Hoe ingewikkeld moet jou testament wees?

Argieffoto (Foto: Robin Higgins/Pixabay)

Baie mense dink dat ’n testament ingewikkeld en vol hogere regsterme is. Gelukkig is dit vêr van die waarheid. ʼn Testament is ’n eenvoudige dokument waarin jy jou wense uiteensit van hoe jou bates verdeel moet word tussen jou verkose begunstigdes. Daar is geen voorgeskrewe formaat tot die inhoud van jou testament nie, maar daar is wel ’n paar klousules wat deel moet uitmaak van jou finale dokument.

Persoonlike inligting: Dit is belangrik om jouself te identifiseer – skryf jou volle name, van en identiteitsnommer – in jou hoedanigheid as die testateur in die geval van ʼn man of testatrise in die geval van ’n vrou, op die testament.

Herroepingsklousule: Met jou omstandighede wat verander herroep hierdie klousule alle vorige testamente deur jouself gemaak is om te verseker dat jou nuwe testament aanvaar word as jou laaste wil en sodoende verhoed jy dat daar enige dispute rondom jou testament ontstaan.

Benoeming van eksekuteur: Alhoewel jy ’n familielid as eksekuteur van jou boedel kan benoem, sal die Meester van die Hooggeregshof daarop aandring dat die genomineerde eksekuteur ’n agent aanstel met die nodige ervaring om die eksekuteur by te staan met die administrasie van die boedel. Nomineer dus ’n persoon wat ondervinding het om seker te maak die proses word nie onnodig vertraag nie.

Bemaking van bates: Hier is jou kans om jou spesifieke wense uiteen te sit oor hoe jou bates verdeel word. Raadpleeg ’n kundige om seker te maak dat die spesifieke bemaking van bates in jou testament wel uitvoerbaar is, anders kan dit beteken dat jou bemaking nie geldig is nie. Onthou altyd dat ’n testament nie bo wetgewing geag word nie. Gevolglik kan jy nie iets bemaak wat kragtens wetgewing gereguleer word nie.

Testamentêre Trust: In die geval waar minderjariges betrokke is, is dit nodig om ’n voog te benoem indien daar nie meer ’n biologiese ouer teenwoordig is nie. Verder moet daar ook oorweging geskenk word aan die oprigting van ’n Testamentêre Trust ná jou afsterwe, ten behoewe van die minderjariges. Een van die redes vir ’n Testamentêre Trust sal wees om te verhoed dat die bemaking van ʼn minderjarige oorgeplaas word na die staat se Voogdyfonds. Dit sal wys wees om ’n kundige te kontak om die moontlikhede van ’n Testamentêre Trust te ondersoek.

attooh! Wills and Estates met hulle span spesialiste sal jou bystaan om jou testament reg op te stel en seker te maak dit is maklik om jou nalatenskap te beskerm. Jy kan jou testament gratis laat opstel of wysig. Tydens die konsultasie sal hulle ook ʼn beraming doen rondom die regskostes soos bv. eksekuteursfooie, akteprokureursfooie, testamenteretrustfooie, meestersfooie en ander onmiddellike uitgawes wat verbonde is met die afhandel van jou boedel.

  • attooh! wil jou vandag bederf met ouma se nalatenskap – die lekkerste pampoenkoekies. Klik hier om die resep af te laai.

Voltooi hierdie vorm indien jy belangstel in ʼn konsultasie:

Die vorm is gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.