Staan op vir jou kerk, moenie die NG Kerk verlaat nie

NG-kerk-logo

Foto: Ngkerk.org.za

Dr. Dawie Botes

Wat die Algemene Sinode van 2015 betref, is daar met groot teleurstelling kennis geneem van ingrypende besluite. Die bloot emosionele besluit van die Algemene Sinode vír gay huwelike wys dat die kerk toe nie bo die tydsgees kon uitstyg nie.

Die Bybel moet ons enigste rigsnoer wees vir alle besluite, anders raak ons bloot ’n sosiale vereniging wat mense napraat en geen beginsels meer het nie. Met hierdie besluit is net geluister na die samelewing en drukgroepe, en gekyk na tendense in die samelewing. Ons moet die moed hê om te sê: So sê die Here in sy Woord – punt en klaar. Ons is gereformeerd en staan by die Woord waarin ons glo en waaraan elke besluit eers deeglik getoets moet word. Dit is nie by die sitting van die Algemene Sinode gedoen nie.

Die pas afgelope geleentheid het opnuut bevestig dat die Algemene Sinode sy rug stelselmatig keer op wat ons as gereformeerdes deur die eeue heen glo en bely. Alles dui daarop dat die Algemene Sinode die gereformeerde weg byster geraak het. Dit het in ’n magsetel verander, waarin die selfstandigheid van plaaslike gemeentes geminag word deurdat die Algemene Sinode eensydige besluite neem waarin die plaaslike gemeentes nie geken word nie.

Die spanning oor verskille gaan vorentoe net groter word. Die Algemene Sinode word nou gekaap deur ’n klein groepie wat die debatte met emosie oorheers. Dit kan nie meer toegelaat word nie. Daarom moet daar liefs weer besin word oor die moontlikheid om eerder uit te tree uit die Algemene Sinodale band sodat elke streeksinode eerder die vrae in eie verband hanteer.

Dit was die geval voor 1962 in die Federale Raad van Kerke. Dit is ’n ingrypende voorstel, maar sal op lang termyn tot behoud van die kerk dien. In so ’n federale stelstel kan ook ander kerke tot ons familie bygevoeg word en op beginselsake wat die kerk raak, gefokus word. Die NG Kerk kan nie nog een sitting van die Algemene Sinode bekostig nie. Daarom my beroep aan elke streeksinode: Tree uit die verbintenis met die Algemene Sinode. Sy besluite gaan vorentoe net nog skokkender word.

Wat kan jy as lidmaat, kerkraadslid en dominee tans aan die saak doen?

Eerstens moet jy bid en alles aan die Here opdra in gebed. Hy hoor en Hy is almagtig. Tweedens weet ek dat gay persone met empatie en liefde hanteer word in die gemeentes. Dit is die weg wat ons as gelowiges met mekaar moet loop in die Here.

Prakties kan jy as lidmaat, kerkraadslid en dominee die volgende doen:

Maak seker dat jy reageer met ’n brief of e-pos aan jou kerkraad, asook dat jou kerkraad op ’n amptelike kerkraadsvergadering aandring op ’n buitengewone streeksinode. Gee goeie redes waarom jy so ’n sinode aanvra.

Gaan bid dan verder oor wat die streeksinode te doen staan. Tans is dit belangrik dat elke streeksinode uit die Algemene Sinodale band tree. As jou streeksinode nie wil voldoen aan die versoek nie, kan julle as gemeente altyd die kerkordelike weë ondersoek om by ander streeksinodes in te skakel en uit jul huidige sinode te tree om sodoende ’n ander groep in die NG Kerk, saam met ’n ander streeksinode, te vorm.

Staan dus op vir jou kerk. Moenie loop nie, veg vir jou kerk. Doen alles om die NG Kerk te suiwer. Die punt bly, van die almagtige Algemene Sinode moet daar nou ontslae geraak word, en sommer baie vinnig in die komende jaar. Bid oor die sake en leef elke dag naby aan die Here. Ondersoek ook jouself. Wanneer ons sê dat die Algemene Sinode nie die Bybel as riglyn volg nie, vra jouself ook af: Volg ék nog die Bybel as riglyn vir my eie lewe?

  • Dr. Dawie Botes is ‘n leraar in die NG gemeente Vrede-Wes in die Vrystaat.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

99 Kommentare

neelsie ·

Hoe kan die NG Kerk vertrou word as sy meningsvormers , die Algemene Sinode, in stryd is met God se Woord(o.a. Rom 1).
Besluite daar geneem, raak die hele kerk en elke lidmaat.
Gaan die volgende vertaling so” vertaal” word dat die gedeelte aanvaarbaar is vir die sinode?
Die verval van die Christendom word van binne bewerk.
Waak daarteen ,die waarskuwings is reeds in die Woord.
Satan loop rond soos n brullende leeu(” sinode”).
Onherstelbare skade is reeds aangerig deur mensgemaakte besluite.
“So spreek Die Here”

neelsie ·

Carel,
Om die sinodale bydraes te maak?
Die eN Gee…..eN Gee…..kerk?

Helena ·

Beste Neelsie

Die dag wanneer die Here ophou om te eN Gee en te eN Gee, kan ons maar ophou om te gee.

Mooi dag vir jou.

Adriaan ·

Ja, Helena, hy en so baie ander vergeet ook gerieflikheidshalwe hoeveel hierdie NG kerk oor baie jare vir ons as lidmate gegee en gegee het.

Gabriel ·

It is called “prostituting” yourself. Doing something that you know is wrong, but trying to justify your actions, simply because you need the money.

Henk ·

Ek is bevrees dit gaan oor meer as “moenie jou rug op jou kerk draai nie”. As my kerk se sinode sy rug op God draai en die predikante van daardie kerk is nie sterk genoeg om teen die selfmoord op te tree nie, en ek gaan voort om daardie kerk en sy leeraars te “glo”, dan beteken dit ek aanvaar hulle beluite en gaan daarmee saam.
Derhalwe draai ek dan ook my rug op God.
As gemeentelede moet ons saamstaan en vir God opkom in hierdie wettelose en sedelose samelewing waarin ons onsself bevind. Ons is besig om God se geduld met ons te toets en ek is bevrees ons oorskry ons grense.
HOE kan ek vertrou dat die NG kerk my kind nie tydens Sondagskool sal “breinspoel” soos wat hulle nou probeer om met die volwasse lidmate te doen nie.
En glo my hulle is al reeds daarmee besig.
Ek is bevrees die kerk het ‘n politieke instelling met winsgewende oogmerke soortgelyk aan die van besighede geword en is nie meer die spreekbuis van God nie.

Maggie ·

Hoekom moet ék loop. Nee, die manne wat die besluit geneem het moet loop. Daar is geen doel meer vir die Sinode nie. Besluite word in elk geval af gekanaliseer na die gemeentes, en daarmee het hulle doel verval.

Celia Tjaden ·

Kom ons staan saam en raak ontslae van die Algemene sinode! Dis inderdaad HULLE wat moet loop! En gou ook!

Adriaan ·

Celia, dit was jou Kerkraad/ Ring wat die afgevaardigdes na die Algemene Sinode gestuur het. As jy wakker geslaap het voor die tyd kon die uitslag anders gewees het
ons as Lidmate is self verantwoordelik vir die besluit. Ek sou wou gesê het “man up ” mast dut sou seksisties wees. Lidmate aanvaar nie hulle verantwoordelikhede nie maar wil nou mond uitspoel oor hulle met hulle broeke op hulle knieë gevang is en hardloop nou weg. Ek waarborg hulle gaan weghardloop van die volgende kerk/ gemeente af ook want hulle kerkbegrip skiet te kort.

Rudie van Heerden ·

Jy is 100% korrek Maggie. Die Algemene Sinode het die pad byster geraak en is daarom nie meer in ‘n posisie om die Kerk leiding te gee nie. Dit is nou die tyd vir die lidmate om op te staan en te sê ons het julle nie meer nodig nie, daarom het julle geen bestaansreg meer nie. Die AS se funksies moet afgewentel word na die Streek Sinodes.

DMC de Koker ·

In 1987 is daar ook afgestig en ‘n Konserwatiewe Afrikaanse Kerk gestig, die APK.

Wink wink ·

Mens kan sien jou hart is reg en jy ‘n baie diep gelowige is met deernis vir jou medemens. Sjoe jy is ‘n voorbeeld vir ons ander.

Brandt Coetzee ·

Ek stem 100% saam met jou Henk. Ek was gisteraand by ons kerk vergadering en die predikante het die beleid beskerm.

Riaan ·

Dit is alles goed en wel Brandt. Ek is steeds bekommerd daaroor. Sê nou maar daar kom ‘n gay teologiese student by julle gemeente aan, wat daar wil prakties doen. Hy het dalk daar grootgeword en sy ouers woon steeds in die gemeente. Op watter gronde gaan so ‘n Kerkraad die student weier? As die kerk een ding sê, kan n gemeente mos nie die teenoorgestelde toepas nie? Dit is mos skynheilig? Dan is daar geen nut vir n Kerkgenootskap met gemeentes nie. As die student besluit om dit verder te vat en die gemeente te dwing, gaan die gemeente geen voet hê om op te staan nie. Dan gaan die sinode se besluit mos afdwingbaar wees. Daardie punt maak nie vir my sin nie. Ek sien probleme vir gemeentes wat rustig sit en dink hulle word nie daardeur geraak nie, want hulle Kerkrade en predikante pas dit nie toe nie. As jy ‘n lidmaat van die kerk is, dan beteken dit jy stem saam met en ondersteun jou kerk se standpunte en besluite. As jy nie saamstem nie, kan jy nie daar bly nie.

Brandt ·

Ek het my lidmaatskap op gegee, die besluit van die sinode is teenstrydig met die bybel.

Marais ·

Jy slaan die spyker op die kop. Hulle moet uitgejaag word uit die kerk uit!

Adriaan ·

Brandt, as jy uit die Kerk kan bedank dan verstaan jy duidelik nie wat die Kerk is nie, hoe bedank ‘n ledemaat as deel van die liggaam?

Adriaan ·

Celia, dit was jou Kerkraad/ Ring wat die afgevaardigdes na die Algemene Sinode gestuur het. As jy wakker geslaap het voor die tyd kon die uitslag anders gewees het
ons as Lidmate is self verantwoordelik vir die besluit. Ek sou wou gesê het “man up ” mast dut sou seksisties wees. Lidmate aanvaar nie hulle verantwoordelikhede nie maar wil nou mond uitspoel oor hulle met hulle broeke op hulle knieë gevang is en hardloop nou weg. Ek waarborg hulle gaan weghardloop van die volgende kerk/ gemeente af ook want hulle kerkbegrip skiet te kort.

Adriaan ·

Riaan, weereens, jy het duidelik geen begrip van die Gereformeerde kerkbegrip nie. Doen jiuself die guns en lees net weer die Kerkorde en dir Gereformeerde Belydenisse (ek aanvaar jy weet waarna ek verwys: by name HK en NGB

Piet ·

Ons NG predikant se seun is gay en daarom het sy haar steun aan die gay stem gegee.
Ek en my gesin is voortaan nie meer lid van die NGK nie.

Adriaan ·

Piet, dieselfde kommentaar wat ek Brandt mee geantwoord het geld ook hier. As jy uit die Kerk kan bedank dan was jy nooit deel van die liggaam nie,dan was jy lid van ‘n organisasie, en die Kerk is nie een nie.

Rudie van Heerden ·

Adriaan, as ek Piet reg verstaan sê hy hy het uit die NG denominasie binne die Liggaam van Christus bedank, nie uit die kerk/liggaam van Christus nie. Die Liggaam van Christus is nie NG nie. Dit is veel meer as dit.

Absolom ·

Jy is heeltemal reg Celia. Dankie tog vir my en jou se gemeente, en baie ander, wie se afgevaardiges teen die wettiging van sodomie in die kerk gestem het. Ongelukkig blyk dit nou die meerderheid die pad heel byster geraak, en bevind hulle nou waar die inwoners van Sodom en Gemorra hulle bevind het.

Pendoring ·

My gevoel was nog altyd dat daar ontslae geraak moet word van kerke sodat ons as sondige mense kan terugkom na die Here en Sy Kerk toe. Daar is te veel “kerke” wat sogenaamd reg is. Almal van hulle is gebaseer om een of meer mense se interpretasie van die Bybel. As jy die Here aanvaar het in jou lewe en saam met Hom die pad stap raak al die baklei in en oor kerke net ‘n geraas in die agtergrond. Jy het nie nodig om in ‘n kerk te wees om in die Kerk van die Here te wees nie.

VerVanRyn ·

Pendoring, ek dink die Skrif in sy totaliteit stem nie saam met jou nie. Van die dae van Israel tot die dae van die apostels en hul opvolgers is die konsep van ‘n gevestigde kerk vas. Ons moet God as een liggaam dien en vrees en eer. Individualistiese geloof is nie wat God vereis nie. Daarom is die verantwoordelikheid van elke gelowige om hom en haarself te skaar by die Kerk wat nie die Skrif interpreteer nie, maar navolg.

celia tjaden ·

Maar wat nou gemaak as ons kerke die pad verloor?Huiskerke?

Ben ☺☺☺ ·

Amen ou maat – ek is al 10 jaar daar. Prys aan my skepper vir die openbaring.

Dup du Plessis ·

…….die ironie is eintlik dat die sogenaamde “afgestigde konserwatiewe kerk” (APK) eintlik presies die ou NG Kerk van ons oupas en oumas en voorouers is. Teoreties beteken dit dus dat al ons voorouers vir honderde jare die Bybel verkeerd vertolk het en volgens die huidige NG Kerk dan seker ook verdoem is……laat mens maar wonder wat staan soms regtig in die Bybel.

Weskaper ·

Die sinode het al paleise gebou vir hulle terwyl duisende gemeentelede krepeer van ellende. Tot die predikante se jaarlikse verhogings word deur hulle afgedwing op die gemeentes wat swaar kry. Ja die gemeentes het ‘n keuse oor die jaarlikse verhogings, maar as die aanbevole verhogings nie aanvaar word nie, kom daar ‘n ondersoek en die gemeente moet sy boeke oopgooi net om die sinode tevrede te stel en hulle wil hul sinodale gedeeltes op tyd he.
Die NG Kerk is meer gerig op geld maak, ek is huidelik nog lid van die NG maar weet nie vir hoelank nog.

Louis ·

Van wanneer af stel julle die kerk bo die Bybel? En met die saamsmelting van die NG Kerk by die wereld raad van kerke is die Pous elkgeval aan bewind. Daar is so min protestante oor en die kennis van die algemene “christen” is weglaatbaar min. Tyd om wakker te word vir die waarheid van God se woord.

VerVanRyn ·

Gerhard, indien jy wil deelneem aan die gesprek rondom ‘n kerk moet jy nie so beledigend en vieslik teenoor die kerk wees nie.

Gerhard ·

VerVanRyn ek het altyd so gevoel, en altyd probeer hoflik wees, tot ek ‘n blog gelees het van ‘n dominee wat homoseksualiteit gelykstel aan pedofilie.
Dit was die laaste strooi vir my.
Ek dink die konserwatiewes is basies gemeen, en verdien ‘n spieël om te sien hoe hulle is. Hulle verdien geen respek nie.

FJ ·

Respek toon vir ‘n kerk wat hom bemoei met sake wat in God se Skrif Woord verbied word?

Ek het egter respek vir God en Sy Skrif Woord. En Hy se: Wee die een wat korrekte kennis het van Sy Skrif Woord en nie die onregverdiges vermaan nie – hulle bloed is op jou.

Ek was ‘n lidmaat van die NG Kerk en het daarin groot geword, maar is al jare gelede daar weg omdat ek die ‘veranderinge’ in die kerkleer (nie Bybel leer nie) waargeneem het. Tans het ek nog my God en Saligmaker en Sy kosbare Woord. Geen kerk besit my siel nie. Ek vrees God, nie ‘n kerk of ‘n mens nie.

Ben ☺☺☺ ·

Het jy die kerk nodig, of het die kerk jou nodig. Ek dink ons moet almal groei tot volwassenheid, vir `n slag nie te lui wees om jou eie Bybel te lees nie, self te bid tot jou God, jou 10de vat en vir iemand wat jy van weet wat regtig swaarkry `n trollie kos koop, en in dankbaarheid lewe.

Prit ·

Doen dit al vir jare, werk vir my. Die kerke moet aan voeter agter die pous aan, ek voel vere.

mariaan ·

Snaaks hoe almal nou skreeu oor gay mense…maar is dit nie liefde wat moet wen nie…maak nie saak wie vir wie nie….wat van die ou oom wat al jare voor in die kerk sit…maar drink en sy vrou slaan en nog sklempies porn kyk…maar dis ok…niemand weet nie! EN ek is mos n MAN vd kerk…so is daar BAIE sulke gevalle…is dit dan nie beter om in n liefdevolle verhouding al is dit gay…te wees as om hierdie outydse valsgeid na te volg nie…self baie predikante knyp die kat in die donker…maar solank niemand weet nie!

DMC de Koker ·

Dit bly verkeerd en dit bly sonde of dit nou die gay predikant is of die oom wat sy vrou slaan.

Kobus VS ·

Daarom my dankbaarheid dat ALMAL in sonde ontvang en gebore is, en daar nie EEN regverdig is voor God nie, ja, selfs nie EEN nie. Ook nie jy nie.

Dup du Plessis ·

Aai Mariaan, dis al hoeveel keer verduidelik dat drank, moord, steel, gierigheid, ens, ens, oor dieselfde kam geskeer word. M.a.w. dit gaan oor die “daad” wat gepleeg word en nie oor die omie of die gay-persoon nie. Die daad kan nie regverdig word deur die kerk nie, die Bybel is duidelik hieroor. Die omie of die gay-persoon of die dief of die moordenaar moet die “daad bely” en dan poog om dit nie weer te doen nie. Net soos wat ek en jy elke dag verkeerde dinge doen en veronderstel is om vergifnis daarvoor te vra en dan opreg te probeer om dit nie weer te doen nie. Ons kan nie oordeel nie, en die saak is tussen elke mens self en die Skepper.

Illa ·

Mariaan, ek verstaan wat jy sê, maar stem nie saam. Daar is baie valses in die Kerk en hul hoort juis daar – die Kerk is daar om sondaars in liefde te ontvang en te lei op die regte weë. Ek verwag egter dat die persoon wat hierdie leidingsposisie inneem, darem sal probeer om die geskrifte van die Bybel na te volg. Ek besef hy/sy is ook maar vlees en dus sondig, maar ek sal sukkel om spirituele leiding te aanvaar van die ou oom wie se gruweldade inelkgeval aan die hele gemeente bekend is. Gay persone, soos al ons sondiges wat die aarde wandel, behoort welkom in die Kerk te wees. Maar daar kan nie van ‘n gemeente verwag word om ‘n dominees wie sy vrou slaan, die kerkkoffers leeg steel, prostitute besoek ens en glad nie tot inkeer hieroor kom, se spirituele leiding ernstig op te neem nie. Wat weet hy dan van ons God dat hy dink al hierdie dinge is aanvaarbaar? Ons moet pasop om nie al die voordele van ‘n verhouding met die Here te wil hê, maar geen van die verantwoordelikhede nie. Myns insien is dit presies wat die NG Kerk nou doen.

DMC de Koker ·

Nee dankie, ek gaan nie terug NG Kerk toe. God het inelkgeval stadig maar seker my gewys en oortuig in my hart die NG Kerk is nie reg nie. Hierdie was wel die finale strooi, maar dis inelkgeval nie die enigste dwaalleer wat in die NG Kerk is nie. Gaan ondersoek die skrifte en mens sal sien daars baie dwaling.

Corrie Foord ·

Dr Botes ek stem 100% saam met jou. Ons kan nie toelaat dat ‘n klein aantal aktiviste die kerk van Jesus wat ons lief het so van binne rysmier nie. Ons moet dit duidelik aan ons kerkrade so oordra. Dankie vir jou artikel.

burger ·

Dr Botes , goeie skryfstuk ! Die groter vraag is hoe waarop is die kern van die kerk gebou oor die die afgelope tyd , en meer spesifiek met die instelling van apartheid en die direkte ondersteuning daarvan deur die ng kerk. Wat het geestelik gebeur met mense in hierdie tyd. Hoe het God gestaan in die tyd oor die kerk. Die kerk tydens Andrew Murray se bedienning en die kerk daarna verskil radikaal geestelik .

Is die kerk nie al vir dekades reeds Godsverlate nie en vir die rede sukkel hulle om sin te vind. Elke persoon het een vraag om te vra , hoe is sy verhouding met God en het n wete dat hy gered is. Hierdie vraag en die pad daarna sal vir elke mens die rigting aandui. Ons hoef nie ons te op te maak daarmee om strukture gemaak deur mense te red nie .

Bruno Stef ·

Die onverdraagsaamheid van die vorige NP regering teenoor mense wat hulle ge-oppeneer het is die oorsaak dat ek en my kinders die NG kerk jare terug al verlaat het.Die kerkraad banke was gelaai met Broederbonders en het in so n mate hulle invloed uitgeoefen dat totdat die uitgetrede hoof van ons plaaslike Hoerskool vervang is met hulle kandidaat en deur die knape aangestel is.My dogter is tot deur die Broederbond voorsitter gedreig met die opskorting van haar studies by RAU destyds as sy die KP sou ondersteun.Die NG kerk is deur politieke oppertuniste tot n geleidelike val gebring en pluk nou die vrugte daarvan.

Burger ·

Jy klink ingelig Bruno, ek het die boek van Nico Smith gelees oor die Afrikaner Broederbond en dit verduidelik maar presies waaroor alles gegaan het en ja niks met Jesus te doen nie . Bloot n morele regverdiging en voertuig tot n ideologie .

Ek was deel hiervan en van hul meer geheime vertakkings ook . Dit was deurspek met hoogmoed , grootheidswaan , selfsug en gierigheid in die mooi naam van “kultuur en eie identiteit”

Die hartseer is die mense wie nou vasgevang sit in n geweldige onsekerheid en hulle weet nie wat se kant toe nie .

Piet ·

Ek het nuus vir jou Bruno.
Die AB se oorheersing is/was vir seker nie tot die NGK beperk nie. Die Gereformeerde Kerk staan eweneens voor in die koor wanneer manipulering deur die AB ter sprake kom.

Jaap ·

Ek dink as ons onself wil toets hoe ver ons afgedwaal het van die waarheid, dan kan ons kyk na Rev. Erlo Stegen van Kwasiza-bantu sending in Natal se lewe. Hy is vir my ń groot voorbeeld om na te streef.

Hugo ·

Ons het heeltemal die doel en wese van kerk verloor. Dit is groot organisasies wat baie geld kos om te onderhou en is NIE die model soos in die Nuwe Testament uitgeleef nie. Die hele basis van kerk is vals en foutief. Die kerke moet belyn word met die Koninkryk van God.

Naas Vermaak ·

Dit gaan my verstand te bowe dat enige gay persoon hoegenaamd NG kerk toe sal wil gaan. Hulle gaan baie slegter af daar wees, MITS hulle die opregtes daar kan uitsnuffel en met hulle ‘n pad probeer stap. Jesus se liefde en genade vloei lankal nie meer die lidmate nie…kyk maar net hoe gaan dit in al die “posts” hierbo. Het jy ‘n gay kind?? Is jy sonder sonde??…..los die klippe mense!!!

Johnnie ·

Ek wil vir almal vra om op te staan vir die Here, BEKEER JULLE wat saam stem met die dwaalleer wat die NGkerk nou inslaan, vir die wat n ander kerk soek waar die woord nog suiwer gepreek word kan hulle gerus die evangeliese gereformeerde kerk besoek en self besluit, hulle het reeds in 1944 afgestig van die NGkerk toe daar besef is die kerk is besig om die verkeerde weg in te slaan. Ek vra weer vir almal BEKEER JULLE ASB die tyd is min voor die koms van die Here.

celia tjaden ·

Ek besoek al hoe meer die die Evangelies gereformeerde kerk en ek kan getuig dis waar! En mense op 16 Desember hou hulle nog GELOFTEDAG!! Gaan kyk en sien is glo- dis n suiwer kerk van Jesus Christus! Die fokus is op BEKERING en WEDERGEBOORTE. Die jeug BLY en gaan nie weg nie. Elke diens stap ek daar uitvol van Jesus en nie gegrief oor misleiding nie.
Ons sal moet besluit en ons sal moet kies.
Soos dit nou is sal ek nie my kinders in die Ng kerk wil opvoed nie.
Ek het reeds 1982 uit die Ng kerk gestap met al my kinders. Rede? Die nuwe vertaling van daardie jaar-
Keer TERUG na die Here en Sy Woord mense.

Peet van den Berg ·

Ek wou met die lees van die artikel in gesprek tree totdat ek gelees het die skrywer (hopelik nie ‘n “meningsvormer” nie, maar bloot ‘n meninggewer) verwys na sy medegelowiges as die “almagtige Algemene Sinode” waarvan daar “ontslae geraak moet word” – (ek sidder wat daarmee bedoel mag word as ek dink wat al met lede van die Algemene Sinode gebeur het in hierdie land) – en toe het ek besluit – dit is futiel.

Theresa ·

Wanneer mens in die Bybel glo, glo jy wat in die Bybel staan. Ek kry dit nie sagkens gestel in die Bybel oor hierdie saak nie. Maar, wat ek wel weet en glo, is dat Hy wat die Skepper is, genadig is en vergewe – selfs die moordenaar aan Sy sy – wat opreg berou gehad het oor wat hy verkeerd gedoen het. Dan is daar vryskelding; dan is daar beslis die Vryheid in Christus. Verder voel ek moet mens baie versigtig wees om klippe te gooi, maar ook versigtig wees om die Woord te verdraai.

Marais ·

Theresa, dit gaan hier spesifiek oor die besluit dat gay pesone toegelaat word om te volhard in sonde, asof dit nie meer sonde is nie! DIt gaan glad nie oor die liefde of enigiets anders nie. Bloot die besluit dat een van duisende sondes geklassifiseer word as nie meer sonde nie. Die kerk behoort uiteraard daar te wees juis vir ons sondaars. Jesus het dit self gese dat die gesondes nie die Geneesheer nodig het nie.

HEIN ·

Die NG Kerk het al lankal begin leegloop. Hierdie onderwerp is definitief nie die rede nie. Dit is duidelik net die wat sonder sonde is en nie skroom om die eerste klip te gooi nie, wat oor is. :) :) :) . Ek leef ‘n selibate gay lewe en voldoen dus aan die “vereiste” wat baie van hierdie skynheilige NG mense nou verwag. Wel NG mense, moenie bekommerd wees nie. Ek kan nie dink dat daar baie gay mense is wat sal wil deel wees van ‘n kerk waarvan baie lidmate steeds een van die grootste gebooie , naamlik jy mag nie oordeel nie, oortree. ‘n Kerk waar , jy moet jou naaste liefhe, duidelik nie heers nie. ‘n Kerk vol skynheilige sondaars wat elke week in die kerkbank gaan sit en dink die Here se son skyn net op hulle. Met alle respek. Baie dankie aan die Kerkraadslede wat wel hierdie gebooie nakom en hierdie groot besluit geneem het. Ek wens die NG Kerk net die beste toe. ( Van n gay christen wat baie seergekry het deur die vooroordele van die Kerk)

Nirak Zwicker ·

Nee Hein. Dit help nie om smartvraat te speel nie. Homoseksualiteit is ‘n gruwel in God se oë.
‘n Mens kan nie jou verkeerde dade met die Liefde van God wil toesmeer nie. Gaan lees wat sê
die Woord oor tugstappe wat toegepas moet word. Dis asgevolg van mense se perversiteit dat
die Huis van die Here in 2 geskeur word. Glo my, ek het net soveel sonde in my lewe, maar as ons opreg ons sonde bely sal God ons vergewe. MAAR God sê ook duidelik: Gaan en sondig nie meer nie.

Annemarie ·

Ons gesin het jare gelede die kerk verlaat. Nou lees ons net die Woord (wat tog Eloim self is). Geen mense gebooie (glo aan n Heilige algemene kerk!). Geen mense fabels (soos kersfees) Geen mense behaers (gays) net om die “regte” ding te doen. Geen dominee se intrepetasie (Roomse leer) van die Heilige Woord. Dit wat ons nou nie verstaan is ok. Die Almagtige gee op Sy tyd vir ons die insig om te verstaan.

Susan ·

Die vraag is, hoe kan ‘n mens in kommunie lewe met iemand wat ‘n dwaalleer verkondig? Die NG Kerk is nie in kommunie met ander denominadies nie, as gevolg van wesenlike verskille. Ek beskou hierdie besluit as ‘n wesenlike verskil en deur die sakramente met hierdie mense te deel maak ek myself skuldin aan die aanvaarding van die dwaling

Yvonne ·

Die vraag wat die Ds in die stuk vra is “volg ek nog die Bybel as riglyn vir my lewe”. Dit is seer sekerlik belangrik om jouself konstant die vraag af te vra, maar wat in hierdie debat belangrik is is om te probeer vasstel of die mening wat die NG Kerk rakende homoseksualiteit huldig skriftuurlik is. Dit is nie ons plek as mense te veroordeel nie. In alle besluitneming wat die kerk neem, moet die Woord as riglyn gebruik word. Dit is ons enigste maatstaf, nie my gevoel of jou gevoel nie. Die boodskap wat miskien aan alle Kerke en leiers van kerke oorgedra moet word is – Besef een ding, jy is die herder van ‘n kudde. Jy is verantwoordelik vir hoe jy jou kudde lei. Daarmee saam kom dan die feit dat jy moet besef dat jy as leier van die gemeente of kerk verantwoording gaan doen van wat vir jou kudde geleer en hoe jy gelei het. Dit is ‘n grootse taak wat met respek hanteer moet word.

Sonette ·

Die NGK sien my nie weer nie. Wanneer mense beweer dat dit wat deur God verbied word, oordeel van ‘n naaste is, dan weet ek regtigwaar nie meer waar mens die lyn moet trek nie.

Nick ·

Dr Botes, ek neem aan jy was nie self by die Algemene Sinode gewees nie? Het jy al die dokumentasie gelees wat die Algemene Sinode uitgestuur het voordat jy die’ artikel geskryf het? Het jy die artikel: Homoseksualiteit: Die standpunte van die NGK en NHK gelees? Het jy self die moeite gedoen om die Pastorale brief N.A.V die 2015 Algemene Sinode te lees? As jy het, sou jy gesien het dat laasgenoemde artikel duidelik stel dat Kerkrade die vryheid gegun word om na gelang van hul eie oortuiging en omstandighede te handel. Die NGK moet nou, meer as ooit saamstaan om die brullende leeu te stuit. Ek sê nie ek stem saam, of verskil van die Algemende Sinode se besluite nie, maar jy, dr Dawie Botes is baie vinnig om jou oningeligte mening op die’ sekulêre webblad te lig, en onnodig vlamme aan te blaas. As jou dr. titel iets beteken, gaan lees eers op wat presies op die Algemene Sinode gebeur het, hoe dramaties dit was, en verseker nie net emosioneel nie. Gaan in liefde.

burger ·

Beste Nick , die kerk moet die leiding gee met insig. Om net eenvoudig te se elke ou kan maak wat hy wil , wel dan het jy eintlik nie meer gesag nie. ( sou God dit ooit gese het) God het een ondubbelisininge bedoeling . Hy het n man en vrou geskep as basis vir die menslike voortgestaan en in die verhouding van gesinstrukture wat die kern van samelewing vorm. Om dit te verander is n direkte aanval teen God se wil . Die wie hulle skuldig maak aan veroordeling van ander , wel dis hulle saak.

God se sowereine wil is duidelik uitgespel. Die volgende stap gaan die herskryf van die Woord wees. God se moraliteit maak plek vir die mens sin. Die mens sin kan enige vorm aanneem . Dit is hoe die mens homself vernietig.

Nick ·

Beste Burger, ek stem saam dat dit die kerk is wat die leiding moet gee met insig, met die klem op insig. Ek dink jy verstaan my ‘post’ van vroëer heeltemal verkeerd. Ek noem my kritiek met die manier hoe dr. Botes die kwessie van Homoseksualiteit in die NGK, die Algemene Sinode se rol, en sy ondeurdenkte opinie van wegbreking van die Algemene Sinode. My punt was nie om in die Homoseksuele kwessie self betrokke te raak nie, en ek gaan ook nie. Net vir jou inligting: die Algemene Sinode sien steeds die huwelik as net moontlik tussen man en vrou. Die homoseksuele verbintenis word slegs gesien as ‘burgerlike verbintenis’. Nog ‘n punt: Lukas 6:37 word algemeen verkeerdelik verstaan. As jy die vers in die konteks lees, sal jy sien dat daar van ‘hipokritiese’ veroordeling (judging) gepraat word. Jy kan nie iemand vir iets blameer as jy dieselfde fout maak nie. Vergelyk dit met 1 Kor 10:15, 1 Kor 5:12-13 ens. waar daar duidelik genoem word dat die Christen moet oordeel. Hoe kan jy die goeie van die slegte onderskei as jy nie oordeel nie?

Marais ·

Nic, jy dwaal! Daar kan nie sonder duidelike riglyne voortgegaan word soos die nie. Hoe kan elke gemeente self besluit wat is vir hulle reg of verkeerd? DIt is mos ‘n resep vir absolute chaos? Die vraag is, het die AS hulle besluit geneem met die skrif as agtergrond of die , soos hulle dit stel, “Die seisoen van menswaardigheid” as agtergrond? Dit is duidelik, ook in hulle pastorale brief waarvan jy melding maak, dat die Woord GEEN rol gespeel het nie!

Nick ·

Van wat dwaal ek Marais? Jy dwaal van die onderwerp van altwee my vorige ‘posts’. WEEREENS: Ek kritiseer ds. Botes se artikel, en sy negatiewe, oningeligte voorstelle, ek is heeltemal objektief oor die Homoseksuele saak self. Gaan lees weer die pastorale brief. Bladsy 2. Ef 5:10 word aangehaal: ‘Vra julle voortdurend af of iets vir die Here aanneemlik is,’ .

John ·

Eers is die kleindoop /babadoop ingestel en nou gay predikante aanvaar. Wat nog? Die een leuen word met ‘n volgende opgevolg. Dis jammer dat NG lidmate nie die volle waarheid by hul opgeleide predikante hoor nie. Vra bietjie die predikante wanneer is babadoop aanvaar, alhoewel nêrens in God se Woord, wat die pad moet aandui, word van die doop v die baba gepraat nie.

susan ·

Ek kan regtig nie glo dat daar nog mense is wat stry oor die doop nie. Ons is almal ewe vlak. Al dink almal dat hulle beter weet. Punt is God vergewe, God het lief, ons lewe uit sy genade. Of dit nou sonde is wat almal kan sien, en of dit weg gesteek is. Die wat nie gay is nie, sal aan hou met klippe gooi. Hulle weet nie van beter nie. Ons het ook nie die gay mense nodig om die kerk te skeur nie. Ons doen dit baie goed op ons eie, al vir eeue. If all else fails, doen wat Jesus gese het. Wees lief vir jou naaste soos vir jouself. Dis dit. Dis die kern . En almal wat die gay mense met pedofiele vergeyk, julle hoort regtig beter te weet. Gaan dink bietjie mooi oor dit.

Johan ·

Waarom moet daar mooi gedink word wanneer ‘n vergelyking tussen ń pedofiel en ń gay persoon getrek word? Is albei nie “seksuele oortuigings” nie?

http://mobile.wnd.com/2014/01/pedophilia-the-next-sexual-rights-revolution/

Die Skrif het gewaarsku dat hierdie goed sal gebeur:
2Ti 4:3 want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede,
2Ti 4:4 en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.

Die NGK het deur die jare begin dwaal. Hierdie dwaling is maar net nóg ene.

susan ·

Johan. Die kindertjies is Jesus se hart se punt. Pedofiele het seks met kindertjies teen hulle wil. Ons noem dit verkragting. Consenting manogomous seks tussen 2 groot mense is nie verkragting nie. Maak nie saak wat hulle geslag is nie. Indien jy jou naaste lief het soos jouself, sal jy iemand te na kom nie. Het ek regtig nodig om dit te verduidelik? Laat weet my as jy dit nog steeds nie vestaan nie. Die homosexuals wat die bybel na verwys was in elke geval (en ek bedoel elk een van die tekste) of verkragting van volwasse mans, of verkragting van jong seuns, of afgods ritueele. Naaste liefde was nie in een van die gevalle teenwoordig nie. As jy dit nou nog steeds nie verstaan nie, dan mors ek my tyd met jou. Mag julle almal n geseende dag he

Marais ·

Wat het die Doop met die huidige krisis te maak? Maar oor die doop die volgende: Sover my kennis en ondervinding strek is groot doop glad nie verbode in die NG kerk nie. Wat die kerk wel oor standpunt ingeneem het is dat jy nie herdoop mag word nie, en dit is skrifgefundeerd! Geen ouer van enige kind word enigsins geforseer of van verwag om sy/haar kind as baba te laat doop nie.

CT Botha ·

Elke behoudende ouderlingraad behoort daarop aan te dring dat die predikante wat daarvoor gestem het ooreenkomstig die eienskappe van die ware kerk aangekla en getug word!

Marais ·

CT Botha, nou praat jy! Dit is die enigste maner hoe hierdie sweer ooit sal genees. EK is 100% gekant teen wegbreking van die kerk oor hierdie kwessie. Ons moet dit van binne af regmaak, en as dit beteken dat daar ontslae geraak moet word van die wat daarvoor stem, dan moet dit so wees! Laat hulle vir hulle hul eie kerkie gaan stig!

vermeende ·

Sonde is sonde, daar is nie een gtoter as n ander nie. Sondig bly ons almal sondig, maar om wetens voort te ploeter en sonde te ontken beroof jou van die ewige lewe. Hierdie is n saak wat by die lede begin en die leeraar sal die leiding moet neem in die verband.
Sterkte vir julle in die NG kerk, baie bid dat die Woord julle lig op die donker pad sal wees.

Celia Tjaden ·

Baie baie dankie vir hierdie ongelooflike inligting. Ek wil die dvd vir elkeen aanbeveel.Die Here seen u.

Celia Tjaden ·

Baie baie dankie vir hierdie ongelooflike inligting. Ek wil die dvd vir elkeen aanbeveel.Die Here seen u.

Robert ·

Eerder: Staan op vir die HERE, moenie die HERE verlaat nie!!

Sal nie weer ‘n voet in die NGK sit nie. Die NGK is teenstrydig teenoor die Bybel en daarom ‘n sekte! Hardloop weg van valse leringe af!

vermeende ·

Mense los die sondaar uit want hy is ons almal.
Lees mooi die artiekel handel oor n voorstel wat die gevolg is van n groepie wat die sonde n mooi wit baaitjie wil aantrek.
Hou op om te dink mense oordeel, sond is sond, as dit in die Bybel staan dan is dit goed vir my.
Nou gaan ek oordeel volgens van die lesers, die Bybel se jy mag nie dood slaan nie so jy mag nie moor nie…….wie het ek geoordeel?
Mmm laat jou dink ne!

sarel Strydom ·

Ek het tans ook ‘n problem veral rondom Lev.:18:22. Maar prober nog leiding kry daar rondom. Maar ek verstaan nie die gedurige stelling oor die “riglyne van die Bybel nie” 1) Daar is mense wat glo dat daar “n God vri die Wtmense is en ‘n God vir die ress. Ek het nog nie daardie riglyn in die Bybel gekry nie. 2) Vann watter riglyne word daar gepraat: Levitikus is Ou Tetament, dit beteken dat riglyne soos vervat in Exodus 21, die sg. oog vir oog en tand vir tand riglyn, ook toegepas moet word? Nuwe Testament Matt 5: Lees sommer die hele hoofstuk. Matt: 7:Gaan lees sommer ook die hele hoofstuk Ek stem nie met al die besluite saam nie en soos reeds genome soek ek nog leiding. Maar pasop vir die stelling ” volgens Bybelse riglyne”. Dit mag dalk meebring dat jy veronderstel is om jou broer of ou kind met lippe dood te gooi. Elke person prober sy eie interpretasie regverdig deur selektief gedeeltes uit die Woord aan te haal. Plaas julle self ook in die posissie van die ouer wat met die vraagstuk gekonfronteer word. Soos wat ek kommentare gelees het, lyk dit nie vir my een van die mense was ooit met so iets gekonfronteer nie. Volgens Bybelse riglyne moet jy jou kind met klippe dood gooi. Sal jy dit kan doen?

Johan ·

1) Deu 4:18 ‘n afbeelding van enigiets wat op die aarde kruip, ‘n afbeelding van enige vis wat in die water onder die aarde is;
Deu 4:19 dat jy ook jou oë nie na die hemel opslaan, en as jy die son sien en die maan en die sterre, die hele leër van die hemel, jou laat verlei en voor hulle neerbuig en hulle dien nie—dinge wat die HERE jou God aan al die volke onder die hele hemel uitgedeel het.

en ook:

Mic 4:5 Want al die volke mag wandel elkeen in die naam van sy god, maar óns sal wandel in die Naam van die HERE onse God vir ewig en altoos.

FJ ·

Sovele dwalings in die NG kerk en haar suster kerke, dat hulle kom praat van ‘n sogenaamde “Ou Testament Boek” (wat sogenaamd verby is) en ‘n sogenaamde “Nuwe Testament Boek” (wat nou geld), dit terwyl die Nuwe Testament Boek slegs prediking is vanuit en openbaring is vanuit die sogenaamde “Ou Testament Boek” deur die apostels. Waaruit het die apostels en Messiah dan vir die Godsvolk gepreek? daar was nog nie ‘n “Nuwe Testament Boek” in die apostels se dag waaruit hulle kon preek nie, hulle het dus gepreek vanuit die sogenaamde “Ou Testament Boek”. Daarom se een van God se apostels: Bly by die Skrifte, bly by die Wet-en-Profetiese Woord van God! Hoe kan die profetiese Woord van God alreeds in vervulling wees as daar nog sovele dinge geprofeteer word deur Sy profete wat moet gebeur en wat sal gebeur? Die sogenaamde “Nuwe Testament Boek” (korrekte is Briewe van die Apostels) het maar eers in omloop gekom ongeveer drie eeue na die apostels. Ek praat van “sogenaamde” omdat dit verkeerd is om te praat van ‘n “Ou Testament Boek” (korrekte is Wet-en Profetiese Woord van God) of ‘n “Nuwe Testament Boek” (korrekte is Briewe van die Apostels) – daar bestaan nie so-iets in die Bybel nie want dit vorm een Boek. Daar bestaan wel ‘n “Ou Testament” (d.w.s. ‘n Ou Huwelikskontrak tussen God en Sy volk) wat beskrywe word in die Wet-en-die Profetiese Woord van God (sogenaamde Ou Testament Boek) en ‘n “Nuwe Testament” (d.w.s. die herstelde of Nuwe Huwelikskontrak tussen God en Sy volk). Tydens Messiah se Eerste koms, het daar slegs gedeeltes van die profesiee en sekere Wette en rituele (Orde van Aaron of die Seremoniele wette met sy brandoffers, bloedoffers, rituele en priesterlike wette) in vervulling gegaan, beslis nie God se hele Wet-en Profetiese Woord nie! God se 10-Gebooie (d.w.s. 10-Huwelikswette tussen God en Sy volk), Sy Morele Wette, Regsplegende wette of burgerlike Wette (Orde van Melgisedek) het nie in vervulling gegaan nie en is steeds van toepassing. Hoe kan jy enige Orde he sonder reels, d.w.s. sonder enige Wette? Dit is nie moontlik nie. Wanneer Paulus dus se: vervloek is hulle wat hulle weer vleeslik laat besny en die verwante wette weer wil onderhou, dan praat hy van die Seremoniele wette – en wanneer hy dan weer se: Ons is nie meer onder die wet nie, dan se hy dat as jy nie God se wet oortree nie dan kan die Wet jou nie slaan nie, maar oortree God se wet en gebooie en jy is onder die Wet, dan slaan God se Wet jou!

Paulus se tog immer die volgende: Sonde is die oortreding van God se Wet! en dan staan daar ook geskrywe: As iemand beweer dat hy geen sonde het nie d.w.s. dat hy/sy nie God se steeds bestaande Wet-en Gebooie oortree nie, is hulle leuenaars en alle leuenaars se deel is in die poel van vuur!

Jy lees die Bybel nie selektief nie, jy lees die Bybel in sy totaliteit in ‘n reguit lyn want dit is onmoontlik dat die Almagtige God kan lieg d.w.s. dat Hy uit twee monde kan spreek, jy lees dit in sy historisiteit, in sy korrekte verband – vers met vers, hoofstuk met hoofstuk – regdeur van Gen tot by die laaste Openbaring Boek – dit is een Boek – dan kan jy uithaal wat inpas by die res van die bybel en dan is dit nie selektief gedoen nie.

Maak God onderskeid tussen Sy volk en die ander nasies onder die ganse hemel?

Gaan lees maar gerus Eksodus 20:1-3 tesame met Deut 4:19 en ook Matt 15:24 tesame met Joh 17:18; Joh 10:11; Matt 10:5-8; Rom 11:25-26; Opn 21:9-11, 12-14.

Nerens het god enige opdrag gegee dat enige ander nasie behalwe Sy volk Israel wat Hom moet loof en prys en dien nie – vir die ganse nasies onder die hemel (so se die Skrif) het God die Son. Maan en Sterre gegee om te aanbid – maar vir Sy volk Israel se Hy: My moet jy aanbid, jy mag geen ander gode voor My aangesig he nie. In die Nuwe Testament Boek (Briewe v.d. Apostels) se God: Net soos die Vader My gestuur het NET na Sy skape toe, net so stuur Ek julle apostels ook na My skape toe. Vir Petrus se Hy: as jy my waarlik liefhet, pas My skape op, laat My lammers wei, laat my skape wei. Nerens stuur God Sy apostels na sogenaamde heidene na die letter toe nie, dit is strooi, mense wat nie hierdie Bybelboek verstaan nie. en die NG kerk en haar suster kerke verstaan nie hierdie dinge i.d. Bybel nie, hulle verstaan nog minder die apostel Paulus en daarom dwaal hulle en hulle weier om die dwaalleer te laat vaar en dit is die rede vir hulle wegval van God af – nl die groot afval van die laaste dae, die groot wegval in die laaste dae, en dit is net die Godsvolk wat uit die lyn van God kan uitval op ‘n dwaalweg want die wet-en Gebooie is net aan hulle oorgelewer.

frikkie botes ·

Die moslems maak ook nuwe geloofs wette soos die tyd aangaan, soos wettiging van kat en hond en donkie vleis eet wat deur bomme doodgemaak is, doodmaak van alle mense wat teen islam is. Alle NG baalwette is mensgemaakte wette. Nie een is n riglyn van die bybel nie. Die NG is n breinspoel sekte om mense in slawe te verander want hulle is die dogter van die katolieke hoer van babylon

Esti ·

Die kerk het glad nie na God se stem gaan luister of Sy wil gaan vra nie. Sy wil is duidelik in die Bybel – die Woord van God wat vandag nog so lewend en kragtig is as destyds, dalk nou meer as ooit.
Josua9: 14Toe neem die manne van hulle padkos; maar die mond van die Here het hulle nie geraadpleeg nie.
Rom 12:1 EK vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ’n lewende, heilige en aan God welgevallige offer — dit is julle redelike godsdiens.
2En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.

AE DE WAAL ·

DIE NG KERK HET REEDS DIE OU VERTALING VERDRAAI SOOS DIE VOORWOORD SE DAT DIT OP NUUTSTE WETENSKAPLIKE BEVINDINGE GE HERSKRYF IS.DIE WOORD SE OOK DAT DAAR IN DIE EINDTYE BAIE VALSE LERAARS SAL OPSTAAN OM MENSE TE MISLEI.OOK SE DIE WOORD DAT HUL OORDEEL FELLER SAL WEES.MENSE SOEK PREDIKANTE WAT HUL SONDES GOED PRAAT.ROMEINE IS DUIDELIK OOR GAYS EN DAT DIT VIR GOD N GRUWEL IS.ROMEINE SE OOK DAT GOD HUL OORGELAAT HET IN HUL EIE WEE OMDAT HULLE NIE HUL STEUR AAN DIE WOORD NIE.DIT SE OOK DAT SULKES EN ANDER SONDES WAT BEDRYF WORD JOU IN DIE HEL SAL LAAT BELAND.DIE LEIERS IN DIE SINODE WAT DIE GOED PROBEER GOED PRAAT SAL SOOS DIE BYBEL SE-DIS BETER AS HUL N MEULSTEEN OM HUL NEK DRA EN AFSAK IN DIE OSEAAN-WEE HOM WAT N ANDER TOT N VAL BRING.AS JY JOU KIND DOOP DAN MOET JY N EED AFLE DAT JY JOU KIND IN DIE KERK SE LEERSTELLINGE SAL LAAT ONDERRIG.DUS MAAK JY JOU AS OUER SKULDIG DAT JY JOU EIE KIND TOT N VAL BRING.DIE BYBEL IS DIE ENIGSTE WOORD VAN GOD DIREK AAN ONS.NIEMAND HET DIE REG OM DIT TE VERDRAAI OF MET POLITIEK OF ENIGE ANDER GEMORS TE VERMENG NIE.NATUURLIK IS DAAR GELD IN VIR LEIERS AS HULLE KOMPROMIEE MET SONDE KAN AANGAAN OM SODOENDE HUL SAKKE VOL GELD TE HOU.
GOD EN SY WOORD EN WONDERWERKE IS NIE WETENSKAPLIK VERKLAARBAAR NIE,HY IS BO ALLES EN ONS MOET ONVOORWAARDELIK GLO.
BAIE WONDERWERKE IS VERVAAG OF UIOTGELAAT IN DIE NUWE VERTALING.OPENBARING SE DUIDELIK IN DIE LAASTE VERS DAT DIE WAT HIERDIE WOORD VERANDER SY OORDEEL SAL ONTVANG.
GOD IS NIE NET N GOD VAN LIEFDE NIE,MAAR OOK VAN OORDEEL.AS ONS NIE SY REELS NAVOLG NIE,DAN GAAN ONS BESLIS IN DIE HEL VERBRAND WORD.EK GLO WEL DAT DIE NG KERK NOU VOLLER SAL RAAK OMDAT NOG N SONDE GEAKKOMMODEER WORD.

Charl Coetzee ·

Die woord Gereformeerd verwys na om deurentyd terug te reformeer na die bybel toe. In elke debat moet gevra word wat is God se wil. Wat sou Jesus doen? Wat vir my interesant is, is dat homoseksialiteit selwers die daad van die dag was in die Romeinse ryk in die tyd van Jesus en selfs in daardie tyd hoogs onaanvaarbaar deur die Jode en Christene.

God skep man en vrou as eenheid en Jesus vergelyk die verhouding tussen man en vrou met die verhouding tussen die kerk en Christus. Met die NG kerk se uitspraak sal dit dan nou man en man wees, of vrou en vrou, of as te ware verhouding tussen God en God of Mens en Mens. En daarin lê die antwoord.

Ek verkies my verhouding eerder met God as met mens, maak nie saak hoe onpopulêr.
Ek en my gesin, ons sal die Here dien. Dien julle maar wie julle wil ..

Francois ·

Eks uit die NG Kerk! Eks nie kwaad v gays nie, dis eintlik n klein deel vd krisis. Gaan lees bietjie op die internet waarmee hou die sogenaamde leiers hulle mee besig! Daars nie boosheid (duiwel) nie, daars nie n maagdelike geboort, politieke sirkus v Belhar ens? Hierdie sogenaamde leiers moet hulle goed vat en boggerof, want watookal hulle bedryf, dis nie n christelike geloof/kerk nie. Die Woord is nie meer die grondslag v geloof vd NG Kerk nie. Ek is kwaad vir die leiers want hulle bedryf goddeloosheid…

Teresa Griesel ·

Die dag toe dit aangekondig word dat daar nie meer godsdiens in die skole gaan wees nie was ek baie opgewonde. Ek is een van die die wat deurgeloop het onder die bewind van die NG kerk. Hul beleid en geloof was op ons afgedwing — siek man. Wie is die NG kerk dat hulle na hulsef kan verwys as “DIE KERK” . Dis uiters verwaand. Christelike beginsels begin by die huis.

FJ ·

My voorstel is om die NG kerk en haar suster kerke beslis te verlaat aan die hand van die waarskuwing i.d. Skrif Woord van God want daar is geen waarheid meer oor in daardie kerke nie, hulle het die waarheidswoord van God lankal verloor. God se: Hy sal dwaal-geeste stuur onder die vals profete van die Godsvolk sodat hulle sal ‘glo’ maar hulle sal die leuen glo wat op de aarde verkondig word deur die groot hoer en haar dogters – hierdie groot kerkstrukture op die aarde wat hulle voordoen as die ‘vrou’ van God en hoer met sy Woord onder die nasies van wie Hy geen opdrag gegee het om Hom te aanbid nie. Die groot hoer v.d. aarde word juis so genoem juis omdat sy hierdie heilige Skrif Woord van God oopgooi vir die hond en die vark. Waarom leuen-geeste? Omdat die herders van die volk (leeraars o.a. met doktorsgrade en professors) voor loop met die leuens. Indien iemand genoodsaak voel om te se dat die kerke is nie besig om die Woord van God te versnipper en te vernietig nie, gaan vergelyk dan maar net die 1933 A.O.V. met die 1983 vertaling en die nuwer Bybel vertalings om te sien wat aan die gang is. Dat ‘n sekere professor, ‘n teoloog, kan se dat die Almagtige Allerhoogste God, toe hy die aarde in die vlees bewandel het, toe het God glo ‘n foutjie gemaak met die inhoud van Joh 8:44 aldus daardie professor, en hy se dat hulle Hom maar daarvoor sal vergewe want Hy het darem nou nie die hedendaagse kennis en ondervinding van die spesifieke professor nie. Die professor wil Joh 8:44 uit ons Bybels laat verwyder, want hy hou nie daarvan nie, en daarom al sy leuens. Dit is die een leuen op die ander om die mens te verhewe, om die mens te kan behaag. Die Skrif se dat die herders v.d. Godsvolk is selfsugtig, hulle gee net eenvoudig nie om vir God se volk nie. Maar hy se dat hy gee om en hy sal Sy skape oppas en hulle wegruk sodat hulle geen voedsel meer sal wees vir die span vals herders nie. Die kerke loop leeg oor al die leuens wat vir God se volk gepreek word sondag na sondag, maar dan wil die kerk mense teruglok met kitare en leraars wat soos narre aangaan op ‘n verhoog want selfs die preekstoele word verwyder. i.p.v. dat hulle terugkeer in die volle waarheid van god se Woord, wil hulle die mens eerder behaag met lokmiddels. Dink enigeen van hulle dat God miskien slaap, gaan God nie op die end van hulle pad met hierdie vals herders handel nie? Ek lees in die Skrif: Wee hierdie herders van die Godsvolk wat nie God se ‘skape’ oppas nie, wee hulle – hoor die Woord van God julle stom honde wat nie kan blaf nie! En die woordjie “wee” is verskriklike oordeel wat kom oor hierdie herders omdat hulle selfsugtig is, omdat hulle nie omgee vir God se volk nie, omdat dit vir hulle slegs gaan om hulle eie brood en botter.

FJ ·

Ek antwoord op die volgende bewering:

” Die homosexuals wat die Bybel na verwys was in elke geval (en ek bedoel elkeen van die tekste) of verkragting van volwasse mans, of verkragting van jong seuns, of afgods rituele. Naaste liefde was nie in een van die gevalle teenwoordig nie.”

Bogemelde is woorde van ‘n mens, uit ‘n mens, ter ere van ‘n mens om die mens te kan verhef en te behaag.

Maar wat sê God se WET in Sy Skrif Woord i.v.m. die Homosexuals?

Lev 20:13 EN AS ‘N MAN MET ‘N MANSPERSOON GEMEENSKAP HET SOOS ‘N MENS MET ‘N VROU HET, HET HULLE ALTWEE IETS GRUWELIKS GEDOEN. HULLE MOET SEKERLIK GEDOOD WORD. HULLE BLOEDSKULD IS OP HULLE.

Hierbo in God se WETBOEK staan nie geskrywe dat jy ‘n homosexual moet ontferm met naasteliefde nie (gaan naasteliefde nou die gruwel bedek?). God se WETBOEK maak geen melding van sogenaamde verkragting of afgodsrituele m.b.t. homoseksualiteit nie, dit is strooi ter versagting van ‘n gruwel daad.

Dr Dawie Botes sê ‘n baie waar en interessante ding en ek kwoteer hom: “Ons moet die moed hê om te sê: So sê die Here in Sy woord – punt en klaar.”

Maar net daarna is hierdie pragtige woorde egter vergete deur baie kerklidmate, dan word daar maar net weer toegewings gemaak ten gunste v.d. gruwels om die gruwels te kan akkomodeer. Word die mens verhef i.p.v. God wat vereer moet word deur gehoorsaamheid aan Sy Skrif Woord.

Verder lees ek in die Skrif Woord van God i.v.m. hierdie saak, wáárom dié soort van dinge gebeur dat ‘n persoon verval in byvoorbeeld homoseksuele dade:

Rom 1:24 Dáárom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer … (want hulle begeer dit in hulle harte, en God het nog altyd vir Sy volk gegee dit wat hulle begeer – begeer hulle die slegte, dan gee Hy dit vir hulle, en begeer hulle die goeie dan gee Hy dit vir hulle).

Oor die Lesbene en die Homoseksuale:

Rom 1:26-27 Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is (Lesbene); en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand (Homoseksuele): manne het met manne skandelikheid bedrywe en IN HULLESELF DIE NOODWENDIGE VERGELDING VAN HULLE DWALING ONTVANG.

Waarom het God hulle oorgegee aan hierdie slegte gesindhede?

Rom 1:28-32 EN OMDAT HULLE DIT NIE DIE MOEITE WERD GEAG HET OM GOD IN ERKENTENIS TE HOU NIE, het God hulle oorgegee aan ‘n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie: hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid; nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers; onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig, mense wat al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.

Skenk jy nog jou goedkeuring aan hierdie gruwels wat die dood verdien, of gaan jy opstaan en sê: So sê die Skrif Woord van God – punt en klaar?

Baie helder en duidelik is God se Skrif Woord i.v.m. homoseksualiteit of hulle nou daarvan hou aldan nie, ek wil nie mense behaag nie want dan staan jy nie in diens van God nie:

Lev 18:22 MET ‘N MANSPERSOON MAG JY OOK GEEN GEMEENSKAP HÊ SOOS ‘N MENS MET ‘N VROU HET NIE. DIT IS ‘N GRUWEL.

HOMOSEKSUALITEIT IS DUS ‘N GRUWEL IN GOD SE OË – PUNT EN KLAAR.

Indien jy jou naaste liefhet, dan sal en moet jy hom/haar vermaan (d.w.s. ernstig waarsku) as jy die gruwel by hom/haar waarneem, nie andersom nie! Mense verwar vermaning met oordeel.

En dan sê my Verlosser Messiah immers die volgende:

Opn 2:2 Ek (Messiah) ken jou werke en jou arbeid en jou lydsaamheid, en dat jy slegte mense nie kan verdra nie; en dat jy dié op die proef gestel het wat sê dat hulle apostels is en dit nie is nie, en hulle leuenaars bevind het;

Dus, God prys hierdie gemeente in Éfese omdat hulle slegte mense nie kan verdra nie.

Amen.

susan ·

Fj, nou maar daar is dit. Jy het al die antwoorde. Jy is beter as die ander mense daar buite. Jy ken die bybel beter as enige van die teoloë. Jy voel dis jou besluit wie om in God se kerk toe te laat. Sterkte met jou taak. Dit is n groot verantwoordelikheid.

FJ ·

Nee, nie ek nie… God se Skrif Woord het al die antwoorde. As die mens die lyne wil begin trek, dit is net daar waar al die probleme mee begin. Dan is dit humanisme, en dit is rassisme (‘n woord wat in elk geval nerens in my Bybel voorkom nie), dit is mense regte (human rights), en nog ‘n spul ander goeters wat in die godsdienste van ons dag voorgehou, verskonings om die mens mee te kan behaag.

Maar, wanneer God die lyn trek is dit vir die mens nie aanvaarbaar nie want nog nooit het die mens die waarheid verdra nie en daarom het hulle ook al God se profete en Sy apostels deur die eeue vermoor en op die end het hulle Hom vermoor.

Die mens het egter leuens lief al daar van die Begin af en God se Woord se dat al die leuenaars se deel is in die poel van vuur.

Wat die teoloe aanbetref wat jy daar na verwys, dan vra ek jou egter waarom dan is die NG kerk en haar suster kerke in so ‘n gemors as hulle dan besig is met enige waarheid?

Dink jy ek het nie kontk met sekere teoloe en predikante nie, dink jy ek lees nie wat hulle skrywe en se i.v.m. die Skrif Woord van God nie?

Wat se jy van die teoloog Dr Ben du Toit en die Algemene Sinode van 2013 se besluit “dat Jesus ‘n foutjie gemaak het”?

Weet hy van en met Wie hy daar praat?

Ek glo nie, hy dink hy praat maar van ‘n mens en ek kwoteer sy uitlating:

“In ‘n landmerk besluit het die Algemene Sinode vandag besluit dat Jesus verkeerd
was toe Hy die volgende gesê het:

Joh 8:44 Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil
julle doen. Hy was ’n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die
waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal
praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ’n leuenaar is en die vader daarvan.
Dit is duidelik dat ‘n onpersoonlike mag nie kan lieg of moord pleeg nie. ‘n
Mensvreter leeu is tog nie ‘n moordenaar nie omdat dit nie ‘n morele persoon is
nie!

Maar volgens Dr Ben du Toit mag ons Jesus se foutjie hier oorsien, want Hy het nie
die wetenskaplike kennis, agtergrond of insig gehad wat ons het nie. Jesus was, na
alles, maar net ‘n produk van Sy voor-wetenskaplike kultuur. (1)

Dit is onseker of ‘n toekomstige Algemene Sinode gaan besluit om Johannes 8:44
uit die Bybel te verwyder. Dit is duidelik dat hulle oor die mag beskik om dit wel te
doen.”

Ek dink darem ek weet beter as die teoloog Dr Ben du Toit en die Algemene Sinode om nie my mond teen God en Sy Woord oop te maak nie.

SkaamJulle! ·

Ek self is al seker 30 jaar terug uit die NGK uit oor verskeie redes. Dit is seker die enigste samekoms van gelowiges waar die sing van lofliedere meer na ‘n begrafnisrede klink as na liedere wat jubelend en met gevoel gesing word to eer van die Here! Ek kan boekdele hierso skryf na ek deur al die kommentaar van die “gelowiges” gelees het, want daar is so baie om te sê, maar dit gaan net op trone trap wat reeds deur die NGK versteen is.
Wat my die meeste tref, is dat deur so baie van julle uitlarings hierso, julle PRESIES doen waarteen julle julself uitspreek! WIE, vra ek, WIE het julle die oordeelsreg van enige persoon ongeag van wat sy omstandighede of oortuigins is, gegee? Glo julle met absolute ooruiting dat die poorte van die Hemel vir julle sal oopgaan omdat in die “toepassing van julle geloof, sekere mense nie welkom in julle kerk nie”? Maar ja, trek daardie mooi skoentjies en wit dasse op ‘n Sondag aan, en julle is dan van als kwytgeskeld en vergewe…. net om deur die week julle ledemate se karre, met die babastoeltjies en Christen “Bumper stickers” in dieselfde plekke te gaan uithang en julself te verlustig aan die dinge wat tog so nie deur Christene gedoen word nie.
Ek skaam my namens julle wat so geredelik oordeel en kritiseer, want dit is duidelik julle het geen begrip vir die volle waarde en mag van die Bybel nie. Die Woord van God spreek net deur julle soos dit julself pas, en ja, dit is nou al male sonder tal bewys, in navorsingstukke, is wyd gepubliseer in akademiese verslae en joernale, dit is duidelik julle vrees in julself presies dit wat julle in ander so geredelik haat, en geen dieper kennis oor het nie.
Dit is ‘n feit dat die NGK leegloop, en hoe ek dit sien, is daar geen wonder oor hoekom nie! Al wat julle goed kan doen is om ander te oordeel en veroordeel, met die Bybel onder die arm, en soos een persoon kommentaar oor gelewer het, net toepas wat vir julle pas. Gaan pas ELKE straf of oordeel in die Bybel toe, en ons praat weer! Interpretasie van die Bybel in die huidige tye is ook net gerieflik soos dit elke van julle pas.
Dan oor die Broederbond/ skole en kerk – ek vermoed sterk ek was in dieselfde skool as wat die persoon hierso van praat!! Dit is juis oor hierdie tyd, en die jare kort na skool, waar ek tot die besef gekom het dat die NGK niks anders was as ‘n “Christelike spreekbuis” om die doktrines van die regering en die “Volksvaders” was om jong mense uit ‘n kerkverband daarvan te oortuig dat dit reg is om die land aan die gang te hou soos wat dit was nie. Oorloë was gevoer, mense vermoor, erge dine het plaasgevind in die naam van ‘n eensydige veroordelende geloof soos afgedwing deur veral die NGK.
Die grootste grap is daarin dat daar dan ‘n sinode gehou moet word om dit, daai of die ander dan in die Kerk toe te laat! Absolute BOG!! Soos ek die Bybel ken, is ALMAL welkom in die Huis van die Here, nie net die wat vir julle pas nie! ALMAL! En nou weer die nuutste – het die NGK regtig geding deur ‘n sinodale besluit te maak, almal wat uitgesluit was, nou gaan terugstroom en hul hardverdiende geld in die kollektebordjies gaan stort?! Vergeet dit!
Oor so baie jare het die NGK hulself eksklusief gehou, en is niks anders as ‘n oorblyfsel van die ou apartheidsjare en al die euwels wat daarmee verband hou nie. Julle het die bus verpas, en nou, nou dat die koffers leegloop, nou gaan die ogies oop en sien wie die mense is wat kon bygedra het tot die dominee se nuwe Luukse Motor en deftige vakansies, dalk daardie nuwe Tegnologiese Speelding vir dominee se seun en sy beste “vriend”… So, ‘n sinode besluit dan wat is reg en verkeerd – nie die Bybel wat dit duidelik stel dat almal welkom is nie? Elke afsondelike Kerk sal veel beter vaar om dit te doen, inaggenome hul eie omstandigehede, en seker hoe dringend daardie “Nuwe Kar vir Dominee” is. Aan die einde van die dag, gaan GEEN sinode vir my besluit waar ek die Here se Naam mag loof en Hom aanbid nie! Nie ‘n sinode nie, en ook nie jy, meneer en mevrou Vroom-en-Oordeel, nie, want as jy die deursnee gemeentelid van jou kerk is, het ek maar selg moed vir julle saligheid, en verseker my eie ook as ek deel van so iets is!
Ek kan nog bitterlank hierso aangaan… maar ek dink ek het genoeg kwytgeraak om daardie reedsversteende voete en oë met bypassende oogklappe en als, goed te ruk. Ek vereenselwig my eerder met ‘n Samekoms van Gelowiges waar almal welkom is, waar die gemeenskaplike doel is om die Naam van die Here te eer en te loof, waar begrafnisdiense gaan om die oorledene se lewe te eer, en nie as werwingsdiens vir ‘n leeglopende Kerk is nie, en waar die prediker vir my hoop en geloof gee dat die dag van more goed sal wees, en ek sonder vrees en bloukolle van al die klippe wat van die preekstoel gegooi word oor verdoemenis, die Naam van die Here kan loof en prys uit elke gryn van my liggaan en siel!! Ek en my Familie is ryklik geseënd deur die Here se alomvattende genade, ek leef in ‘n gesonde hoop op ‘n blinke toekoms, want Sy Hand van Beskerming, Sy vergifnis en Sy onvoorwaardelike LIEFDE gee my als wat ek nodig het, en ek is vry om my hande na die Hemel op te hef, want ek WEET waar my hulp, vertroosting en als vandaag kom!! (En dit is nie van die NGK nie). Ek oordeel niemand nie, ek verstoot niemand nie, en die liefde waarin en waarmee ek leef, is vir ALMAL!
Prys die Heer met BLYE galme, want inderdaar, ower al is GOD!

Ds Pieter André le Roux ·

Ek is baie gelukkig met die liefdevolle besluit van die NG Kerk. Ek wens alle lesbiërs, gays, biseksuele en transvestiete persone is ingesluit in die betekenis daarvan. Ek wens hierdie ‘kerk’ wil verder gaan en ń openlike herdefiniëring van die verstaan van die bybelse teks verklaar. Dit is ń spesiale boek, wat verhale van die geestelike en godsdienstige ervarings van mense in hul spesifieke dag en tyd bevat. Daar is egter geen dwang in ware geestelikheid nie en niemand moet gedwing word om enige geïnterpreteerde begrip van die teks te aanvaar nie. Ek wens vir ñ NG Kerk wat alle geestelike en godsdienstige paaie as die waarheid aanvaar. Ek bid in my hart dat hierdie ‘kerk’ nader bly groei aan ñ spiritualiteit wat werklik en prakties is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.