Suid-Afrikaanse owerhede het ingegryp om vliegtuie soortgelyk aan die een van die Ethiopiese Lugdiens wat verlede maand geval het, te onttrek, het die minister van vervoer, dr. Blade Nzimande, in die parlement laat blyk.
Lees meerAlles vir Vrydag 12 April 2019
Google toon SA vra oor onluste tydens verkiesing
Die ANC, EFF en Black First Land First is die drie politieke partye wie se name die afgelope week die meeste op Google ingetik is.
Studie toon antibiotika word onnodig voorgeskryf
Daar is bevind tussen 67% en 78% van pasiënte het wel antibiotika ontvang, al was daar geen simptome nie.
Foto’s: Landswye onluste duur steeds voort
Vanmiddag was gedeeltes van die N2 buite die Strand in die Wes-Kaap steeds vir verkeer gesluit, terwyl gewelddadige betogings in Pennyville in Soweto en in Alexandra in Johannesburg voortduur.
ToekomsVenster: Die versoek van Jakobus en Johannes
Is jy in ʼn magposisie? Hoe gebruik jy dit? Is jy ʼn dienaar?
‘Onskuldige lewens gespaar’ toe polisie rooftog fnuik
Daar is op die toneel op ʼn AK47-aanvalsgeweer, ʼn pistool en ʼn rewolwer, asook ammunisie beslag gelê.
Gedeelte van N1 dié naweek gesluit
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het Gautengse motoriste gewaarsku dat ʼn gedeelte van die N1 in Pretoria dié naweek gesluit sal wees wanneer ʼn nuwe voetgangerbrug opgerig word.
Flaminkkuikens terug na Kamfersdam
Sowat 130 jong kleinflaminke het Woensdag per vliegtuig van Durban en Pretoria na Kamfersdam in Kimberley teruggekeer na ʼn komplekse reddingspoging van die kuikens, wat twee en ʼn halwe maande geduur het.
Unie dreig met hofstappe as weermag nie studente heraanstel
Die SA Nasionale Weermagunie (Sanwu) het die weermag tot Maandag gegee om ʼn groep studente wat hy ontslaan het, weer aan te stel, of Sanwu gaan hom tot die hof wend.
Dapper student sonder arms vang graad
“Hy is die perfekte voorbeeld van wat jy kan bereik as jy in jouself glo. ʼn Gestremdheid beteken nie ʼn onvermoë nie.”
Kaper dood, ‘makkers’ vas toe polisie toeslaan
‘n Kaper is doodgeskiet en vier van sy vermeende makkers is in hegtenis geneem nadat die polisie Vrydagoggend in Blairgowrie in Johannesburg op hulle toegeslaan het.
Rebels nie rats genoeg vir Stormers
Kapenaars gee uiteindelik vir Fleck iets om oor te glimlag.
Padtoets: My tweestryd met die Datsun Go
Daar is twee voertuie wat so baie beteken vir die ontluikende Suid-Afrikaner… maar terselfdertyd moreel bevraagteken kan word.
Engelse wiskunde g’n uitdaging vir dié Afrikaanse slimkop
Die Wes-Kaapse provinsie spog met een van die beste wiskundige breine op die vasteland.
Man kritiek ná vuiste klap buite restaurant
Die twee mans het na hulle voertuig in die parkeerarea gestap waarna die ander twee mans hulle glo agternagesit en ʼn vuisgeveg in die parkeerarea ontstaan het.
Vrou, seun vas vir moord op Limpopo-man
Daar is destyds bespiegel dat Tony Strydom se skietdood moontlik ʼn plaasaanval kon wees.
Ramaphosa sê Mashaba moet in Alex ingryp
“Die burgemeester moet nie bang wees vir sy mense nie. Hy moet die gemeenskap te woord staan. Nou blameer hy die ANC.”
Vyf dood, vrou kritiek ná Limpopo-botsing
“Drie van hulle is in die voertuig aangetref, terwyl ʼn vierde persoon so ʼn paar meter weg van die voertuig af gelê het. ʼn Vyfde persoon is onder die voertuig aangetref.”
Pleidooi gerig ná jong pa in tref-en-trap sterf
“Sy vrou is steeds ʼn senuweewrak. Sy het hierdie week teruggekeer werk toe. Sy moet aanhou ter wille van haar kinders en sy doen haar bes.”
Die wêreld in foto’s – 12 April 2019
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.