Meer oor plaas-immigrasie in Kanada en beleggersvisum in VSA

Martie Kruger (Foto verskaf)

Skakel in by ʼn gratis webinaar om meer te wete te kom oor plaas-immigrasieprogramme in Kanada asook oor die VSA se beleggersvisumprogram

Talle Suid-Afrikaanse gesinne het Kanada as hul tuiste gekies op grond van die hoë lewenstandaard wat dié land bied. Kanada is nog taamlik oop vir immigrante en die Kanadese regeringstelsel bied die soort maatskaplike voordele wat Europese lande het.

Binne die Kanadese model kan sake-immigrante met sekere plaasbeleggings-immigrasieprogramme binne een jaar die voordele van permanente verblyfreg smaak.

Waarom Kanada as bestemming vir sake-immigrasie? Die Kanadese ekonomie is stabiel, die land bied handelsvryheid, beleggersbeskerming, ʼn lae korrupsievlak, minimale administratiewe rompslomp, lae korporatiewe belastingkoerse, gratis provinsiale gesondheidsorg, gratis eersteklas onderrig en ʼn nasionale pensioenstelsel wat meetbare jaarlikse inkomste by aftrede lewer. Immigrante in Kanada wat ʼn bestaande sakeonderneming besit of beplan om ʼn nuwe onderneming in Kanada op die been te kry kan voordeel trek uit ʼn beduidende belastingvoordeel. Dié belastingvoordeel, in die algemeen bekend as “lewenslange vrystelling van kapitaalwins”, bied soveel as $220 000 (Kanadese dollar) in belastingbesparing aan eienaars en lede van hul gesinne wanneer die sakeonderneming verkoop of oorgedra word na die volgende geslag.

Terwyl ander lande nuwelinge al minder gretig aanvaar, beplan Kanada om in die toekoms meer ekonomiese voordeel te trek uit entrepreneur- en beleggersimmigrasie deur sy deure oop te gooi vir meer buitelandse talent.

Martie Kruger bespreek in dié webinaar die opsies wat beskikbaar is vir welvarende plaasgesinne wat dit oorweeg om na Kanada te emigreer. Die webinaar sal fokus op plaasbeleggings-immigrasieprogramme in Manitoba en Saskatchewan. Die beleggingsvereiste is $300 000, of min of meer R5 miljoen, en die belegging moet boerderygrond in Manitoba of Saskatchewan wees. ʼn Terugbetaalbare deposito van $75 000 word vereis.

Registreer hier om meer te wete te kom van Kanadese immigrasiemoontlikhede.

Carel van der Merwe (Foto verskaf)

Die VSA bly vir talle Suid-Afrikaners hul voorkeurbestemming – ʼn sterk ekonomie, goeie skole, werksgeleenthede, voortreflike gesondheidsorg en ʼn veilige omgewing om in te woon maak die VSA die ideale plek om te bly. Die EB-5-beleggersvisumprogram bied welvarende Suid-Afrikaners ʼn veilige en betreklik vinnige manier om permanente verblyfreg in die VSA vir hul gesinne te bekom.

Die beleggingsvereiste is $900,000, of min of meer R15 miljoen, en die belegging moet gemaak word in ʼn Targeted Employment Area (TEA), ʼn gebied wat deur die regering geoormerk is as ʼn omgewing met hoër werkloosheid of as ʼn landelike omgewing. Die belegging moet ook heeltydse werksgeleentheid vir tien Amerikaners bied en die beleggingskapitaal moet as “at risk” gereken word tot die einde van die voorwaardelike permanente verblyfreg. Ondanks die groot bedrag wat ter sprake is, is EB-5 ʼn gewilde manier vir Suid-Afrikaners om toegang tot die VSA te kry. Verlede jaar is 120 EB-5-visums (groen kaarte) aan Suid-Afrikaners uitgereik.

Van aansoek tot goedkeuring neem vir Suid-Afrikaanse beleggers omtrent twee jaar. Die volgende stap is ʼn onderhoud by die konsulaat in Johannesburg waar die belegger en sy gesin immigrasievisums ontvang. Die EB-5-aansoek is van toepassing op die hoofbelegger, sy eggenoot en kinders jonger as 21. ʼn Mens kan met jou gesin as permanente inwoners na die VSA verhuis sodra die immigrasievisums uitgereik is, met ander woorde binne twee tot drie jaar. ʼn Mens kan die verhuising egter met verskeie jare uitstel om by jou eie omstandighede aan te pas.

Carel van der Merwe bespreek die EB5-program en bied ʼn oorsig van EB5marketplace se aanlyn platform waar beleggers kan baat by kenners se leiding en deeglike onafhanklike navorsing oor ʼn wye verskeidenheid EB-5-beleggings. Oor die jare het ons honderde beleggers, ook talle Suid-Afrikaners, gehelp om geskikte beleggings te vind.

Registreer hier om meer te wete te kom van Kanadese en VSA-immigrasiemoontlikhede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.