ʼn Kaapstadse verkeersbeampte moes Vrydagoggend help om ʼn baba op die N2-snelweg in die lewe te bring.
Richard Coleman, woordvoerder van die Kaapstad-verkeersdienste, het gesê Amanda Fojo was omstreeks 07:00 besig om ʼn boete aan ʼn taxibestuurder uit te skryf, toe ʼn motor langs haar stilgehou het.
Die motoris het gevra of Fojo hulle na die Mowbray-kraamhospitaal kan vergesel omdat die passasier in die motor in kraam was.
“Fojo het die situasie opgesom en besef die baba sou enige oomblik arriveer. Sy het daarom haar verloskundige-vaardighede ingespan en gehelp om ʼn gesonde babaseuntjie in die lewe te bring,” het Coleman gesê.
Verkeersbeamptes het daarna die ma en die baba na die hospitaal vergesel. Die ma en baba is gelukkig en gesond.
Dis nou ‘n wonderlike berig en goeie nuus. Bly almal is gesond