste heenkome vir die Afrikaner deur selfbeskikking te bied en wie deur skoorsoektaktiek die staat uitlok om die Afrikaner te isoleer en uit te sluit uit ekonomiese deelname in die breer SA samelewing! Teen hierdie tyd behoort witmense te besef dat die regses die Afrikaner probeer kaap met AfriForum/Solidariteit inisiatiewe en moet die Afrikaner hulself van hierdie organisasies beginlosmaak! Hulle tree op namens hulle lede vir n sakeryk, hulle tree nie op namens die Afrikaner nie! Dit was lekker om geld uit die Afrikaner te maak, maar nou is dit verby!

Hans Richardt ·

Is ‘n graad werklik meer werd as vaardighede, in SA?
Met grade kry jy massa akademiese kennis, meestal, sonder praktiese toepassing van hierdie kennis(maw geen vaardighede) en massa skuld.
Leerlingskappe is praktyk (vaardighede) met toepaslike akademiese opleiding deeltyds.
Die probleem het in 1970’s in SA ontstaan, waar geglo was dat grade “nooit van jou weggevat kan word nie” en dat jy outomaties jou sosiale klas en status verhoog. Tog koop dit en betaal die besit van graad of grade nie kos en klere nie. Dis hoër vlak behoefte op Maslow skaal van behoeftes.
Sedert 1994 was sanksies nie outomaties geskrap nie, diè mense wat daarvoor gevra het, het nie belê in ekonomie nie! Gevolg was dat SA in ontwikkelingsland verander was, terwyl SA in ochlokrasie ontaard het, klipgooiende massas skryf voor aan politici.
Afrikaners moet nou hul verwysingsraamwerk verander, maar sukkel met enige verandering.
Met politiese beweging in Europa weg van emmigrante, word emmigrasie uit Afrika moeilik. Vele wie wel oorsee gaan nou, is oneerlik met terugvoer, want as dit nie buitengewoon Goed is nie, het jy mos gefaal.
Selfbeskikking en ekonomiese selfbevryding is wat mense sal moet omarm. Belaglike praatjies van oorlog hier kom van mense wat dink dis oplossing.
DIE PEN IS WAS NOG ALTYD MAGTIGER AS SWAARD. Slaan swaarde in ploegskare en bevry julself in kollektief ekonomies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.