Busse in Pretoria staan wyl Samwu staak

(Foto: Tshwane Bus Service/Twitter)

Die stadsraad van Pretoria het Dinsdag pendelaars in kennis gestel dat bedrywighede opgeskort is weens ʼn onwettige staking deur lede van die munisipalewerkersvakbond Samwu.

“Die vakbondlede is glo omgekrap oor oortydbetalings en salarisverhogings,” sê Lindela Mashigo, woordvoerder vir Stad Tshwane.

“Die stad se bestuur sal prosesse volg om seker te maak dat die busbestuurders weer terugkeer werk toe en dat bedrywighede soos normaal kan voortgaan.”

Kragtens ʼn kollektiewe ooreenkoms sal die munisipaliteit se eenheid vir arbeidsverhoudinge ʼn brief uitreik wat Samwu se streekskantoor opdrag gee dat sy lede binne 48 uur moet terugkeer werk toe.

“Die stad vra groot om verskoning vir pendelaars wat negatief geraak word deur die staking. Hulle word aangeraai om alternatiewe reisreëlings te tref.”

Verdere verwikkelings sal binnekort met die pendelaars gedeel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Amelia ·

En hoe is pendelaars in kennis gestel het jul vir elkeen n sms gestuur nee pendelaars is nie in kennis gestel nie Hoeveel mense het gewag vir n bus Besef die mense nie hoe gevaarlik dit is vir bv n verpleegster om te wag vir n bus alleen by n bus stop nie wet hul ook nie hoe ry die taxis nie Dit is snaaks sodra mense geld op kaart gesit het dan ry die busse nie verlede maand presies selfde gewees mense loop ook nie met geld by jou nie dink is n skande dat busse kort kort nie ry nie

Perdeby ·

Dit is ‘n diens wat julle aan die publiek lewer, die wat nie by die werk kan kom nie moet onbetaalde verlof neem, wat julle sakke nie raak nie, maar wel die pendelaar. Die pendelaar moet begin om elke dag se loon wat hulle verloor van die stadraad kan eis. Raak onsle van die slapgatte wat net daar is vir die geld.

Blikkies ·

Alle Unies moet onwettig verklaar word. As hulle nie wil werk nie vervang hulle. Daar is ander roetes om op ‘n wettige en ordelike manier geskille te besleg. Ai jammer julle, ek het skoon vergeet, hulle weet mos nie wat is wettig en ordelik nie. Jammer ek het verkeerde kommentaar gelewer.

richard ·

Ek verstaan nie die stelling dat alles in duie stort in Pretoria nie.
Wat die persoon se is tog van toepasing op alle plekke in Suid Afrika.
Ek weet nie hoe die kaarte of koepons werk nie maar ek glo nie hulle het almal se what’s up nommers nie.
Stakings word moontlik in die nag gereel wat dit vir enige organisasie onmootlik maak om ander planne temaak

JohanR ·

Ek was onlangs by my Ma en suster in Pretoria-Noord. Mense daai busse ry in al geval op en af, op en af dol leeg. Hoe maak iemand enige geld, of subsideer die belastingbetaler maar. Ek weet darem hier in Kaapstad ry MyCiti nie leeg op en af.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.