Appel oorheers weer dié Top-20

Appel. (Foto: Youtube)

Appel oorheers vandeesweek se Top-20 met “Foute” wat op nommer 1 bly en “Diana” wat na nommer 2 klim. Sy ander enkelsnit, “Suikerbos”, maak ook sy toetrede tot die Top-20 op nommer 6.

In vandeesweek se Top-20 is daar drie liedjies wat klim, dertien wat hul plekke verloor, drie wat onveranderd bly en een nuwe liedjie wat op die Top-20 verskyn.

  1. Appel – “Foute”
  2. Appel – “Diana”
  3. Eloff – “Koue kole”
  4. Barto – “Impulsief”
  5. Marno van der Merwe – “Uit my lyf”
  6. Appel – “Suikerbos”
  7. Lise Basson – “#23”
  8. Barto – “H2Oë”
  9. Wilma van Heerden – “Sysoen”
  10. Bernice West – “Lyfie”
  11. Die Heuwels Fantasties met Appel – “Nora Vlok”
  12. Juan Boucher – “Dans met gevaar”
  13. Brendan Peyper – “Nee of ja”
  14. Droomsindroom – “Hey sonneblom”
  15. Zaan Sonnekus – “Monitor”
  16. Dodo Nyoka – “Foto’s”
  17. Jan Jan Jan – “Hy’s ʼn lekker ou”
  18. Brendan Peyper – “Toer om die vloer”
  19. Droomsindroom – “Ek ly aan”
  20. Prop – “Kwaaitjie”

Nuwe uitreikings

Musiek soos grond, wat  bestaan uit verskeie kunstenaars wat ʼn ongelooflike hart vir musiek het, het pas hul tweede enkelsnit bekendgestel. Leon Gropp, Joshua na die Reën en Liani Reynolds het “Woordom” saam geskryf onder die Musiek soos grond-sambreel.  “Dit spoor groter perspektief aan en hoop om my en jou bewus te maak van hoe klein ons teenoor die hemelse gewelf staan, maar om terselfdertyd die grootsheids in en om ons te kan ervaar,” het hulle gesê.

Die angs van verlief en verlore te wees word goed vasgevang in Rohan Britz se tweede enkelsnit, “Ek mis jou”. Die lied is geïnspireer uit sy eie ervaring van verlief wees en om die liefde te verloor. Rohan vertel dat hy en sy vrou nou al ʼn dekade lank getroud is, en hul liefde vir mekaar het net sterker geword. Hul paaie het egter vir ʼn wyle geskei en dié ervaring het hom inspireer om die lied te skryf.

Nog liedjies wat uitgereik is, is Tersuis Rooi se “Sneeu”, Tersuis Rooi en Tristan Brown se “Illusie revolusie”, Natasha van der Merwe se “Wag vir jou”, Retief Burger se “Net een naam” en Appel se “Suikerbos”.

Nog ‘n nuwe uitreiking is Rohan Britz se “Ek mis jou”. Luister daarna hier: 

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Miena ·

Ek is lief om na musiek in my kar te luister. Ek het “sound” in my 1 kar laat installeer so paar jaar gelede en het net so lekker saamgesing hard as wat ek kon na so hard as wat ek geluister het.

Nou verander die tye en tegnologie so erg baie – my nuwe kar het nie eers n cd speler in nie – net n usb punt vir of die stokkie met musiek op of my foon met musiek op… en ek sit nie musiek op my foon nie. Jy kan ook nie meer cd’s koop nie – want als is mos nou op platforms waar jy kan betaal en aflaai… en ek is nie tegnologies sterk nie.

Maar nietemin – ek is opgewonde oor die Afrikaanse sangers en nuwe liedjies wat uitgebring word die 1 na die ander. Dankie dat ek nog na liedjies kan in Afrikaans kan luister, saamsing en geniet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.