“Die feit dat Senzo Mchunu, minister van water en sanitasie, gesê het dat die toestand van rioolafvalwaterbehandelingswerke ’n bron tot kommer is maar dat hy nietemin bemoedig is deur die 2021/22-verslag, behoort elke persoon in die land se nekhare te laat rys.”
Lees meerAlles vir Dinsdag 6 Junie 2023
Twee in hof oor KZN-dosent se ontvoering, moord
Shan Dwarika (61) was ʼn dosent in elektriese ingenieurswese aan die MUT.
Busse in Pretoria staan wyl Samwu staak
“Die stad vra groot om verskoning vir pendelaars wat negatief geraak word deur die onwettige staking.”
Unisa se registrateur voorlopig geskors
Die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) het Dinsdag bevestig die registrateur, prof. Steward Mothata, is voorlopig geskors.
Man vra nie borgtog ná vrou se brand-dood
“Dit is moeilik om hom in die hof te sien. Die kwade gevoelens vlam elke keer van voor af op,” vertel die oorlede vrou se seun.
Organisasies sê ‘nee’ vir nuwe apartheidswette
Afgevaardigdes sal op hul eie manier die Wysigingswet op Diensbillikheid (EEAA) teenstaan.
Skamele ekonomiese groei waarskynlik 2023-vooruitsig
Die meeste voorspellings dui stééds op skamele groei van tussen 0,2% en 0,3% vir die jaar in die geheel.
‘Vals narratief oor boere dryf plaasaanvalle’
TLU SA sê dis tyd dat onbekwame polisiestrukture vervang word.
Brittanje se reputasie ly skipbreuk oor media, regering – Prins Harry
Prins Harry, die hertog van Sussex, het nie geskroom om Dinsdag sy mening oor die Britse media en die regering in die hof te kenne te gee nie.
ToekomsVenster: ‘Ek kom niks kort nie’
Mag jy vandag, te midde van persoonlike omstandighede, die teenwoordigheid van die Here beleef.
Tientalle organisasies in protes teen ‘nuwe apartheid’
“Ons verwerp ʼn stelsel van ‘social engineering’ wat mag aan die minister van arbeid en indiensneming gee om die Suid-Afrikaanse samelewing op grond van ras te manipuleer.”
SA spring resessie net-net vry
Dié skamele dog welkome groeisyfer volg nadat sommige ekonome van FNB die land verlede week op ʼn “ligte resessie” voorberei het.
Appel oorheers weer dié Top-20
Dié musiekvideo van die snit is al meer as 407 000 keer in net twee weke gekyk.
Beter beurtkragvooruitsig dié week
Eskom sê dié nuwe skedule sal daagliks tot verdere kennisgewing geld.
Verkeersboete: Hoe ryker, hoe duurder
ʼn Welgestelde sakeman is onlangs ʼn boete van R2,4 miljoen opgelê toe hy 30 km/h vinniger as die spoedgrens gery het. In dié land word jou verkeersboete volgens jou inkomste bepaal.
Pampoenkraal: ‘Prys die Here’ sê sewe ná ontslag
“Dit was ʼn lang en emosionele saak, en dit was nie ʼn maklike besluit vir my nie. Ek het my besluit gegrond op die wet en die feite wat in die hof aangebied is,” het regter Bruce Langa Dinsdag tydens sy uitspraak gesê.
Murray meen hy kan nog topspelers stuit
Terwyl van die wêreld se voorste spelers nog spook om die klei van Roland-Garros uit hul wit sokkies te kry, het Andy Murray ʼn grasbaan-waarskuwing gerig.
MRK ondersoek lankal nie meer Ashwin-‘rasherrie’
Ashwin Willemse het in 2018 van die SuperSport-stel afgestorm ná ʼn woordewisseling met Nick Mallett en Naas Botha.
Apple stel peperduur virtuele realiteit-bril bekend
Die tegnologie-reus, Apple, het die week hulle nuwe virtuele realiteit-bril bekendgemaak en dit sal jou ʼn allemintige $3 500 (sowat R67 250) uit die sak jaag.
Afrika se vredesending na Rusland, Oekraïne begin binnekort
Die Russiese president, Wladimir Poetin, en Oekraïne se president, Wolodimir Zelenski, het albei reeds ingestem om ʼn vredesending vanuit Afrika te ontvang.