Wie sal die skoolgelde betaal as jy tot sterwe kom?

Argieffoto (Foto: coyot/Pixabay)

“Ons sien dit ongelukkig al te dikwels in die boedels wat ons beredder, dat daar nie genoeg geld is om die kinders se status quo te handhaaf wat skool en buitemuurse aktiwiteite betref nie. Dit is hartverskeurend om kinders te sien wat die verlies van ’n ouer probeer verwerk en dan moet hoor dat hulle hul vriendekring by die skool moet verlaat omdat daar nie genoeg geld vir skoolgeld is nie.” – Alex Simeonides, uitvoerende hoof en medestigter van Capital Legacy.

Die waarde van goeie onderrig vir jou kinders is iets wat Suid-Afrikaners baie goed weet. Dit is die grondslag vir hulle toekoms. Dit is die beste kans op sukses wat hulle het in ’n wêreld wat ekonomies ongenaakbaar en onseker is.

As ouers weet ons dat as ons kinders goeie onderrig en naskoolse opleiding of universiteitsonderrig kry, het ons ons bes as ouers gedoen sodat hulle die wêreld kan takel.

Daarvoor moet hulle ’n pad van 12 jaar deur skool en nog drie of vier jaar op universiteit stap.

Om kinders te hê is duur – vra maar vir enige ouer. Skoolgeld, skoolklere, kos, sporttoerusting en -klere en skooluitstappies kos alles geld, en dis nog nie eers die einde van die lys nie. En net sodra jy dink dat jy die koste in toom het, word jou kinders groter en kort hulle groter skoene en klere en rugbystewels of balletskoene. Dan praat ’n mens nie eers van skoolgelde wat jaarliks so styg dat dit nie altyd sin maak nie!

Maar omdat ons lief is vir ons kinders, maak ons opofferings sodat hulle die beste geleenthede in die lewe kan benut.

Wat as iets onverwags met jou gebeur? Sê nou maar jy raak fisiek gestrem, word ernstig siek of sterf? Wie gaan dan die skoolgeld en verwante gelde namens jou kinders betaal?

Talle mense antwoord dié vrae deur te sê: “Maar dit is waarom ons lewensversekering het.”

Die werklikheid is dat Suid-Afrikaners oor die algemeen onderverseker is en dat lewensversekering vinnig deur skuld en toenemende lewenskoste ingesluk word. Duur skoolgeld, skoolklere en die koste om sport te beoefen sak al laer op die prioriteitslys wanneer ’n mens skielik moet begin begroot vir kos en huur.

Alex Simeonides (Foto verskaf deur Capital Legacy)

“Ons sien dit ongelukkig al te dikwels in die boedels wat ons beredder, dat daar nie genoeg geld is om die kinders se status quo te handhaaf wat skool en buitemuurse aktiwiteite betref nie. Dit is hartverskeurend om kinders te sien wat die verlies van ’n ouer probeer verwerk en dan moet hulle uitvind dat hulle hul vriendekring by die skool moet verlaat omdat daar nie genoeg geld vir skoolgeld is nie,” sê Alex Simeonides, uitvoerende hoof en medestigter van Capital Legacy, Suid-Afrika se voorloper op die gebied van testamente en boedelbereddering.

Daar is wel sommige onderrigbeskermingsprodukte in die mark beskikbaar, maar volgens Simeonides was die produkte altyd as ’n luukse of ’n opvolgproduk daargestel.

“Ons beskou die beveiliging van jou kind se onderrigtoekoms nie as ’n luukse nie, maar as ’n noodsaaklikheid. Ons het ongelukkig reeds te veel gevalle gesien waar kinders se lewens negatief beïnvloed is weens ’n gebrek aan onderriggeld,” sê hy.

Om dié probleem te takel, het Capital Legacy pas ’n unieke oplossing, genaamd EduCareTM bekendgestel.

Dit is ’n afgekampte dekking wat, as iets met jou sou gebeur, geld in ’n trust vir jou kinders inbetaal met die uitsluitlike doel om te voorsien in hulle voortgesette onderrig, sportdeelname en algemene behoeftes. Die trust word gratis opgestel en geadministreer deur Capital Legacy se trustees. Dit voorsien in jou kind se onderrig- en versorgingkoste tot hulle ’n graad behaal. Dit sluit ook in sportbenodigdhede, plus lewenshupstootgeld (soos vir ’n eerste motor), en asof dit nie genoeg is nie, ook ’n wêreldonderrigvoordeel.

“Terwyl die meeste mense die waarde van dekking insien, byvoorbeeld vir ʼn huislening, is die versekering van jou kind se onderrig nie eintlik iets waaraan eerste gedink word as daar vir die onvoorsiene beplan word nie. Kliënte kies EduCareTM omdat dit presies is wat dit doen, en dis al wat dit doen; dit gebruik ’n trust en daar is dus gemoedsrus dat jou versekeringsfondse vir jou kind se toekoms nie in gevaar is as iets met jou gebeur nie,” voeg Simeonides by.

Die oplossing is eenvoudig: Vir ’n klein maandelikse bedrag kan jy gerus wees dat jou kind versorg sal wees as jy nie meer daar is om dit self te doen nie.

“Ons is uiters opgewonde oor hierdie produk. Ons is almal self ouers en ons weet hoe belangrik dit vir Suid-Afrikaners is. Ons het koppe bymekaar gesit vir die beste en mees kostedoeltreffende manier om hierdie probleem op te los – EduCareTM is die oplossing en is die gevolg van baie jare se studie en beplanning.”

EduCareTM opgesom:

  1. Dit dek skoolgeld, skoolklere, skryfbehoeftes, kos, sportklere en -toerusting, sporttoere, skooluitstappies en naskoolse studies.
  2. Alle trustkoste en trusteegelde word gedek.
  3. Dit het ’n enkele premie en elke afsonderlike kind se besonderhede hoef nie gespesifiseer te word nie.
  4. Dit dek enige begunstigde van die trust en sluit selfs kleinkinders en nog ongebore kinders in.
  5. Dit vermy die “gebruik dit of verloor dit”-klousule wat in talle soortgelyke planne te vinde is en betaal kontant terug as daar geen eis is nie.
  6. Dit het ’n voortsettingsopsie wat die voordeel kan omskep in lewensdekking nadat jou kind universiteit verlaat.

Verdere voordele:

  1. ’n Bykomende LifeStarterTM Benefit wat ’n vastekontantbedrag regstreeks aan jou kind op die ouderdom van 18 uitbetaal – dalk vir ’n eerste motor, of om in ’n oorgangsjaar ná matriek te reis.
  2. Die Medical Studies Benefit geld indien jou kind sou besluit om ’n mediese dokter te word. Dit betaal R100 000 per jaar regstreeks aan die universiteit, vir drie jaar lank, nadat die kind sy vierde jaar van sy Baccalaureusgraad in Medisyne suksesvol voltooi het.
  3. Die Achiever BenefitTM van R150 000 betaal uit indien jou kind nasionale kleure verwerf.
  4. Die Estate Duty Benefit word van krag indien enige boedelbelastinggelde betaalbaar is wat teweeg gebring is deur die uitneem van EduCareTM. Dit betaal tot ’n bedrag van R500 000.
  5. Met die Global Bursary BenefitTM kan jou kind tot R5 miljoen in universiteitsgelde kry as jou kind deur enige van die top-50 universiteite ter wêreld aanvaar word.

Vind meer uit oor Capital Legacy en EduCareTM by www.capitallegacy.co.za of voltooi die vorm hier onder.

Velde met * word verplig.

Kontak Eksekuteurs

Jou naam*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.