10 dae, R100 000 se geskenke: Wen een van 10 boekpakke met NB-Uitgewers

Van die boeke wat by die boekpakke ingesluit sal word

Maroela Media, jou lekkerste bron van nuus, jou tuiskomsplek, jou heenkome, vier vanjaar ons 10de verjaarsdag! Om dié spesiale verjaarsdag te vier, het verskeie ondernemings en organisasies hand bygesit om ons lesers te bederf.

NB-Uitgewers bederf tien Maroela-lesers met wonderlike boekpakke met ʼn totale waarde van R17 500!

Dié boekpakke bestaan onder andere uit kinder- en jeugstories, ʼn kookboek, ʼn niefiksieboek en ʼn paar fiksieboeke. Die boekpakke se waarde beloop elkeen minstens R1 400 en is ʼn groot bederf vir enige boekwurm!

NB-Uitgewers publiseer onder sewe hoofdrukname: Tafelberg, Human & Rousseau, Queillerie, Pharos, Kwela, BestBooks en Lux Verbi. Afrikaanse liefdesverhale word onder die drukname Jasmyn, Melodie, Satyn, Hartklop en Mirre gepubliseer.

NB-Uitgewers is die grootse plaaslike algemene uitgewery in die Suid-Afrikaanse boekemark en is die markleier in volwasse fiksie, kinder- en jeugboeke en nie-fiksie. By NB-Uitgewers kan jy alles kry van populêre fiksie tot literêre fiksie en nie-fiksie, van liefdesverhale tot treffende politieke onthullings en biografieë, en kookboeke, gesondheid en tuinmaak en humor tot boeke vir jong volwassenes sowel as prenteboeke en massamark-kinderboeke en woordeboeke.

Die sluitingsdatum van hierdie kompetisie is 10 Augustus 2021 om 23:45.

Onthou, hierdie is maar net een van die geskenke wat Maroela weggee tydens ons 10 dae, R100 000 se geskenke-veldtog om ons 10de verjaarsdag mee te vier. Maak seker dat jy van 20 Julie tot op die dag van ons verjaarsdag, 29 Julie 2021, elke dag net hier op maroelamedia.co.za inskakel – ons gaan elke dag wonderlike geskenke weggee!

Wen ʼn NB-Uitgewers-boekpak

Die kompetisie het gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.