Spesiale Swart Vrydag-afslag vir al jou mat-behoeftes

Of jy nou op soek is na ʼn eenvoudige deurmatjie, ʼn besonderse mat vir jou kamer of ʼn moderne en hupse mat vir jou vermaaklikheidsarea, het Rugs Original se versameling iets spesiaal vir elke vertrek in jou huis.

Rugs Original keer dié November, die maand wat vir sy Swart Vrydag-afslagpryse bekend staan, die tradisionele eendagverkoping op sy kop deur vir meer as ʼn maand lank ongelooflike pryse aan te bied. Van 2 November tot 6 Desember bied Rugs Original tot 60%-afslag op sy volledige versameling reekse – aanlyn en landswyd in sy winkels.

As Suid-Afrika se grootste invoerder van Persiese, Oosterse en moderne matte, bied Rugs Original ʼn reeks bekostigbare vloerbedekkings van hoogstaande gehalte wat styl en gemak na enige huis sal bring.

Met ʼn geskiedenis van sowat 34 jaar het dié familiebesigheid sy handelspad met sy eerste winkel in die Cresta-winkelsentrum begin en bedryf nou winkels oor Suid-Afrika heen, van Kaapstad tot Durban, en Gauteng tot Mpumalanga, met altesaam 14 winkels, en verskaf ook sy produkte aan ʼn rits groothandel-markte.

Sedert sy deure oopgemaak het, reis die Rugs Original-span oor die wêreld heen en vergader met verskeie verskaffers om matte van die beste gehalte – teen bekostigbare pryse – te bekom, en woon ook verskeie internasionale handelskoue by sodat die span op hoogte kan bly met huisdekor en die jongste neigings in vloerbedekking.

Foto: Rugs Warehouse

Die Rugs Original-handelsmerk het die afgelope paar jaar sy voetspoor beduidend vergroot danksy ʼn noukeurige herstrukturering van die onderneming om die algehele kliënte-ervaring lekkerder te maak.

Ná maande se navorsing, en begrip van die algehele kliënte-aankope-siklus, en om te identifiseer wat kliënte in dié proses frustreer, het die idee van “konsepwinkels” begin. Dié verandering in formaat het die bedryf op sy kop gekeer deur ʼn splinternuwe en doeltreffende manier te vind hoe kliënte hul aankope kan doen.

Deel van die verandering aan die struktuur van die onderneming is om seker te maak dat Rugs Original homself in die digitale inkopieruimte tuismaak, wat beduidend gegroei het in die Suid-Afrikaanse mark. Dit het ʼn volledig geïntegreerde webwerf-platform tot gevolg gehad en kliënte kan dus die volledige versameling aanlyn besigtig, hul gunstelingmat koop en gebruik maak van die gerief van tuisaflewering.

Rugs Original se Swart Vrydag-maand-winskopies bied pryse aan wat nie weer herhaal gaan word nie – in die winkel en aanlyn. Jy kan tot 50% spaar op die kinderversameling, Kids Original, en tot 60% afslag kry op die topverkopers. Die beste van alles is dat dié uitverkoping nog tot 6 Desember voortduur.

Foto: Dial a Rug

Maar watter mat is die beste vir jou huis?

By Rugs Original is die opsies eindeloos en jy kan volgens styl, ontwerp of kleur jou mat kies. Jy kan boonop ook uit ʼn wye reeks binnenshuise matte kies of ʼn mat vir buite aanskaf. Of dit nou klassiek, kontemporêr of modern is, daar is ʼn rits verskillende ontwerpe – perfek vir enige huis.

Daar is matte en lopers, ronde matte en kindermatte, Persiese en moderne ontwerpe, elke beskikbare opsie is op die webwerf te sien. As jy boonop meer as R2 500 spandeer is jou aflewering gratis!

Sommige van die topverkopers is ook deel van die uitverkoping, soos die Harmony Medallion Charcoal Runner wat nou vir slegs R5 925-60 te koop aangebied word, ʼn 60%-afslag van die oorspronklike prys van R14 814-00.

Ander ongelooflike winskopies sluit in:
Chobi Ziegler Red Beige – vanaf R13 494-00 (was R33 735-00 – tot 60%-afslag)
Khal Mohammadi – vanaf R13 400 (was R33 500-00 – tot 60%-afslag)
Vintage Intricate Design – vanaf R925 (was R1 850-00 – tot 50%-afslag)
Elegant Marble Inspired – vanaf R1 395-00 (was R2 790-00 – tot 50%-afslag) en vele meer.

Rugs Original bied verskeie maklike betaalopsies en kliënte kan nou gerieflik ook van Mobicred gebruik maak. Mobicred laat jou toe om veilig aanlyn inkopies te doen met een enkele betaling vir al jou inkopies – met ʼn rollende kredietlimiet.

Nóg ʼn voordeel is dat Rugs Original onlangs ʼn nuwe vennootskap aangegaan het met die Momentum Groep en voornemende kliënte, wat deel is van die Momentum Multiply-program, kan nou ook hul punte gebruik vir aankope.

Loer hier na die verskillende style en ontwerpe wat tans deel is van die spesiale aanbod: https://www.rugsoriginal.co.za/en_za/.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.