NGV: Regering kan eers oor tien jaar hieraan dink

medies behandeling dokter

Argieffoto (Foto; DarkoStojanovic, Pixabay)

Die weg is gebaan vir ’n intense geveg tussen die regering en die privaat gesondheidsektor. Dit is die mening van die hoofekonoom by economists.co.za. Mike Schussler, nadat die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, gister voorgestelde wetgewing oor gesondheidsorg uitgereik het.

Schussler sê die regering is nou op ’n verwoestende pad wat nie net gesondheid kan ontwrig nie, maar ook die rand en die land se graderings in gevaar plaas.

Hy wys daarop dat die regering nie geld vir die gesondheidsversekering het nie.

“Dit sal die regering beter dien om sy huidige fasiliteite op te knap met die geld wat hy tans het. Daar is ook tekorte aan dokters en verpleegsters. Waarom ruk hy nie dit eers reg nie?” wou Schussler weet.

Hy wys daarop dat daar nie reële ekonomiese groei is om die stelsel te steun nie.

Schussler meen dat ekonomiese groei vir tien jaar bo 5% sal moet wees voordat die regering werklik in ’n posisie sal wees om die stelsel in werking te stel.

Sy mening is dat die regering eers oor tien jaar ernstig hieraan sal kan dink. Hy vra ook die vraag waarom mense wat belasting betaal, nou armes moet subsidieer.

“Die huidige voorstelle meen dat daar nog ’n projek, buiten sukkelende staatsbeheerde ondernemings, sal wees wat druk op die staatskas kan plaas. En dit sal nie goed afgaan met graderingsmaatskappye nie,” sê hy.

Die regering het R4,1 miljard rand in die mediumtermynbegroting opsy gesit vir die Nasionale gesondheidsversekering (NGV).

Schussler wys daarop dat dit die jongste geval is waar die regering homself in die voet skiet. Die ander twee kwessies wat ook beleggersentiment teenoor Suid-Afrika gaan strem, sluit in die grondkwessie en die Mynbouhandves.

“Die ANC-regering sal moet gaan leer. Sy uitsprake en beleidsopsies is soms nie goed vir die land nie.”

Schussler sê teen die huidige ekonomiese pas sal die land eers oor dertig jaar gereed wees om ’n  stelsel van universele gesondheid toe te pas. Boonop meen hy dat Motsoaledi die kwessie op ’n arrogante wyse aangepak het.

Ontleders sê dit is duidelik dat daar ’n intense geveg tussen die regering en private gesondheidsverskaffers sal wees. Hulle wys daarop dat beide voorgestelde wette wat gister vrygestel is, tot intense debat sal lei.

Schussler sê boonop die administrasie van openbare hospitale is verdag, terwyl daar gereeld klagtes van korrupsie is.

Die twee voorgestelde wette word nou uitgereik vir openbare kommentaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
Paul

Ek sien die minister sus ons en sê die NGV sal nie soos Eskom en die SAA wees nie. Wel ten minste erken hulle daardie twee instansies is ‘n gemors, maar hy mis toetentaal die punt, want dit is nie waaroor dit gaan nie.

Frans C

Die privaat gesondheidsorgstelsel het ontstaan omdat die staatsbeheerde gesondheidsdiens op baie plekke weens wanbestuur feitlik in duie gestort het. Dit is tog opmerklik dat die ANC-regering dadelik die fout op ander plekke soek as hul kader ontplooing tot mislukking lei.’n Treffende voorbeeld is die ou Kempton Park hospitaal,wat agtergelaat is met miljoene Rande se toerusting omdat dit kwansuis net ‘n sekere bevolkingsgroep bedien het. Die Boksburg-Benoni hospitaal het sedert dit hernoem is na die Oliver Tambo Memorial hospitaal volgens alle berigte in ‘n nagmerrie hospitaal verander. In Times live is berig dat:’In a scenario reminiscent of applying a plaster to… Lees meer »

honourable member

Kry maar eers hierdie vrot staatshospitale op standaard voor julle dink aan hierdie NVG.

Anna Van Straaten

Ek het n bare voor gevoel agv media berigte dat alles voor af be plan is deur kominisme wat al jare in werking is in die suide like delete van Afrika. China het ook al begin en ek vermoe al lankal voor “CR president geword het dat hy deel van die NWO is. Wie hom finansier .ook met die gee van myne en ander maatskappye. Hulle is ook die voorstanders om anargie aan te hits en die argitekte van die gronsd hervorming is. Daar is niks bedek wat nie openbaar sal word nie. Die Woord is wet en die HERE… Lees meer »

Ontoelaatbaar

Ons sal dit nie toelaat nie, ons gaan nie kommuniste toelaat om als van ons weg te vat nie. Nie ons eiendom of ons mediese sorg nie.