Borg ’n wiegie en help red ’n weggooibaba se lewe

Foto ter illustrasie. (Foto: Omar Lopez/Unsplash)

Dit is ʼn hartverskeurende werklikheid in Suid-Afrika: sowat 3 000 kinders word jaarliks in ons land deur hulle ma’s en pa’s aan hulle eie lot oorgelaat.

Volgens ʼn 2018-verslag van die Mediese Navorsingsraad is 65% van hierdie kinders pasgeborenes. Die oorblywende kinders in die studie is 90% nog jonger as ʼn jaar oud. Daar word verder geskat dat twee kinders dood gevind word vir elke kind wat lewend gekry word.

ʼn Plek wat hoop en ʼn alternatief wil skep vir hierdie babas is Door of Hope Children’s Mission in Johannesburg.

Desirae Pillay, kommunikasiebeampte van die organisasie, het uit Glenvista met Maroela Media gesels oor die werk wat Door of Hope hiervoor doen.

Die organisasie het al 232 weggooibabas ingeneem deur ʼn boks waar ʼn ma, wat nie kans sien vir ouerskap nie, haar baba anoniem kan kom plaas. Hulle het in die 21 jaar reeds altesaam 1 727 babas gehelp en 756 aannemings gefasiliteer.

Daar is tans sowat 65 babas in hulle sorg en Door of Hope het voortdurend die gemeenskap se ondersteuning met die versorging van hierdie kwesbare klein mensies nodig.

Pillay verduidelik hoe jy ʼn lewensredder vir ʼn baba kan word deur ʼn wiegie aan te neem. Luister na die volledige gesprek boaan hierdie berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.