Uitstekende groei vir Uberskillz se beleggingsgeleentheid

Uberskillz se innoverende super-apps het uitnemende bewyse van groei en aanvraag gelewer wat bevestig dat dié besigheidsmodel ’n goeie beleggingsgeleentheid bied. Tegnologie as die kern van die Vierde Industriële Revolusie (4IR) is ’n onvermydelike deel van die toekoms van besigheid weens die groot invloed wat dit het op hoe mense werk, dink en leef. Hierdie is die era waarin tegnologie en innovasie hande vat om sodoende groei in Suid-Afrika en wêreldwye ekonomieë te stimuleer.

“Ons het sedert die bekendstelling van die SkillzFinder en Skillztrader super-apps ervaar hoe die aanvraag na besigheidsnetwerke toegeneem het. Sedert die einde van verlede jaar het ons meer as 40 000 nuwe verbruikers aangeteken wat die totale getal verhoog na 90 000 verbruikers, met ’n verdere nagenoeg 9 000 nuwe besighede op ons platforms,” sê Corné Kooiman, uitvoerende hoof van Uberskillz.

Meer as ooit tevore het kleinsake ’n enorme nood om makliker, vinniger en meer bekostigbaar met potensiële kliënte in aanraking te kom. Om dit moontlik te maak, het Uberskillz vindingryke slimfoontoepassings ontwikkel. Dit is nou makliker as ooit om dienste en produkte te adverteer. “Net soos die publiek en taxidienste met mekaar verbind deur slimfoontegnologie, so ook verbind ons slimfoontoepassings verbruikers en besighede met mekaar,” sê Kooiman.

Die SkillzTrader-app vir ondernemers, laat besighede toe om teen ʼn lae maandelikse aansluitingsfooi te registreer om deel te word van die aanbieding. SkillzTrader is dus ʼn unieke, regstreekse ondernemersgids. Wat dit uniek maak, is die feit dat dit met GPS werk.

Registreer vandag nog jou onderneming by www.skillztrader.com.

Uberskillz het boonop ’n gratis SkillzFinder-app ontwikkel waarop die publiek uit ’n lys van duisende ondernemings in hulle onmiddellike omgewing kan kies deur middel van intydse geoliggingstegnologie. SkillzFinder se doelwit is dus om verbruikers maklik en vinnig met besighede te verbind. Nóg ’n unieke kenmerk van die apps is die fasiliteit om diensverskaffers met ʼn goeie gradering te kan beloon. Hierdie apps verbind dus die ondernemings, produkte en vaardighede direk met verbruikers, waar hulle ook al is, met die druk van ʼn enkele knoppie.

Beide platforms is in 2020 vereer vir hul vindingrykheid in die App van die Jaar-kategorie tydens die Livewire Prestige-toekennings, en in die Mees Innoverende App-kategorie tydens die New Generation Sosiale- & Digitale Mediatoekennings.

Uberskillz het einde verlede jaar ’n intensiewe bemarkingsveldtog van stapel gestuur wat meegebring het dat subskripsiedoelwitte bereik is. Die veldtog sal gedurende 2021 voortduur. Daar word ook beoog om ’n korporatiewe vennoot aan boord te kry binne die volgende paar maande. “Ons mikpunt is om teen die einde van die jaar minstens 250 000 SkillzFinders (verbruikers) en 40 000 SkillzTraders (ondernemings) te betrek uit ’n mark wat uit 2,2 miljoen klein-, mikro- en medium-ondernemings bestaan.

Ten einde die blootstellingsveldtog te intensiveer, het die maatskappy verlede jaar besluit om kort- en langtermyn beleggingsgeleenthede beskikbaar te stel wat bogemiddelde opbrengste bied. “Na aanleiding van die talle navrae wat ons ontvang het sedert ons dié geleentheid van stapel gestuur het, is daar reeds 85% van die totale beleggings onderskryf,” voeg Kooiman by.

Om ’n beleggingsvennoot in hierdie uitnemende geleentheid te word, besoek https://bit.ly/Uberskillz_Investment vir vertroulike navrae.

Om aansoek te doen vir ’n werksgeleentheid, besoek https://www.skillztrader.com/webroot/agents.

Om jou onderneming te registreer, besoek www.skillztrader.com.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.