Die SAPD in Gauteng sê hy vermoed talle onskuldige lewens is gespaar nadat beamptes Vrydag ʼn beplande rooftog gefnuik het, slegs ʼn uur nadat ʼn beplande kaping in Randburg ook betyds gestuit is.
Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, sê ʼn geïntegreerde wetstoepassingspan het tussen 06:00 en 07:00 gereageer op inligting oor ʼn beplande rooftog in Johannesburg toe hulle twee voertuie, ʼn Toyota Corolla en VW Golf, gewaar het wat tussen Soweto en Lenasia-Suid gereis het.
“Die span het die Corolla op die K43 langs die Thembelihle informele nedersetting voorgekeer en een verdagte in hegtenis geneem. Die Golf het weggejaag terwyl die insittendes glo skote op die polisie afgevuur het wat die voertuig agternagesit het,” het Masondo gesê.
Hy sê die Golf is op dieselfde pad voorgekeer en twee van die verdagtes is tydens ʼn skietgeveg gewond. Nog drie verdagtes is in die proses beseer. “Al die beseerde verdagtes is tans onder polisiebewaking in die hospitaal.”
Daar is op die toneel op ʼn AK47-aanvalsgeweer, ʼn pistool en ʼn rewolwer, asook ammunisie beslag gelê. Dié vuurwapens sal vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of dit met enige vorige misdade verbind kan word. Die polisie het ook op die twee voertuie beslag gelê.
Masondo sê sake van poging tot moord en onwettige besit van vuurwapens word ondersoek.
Hy het die samewerking tussen die polisie, die Valke, die Gautengse verkeerspolisie en Tracker geloof wat tot dié inhegtenisnemings gelei het.
Maroela Media het vroeër berig ʼn kaper is doodgeskiet en vier van sy vermeende makkers is in hegtenis geneem nadat die polisie vanoggend in Blairgowrie in Johannesburg op hulle toegeslaan het.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
16 Kommentare
Ag jinne Spike, dankie en wel gedaan sal ook help.
Kom nou mense,se n bietjie die polisie sleg!Hulle kan mos niks reg doen nie.
Stop hulle voordat hulle ‘n jobie in die parlement kry na die verkiesing!
Hierdie negatiewe gesindes is heel waarskynlik een van die grootste redes dat daar vir ons n skrale hoop in SA IS.
Bravo SAPD welgedaan!