Boesemmaats het SA gaande: ‘Ek glo dit is uit die Here se hand’

Van links is Miné Ernst, Ntumisang Mokgotu, Pieter Ernst, Teko Mokgotu, Ilne Ernst en Refilwe Dirulelo. (Foto: Verskaf)

“Ek is bietjie oorweldig deur al die aandag. Ek was nog nooit een vir die kollig nie. Maar ek glo werklik dat dít uit die Here se hand kom en dat Hy dit gebruik om soveel vrede en soveel glimlagte te bring. En as dit is hoe Hy ons gebruik, dan kan ek dit nie vir myself hou nie.”

Só sê Rika Ernst nadat die kinders op hul plaas naby Klerksdorp in Noordwes ʼn oornagsensasie geraak met hul dierbare gesprekke in vlot Tswana.

Video’s van Rika en haar wildsboerman, Pieter, se drie kinders wat met vier van die werkers se kinders op die plaas land en sand Tswana gesels, het Suid-Afrika gaande. Sosialemediagebruikers kon vandeesweek nie genoeg kry van dié kosbare vriendekring en die naatlose oorbrugging tussen die twee kulture nie.

ʼn Facebook-video van die kinders wat ʼn deurryrestaurant naboots en wegneemetes bestel, alles in vlot Tswana, is teen Vrydagoggend ʼn allemintige 337 000 keer gekyk en meer as 10 000 keer gedeel.

Teko Mokgotu en Pieter Ernst is mal oor die plaaslewe. (Foto: Verskaf)

Ernst vertel aan Maroela Media sy en haar man woon al tien jaar op hul plaas Bona Bona buite Klerksdorp. Dit is hier waar hul drie kinders, Miné (8), Pieter (6) en Ilne (4), gebore is en grootword. Gadifele Lobisa Kgasu en Florah Mokhatsi Selebano, wat as huishulpe by Bona Bona werk, se moedertaal is Tswana. Ernst het hulle versoek om altyd net met haar kinders Tswana te praat.

Boonop word Miné, Pieter en Ilne saam met hul maats Refilwe Dirulelo (15), Ntumisang Mokgotu (11), Katlego Dladla (10) en Teko Mokgotu (7) op die plaas groot en word daar elke middag en oor naweke heerlik gespeel – altyd in Tswana.

“Miné was drie jaar oud toe sy al vlot Tswana kon praat en Pieter was omtrent vyf jaar oud toe hy vlot kon praat. Ilne kan nog nie vlot praat nie, maar sy verstaan al en begin kort sinne praat,” sê Ernst.

Ilne Ernst (4) en haar groot maatjie, Onkarabetse Dladla (5). (Foto: Verskaf)

Sy vertel sy het op Lady Grey in die Oos-Kaap grootgeword en was as kind ook omring met maatjies wat Xhosa gepraat het. Op dié manier het sy vinnig Xhosa aangeleer en kan dit tot vandag toe vlot praat. Omdat daar so baie Tswana op die plaas gepraat word, het sy dit ook aangeleer, maar sê sy kan dit nog nie vlot praat nie. “Ek praat Tswana met Gadifele en Florah, maar my Tswana is nog maar gebroke. Maar ek probeer dit leer,” sê sy.

Sy vertel sy doen ook moeite om die werkers se kinders Afrikaans te leer en net met hulle in Afrikaans te praat, en al vier kan nou al vlot Afrikaans praat.

Ernst sê omdat sy weet hoeveel dit vir haar beteken het om haar lewe lank Xhosa te kon praat, wou sy die geleentheid skep vir haar kinders om ook ʼn Afrikataal te leer terwyl hulle jonk is. “Ek is baie lief vir mense en het in my lewe gesien hoe my vermoë om ʼn Xhosasprekende se taal te kan praat, net die mure tussen die verskillende kulture afbreek,” verduidelik sy.

Op dié plaas doen hierdie groep maats alles saam – al sukkel die jongste lid van die groep soms om by te hou! (Foto: Verskaf)

“Daar is net onmiddellik daardie respek en warmte tussen julle en die afstand tussen my en die persoon is dadelik weg. En dít is wat ek vir my kinders wou hê. My kinders sien regtig nie kleur nie. Ons is so lief vir hulle en hulle is lief vir ons. Ons is goed vir mekaar. As jy weet hoe lief die Here jou het en jy kan al daardie liefde in jou hart toelaat, dan loop dit oor en vloei outomaties uit na almal om jou. Liefde verdra alles en vergewe alles. Selfs in ons land met sy swaar geskiedenis kan ons hierdie ongelooflike brûe bou.”

Ernst sê dit was vir haar aanvanklik oorweldigend toe die video’s so baie aandag begin uitlok het, maar dat sy tog vrede in haar hart daaroor het. “My gebed is dat die Here my en my kinders moet gebruik waar Hy ons nodig het en toe gebeur dít. Ek wil altyd my kinders beskerm, maar ek glo regtig dít is iets wat die Here ten goede gebruik.”

Boesemmaats.(Foto: Verskaf)

En weet haar kroos hoe mal Suid-Afrika oor hulle is? “Nee, hulle is geensins bewus van wat aangaan nie. Dit gebeur al lankal dat mense in Klerksdorp hulle voorkeer om met hulle geselsies te maak oor die Tswana-pratery, so dit is nie vir hulle meer vreemd nie.”

Sy sê Gadifele en Florah is egter baie opgewonde oor die positiewe reaksie en bly om te sien hoe hulle moeite om die Ernst-kinders Tswana te leer nou geloof en waardeer word.

Proudly SA! ???????? As iemand vandag te lui is vir kos maak… Bona Bona Buisfontein KFC is oop???? let wel, NET die ‘drive thru’????

Posted by Rika Ernst on Sunday, July 21, 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Pffft ·

Tog begin die video se naam “White girl” . Leer eerder Brits.

Alida X ·

@Pffft, wat maak dit saak dat dit sê “White girl”? Ek sien nie dat sy ‘n ander kleur bv. pienk of pers is nie.
As mense tog net wil stop om altyd kleur te betrek. My vel is wit, “So what” Dit maak mos nie van my ‘n rassis nie.
Op baie plase word daar geslagte gelede tot vandag oor en weer gespeel. Dit is die maatjies wat jy daar het.
Goed as die kinders die taal magtig is. Mense het respek vir jou as jy hulle taal praat. Spyt ek is nie ‘n swart taal magtig nie.

snoekie ·

Ai ou Pffft, lykmy jyt nie lekker geslaap laas nag nie. Jys vreeslik grumpy

Pffft ·

@Alida X, jy bewys my punt. As kleur nie saak maak nie, hoekom die video die titel gee “white girl” ?

Kobus Rudolph ·

Êêê mma. Mmalo!! Agaaaa! Ke lethabo le legolo go kwa bana bao, ge ba bapala. Batswadi ba bôna, le dirile gabotse ka nnete. Ka go bolêdišana re ka fetola dilo tše dintši mo lefaseng la rena. Morêna Mandela o itše: “Ge o bolêla polêlo ya motho, o bolêla go tsena pelong!” Ke leboga bana! Le re šupa gore re ka phedišana mo. Ke kgopêla kudu-kudu, mmušo wa rena wa dikolong, theêlêtša!!! A re thômeng gape go ruta dipolêlo tša rena, dikolong!!!

“Motho ke motho ka batho!” Justus Tshungu.
Gabotse!

Gerda ·

Te oulik! Julle as ouers kan saam met die werkers trots wees.

Sandy ·

Dis nou die toekoms. Verdraagsaamheid. Die kinders se ouers leer hulle reg, mens moet met almal verdraagsaam wees, al is die kulture en tale anders. So kostelik die kinders om so glad Tswana praat.

Landvaneensydigheid ·

Jammer meeste afrikane leer nie hulle kinders dieselfde nie. Verdraagsaamheid misluk as dit net van een kant af kom…

nakka ·

so lekker dat die eerste berig wat ek sien nie oor politiek gaan nie, regtig g**vol vir al die bakleiery, kan ons nie almal so in harmonie lewe.

Jan ·

Dink jy ons kan in vrede en harmonie lewe met iemand wat jou grond wil onteien sonder vergoeding en jou ekonomies kniehalter.

Linda ·

Hier is weereens n bewys dat verskillende rasse wel goed met mekaar oor die weg kan kom !!! Dis mooi !!!

Maria ·

Intersant en so mooi gebare jammer ons groot mense kan nie soos kinders wees nie. Dink aand woord Jesus gese laat kinders na my toe kom…..nou dit wat Jesus vir ons wys hoe ons moet wees. (Wees lief vir jou naaste as jouself) Vergewe ons en laat ons ook verander soos hierdie kinders soos U wil geskied.

hercu ·

omdat ek Sesotho kan praat het ek lank gelede tydens ‘n hofsaak gehoor dat die tolk nie die waarheid tolk nie – daarna uitgevind die tolk en beskuldigde was familie – sodoende het die staat die saak gewen!

as jy kan leer net ‘n paar woorde, soms maak dit deure oop!!

Bridget ·

Dit is so wonderlike mooi storie dis wat ons wil lees en sien nou sal jy wraggies een kry Pffff wat alles wil bederf maar jammer die storie is te mooi dat jy dit kan bederf

Lolla ·

Ai shame toe ek ‘n kind was en dit is baaaaaie jare terug, was my maatjies ook net swart gewees. So hoekom is dit nou so nuuswaardig?

Jan ·

Lolla, het jy toe jou swart maatjies se taal gepraat en kan jy dit nog steeds praat? Dit is mos eintlik waaroor dit hier gaan. Hope van ons het met swart maatjies groot geword maar nie hul taal aangeleer nie en ek is tot my spyt een van hulle. Waarom so n suur houding?

Jan ·

JJ soos wat jy ouer word en ontwikkel begin jy ń voorkeer kry vir jou eie taal en kultuur, dit is heeltemal normaal en natuurlik.

Lolla ·

My pa was baie verplaas en dit is amper 55 jaar terug so al wou ek baie graag was dit nie moontlik gewees nie.

M ·

Lolla ek stem. Groot geword op n plaas en saam met swart kinders gespeel en kan Zulu vlot praat. Weet self nie wat die bohaai is nie. Nog altyd gese ons Afrikaners is opgeskeep met hullself. Kommentaar hier wys net hoe pateties die ou nasie van ons geword het.

Quintus ·

Want Lolla, ons gewone Burgers (ongeag kleur) het nie probleme met mekaar nie – ons kom goed genoeg oor die weg sonder om seer te kry of sleg te voel oor wie ons is en waar ons vandaan kom ! Die Wolf wat ons bedreig is politikuste wat geld maak uit rasisme of selfs hul-self regverdig deur rasisisme vir watter rede ook al. Ek het nie ‘n probleem met met enige ander Burger van hierdie land in my huis of werk omgewing nie – maar as enige Burger van hierdie land in my erf gevang word (met voorbedagte rade) – gaan sy familie hom nooit weer sien nie, sonder dat my familie of bure ooit daarvan weet.

Hallelujah ·

Goeie fantastiese nuus op ‘n Vrydag – mens kry sommer net ‘n glimlag op jou gesig. Kan net dink hoe flippen lekker hierdie kinders speel en net wees wat hulle is – want hulle is ‘n gawe van God. en die feit dat hulle net met mekaar kan praat en nogal in Tswane. Sjoe Pappa en Mamma wees so trots. Man ek glimlag sommer net om te kyk na hulle :-)

Anna Patat7 ·

Fantasties – ek ken Setswana, Sotho. skoonma praat Zulu en ek dink hierdie video’s moet vir Malema gewys word…

Anna Patat7 ·

Kyk daar en selfs ek met my Tswana en Sotho het al verskeie kere in winkels dinge reggemaak asook by die werk waar verkeerd gepraat is … eks trots op elkeen wat probeer n ander taal leer…

Dankbaar ·

Baie dankie Maroela Media vir die plasing van hierdie pragtige opbouende berig.
Dankie aan die betrokke mense op daardie plaas dat julle jul mooi natuurlike leefwyse en interaksie met mekaar met ons deel.
Dankie vir die getuienis van die leefwyse van Kinders van Die Here wat nou baie wyd uitgedra word.
Mag die hele wereld kennis neem van die goeie en mooi onderlinge verhoudings wat daar by verreweg die meeste mense in Suid Afrika bestaan terwyl ons met trots elkeen sy/haar eie taal en Kultuur bly koester.

H ·

Pffft en Lolla, wanneer emigreer julle, dat ons ontslae kan raak van negatiewe denke. Ons almal sê, glo en vertrou, maar dan is daar altyd iemand wat twyfel en nie glo nie.

maraai ·

Sandy, dit het niks met apartheid op rasisne te doen nie, ek is 61 jaar oud en het in my tyd(apartheid )net Sotho maaitjies gehad, ek kan ook vlot die taal praat, ons het niks van rasisme of politiek geweet toe ons kinders was nie, eers nou se dae dat ons dit sleg ervaar. Ons was nie bang vir ander mense soos nou nie, niemand het jou kom vermoor of seergemaak of verkrag nie, ek dink die een is ‘n baie positiewe storie,dankie daarvoor.

Kraai ·

Dit laat my dink aan my plaaslewe dae toe ek nog jonk was. Al verskil dit was nie politiek ge-orienteerd nie. Die plaas werkers het my oorlede ma gesien as hulle plaas dokter. Sy het hulle gesond gemaak met boereraat-medisyne en hulle het in dit geglo.
Ek het nou die dag oor die radio gehoor, ons moenie ons blindstaar dat boererate of goedkoper toonbankmedisyne glad nie kan gesond maak nie. Dit KAN.

Wasaltydso ·

Ons was maaitjies onder apartheid en dit speel nie goed af onder hulle propoganda van apartheid was genocide nie. Ons het saam groot geword, saam zulu gepraat, saam skool toe en saam grens toe. My broeder sal veraltyd onthou word. Dood gemaak deur die einste ANC voor Luthuli huis maar hulle vir verdraagsaamheid aan ons preek…

Mia Muis ·

Ek het grootgeword op ‘n plaas wat teen die ou Bophuhatswana gegrens het. Gelukkig was ek van die bevoorregtes om Setswana te kon leer praat, lees en skryf!! Ons naaste bure (Blanke) was so 60Km van ons plaas en ons het saam grootgeword met die werkers op die plaas se kinders. Dus is ek vandag een van die bevoorregtes om nogsteeds vlot in Setswana gesprekke te kan voer. Ek kan selfs in Sesotho myself help, want dit is baie na aan mekaar vervand. Ek het ook al agtergekom dat meeste anderskleurige mense jou met meer respek behandel omrede jy hulle taal kan praat, want hulle voel dat hulle Afrikaans en Engels moes leer praat. Ek ,moet ook saamstem dat dit my al BAIE in my alledaagse lewe gehelp het in situasies waar ek gesprekke kon volg en die omstanders nie besef het ek verstaan wat hulle sê en beplan nie.

Mia Muis ·

Ek het grootgeword op ‘n plaas wat teen die ou Bophuhatswana gegrens het. Gelukkig was ek van die bevoorregtes om Setswana te kon leer praat, lees en skryf!! Ons naaste bure (Blankes) was so 60Km van ons plaas en ons het saam grootgeword met die werkers op die plaas se kinders. Dus is ek vandag een van die bevoorregtes om nogsteeds vlot in Setswana gesprekke te kan voer. Ek kan selfs in Sesotho myself help, want dit is baie na aan Setwana vervand. Ek het ook al agtergekom dat meeste anderskleurige mense jou met meer respek behandel omrede jy hulle taal kan praat, want hulle voel dat hulle Afrikaans en Engels moes leer praat. Ek ,moet ook saamstem dat dit my al BAIE in my alledaagse lewe gehelp het in situasies waar ek gesprekke kon volg en die omstanders nie besef het ek verstaan wat hulle sê en beplan nie.

Bern ·

Dit is regtig so mooi video. Wel gedaan mamma en pappa. Jul maak die lewe vir jul kinders baie makliker. Ek gan my twee laat aanhou met tswana al verhuis ons na Canada binne kort.

Susan ·

This is the sweetest thing I have seen in years! Just love it – so innocent and special!

Blommie ·

WEL ek is ook maar een van daai wat TWYFEL en ek sal MORE my tas pak en trek as ek daardie geleenthied gehad het.
WAT MY SO BOOS maak, kwater as N MENS is ej het nie in die appartheidsjare regtige groot geword nie. Ek was 8 in 1995 en het nie verstaan waaroor dit gegaan het nie.
MY BESTE maats was swart, ons het ELKE middag SOKKER gespeel en boomhuisies gebou en klei lat gegooi en en en so kan ek aangaan, VET PRET GEHAD.
En soos ek ouer geword het, het al hierdie rassistiese DINGE beging kop uitsteek van DIE WIT DIT EN DIE WIT DAT en ONS SAL JULLE GROND VAT EN JULLE DIE SEE INDRYF. Nou ja wat dink julle MOET enohge normale mans se van die land, dink daar is n toekoms vir my en my kinders in de land. DIE NARE harde WERKLIKHEID is dat daar altyd mense sal wees wat die appartheid gebruik as n verskoning. wat het geword van ALMAL se menslikheid, KYK HOE WORD WIT MENSE in die HOF uitgebyt en n voorbeeld gemaak van en die res is n tik oor die vingers. Nie te mins is ek BLY dat daar nog kinders is wat SPEEL kan ervaar sonder KLEUR. DIE LAND HET MY SUUR GEMAAK MET SY POLITIEK

Jessica ·

Nothing new we played with other race kids when i was a child, now that i’m grown up and have kids we don’t just let them play but we take them in to visit and stay, my daughter has many other race kids who are part of family, NOTHING NEW

Franje ·

Volpunte!!!! In die 80’s op familie se plaas tussen Delareyville en Ottosdal het ons met die kinders van die statte gespeel. Wonderlike memories. Daai woord wat mense tronk toe stuur plus -tjie was jou preferente maatjie.

Lee ·

Dit is so oulik. Het gister die video gesien. Wens almal in SA en die wêreld wil so goed oor die weg kom. Dit was regtig iets goeds om te sien. Ons het ook altyd saam met die plaaswerkers se kinders gespeel. Beste pelle ooit!

Roxy ·

Dit is amazing. Werklik iets wat nie elke dag gebeur nie. Wens die grootmense kan ook so wees en nie net heeltyd in kleur vas staar nie. Mooiste kids. Pas hulle mooi op.

Kuhn ·

Ek is so bly vir die kinders wat nie in kleur vaskyk soos ons groot mense nie hendrik verwoerd was verkeerd gewees apartheid was verkeerd en sal altyd wees eks so gatvol dat 31 persent nee stemmers rassis is en al die skuld op fw de klerk pak

ANC ·

For no one is born to hate… Die beste foto, video en artikel wat ek nog gesien het. Ek bid dat die gesindheid en vriendskap tussen daardie kinders sal blom tot in lengte van dae. Ek het beslis n lewensles geleer. Hoop die klomo suurknolle op MM doen ook.

nabetragting ·

Baie van die kommentare en hierdie artikel verteenwoordig die gevoel en hoop van die wat ja gestem het vir die veranderinge in SA, vanaf 1994. maar helaas, vandag sit ons met ‘n ANC regering wat hierdie land tot voor ‘n onheilspellende afgrond gebring het. ‘n Droom wat verpletter is deur onkunde, regstellende aksies, bedrog, grondgrype, wanbestuur, moord, aanhits van rassehaat, magsbeheptheid, ens, ens, ens. Wat het van my/ons Afican dream geword” ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.