Moenie regeer uit die graf nie – hier is hoekom

(Foto verskaf deur Eksekuteurs vir Boedels en Testamente)

Jare se harde werk is dalk iets waaraan jy vir ewig wil vashou, maar ten tyde van jou uiteindelike heengaan sal dit meer skade aanrig om uit die graf te regeer as wat dit enigsins goed sal wees.

Stel jou voor – dit is die jaar 1990 en jy besit ʼn plaas wat uit baie hektaar bestaan. Dit kan ʼn goeie belegging vir toekomstige geslagte wees en teen die jaar, sê maar, 2023, kan hierdie plaas miljoene werd wees. Klink wonderlik, nie waar nie?

Die probleem is dat jy besluit het om ʼn klousule in jou testament in te sluit wat bepaal dat die grond aan jou plaasbestuurder verkoop moet word vir R7,50 per hektaar wanneer jy sterf. Jou voornemens was goed omdat jy bedoel het dat die opbrengs tot voordeel van jou gesin sou wees. Ongelukkig het jy nagelaat om jou testament by te werk in ooreenstemming met die verhoogde grondwaarde.

Al kan jou familie probeer om hierdie redenasie te betwis en om dit tee te werk, is jou testament jou finale sê en die laaste wense wat daarin vervat is, sal uitgevoer moet word; al jou harde werk word vir ʼn paar honderd rand verkoop, en jou gesin is met byna niks agtergelaat.

Die hartseer werklikheid is dat bogenoemde nie ʼn vergesogte scenario is nie, maar op ʼn ware weergawe gebaseer is.

Jou testament is om baie redes een van die belangrikste dokumente wat jy ooit sal onderteken. Om ʼn paar te noem…

  • Dit laat jou toe om jou laaste wense te noem, wie jou bates en eiendom moet erf, wie jy graag as eksekuteur van jou boedel wil aanstel en wie jy as voog/de van jou minderjarige kinders wil benoem.
  • Dit stel jou in staat om die belange van jou geliefdes te beskerm en dit help om te verseker dat daar geen onnodige vertraging in die afhandeling van jou boedel na jou dood is nie.
  • Dit help om familievetes, verwarring, drama en bykomende stres vir jou geliefdes uit te skakel.

Dit is belangrik om te beklemtoon dat die testament daar is “om die belange van jou geliefdes te beskerm”, nie jou belange nie maar dié van jou geliefdes. Ons hou dikwels daarvan om te dink dat dit hand-aan-hand gaan. Dit is nie altyd die geval nie. Ons het ook ʼn geval gehad waar ʼn versoek gerig is om ʼn testament op te stel waar die kliënt haar boedel aan haar man bemaak het, wat hom toelaat om op haar eiendom te woon totdat hy ʼn nuwe verhouding aangaan. As hy ʼn nuwe verhouding aangaan, moet hy uittrek.

Hierdie tipe klousule lyk dalk soos ʼn aanduiding van jou gevoelens vir die persoon wat jy agterlaat, maar die romanse van so ʼn versoek gaan by die agterdeur uit wanneer hierdie persoon met ʼn wêreld van administrasie gelaat word.

Kry sekerheid en regte raad oor jou boedelbeplanning en nalatenskap deur Eksekuteurs vir Boedels en Testamente te vertrou met hierdie belangrike taak, alles in jou taal.

Maak vandag nog ʼn afspraak.

  • Eksekuteurs vir Boedels en Testamente spesialiseer in die opstel van testamente en boedelbereddering en maak dit maklik om jou nalatenskap te beskerm. Jy kan jou testament gratis laat opstel, bywerk of wysig. Besoek https://www.eksekuteurs.co.za/ of voltooi die vorm hier onder.

Velde met * word verplig.

Kontak Eksekuteurs

Jou naam*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.