Dié leser wen ‘n Jolly Trolley

Jolly Trolley

Jolly Trolley het sopas die splinternuwe 4×4 Deluxe Jolly Trolley bekendgestel – jou pak-esel met gemak!

Die 4×4 Deluxe Jolly Trolley is spesiaal ontwerp om die lewe makliker te maak. Hierdie is nie ʼn ossewa, kruiwa of groot trek-wa nie. Die Jolly Trolley 4×4 Deluxe kan selfs omskep word in ʼn gerieflike bankie wanneer jy die natuurskoon by die strand, piekniek of kampterrein wil geniet.

Een gelukkige Maroela-leser het in aanmerking gekom om ʼn Jolly Trolley 4×4 Deluxe ter waarde van R3 499,00 te wen. Baie geluk aan Andy van der Walt van Pretoria wat met dié heerlike prys wegstap.

Jolly Trolley gaan binnekort nóg ‘n waentjie weggee – bly dus ingeskakel op Maroela Media en skryf weer in indien jy nie dié keer die wenner was nie.

Hier is ʼn paar van die kenmerke van die 4×4 Deluxe Jolly Trolley:

  1. Dakkie vir sonbeskerming:

Geniet jou uitstappie na die strand of piekniek met die kleingoed in die Jolly Trolley. ʼn Dakkie beskerm die kleinspan teen die bloedige son. Die dakkie is opvoubaar met ingeboude paaltjies aan die raam wat moeiteloos wegvou wanneer dit nie gebruik word nie.

  1. Ekstra groot wiele vir enige terrein

Pak die strand of rowwe terrein met gerief aan met die ekstra breë wiele van die 4×4 Deluxe Jolly Trolley. Die 4×4 Deluxe Jolly Trolley se wiele trek maklik en is geskik vir enige avontuur.

  1. Veeldoelig en Ruim

Laai tot 100 kg van alles en nog wat – van kinders tot troeteldiere, koelersakke tot strandstoele. Die 4×4 Deluxe is jou eerste keuse vir uitstappies, kampeer, en pieknieks, wat die lewe moeiteloos gerieflik maak.

  1. Afslaan kante

Die kante van die sak kan met ʼn ritssluiter verwyder word, wat die Jolly Trolley dan maklik omskep in ʼn gemaklike sitbankie. Die kante maak dit ook makliker vir kinders of troeteldiere om in en uit te klim. Jolly Trolley vir jou gerief.

  1. Bypassende koelersakkie

Jy kan nou ʼn ekstra bykomstigheid vir jou Jolly Trolley bestel. Die koelersakkie sal jou somer-ervaring op die strand sommer baie “cool” maak. Hou jou en jou verfrissings “cool” terwyl jy ontspan.

  1. Maklik om skoon te maak en te onderhou

Die dubbele Oxford-materiaal is nie net duursaam nie, maar ook maklik om skoon te maak. Geniet die praktiese voordeel van ‘n netjiese en goedversorgde Jolly Trolley.

  1. Kompak en draagbaar

Die 4×4 Deluxe vou moeiteloos op, maak dit kompak en maklik om te dra en in enige bagasieruim in te pas. Neem dit oral saam en maak die lewe maklik.

Maak jou lewe maklik met Jolly Trolley!

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.