Foto’s: Koop ʼn ete vir dié skattige tierboskatjies

ʼn Skattige klomp tierboskatjies wat die afgelope paar maande gered is, word nou saam by die Johannesburg Wildlife-dierehospitaal versorg . (Foto: Johannesburg Wildlife Veterinary Hospital/Facebook)

ʼn Skattige klomp tierboskatjies wat die afgelope paar maande gered is, en nou saam by die Johannesburg Wildlife-dierehospitaal versorg word, sterk by die dag goed aan.

Die jongste toevoeging tot die groep, drie katjies wat verlede week deur die Heidelberg Dierebeskermingsvereniging (DBV) gered is, is na die dierehospitaal in Midrand gebring nadat hulle wees gelaat is.

“ʼn Ma se versorging is natuurlik die beste opsie. Dit is nie die ideaal dat ons hulle grootmaak nie, maar ons span staan gereed om hulle tot die beste van ons vermoë te versorg.

“Dit gaan goed met die katjies. Hulle het al 100 gram in die week wat hulle hier versorg word, opgetel, en hulle verslind omtrent die formulemelk wat ons vir hulle voer,” sê ʼn woordvoerder van die dierehospitaal.

Volgens Good Things Guy volg dié katjies se redding op ʼn groter operasie vroeër die jaar. Die platform berig dat meer as 70 wilde diere, waaronder drie tierboskatjies, in ʼn gesamentlike reddingspoging uit die greep van onwettige handel gered.

Dit is gedoen deur die Bloemfontein DBV, Virginia DBV, die departement van ekonomiese sake, kleinsake-ontwikkeling, toerisme en omgewingsake (Destea), en die Johannesburg Wildlife-dierehospitaal.

Die hospitaal het kort daarna met die #OneMeal-veldtog begin om geld vir die tierboskatjies se voeding in te samel. Danksy Jan Publiek se oop hand met donasies, kan die hospitaal formulemelk en kos vir die katjies voorsien.

“Die katjies wat pas by ons aangekom het, is ongeveer vier weke oud. Tans kos een voeding R12, dus R36 vir hierdie drie katjies per ete, en hulle moet elke drie uur kos kry. Dit beteken die dierehospitaal betaal R288 per dag om hulle te voer. Dan kom die res van die groep katjies se kos ook nog by.

“Van hulle is nou nog op formulemelk, maar daar is reeds van die ander katjies wat aan vaste kos voorgestel is. Dit sal wonderlik wees as mense kan help om maaltye vir hulle te borg.”

Besoek die Johannesburg Wildlife-dierehospitaal se webwerf om hulle te ondersteun of maak ʼn skenking vir die tierboskatjies se versorging met SnapScan.

THANK YOU to everyone who donated #OneMeal (or more!) for these young Serval (Leptailurus serval). We are sincerely grateful and hope you enjoy this video of one of them – both as a kitten enjoying their bottle, and now, eating on their own! As they are weaned, they are completely on solid food items now, and have a huge preference for birds. The lone serval that we introduced you to last week has joined these three, so now there are four serval growing up together. For the original post, click here: https://www.facebook.com/100046636943376/posts/853334816231075/?mibextid=cr9u03We treat indigenous animals free of charge, relying solely on the donations and support of our community.#keepingitwild #makingadifferencewww.johannesburgwildlifevet.com????: Sarah Kempen

Posted by Johannesburg Wildlife Veterinary Hospital on Wednesday, May 24, 2023

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.