Voel tuis in jou taal, selfs gedurende moeilike tye

(Foto verskaf deur Eksekuteurs vir Boedels en Testamente)

Taal en kultuur is die hoekstene van ons identiteit en erfenis, daarbenewens speel dit ‘n belangrike rol in die vorming van wie ons as individue en as gemeenskap is.

Eksekuteurs vir Boedels en Testamente is vir en deur die Afrikaanse gemeenskap op die been gebring. Dit stel ons in staat om te verstaan dat jy en jou gesin sterker sal wees as hulle gedurende ʼn moeilike tyd deur hul gemeenskap ondersteun word.

Buiten vir die veilig en bekende omgewing wat Eksekuteurs vir Boedels en Testamente wil skep is taal ʼn baie belangrike instrument. Dit is die manier waardeur ons ons gedagtes, emosies en idees kommunikeer. Deur te kommunikeer in jóú taal, verbeter jy jou vermoë om jouself doeltreffend uit te druk en stel jou in staat om ʼn nalatenskap eie aan jouself te verseker.

Taal help om kliënte beter te verstaan en die regte boodskap oor te dra. Om ʼn groep mense se kultuur te verstaan en in hul eie taal met hulle te praat, breek hindernisse af. Veral gedurende die ongemaklike en moeilike tyd waar jou gesin afskeid moet neem van jou.

Eksekuteurs vir Boedels en Testamente het ʼn oplossing wat jou erfgename niks sal kos om jou wense ʼn realiteit te maak nie. Maklik, vinnig en effektief.

Wat maak ons uniek?

Buiten die opstel van ʼn gratis testament bied ons jou professionele, simpatieke en moeitevrye boedelbereddering wat alle vorms van druk verlig wat gesinne ervaar wanneer ’n geliefde te sterwe kom.

Buiten vir die doelwit om soveel as moontlik Afrikaanse testamente in Suid-Afrika gratis op te stel, bied ons ook die volgende aanvullende dienste aan ons kliënte:

  • Boedeladministrasie
  • Dekking van fooie by afsterwe
  • Meestersfooie
  • Oordragkoste
  • Opstel en behartiging van trusts

Dit alles in vier maklike stappe vir jou:

Stap 1: Stuur vir ons jou besonderhede. Ons sal jou bel vir ’n afspraak op ’n tyd en plek wat vir jou gerieflik is.

Stap 2:  ʼn Persoonlike konsultasie. Ons deskundige konsultante ry na jou toe om jou behoeftes te bepaal en jou deur die opstelproses van die testament te lei, asook die trust en ander oplossings te bespreek.

Stap 3: Ons stel jou testament op. Ons stuur die eerste konseptestament binne 48 uur na jou toe. In hierdie stadium kan ons enige wysiging aanbring en seker maak dat jy heeltemal tevrede is.

Stap 4: Sodra jy die testament onderteken het, druk jy net ’n knoppie en ons kom haal jou testament, kosteloos.

  • Eksekuteurs vir Boedels en Testamente spesialiseer in die opstel van testamente en boedelbereddering en maak dit maklik om jou nalatenskap te beskerm. Jy kan jou testament gratis laat opstel, bywerk of wysig. Besoek https://www.eksekuteurs.co.za/ of voltooi die vorm hier onder.

Velde met * word verplig.

Kontak Eksekuteurs

Jou naam*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.