10 dae, R100 000 se geskenke: Wen twee SPAR-geskenkbewyse van R5 000 elk

Maroela Media, jou lekkerste bron van nuus, jou tuiskomsplek, jou heenkome, vier vanjaar ons 10de verjaarsdag! Om dié spesiale verjaarsdag te vier, het verskeie ondernemings en organisasies hand bygesit om ons lesers te bederf.

SPAR bederf twee Maroela-lesers met ʼn geskenkbewys van R5 000 elk!

SPAR streef daarna om die beste gehalte produkte, vars vleis en gebakte goedere – wat selfs ouma se goedkeuring wegdra – elke dag teen die beste prys te verskaf. SPAR se ses verspreidingsentra, wat meer as 850 winkels bedien, bied die geleentheid om presies aan gemeenskappe te bied wat hulle nodig het – teen bekostigbare pryse. Jy is mos deel van ons SPAR-familie en familie verdien net die beste.

Geskiedenis van SPAR

Toe kruideniersware-kettingwinkels in die 1960’s in Suid-Afrika sy opwagting gemaak het, het ʼn groep van agt groothandelaars in 1963 die eksklusiewe reg bekom tot die SPAR-naam en -handelsmerk en 500 kleinhandelaars bedien.

Mettertyd en ná talle samesmeltings en oornames, bedryf SPAR Groep Bpk tans ses verspreidingsentra en een Build It-verspreidingsentrum en verskaf goedere en dienste aan meer as 1 000 SPAR-winkels oor Suider-Afrika heen. 

SPAR se waardes en kultuur

Daar is iets anders daaraan om by SPAR inkopies te doen en dit is omdat ons ʼn kultuur geskep het van omgee en om ʼn gemeenskap te bou sodat ons klante deurlopend hul inkopie-ervaring kan geniet in ʼn vriendelike, gesinsgeoriënteerde winkel. Niks beteken meer vir ons as ons gewaardeerde klante nie, en ons glo daarin om die tweede myl saam te loop om vir hulle net die beste te gee. Van die beste produkte tot gewillige en vriendelike personeel wat belangstel in ons klante se persoonlike behoeftes.

SPAR se belofte

In ons strewe om vir ons klante ʼn lekker en onvergeetlike inkopie-ervaring te gee, bied ons meer as 1 000 eksklusiewe SPAR-handelsmerkprodukte wat landswyd by ons winkels beskikbaar is.

Ons gebruik slegs die beste en varsste bestanddele en verskaf gehalteprodukte teen mededingende pryse. Om seker te maak dat ons op die voorpunt bly van handelsmerkstandaarde, word ons produkte maandeliks deur ʼn onafhanklike laboratorium getoets. Omdat ons so seker is van die gehalte daarvan, bied ons aan klante ʼn “Double Your Money Back Quality Guarantee” op al ons SPAR-handelsmerkprodukte – insluitend vars produkte wat by ons aangekoop is.

Ons doelwit is om aan klante uitstekende gehalte te bied van die hoogste standaard, met uitstekende en persoonlike diens in ʼn vriendelike gemeenskapsomgewing.

Die sluitingsdatum van hierdie kompetisie is 15 Augustus 2021 om 23:45.

Onthou, hierdie is maar net een van die geskenke wat Maroela weggee tydens ons 10 dae, R100 000 se geskenke-veldtog om ons 10de verjaarsdag mee te vier. Maak seker dat jy van 20 Julie tot op die dag van ons verjaarsdag, 29 Julie 2021, elke dag net hier op maroelamedia.co.za inskakel – ons gaan elke dag wonderlike geskenke weggee!

Wen een van twee SPAR-geskenkbewyse ter waarde van R5 000 elk

Die kompetisie het gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.