Driejarige se byna-verdrinking: ‘God is groot’

Jaundré Kruger (Foto: Verskaf)

Jaundré Kruger (Foto: Verskaf)

ʼn Paar maande nadat Johan en Amanda Kruger van Richardsbaai se driejarige seuntjie by die dood omgedraai het nadat hy byna in die gesin se swembad verdrink het, het hy sonder enige tekens van dié byna noodlottige dag in sy speelkamer gaan sit om oudergewoonte met sy speelgoed te speel.

Dit was asof die “maande se trane, die seer, die bid en die bekommerd wees” hom nie eens opgeval het nie, het Johan aan Maroela Media vertel.

“Hy het so ewe, asof niks verkeerd was nie, in sy speelkamer gaan speel en met sy boetie, Luan, gepraat voor hy later weer na sy kamer terug is. Daar was nie ʼn teken dat hy so amper van ons weggeneem is nie.”

Hy onthou nog die “donker dag” toe Amanda in Oktober verlede jaar byna histeries met die nuus gebel het.

Juandré het onopgemerk by die skuifdeur wat na die swembad lei, uitgegaan en in die swembad geval. Die veiligheidsnet wat bo-oor die water moes wees, was stukkend, en was dus nie daardie dag oor die swembad nie.

Amanda het eers later opgemerk die deur staan oop, en het vir Juandré op die water sien dryf. Sy hart het reeds gaan staan.

“Die man wat by ons ʼn woonstel huur, het haar hoor gil, en hulle het kardiopulmonêre resussitasie op hom uitgevoer. Daar was egter geen tekens van lewe nie. Hy was in totaal ʼn uur dood gewees voor dokters hom weer by kon kry,” het Johan vertel.

Luan, Johan, Amanda en Jaundré (Foto: Verskaf)

Luan, Johan, Amanda en Jaundré (Foto: Verskaf)

Die gesin het hulle gewend tot hul geloof. “Daar was niks wat ons kon doen nie. Ons het net gebid en gesmeek vir sy lewe. Ek het geweier om te aanvaar dat my kind dood is, ten spyte van dokters wat ons gemaan het om die ergste te aanvaar. Toe kom die nuus, dokters kon hom bybring.”

Juandré was vir vyf weke in die hoësorgeenheid in die Netcare hospitaal in Richardsbaai, twee weke in die Parklands hospitaal en daarna drie maande in die Life Entabeni hospitaal vir rehabilitasie. In die tydperk het hy verskeie terugslae gehad.

“Hy het ʼn maagseer ontwikkel wat later begin bloei het. Dokters het hom ook in die tweede week in die Netcare hospitaal van die ventilators afgehaal, maar sy longe het begin bloei. Deur alles het ons bly bid en bly glo.

“Dokters het telkens vir ons gesê dat ons ons moet begin voorberei. My kind was siek. Vir ʼn ouer is dit nie maklik om so langs hom te staan en so iets te sien nie. Ek het moedeloos geraak, en soms wou ek moed opgee. Maar God het ons gedra en ons het aanhou glo. Selfs toe dokters sê dat hy nie sal kan loop of praat nie, het ons dit verwerp.”

Jaundré Kruger in die hoësorgeenheid (Foto: Verskaf)

Jaundré Kruger in die hoësorgeenheid (Foto: Verskaf)

Juandré kon in die helfte van die vierde week in die Netcare hospitaal van die ventilator afgehaal word. Hierdie keer was dit ʼn sukses.

Hy moes ook in Desember vir sy tweede breinskandering gaan ná die eerste een op erge breinskade gedui het.

“Daar was niks. Daar was nie ʼn spoor van breinskade nie. God het ons kind genees. Hy het ons kind ten volle genees.”

Juandré is al reeds ʼn paar maande by die huis, en lewe heeltemal normaal. Die gesin het ook Lasarus op sy geboortesertifikaat bygevoeg. “Markus 10:27 sê dat niks by die Here onmoontlik is nie, darem noem ons hom ook nou Lasarus. Nou die dag toe ons in die swembad spring, toe swem hy saam met ons. Dokters sê hy was te jonk om te onthou, maar ek weet dis God se hand gewees.”

Hy het onlangs vier jaar oud geword en maak binnekort reg om kleuterskool toe te gaan. “Ek wou net hierdie storie deel, omdat ek weet daar is baie seer en moedelose mense daar buite. God is groot. Ons verstaan nie seer nie, ons verstaan nie hoekom dinge gebeur nie, maar Hy is altyd teenwoordig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Lindy Cant ·

Deur volharding in geloof het God HOOP gebring en deur jul HOOP leer julle ook vir ander van God en volharding. Alle eer en lof aan God.

Sherese ·

Ons liefste engel kind het ook in swembad beland. Hy was in jhb in hosp.
Baie terugslae gehad en het dit toe nie gemaak nie.
Dis n haarvterug maar voel soos gister.
Elke dag huil ons nog.

Ek aanvaar dit nie!!
Die Here is altyd teenwoordig — hy was nie vir ons nie.
Tog moet Hy ons harte ken – hoekom ons deur dit sit.

Vir ewig en altyd sal ek na my suster kyk en weet dat sy die sterkste van ons almal is.

Haar enigste seun… Maar net 18maande oud toe hy weg gevat is.

Sy glk en vetrou met alles wat in haar is.
Ek is swak — ek twyfel elke dag.
Bejammer myself elke dag vir die oyn waarin ek is — ergste van als is haar pyn is soveek meer, erger.
Altwee my seuns leef nog – ek os dankbaar.
Hulle is my lewe, my asem.
As iets met een van hulle gebeur wert ek nie hoe enige ouer aan gaan nie.

Ek is bly Lazarus is veilig en gelukkug terug in jul arms.

Aiden Roberts — ons Blou Oog Engel Kind

*gone but never forgotten*

Magriet ·

Sherese, hoekom goed gebeur soos hulle gebeur sal ons nooit weet nie, maar lees jou Bybel elke dag, al is dit net een versie en bid, al is dit net “Here help”. Moet nie satan n vatkans gee nie. Ek was ook moedeloos en platgeslaan op n stadium. Wou niks met God te doen hê nie, want ek het geglo en vertrou. Hy verhoor ander se gebede en ek het deur hel gegaan en niks gebeur nie. Niks het sin gemaak nie en ek wou nie Bybel lees of bid nie, maar tog het ek diep binne geweet; God is n werklikheid en daar het Job alles verloor omdat satan dit laat gebeur het, dan mag ek nie God teleurstel in my situasie nie. Net nou is dit n toets. As dit n toets is, moet ek dan sterk staan. Dis toe wat ek besluit het, God se Woord is kragtig, die Enigste boek wat jy lees wat jou aanraak en ek het elke dag n stukkie begin lees, dit brand binne in jou, jy wil nie, maar druk deur. Dit het lank gevat, maar ek vertrou God weer en hou my oë weer net op Hom. Ek was verlore, maar is weer in my Pa se huis. Ek bid vir jou. God het ons almal lief, vir jou ook, Hy wag met ope arms.

Lorraine ·

Hoe wonderlik om dit die positiewe te lees en te weet die Here is groot. Baie dankie.

MJJP ·

Ja soms verstaan ons nie hoe God werk nie ne. Soms neem God iemand van ons weg en maak seer ,Hy laat ander lewe. Ek glo alle gebeur soos H y dit wil he.

Lee-anne ·

Ek is bly vir julle part. In my huis het daar ook al jaar na jaar wonderwerke plaasgevind. Daarvoor is ek dankbaar. Dankbaar vir nog ‘n kans. Sterkte aan die wat nie nog ‘n kans kry nie. Dis nie in ons hande nie. Alles is deel van God se plan. Onverklaarbaar.

lettie ·

Die Here is groot en wonderbaar. Dis hard vir diegenr wat nie n tweede kans gegun word dat hul geliefdes leef nie. Tog is ons net tydelike bewoners op hierdie aarde. Na stof sal ons terugkeer. Nou ken ons net gedeeltelik maar eendag sal ons ten volle ken. Sterkte aan die wat met pyn worstel. Gee jul seer oor aan die Here, ons Skepper sodat Hy jul harte kan genees.

Jakkie ·

Ons Heer is groot. Niks is ooit on moontlik by Hom nie. Dankie ons Hemelse Vader!!!

aletta coertze ·

My broer se seun was 3 jaar oud toe hy in hulle swembad geval het ons het nog gery om vir hom ‘n tjoepie te gaan haal. toe hulle verby die kombuis loop wat op die groot swembad uitkyk toe sien my broer iets dryf in die swembad hy het dadelik begin hardloop toe sien hy dit is sy seun. Hy het onmiddelik hom gegryp en cpr gedoen my ex man se al wat jy kon sien is die groot blou oe wat stokstyf staan en gesig opgeswel van al die water. 10 minute cpr gedoen my ex man vir my broer gese het George laat die ambulans moet kom My broer het daar met sy seun in sy arms vir God gebid en gevra om hom te spaar hy het hom onderstebo gehou en op sy magie gedruk al die water en kossies wat hy geeet het uitgekom. Toe die paramedics opdaag en verder aangaan en met hom hospital toe jag het die dokters gese dat dit ‘n miracle is dat hy nie dood is nie wat hy het n tydperkie gedryf. As hulle ook nie onmiddelik cpr toegepas het nie het die dokters gese was hy dood. Ek het gese daardie dag is niks ontmoonlik met God nie hy het sy lewe vir hom gespaar geen breinskade hy was die volgende dag ontslaan net is nou al 23 jaar oud.

Theresa ·

Bly saam met jul! Prys die Here hiervoor – jul gebede is verhoor en dit gee mens sommer weer moed oor gebed, hoop en vertroue.

Candice ·

Dit is n wonderwerk en dankie vir die berig. Ons vergeet daagliks watter wonderwerke die Here berig soos die en die van Aletta. My hart breek vir die mamma’s en pappa’s wat n klein ou mensie verloor, ek weet nie wat ek sal doen as ek my seuntjie moet verloor nie maar ek dank die Here elke aand dat my ou seuntjie veilig in sy bedtjie slaap.

Antjie ·

Liewe Karma….
Niks in d wereld sal jou kan oortuig nie…
My kind was maar een toe hy omtrent 2ure dood was voor die Dr’s hom stabiel kon kry om hom per helikopter Garden City toe te neem.
Daardie dag het ek besef ek verdien GLAD NIE dat hy moes lewe nie…
Maar iets (of dan Iemand) beter en sterker as die slim Dr daar het n sê in dit alles gehad….
Ek het eintlik verdien dat my traagheid om d net op ons swembad te kry tot my kind se dood moes ly…ek het verdien om lewenslank gebukkend te gaan deur dalk n kindjie met breinskade oor te hou….maar die HERE het dinge omgeswaai….HY het my kind se brein gespaar en hy is vir n tweede keer, perfek en normaal aan my teruggegee.

Hoekom God dit nie vir almal wat glo en bid gee nie, weet ek nie.
Ek kan net getuig wat ek voor my eie oë sien gebeur het.

Wat ek probeer sê: Soms gebeur die onwaarskynlike met n mens en dan weet jy dit kom van iewers bo jou.

Ek weet nie of jy iewers baie seer gekry het en of jy swaar kry nie. Maar ek weet God sal sorg op maniere wat jou totaal kan verbaas, as jy Hom die kans gee.
Mag dit met jou goed gaan en mag jy dalk ook die vrede vind waarna jy soek.

Karma ·

@Antjie …. sjoe, ek voel nou sommer skoon …. wel, klein. Ek het geensins probeer om die hartseer insident van jou kind se verdrinking af te maak as niks nie. Jy moet jouself nie kasty oor sy ongeluk nie – hy kon ook in 5cm water, terwyl hy gebad het, verdrink het. Hoewel ekself nie kinders het nie, het ek al gewerk met kinders wat serebraal en andersyds erg-gestrem was na ‘n soortgelyke insident. Dit is, om die minste te sê, emosioneel dreinerend en ek is so bly dat jy en jou gesin dit gespaar is.

Wat ek met my pos probeer sê het, is dat mense geneig is om alle eer en wonderlikheid en wat nogal ook aan ‘n God te gee terwyl dit eintlik die dokters en vordering op mediese gebied was wat jou kind se lewe gered het. Ek het nêrens seergekry of so iets nie, maar ek het net op ‘n dag retrospeksie gehou en toe tot die slotsom gekom dat as God so groot en almagtig is, sou die wêreld ‘n Utopia gewees het: geen natuurrampe, geen hongersnood, geen oorlog, geen moorde/misdaad nie – net vrede en voorspoed. Maar, natuurlik, lewe op aarde is geensins net gevul met vrede en voorspoed nie, nè?

Willemien ·

Loof die Here vir sy groot genade! Ek is so dankbaar saam met julle.

sus ·

Dis vreeslike hartseer verhale maar as God so groot is hoekom het daai seuntjie in die eerste plek in die swembad geval? Waar was God toe?

SNEL ·

Wonderlike getuienis hierdie!!

Sus, hoekom moet God altyd die skuld kry vir alles. Hoekom is dit nie Satan wat die hekkie oopmaak na die swembad toe nie, of wat iets op jou pad sit en n ongeluk gebeur nie, en dat dit egter God is wat jou help deur die seer in daardie tyd, dat dit Hy is wat jou in die gebroke wêreld met sy seer, moord en slegte goed net wil by staan, verstroos en help nie. Die vyand loop rond soos n brullende leeu. As hy jou geloof steel, het hy jou net waar hy jou wil hê. Slegte dinge gebeur in die wêreld, maar God is juis ons toevlug. Om deur n situasie met God te gaan, is baie makliker as om alleen daardeur te stoei.

Pastoor ·

Sus God was nog altyd daar want Hy is alommteenwoordig. Ons bly in n onvolmaakte wereld. Ons ken nou ten dele maar sal eendag ten volle ken. Wees bly saam met almal vir n Wonderwerk. In my huis het ookal n paar plaasgevind

Tony ·

Dankie vir die baie mooi getuienis. Ons is almal die een of ander tyd af. Dan kom so n getuienis , dan bessef jy weereens jy aanbid n God wat steeds wonderwerke in vandag se tyd doen.
Wat n wonderlike God

Yolandi ·

Mense met klein kinders moenie swembaddens hê as hulle nie verantwoordelik genoeg is nie. Hoekom was die net nie op nie. Ek raak kwaad as ek kinders sien “suffer” as gevolg van hul ouers se nalatigheid.

Alfrieda ·

Amper presies dieselfde omstandighede met my seuntjie toe hy 10maande oud was. Hy was vir 45min bewusteloos. En vn hy by gekom het was daar GEEN teken van enige skade nie. God is verseker groot. Maar ek moet sê. Hy is nou 5jr oud en hy sal maklik vir iemand sê….. “Jesus het my uit die water gehaal” Mens weet nie wat hul kan onthou nie. Maar ek weet verseker hy onthou hoe Jesus hom gered het xxx. Jou storie het my weer in trane. Nie van hartseer nie. Maar van dankbaarheid xxx. Vir my en julle part. Dis n seer en skrik wat mens nooit sal vergeet nie. Maar dis n Genade en Barmhartigheid wat ALLE verstand terbowe gaan xxxx

Cobus ·

Ja die Lewende God, skepper van heelal is onbeskryflik groot. Ons prys hom vir die dinge wat ons waarneem en sien, daar is egter ontelbare wonderwerke wat ons glad nie van bewus is nie wat Sy grootheid onmeetbaar maak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.