‘Vals narratief oor boere dryf plaasaanvalle’

(Foto: Maroela Media)

Die grusame plaasaanvalle en -moorde wat die land oor die afgelope agt dae geruk het, kan waarskynlik aan opruiende uitlatings oor boere toegeskryf word, het TLU SA Dinsdag gesê.

TLU SA verwys onder meer na uitlatings soos dié deur Cosatu, wat meen dat boere “verkragters en moordenaars” is, wat vyandigheid teenoor boere aanvuur.

“Volgens TLU SA se statistieke oor plaasaanvalle en -moorde – wat reeds sedert 1990 bygehou word – was daar in Mei vanjaar ʼn effense afname in hierdie misdade in vergelyking met dieselfde tydperk in 2022. Dit word ook in die misdaadsyfers wat ʼn week gelede bekendgemaak is, weerspieël. Die afgelope week se aanvalle wys egter dat daar iewers ʼn katalisator moes wees,” sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA.

“Ons wil weereens ʼn beroep op die Menseregtekommissie doen om ‘kwetsende’ uitsprake teenoor boere in ʼn ernstiger lig te beskou.”

Hegte vriende Hennie Claassen (78) en Anneke Claassen (76) is Saterdag op die plaas Klipfonteinhoek vermoor. (Foto: Verskaf)

Maroela Media het vroeër berig dat Anneke Claassen (76), bestuurder van Eggogrotte op Ohrigstad, en haar goeie vriend, Hennie Claassen (78), Saterdag wreed op die plaas Klipfonteinhoek vermoor is. Die slagoffers is in hul onderskeie huise op die plaas oorval, gemartel en aan die brand gesteek.

ʼn Bekende egpaar van die Weskus, Pierre en Belinda de Kock, se liggame is ook die afgelope naweek op hul plaas in die omgewing van Piketberg aangetref.

Daar is nie in een van die gevalle enigiets uit die plaashuise gesteel nie.

Van Zyl sê dat boere nie op die polisie of regering kan vertrou om hulle te beskerm nie.

“Dit is ook nie, soos in stede, so maklik om in landelike omgewings vinnige reaksie van veiligheidsmaatskappye te kry nie. Ons is dus op onsself aangewese om ons gemeenskappe te beveilig en die narratief oor boere – soos dat hulle werkers aanrand, baie geld het en grond gesteel het – te verander.

Pierre en Belinda de Kock is die afgelope naweek op hul plaas in die Piketberg-omgewing vermoor. (Foto: Facebook)

“Ons sal voortgaan om op landelike en persoonlike vlak met die polisie verhoudings te bou om sodoende ʼn beveiligingsnetwerk te vestig. Ons ondervind dat verskeie voetsoollede van die polisie steeds glo in wat hulle doen en onder baie moeilike omstandighede probeer om hul werk na behore uit te voer.”

Van Zyl sê TLU SA het simpatie met die talle uitdagings wat die polisie in die gesig staar, waaronder swak bestuur op topvlak en ʼn tekort aan hulpbronne en spesialismagte, maar dat dié uitdagings ʼn direkte invloed op die veiligheid van boere, hul gesinne en werkers, en eindelik ook voedselproduksie het.

“TLU SA doen ʼn dringende beroep op pres. Cyril Ramaphosa en die res van die kabinet om die minister van polisie, Bheki Cele, en bestuurslede wat nie hul pligte na behore uitvoer nie, te ontslaan en te vervang met toegewyde, lojale, pligsgetroue en ervare amptenare wat opgewasse is vir die taak om misdaad te bekamp.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Samuel ·

Al hierdie moorde en aanvalle op ons boere sal eers beperk word indien ons agbare Staatspresident sy narratief dat daar nie plaasmoorde in SA plaasvind nie, verander. Maar die waarheid praat is ver van hom.

Gert ·

Die regering sal nooit erken dat plaasmoorde plaasvind nie. Dit is dan deel van hulle beplande uitwissing van ons blanke volk!

Gaitsigubib ·

Trump is die enigste staatshoof in die wereld wat Rampie daaroor uitgevra het toe laasgenoemde die VSA besoek het. Die media het amper n floute gekry. Hy mag n paar krake in sy persoonlikheid he maar ek dink hy verdien meer respek van Afrikaners as wat tans die geval is. Enige stem vir ons stryd moet ons respekteer en soos goud bewaar. Sterke aan die mense wat tans sukkel om tot terme te kom met jul verlies.

Hennie Biebouw ·

Ek wil graag weet waarom die Wes-Kaapse polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad aangewys is om die Pierre en Belinda de Kock saak te ondersoek? Erken die polisie hiermee dat plaasmoorde inderdaad georganiseerde misdaad is? Of sinspeel hulle daar op dat die slagoffers betrokke was by georganiseerde misdaad?

annie ·

… en dieselfde tipe aanslag word al jare teen Rusland gevoer met wêreldwyde negatiewe gevolge.

Gaitsigubib ·

Dis regtig nogal ‘n hartelose vereenvoudiging van die konflik daar. In die res van die wereld (en by ons) is daar mense wat so praat oor die Boere hier op die plase. Die mens is so bloeddorstig tot sy eie nerwe op die spel is.

Hoekom ·

Ek was ongelukkig nie onder die indruk dat die konflik afspeel in Rusland nie. Volgens my inligting, pleeg Rusland oorlogsmisdade in Oekraine en maak onskuldige burgers van Oekraine dood. Baie soo wat hier gebeur. Die boere pleeg nie hierdie tipe misdade nie en word onskukdig aangeval baie eerder soos Oekraine se burgers as jy my vra, so maak eerder ‘n vergelyking in daardie rigting as om my woorde te verdraai.

Hoekom ·

Lees bo, julle kan nie Rusland vergelyk met die boere nie. Hulle aksies is teenoorgestelde…

Papsak ·

Ag daar word niks aan gedoen oor plaasmoorde nie dit word nie eens gewys op TV nie so hartseer kyk hoe wreed val ons boere nee wat hierdie President steer hom nie eens aan moorde op boere nie

Gaitsigubib ·

Papsak die media word deur die staat beheer en is verantwoordelik vir die vals narratief, dis waarom mens so dankbaar moet wees vir organisasies soos die TLU wat nie wegskram vir die waarheid nie. Jy sal ook my kommentaar heelbo sien, ek weet jy stem saam met dit. Ongelukkig word mense wel gebreinspoel deur die media.

Manie ·

Ek stem volkome saam, ek glo vas dat indien die media ook sekere rooi mannetjies geen publisiteit verleen nie, die situasie dalk ander kan wees.

Erika ·

Omdat Plaas aanvalle nie erken word as misdaad teen minority nie gaan die Govermant net agteroor sit..

George ·

Cyril en kie juig elke keer as hul die uitslag hoor, dis presies wat hulle wil he, alles in die naam van “grond” en “regstellende aksie”

Esme ·

Brendan Horner het SAPD ongeruimdhede aan die groot klok gehang en hy is vermoor. Kan ons die SAPD vertrou? Ek glo nie. Ongelukkig is dit ook so, dat die plaasmoorde in Suid-Afrika nie hoofstroom media bereik nie en joernaliste weet, dat hulle werk nie gepubliseer word wanneer hulle wel artikels daaroor skryf nie. Dankie Bheki Cele, dankie Cyril Ramaphoza – julle moor Blankes is, maar beskerm julle eie….

Chris ·

Daar word te veel gepraat en niks omtrent die tendens gedoen nie. Ek glo ook dat daar niks aan gedoen gaan word nie. Die “politieke” wil en die vermoe om dit te stop bestaan ook nie. Die grootste oorsaak van die plaasmoorde plaas ek op die regime se skouers. Ek kyk graag na onderhoude wat met politici, politieke kenners en navorsers (blank en nie-blank) gevoer word. Dit is ‘n gegorrel van eerste water en ‘n gedurige eierdansery om polities korrek op te tree. Daar is sedert 1652 nie ordentlik en op die man af met mekaar gepraat nie. Deesdae nog erger. Ons weet nie wat die meerderheid se werklike probleem met die wittes in die land is nie. Mens sal verbaas wees hoe die witman agteraf of sommer prontuit bespreek word. Het hulle al uitgevang want gelukkig praat ek ‘n inheemse taal. Ons moet lig loop en wakker slaap.

Lillian ·

Waarmee of met wie moet dit vervang word? 99% van die polisiediens is korrup, onbevoeg, lui, rassisties. Ons moet self inspring om ons boere te beskerm, want sonder hulle vrek ons van die honger.

Goldy ·

Hoor mooi, as daar nie onafhanklikheidsonderhandelinge is nie gaan boere en stedelinge als verloor, van werk tot eiendom, pensioen, als. Daar is nie kans dat enige sameblyery met die anc of ander kommuniste ooit sal werk nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.