Beter beurtkragvooruitsig dié week

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Megan Swart/Maroela Media)

Eskom het Dinsdagmiddag nog goeie nuus oor die beurtkragvooruitsig vir die res van die week gegee.

Die kragvoorsiener sê fase 3-beurtkrag sal gedurende die aand se spitstye van 16:00 tot 00:00 van krag wees.

Beurtkrag sal dan van 00:00 tot 16:00 Woensdag opgeskort word.

Dié skedule sal daagliks tot verdere kennisgewing geld.

Eskom sê die beter beurtkragskedule is te danke aan die opwekkingskapasiteit wat verbeter het.

Altesaam 16 056 MW is tans nie beskikbaar nie weens onverwagse tegniese probleme. Altesaam 2 407 MW is nie beskikbaar nie weens beplande instandhouding.

“Oor die afgelope 24 uur is ʼn opwekkingseenheid elk by die Kriel- en Majuba-kragstasie weer aanlyn gebring,” sê Eskom.

In dieselfde tyd het ʼn opwekkingseenheid elk by die Duvha-, Hendrina-, Kendal-, Lethabo- en Matla-kragstasie onklaar geraak.

Die vertragings in die herstel van opwekkingseenhede elk by die Arnot-, Camden- en Hendrina-kragstasie dra by tot die huidige kapasiteitsbeperkings.

“Eskom-spanne werk 24 uur per dag om hierdie opwekkingseenhede weer aanlyn te bring.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Manie ·

Het die saboteurs in Eskom se binnekringe nou geskrik vir die Minister van Energie?

George ·

Dis die krag wat ons teen duurste aankoop van Mosambiek af, vanaf die sentrale wat SA gebou het.

Papsak ·

Ek glo niks ek sal glo as alles vlot verloop is bly hulle bietjie by gekom het jy krag sit jy sonder water maar nouja so speel hulle ons

JvR ·

Jy is meer reg as wat jy besef. Terwyl fases op en af gaan, broei iets. Want niemand gee aandag aan die massas lugverkeer. Meer bekommerd oor n chinese skip. Ek sit elke aand ure en kyk wat werklik aangaan. Die ware nuus is in die lug. Nie op n skerm nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.