Vryheid is nodig vir veiligheid en voorspoed

Afrikaner

Argieffoto: Adéle Changuion.

Die Oostenrykse denker, Karl Popper, het gesê dat vryheid noodsaaklik is om veiligheid en voorspoed te verseker. Popper het die belangrikheid van vryheid benadruk in ʼn tyd wat totalitêre ideologieë soos kommunisme en Nazisme die vryheid van lande, volke en persone bedreig het.

Die geskiedenis van die twintigste eeu is deels die verhaal van die oorwinning van vryheid oor die oorheersing van kommunisme, Nazisme en kolonialisme. Die groot teleurstelling was dat demokrasie as stelsel wat vryheid vir almal moes bring, in baie lande eerder tot die voortsetting van oorheersing gelei het. Hoewel vryheid die doel en wese van demokrasie behoort te wees, het verkiesings in veelvolkige lande gereeld tot permanente meerderhede en minderhede gelei. Demokrasie het verseker dat die meerderheidsgroep die mag by die stembus verkry en behou, ongeag hoe goed hulle regeer of hoe hulle hul mag oor minderhede gebruik het. Demokrasie het minderhede wel stemreg gegee, maar nie stemkrag nie.

Federale vryheid

In hierdie “demografiese demokrasieë” stem kiesers eerder vir identiteit as beleid. Al is verkiesings prosedureel vry en regverdig, is die uitkoms bykans noodwendig die einde van die vryheid van kleiner bevolkingsgroepe. Dit lei gereeld tot groepsgeweld in sulke lande. Daarom het demokratiese wenlande soos Switserland federale bedelings wat minderhede se vryhede waarborg deur vir hul magte oor hul grondliggende sake te gee. Dit verseker dat daar nie ʼn onverkwiklike stryd om mag tussen verskillende groepe is nie omdat almal se vryheid beveilig is.

Die kern van die saak is dat almal geregtig is op vryheid, en nie net demografiese meerderhede nie. Demokrasie sonder kulturele vryheid is net vryheid vir die demografiese meerderheid, en is dus ondemokraties. Daarom kan minderhede soos Afrikaners die begrip vryheid met groot selfvertroue gebruik en bevorder omdat dit die wese van demokrasie is.

Afrikanervryheid

Dit lyk soms of Afrikaners voel dat hulle nie ook op vryheid geregtig is nie, al is vryheid een van die drie pilare van die Handves van Menseregte, saam met gelykheid en menswaardigheid. In werklikheid is vryheid ʼn vereiste vir gelykheid en menswaardigheid omdat vryheid selfs vir die gelyke genieting van individuele regte nodig is. Sonder vryheid vir kultuurgemeenskappe, weeg die individuele regte van meerderhede onvermydelik swaarder as die individuele regte van minderhede. Dit is die rede hoekom die reg op toegang tot skole voorkeur kry bo die reg van beheerliggame om die skole se taal en toelatingsbeleid te bepaal.

Vryheid is ʼn voorwaarde vir ʼn vrye samelewing. Dit geld vir persoonlike vryheid, mediavryheid, ekonomiese vryheid, kulturele vryheid én die vryheid van die howe. Vryheid kan nie in die lug uitgeoefen word nie, maar word deur instellings verwesenlik soos koerante, besighede en gemeenskapsorganisasies. Die alternatief vir vryheid is die stelselmatige verstaatliking van die samelewing wat in baie lande al in onderdrukking geëindig het. Die spreekwoord lui immers dat die prys van vryheid voortdurende waaksaamheid is!

Die Grondwet maak voorsiening vir die verskillende soorte vryheid, en bied selfs ruimte vir selfbeskikking. Al hierdie soorte vryheid moet egter opgeneem word voordat dit ʼn werklikheid word; dit gebeur nie vanself nie. Dit gebeur ook dat vryheid eerder ʼn groeiende proses as ʼn enkel gebeurtenis is. Vryheid wat nie eensklaps van “bo” af gegee word nie, kan stelselmatig van “onder” af gebou word. ʼn Private Afrikaanse skool is onderwysvryheid op ʼn klein skaal, maar as dit uitgebrei word tot ʼn landwye netwerk van privaat skole, is dit ʼn baie groter skaal van vryheid.

Selfvertroue

Die regering probeer die grondwetlike ruimtes vir vryheid polities toestop om hul oorheersing van die samelewing te verstewig, soos verwoord in hulle Nasionale Demokratiese Rewolusie-beleid. Hoewel die regering dus nie vooraf “toestemming” vir vryheid wil gee nie, moet hulle dit ná die tyd erken. Dit sou, byvoorbeeld, nie gehelp het as Solidariteit vooraf goedkeuring vir die stigting van Sol-Tech moes gevra het nie. Die kollege moes eers prakties tot stand gekom het, waarna dit deur die owerhede erken is.

Dit geld vir elke ander gebied. Daarom kan en moet Afrikaners met selfvertroue vryheid nastreef, want so bevorder ons almal se vryheid. Afrikanervryheid is immers nie teen die Suid-Afrikaanse demokrasie nie, want vryheid is die wese van demokrasie. Niemand se toestemming is daarvoor nodig nie. Soos die Romeinse denker Sallustius gesê het, “Ons wil nie net regverdige heersers hê nie, ons wil vry wees”.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Flip Buys

Flip Buys is voorsitter van die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Jacques ·

Ja, ons wil vry wees. Ons wil so vry wees dat Suid-Afrika net ‘n vae herhinnering van die verlede is. Ons wil nie meer deel wees van die gemors nie.

ook Jacques ·

In daardie geval sal ons dan, volgens die skrywer, iets moet begin doen. En aangesien: Eendrag maak Mag, glo ek ons sal eerste almal moet saamstaan. Saam onder een kerk, een politieke party en een leier.
Probleem is ons het ons heeltemal laat verlei met die “devide and rule” taktiek.

Grys ·

Geen kerk en geen politieke party nie, net een staat buite suid afrika, verenig in klein nommers, laat die groot nommers uit sterf die dom afrikaner moet deur natural selection weg gemaak word. Net dan sal ons vryheid he, want dit word verloor met swakelinge. Tyd dat ons transform vir ons oorleweing.

B ·

Definitief, ek en my volk wil vry wees!

Tyd om skaamteloos op te staan en die (pogings tot) juk van skuldigmaking / ‘bevoorregting’ ens te weier.

Ons moet ons ruimtes inneem!

Gert ·

Een baie groot aanslag op vryheid is die aanslag op vryheid van spraak. Tans werk die regering hard om deur sg. haatspraakwetgewing mense se spraakvryheid in te perk. As jy nie meer die regering kan kritiseer nie, omdat dit haatspraak is, dan raak dit baie makliker om ‘n aanslag te loods op alle ander vryhede. Die siek benadering tans waar aanhitsing tot moord op wittes as spraakvryheid afgemaak word, terwyl enige kritiek op die meerderheidsgroep haatspraak is, gaan lei tot baie erge gevolge.

Rasper ·

Die vryheid waarvan hier gepraat word, is nie vryheid nie. En dit is hoekom, met baie groot respek vir die skrywer, die meeste nie daaraan byt nie. Vry privaat skole waarvoor ons ten duurste moet betaal, dit terwyl salarisse krimp. Vry woonbuurte en plase waar ons patrollie moet ry in die aande. Vir elke bevordering moet ‘n mens eers hof toe gaan. Dan moet ‘n mens nogsteeds belasting betaal aan die regering wat onderdruk. Dit is nie vryheid nie, maar iemand wat sy lewe in die tronk net draagliker maak. Die vryheid waarvan hier geskryf word sal werk in Switserland, maar sal dit in Suid-Afrika werk? Na alles wat ons gesien het, weet ons dit sal nie werk nie. Waarheen beweeg die Afrikaner? Waar is ons oor 20? jaar? Totale vryheid in Suid-Afrika is moontlik. Maar as ons hierdie tipe “vryheid” verkoop, sal ons regtig dink dit is al wat ons kan kry.

Jacques ·

100% korrek Rasper. Gaan ons ons ons nageslagte ons lewens spandeer om vure dood te slaan? Of gaan ons werklik vry word. En daar is net één Vryheid wat werklik vry is, en dit is daardie Vryheid waar ons hoegenaamd nié meer deel is van Suid-Afrika nie. As die Afrikaner nie sy eie tuisland het nie, sal hy nooit vry wees in hierdie land nie. Hy sal sy lewe om veg vir oorlewing en al sy tyd spandeer om brande dood te slaan. In plaas van om te léwe. Soos sedert 1994 toenemend gebeur.
Ek wil graag vir Afrikaner organisasies en politieke partye vra om nie ons tyd te mors met valse Vryheid nie. Ons soek ons eie grondgebied waar ons onsself regeer, met Christelike waardes.

RG ·

Jacques, vir wie stem mens in die komende verkiesing wat dit voorstaan? Cape Party lyk nie vir my of hulle die bul by die horings kan pak nie. Is daar ‘n ander party wat dit voorstaan?

Pietman ·

Jy slaan die spyker op sy kop, Rasper. Afrikaners kan slegs vry wees as ons nie meer belasting aan ‘n vyandige owerheid moet betaal nie.

marco polo ·

So, apartheid was toe nie so ‘n slegte idee nie, dit moes dalk net anders toegepas word?

B ·

Verder, in samehang (soortvan) hiermee kyk wat skryf Prof Hans du Plessis:

“Die NWU verstaan nie sy eie taalbeleid nie! Moedswillig? Of lieg die universiteit blatant oor funksionele meertaligheid? Die universiteit se ankertaal is toe al die tyd Engels, soos blyk uit ʼn mededeling aan my dat ek nie ʼn Afrikaanse brief aan die dekaan mag stuur nie, want dié verstaan glo nie Afrikaans nie! Amptelike korrespondensie word al meer uitsluitlik Engels, soos die NWU Password Reminder van 17 Februarie. Ek is dankbaar ek is nie ʼn Setswanasprekende student nie … Miskien moet die NWU sy Taaldirektoraat sluit, en die geld wat hy daarop mors, gebruik vir beurse aan behoeftige studente met Engels as moedertaal. Ek het nooit gedink dit sal oor my lippe kom nie, maar die toekoms van Afrikaans as tersiêre taal lê in virtuele instellings soos Solidariteit se Akademia. Die toekoms van Afrikaans is digitaal. Afrikaans.com, Viva en die WAT verstaan dit lankal!”

https://www.facebook.com/hans.duplessis.1/posts/958090561047391?__xts__%5B0%5D=68.ARBczqGfpDTCe0fak1iIccDewWuKCzU-_2szoey5GAqHxXriueWjzonSUDaxq3JZZ3aFIJuKJi2f-oRTQSdukT6I5V1oQXRc7-JNwTBRe4zoP7qPoDaruJXEu7B8tdemf1adZpUsKpSfxni6qth6KbDJsAuvIiWjjclDO8l9S-KCbBjfcdwUqBZjWzv19mcSiiSuos4VwZDbSe5sbKoO0ydRiez4iOAtPkuyjEkCq9RwNhZV3XVapocn7uXVc03qDxe_tR4WcqU6OYZbstvxu75qzcjUysjcaRgGUdnF00JWn51JGurXFabPfy4FHY5KjDT6_sR7O9O_tD-AAlo&__tn__=-R

Annie Webb ·

Puik artikel. Die Derde Wêreld met hulle enorme aanwas, tradisionele sosialisme en huidige oorspoel na ‘n magtelose Eerste Wêreld, maak dit ongelukkig baie duidelik hoe demokrasie tot meerderheidsoorheersing lei. En as dié meerderheid nog die minderheid sonder skroom as melkkoeie gebruik, raak dit ‘n yslike probleem. Ek is onbeskaamd aan die kant van “regses” in Europa en die VSA wat kliphard teen dié probleem baklei. Die hele wêreld kan nie ‘n sugput word wat op die heel onderste trap van Maslow se Behoefteleer vasgekeer word omdat dit is waar die massa vashaak nie.

John ·

Ons geagte skrywer weet hoe dit voel om eers vry te wees maar hy moes dit eers verloor om die waarde te besef. Afrikaner-maatskappye wil nou eie mense wat reeds op hul kniee is, tap, gebou op hul vrese en verliese nadat die hele land aan vreemdes pasella weggegee is… Leiers soos die Mulder-broers, was teenwoordig by die onderhandelinge… hulle moet nie nou kamma kom help en vryheid predik nie. Die nuwe generasie is platsak en die oues die fat cats… tree uit!

Filosoof ·

Nadat ons eeue aan hierdie land gebou het, glo ek nie aan ‘n stukkie grond êrens in ‘n hoekie waar ons tog maar weer later verjaag gaan word nie (Katalonië). Ons het net twee opsies oor: Ons vat die land terug (daar is ‘n paar moontlikhede) of ons vra ons tradisionele vaderlande van 1652 af om vir óns terug te vat (wat hul nie graag wil doen nie). Ek sien geen alternatief in die nabye toekoms nie. Tensy God ons op wonderbaarlike wyse help (dis ‘n groot moontlikheid, maar daar is voorwaardes), gaan ons hier geknyptang, vryheidloos drooggemelk word en vergaan.

Deon ·

Hier gaan ons alweer! Afrikaners sal nooit vry wees sonder selfbeskikking in ‘n eie grondgebied nie. Punt. Vergeet maar van taal en kultuur vryhede binne die huidige SA. Die land is ‘n sinkende skip. Die ANC, EFF en DA voel vere vir die Afrikaners. Flip baklei teen swaartekrag.

Fanie ·

Deon, nou wat keer jou om te begin bou aan daardie vryheid waarvan jy praat? Niks keer die Selfbeskikkers om dit prakties te bevorder en so te bewys dit kan werk nie. Dan sal almal jul ernstig begin opneem.

Gerrie ·

Vryheid begin by onsself. Dit is iets wat ons sal moet opeis en uitbou. Dit help nie om te te sit en kla oor iets wat verby is of om te verwag dat ‘iemand’ dit vir ons moet beding nie.

Farmer Brown ·

Ons sal ons Vryheid moet vat , al is dit teen die landswette.
Makliker om verskoning te vra as om permisie te vra.
Selfs Solidariteit kan ons nie help nie want hulle is nie bereid om reg in eie hande te neem nie.
Orania en Kleinfontein is sekerlik die naaste aan Selfbeskiking maar is ook net ten doel om die Afrikaner volk te stabiliseer.
Die Afrikaner is die model slawe van die wereld , intiligent , hardwerkend en so wets gehoorsaam.
Ons Godsdiens is wat in ons pad staan om ons Vryheid te kleim.

OÏKOFOOBsemaai ·

Ja vryheid is ononderhandelbaar, maar soos dit in die berig gestel word, die instansies moet eers ontstaan voor vryheid erken sal word. Ons moet wers ons area beset en domineer en soos ʼn volk begin optree voor vryheid erken sal word.

lewies ·

Kommentare is van hoogstaande gehalte en lekker om dit te lees. Dit is die gesprekke wat gaan bou en nie afbreek nie. Eerlike en oplossoekende gesprekke, Dit sal verhoudinge bou tussen eendersdenkendes en respek laat gedy vir andersdenkendes. ‘n Wenresep vir die negatiwiteit wat deel geword het van ons daaglikse lewe. ONS MOET BEGIN LEEF EN NIE NET BESTAAN NIE.

Jerry ·

Vryheid vir die Afrikaner gaan nie bewerkstellig word deur my plan, Flip se plan, jou plan, haar plan of die dominee se plan nie! Vryheid sal nie net kom deur Christenskap, die hoed in die hand, sweet of bloed nie! Vryheid kan slegs bewerkstellig word deur Afrikaner organisasies en leiers onder een sambreel saam te voeg met eenstemmigheid en eensgesindheid oor een visie, een missie, een doel voor oe en met een hoofleier! Soos wat die Afrikaner volgelinge en dienaars van een geloof en een God is, moet hulle volgelinge en dienaars van een saak wees, in die strewe na vryheid!

Deon ·

Jerry, van nature is die Afrikaners ‘n volkie wat baie stry en verskil en nie gemaklik is met een hoofleier nie. Indien die persoon ‘n fout maak, is almal gedoem.

Fanie ·

Hou op soek, want daar bestaan nie’n Afrikaner ‘Skotland’ tuisland nie. Begin een bou ipv vir ewig soek

Jerry ·

Jy is so reg Deon, dit is hoekom helfte Afrikaners reeds in die buiteland woon. Die ander helfte is gedoem. Vir die wat nie kan emigreer nie is my voorstel om te verenig dalk nou wensdenkery omdat dit nog te goed gaan met meeste Afrikaners. Soos wat die ANC egter onstuitbaar die tempo van selfverryking van die ANC elite en revolusionere strukture en verarming van die res versnel, so behoort my voorstelle oor n paar jaar van nou af te begin sin maak en die norm te raak van denke ter wille van oorlewing. Of die leier teen daardie tyd n fout maak of nie gaan nie regtig meer van belang wees nie, omrede die Afrikaner teen daardie tyd dan reeds soos jy se, gedoem behoort te wees! So ja, die tyd om saam te staan en op te staan om die ANC staat bv. te dwing om staatsentiteite soos Eskom te privatiseer en sodoende onsself te bevry van ANC selfverryking wat in elk geval net ten koste van onsself is, blyk dan nou eintlik n onbegonne taak vir die Afrikaner te wees wie elkeen maar eerder sy eie laer trek en wat heel tereg oor n paar jaar van nou af, dan nou maar in SA, gedoem blyk te wees! Die ander helfte in die buiteland behoort darem te kan voortgaan om te leef, te laat leef en die Afrikaner te laat herleef!

Markus Senekal ·

Ons wil Wes-Kus toe. Orania is ongelukkig 500km te ver noord, in die middel van nèrens en halfpad weg van waarookal.

Andrea ·

Grys, ek wens ons kon êrens ontmoet en gesels. Ek stem ? % saam met jou. Waar begin mens?

Nouja ·

Google Pitcairn… Jy het net 50 eenders denkendes nodig om daar ‘n volkstaat te stig en die bestaande lot kriminele die trekpas te gee.

Jax ·

Daar sal nooit vrede in hierdie land of selfs wêreld wees nie. Elkeen se eie ek is altyd meer belangrik as enige iemand anders. Al hierdie woorde is net bla bla op papier maar sal nie n werklikheid kan word nie. Ongelukkig en jammerlik maar waar! Ons praat, beplan, “condemn” ens maar niks verder. Dis dwars oor die wêreld dieselfde storie. Mense in groot, luukse kantore, blink meubels en karre – dan kry jy daar teenoor mense wat sterf van eensaamheid en honger. Maar wie sien dit raak, doen iets blywends en maak werklik n verskil? Hier en daar iets doen tel nie as blywend.
Dis n siek wêreld Met baie siek mense daarin – almal sonder uitsondering. Sodra ons dit kan insien en daaraan werk, sal die wêreld net sieker word – nie net een bevolking, een land, een nasie nie – almal!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.