Verwikkelinge in hoër onderwys

student-biblioteek-studeer-unsplash-pixabay

Foto: Unsplash/Pixabay.com

Deur dr. Morné Diedericks, die akademiese hoof van Aros 

Die stand van hoër onderwys het die afgelope paar jaar dramaties verander. Die effek van die veranderinge, het reeds al hierdie jaar sigbaar geword.

Die verandering in die wêreld van hoër onderwys sluit, onder meer, ’n toename in van studente wat inskryf vir hoër onderwys. In 2018 is die miljoenmerk vir inskrywings bereik en 80% daarvan is binne die openbare hoëronderwysinstellings. Die Fees Must Fall-optogte het die agendas van die regering en universiteite bereik, met die gevolg dat die hele hoëronderwysstelsel onder groot administratiewe druk verkeer. Die kommunisties gesindes se oë is gerig op die groot trustfondse van sommige groot openbare universiteite en die transformasie en dekolonialisasie-agenda is by die openbare hoëronderwysinstellings gedryf. Hierdie veranderinge het groot onsekerheid onder sogenaamde Westerse dosente en professors veroorsaak.

Druk op een front veroorsaak egter geleenthede by ’n ander. Privaat hoër onderwys het die vrugte gepluk en talle van die sogenaamde Westerse dosente en professors het hul kennis in privaat hoër onderwys begin ingegooi. Die privaat hoëronderwysmark is egter een van die moeilikste plekke om in te kom, omdat die vereiste vir akkreditasie en registrasie ter wille van kwaliteit baie goed gereguleer word. Groot beleggingsmaatskappye het hul fokus geskuif na die oprigting van privaat hoëronderwysinstellings wat die waarde van die reeds geakkrediteerde privaat hoëronderwysinstellings die hoogte laat inskiet het. Talle klein privaat hoëronderwysinstellings is oorgekoop en onder die sambreel van ’n paar groot privaat universiteite geplaas. Daar is tans 100 volledig geregistreerde en 27 voorlopig geregistreerde privaat hoëronderwysinstellings. Die lys van instellings wat hul akkreditasie verloor het as gevolg van ’n gebrek aan kwaliteit of wanbestuur, is egter langer as die lys van geregistreerde instellings.

Hiervolgens blyk dit dat daar ’n baie groot mark vir hoër onderwys in Suid-Afrika is. Die tegnologie het ook talle nuwe moontlikhede oopgemaak, hoewel die gebruik van tegnologie en afstandonderrig ook tot ’n groot mate oorskat word. Waar kontakonderrig met 80 000 studente vermeerder het tussen 2011 en 2016, het afstandonderrig met 50 000 studente verminder.

Daar is ongelukkig nog ’n groot gaping in die mark van hoër onderwys wat nie in hierdie stadium deur openbare- of privaat hoëronderwysinstellings ten volle gevul is nie. Aandag aan die wese en doel van hoër onderwys (om duisende studente die kans op ʼn beter toekoms te gee) verg baie fondse – ’n klompie sakemanne en -vroue het egter die leemte in hierdie “mark” begin raaksien en ook begin bydra en belê in die werklike wese en doel van hoër onderwys.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

2 Kommentare

Eish ·

Sjoe!
Ek sou graag n bietjie meer vleis in die artikel wou sien…
Klomp stellings word gemaak maar verdere omskrywing en feite sou die leser met n meer ingeligte mening kon laat.
Byvoorbeeld, ” .. hoewel die gebruik van tegnologie en afstandonderrig tot n groot mate oorskat word…”
Wie oorskat dit?
Akademia gebruik dit met vrug, het ander instansies nie dieselfde resultate nie? Verskil die tegnologie tussen instellings? Wat is die bewysde beste praktyk?
Presies waar lê die leemtes met privaat hoër onderrig?
Ensovoorts…

Cathrien van Staden ·

As ek al die kommentaar lees, het hierdie berig defnitief iewers ‘n senuwee geprikkel by ander instansies… Die vraag is, Hoekom? Daar word niks van Aros genoem nie, net ‘n paar feite en statistiek word deurgegee, maar tog word hulle direk aangeval omdat hulle akademiese hoof die berig geskryf het. Ek gaan beslis nou meer uitvind oor waar en wie Aros is. Hulle moet iets regdoen as daar kommentaar gelewer word uit jaloesie uit.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.