Jou huis is nou skoon, maar hoe lyk jou finansiële sake?

Argieffoto (Foto: Steve Buissinne/Pixabay)

Weens die wêreldwye Covid-19-pandemie word Suid-Afrikaners deur ’n verdere drie weke van isolasie in die gesig gestaar, en talle pas streng higiëniese maatreëls toe om infeksie te vermy. Terwyl jy jou huis skoonmaak, is dit die ideale tyd om ook jou finansiële sake “op te ruim” en ’n paar goed af te handel wat al vir te lank uitgestel is – soos die bywerking van jou testament.

Groter aanvraag vir testamentêre dienste

“Vandat die koronavirus Suid-Afrika getref het, is daar meer gesprekke oor menswees op sosiale media, en ongelukkig ken ons almal die statistiek dat ongeveer 75% van Suid-Afrikaners nie ʼn geldige testament in plek het nie,” sê Alex Simeonides, uitvoerende hoof van Capital Legacy. “Terwyl mense by die huis is, het hulle meer tyd en die geleentheid om oor moeilike onderwerpe te praat met hulle gades en ander familielede, en om hulle administratiewe sake in orde te kry. Die pandemie het almal se gedagtes gefokus op gesondheid en hoe om voor te berei vir die onverwagte.”

Moenie langer hierdie belangrike taak uitstel nie

Baie mense stel die opstel van hul testamente uit omdat hul aanneem dat dit ’n ingewikkelde en uitgerekte oefening sal wees, maar daar is verskillende maniere om ’n testament op te stel sonder om noodwendig na ʼn prokureur te gaan.

Terwyl elektroniese testamentêre dienste en template beskikbaar is, is dit maar net een manier en hulle is nie altyd geskik vir meer ingewikkelde boedels nie, soos wanneer jy oorsese eiendom en beleggings het of as jy in ’n tweede huwelik is en ’n gemengde familie het. Wat jy ook moet besef, is indien jy die vorms verkeerd voltooi of jy kry nie twee onafhanklike getuies om die testament te onderteken nie, mag dit dalk nie geldig wees volgens die hooggeregshof nie – dit sal jou familie met ʼn finansiële hoofpyn laat wanneer jy tot sterwe kom.

Daar is wette wat voorskryf hoe jou geld, bates en eiendom verdeel sal word as jy sou afsterf sonder ʼn testament. Dit kan die administrasie van jou boedel vir jare vertraag en mag dalk nie gebeur soos jy sou wou hê nie. Dit is beter om jou behoeftes met ʼn gekwalifiseerde konsultant te bespreek sodat jy vrae kan vra om enigiets wat jy nie verstaan nie, kan uitklaar en sodat die konsultant kan verseker dat jou testament geldig is.

Jy mag dalk in isolasie wees, maar jy is nie alleen nie

Jy kan jou testament laat opstel deur ’n gekwalifiseerde adviseur sonder om enige kostes aan te gaan, en jy kan dit nou oor die foon doen sonder om iemand in persoon te ontmoet.

“Ons help meer as 6 000 kliënte elke maand om hulle testamente op te stel en nou kan ons met hulle konsulteer oor die telefoon. Dit verseker dat kliënte nog steeds hierdie belangrike dokument kan opstel en finaliseer, wat hulle families sekerheid sal bied gedurende ’n wêreldwye tyd van onsekerheid, wat ontstaan het as gevolg van die pandemie,” verklaar Simeonides.

Daar is ook produkte beskikbaar wat dekking teen die kostes verbonde aan afsterwe bied, om jou boedelbereddering te dek. Dit verseker dat jou familie toegang tot finansiële hulpbronne het om die regs- en administratiewe onkostes te dek sou jy sterf.

Wanneer dit kom by die opstel van jou testament, is vroeër eerder as later, die beste advies, veral terwyl die wêreld sukkel met die onsekerheid van ’n wêreldwye pandemie.

As jy nie ’n testament in plek het nie, of vir ’n geruime tyd nie wysigings op jou testament aangebring het nie, kan jy deur Capital Legacy, een van Suid-Afrika se grootste testamente- en boedelbeplanningsverskaffers, hulp kry! Stuur jou besonderhede sodat ons kan seker maak dat jy nie verder hierdie belangrike taak uitstel nie!

Velde met * word verplig.

Kontak Eksekuteurs

Jou naam*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.