Dís hoekom jy ʼn geldige testament moet hê

Argieffoto (Foto: Gerd Altmann/Pixabay)

Het jy geweet dat meer as 80% van Suid-Afrikaners nie ‘n geldige testament in plek het nie? Die rede – ons as Suid-Afrikaners kom net nooit daarby uit nie. Ons staan welbekend as mense wat nie vooruit beplan nie en volgens die gesegde “‘n boer maak ‘n plan” lewe! Gewoonlik is ons net te besig om die opstelling van ons testamente ʼn prioriteit te maak.

As jy bewus was van die impak, sou jy geensins hierdie belangrike taak verder uitstel nie. Die gevolge kan traumaties wees vir jou geliefdes – nog meer as jy kinders onder die ouderdom van 18-jaar oud het.

Hier is van die gevolge as sou jy afsterf sonder ‘n geldige Testament:

  1. Jy verbeur die kans om te benoem wie wat sal erf en jou boedel word dan volgens Suid-Afrikaanse wet verdeel. Dit beteken dat jou boedel aan mense verdeel kan word wie jy nie sou wou hê moet erf nie.
  2. Jou lewensmaat mag dalk niks erf as julle nie wettiglik getroud is nie, of as jou testament nie wysigings ondergaan het ná jou egskeiding nie.
  3. Jou kinders se erfenisse mag dalk aan die Staat se Voogdyfonds of aan die aangestelde voog(de) betaal word in plaas van in ‘n Testamentêre Trust waardeur jy verseker kan wees dat jou spesifieke wense vir jou kinders uitgedra sal word.
  4. Familietwiste ontstaan gereeld as daar geen duidelike opdrag is in terme van die verdeling van ‘n boedel nie, en die familielede word vasgevang in onsekerheid.
  5. Die bereddering van jou boedel kan jare neem as daar geen bekwame eksekuteur deur jou in jou geldige Testament genomineer is nie; die Staat is dan in beheer van die hele proses.
  6. Sonder behoorlike boedelbeplanning, kan jou geliefdes nagelaat word met hoë fooie en belastingskuld.
  7. As jy nie voogde vir jou minderjarige kinders nomineer nie, word die proses oorgelaat aan die Staat.

Die impak van ʼn verouderde testament of geen testament nie, kan verwoesting saai in jou familie. ‘n Testament wat verouderd is, kan net so sleg wees, as dit nie erger is nie, as geen testament. Nasionale Testamenteweek is vanaf 16 – 20 September en die doel is om bewustheid onder Suid-Afrikaners te verhoog oor die belangrikheid van ‘n testament.

As jy nie ‘n testament in plek het nie, of vir ‘n geruime tyd nie wysigings op jou testament aangebring het nie, kan jy deur Capital Legacy, een van Suid-Afrika se grootste Testamente en Boedelbeplanningverskaffers, hulp kry! Vul die onderstaande vorm in sodat jy seker kan maak dat jy nie verder hierdie belangrike taak uitstel nie.

Velde met * word verplig.

Kontak Eksekuteurs

Jou naam*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.