Skamele ekonomiese groei waarskynlik 2023-vooruitsig

(Argieffoto: pexels)

Die ekonomiese groeivooruitsigte vir 2023 lyk nie veel beter nadat die ekonomie in die eerste drie maande van die jaar – tot sommige ekonome se verbasing – met 0,4% gegroei het nie.

Die meeste voorspellings dui stééds op skamele groei van tussen 0,2% en 0,3% vir die jaar in die geheel.

Prof. Raymond Parsons, ’n ekonoom van die Noordwes-Universiteit se sakeskool, sê daar heers ten spyte van verlede kwartaal se skrale ekonomiese groei stééds ’n verhoogde vlak van onsekerheid oor Suid-Afrika se ekonomiese vooruitsigte.

Om dié vooruitsigte te verbeter, moet Suid-Afrika vertroue inboesem, meen Parsons.

Die Absa-indeks van aankopebestuurders vir Mei vanjaar toon egter dat respondente aansienlik meer negatief is oor saketoestande in die nabye toekoms.

Nedbank waarsku weer in sy Economic Insights van 30 Mei dat die aggressiewe styging in rentekoerse die finansiële druk op huishoudings gaan vererger, die vraag na krediet gaan demp en selfs moontlike werksverliese tot gevolg gaan hê.

Om die kroon te span het die geo-politieke spanning weens Suid-Afrika se omstrede standpunt oor die konflik tussen Rusland en Oekraïne tot ’n hoër risikopremie gelei en beleggingsentiment negatief beïnvloed.

Parsons sê die grootste inherente uitdaging is om sakeondernemings en verbruikers se vertroue terug te wen. “Die herstel in vertroue is die helfte van die stryd vir amptelike besluitnemers indien hulle poog om ooreengekome oplossings in werking te stel.

“Daar word gesê dat vertroue die goedkoopste vorm van ekonomiese stimulasie is.”

Maroela Media het vroeër vandag berig die eerste kwartaal se skamele groei van 0,4% het die Suid-Afrikaanse ekonomie in staat gestel om ’n tegniese resessie – twee opeenvolgende kwartale van negatiewe groei – vry te spring.

Parsons sê dié ekonomiese groei is ’n huldeblyk aan die veerkragtigheid en aanpasbaarheid van die private sektor gegewe die ongunstige ekonomiese omstandighede waarin die land hom tans bevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johan ·

Lekker lag ek nou vir die laaste paragraaf se optimisme. Net die krag katastrofe alleen vernietig enige hoop op groei, wat nog van al die ander onsekerheid en blantante afbreek van ons ekonomie. Die politici het eenvoudig net GEEN respek vir die ekonomie nie want “die geld kan nie opraak nie…want…dit is belasting geld”, of so meen hulle.

annie ·

Steenhuisen se beheptheid en heldeverering vir Zelensky wat glo ook van Joodse afkoms is, is besig om ons ekonomiese groei te kelder. Die DA-leier is ontaktvol en voortvarend. John probeer voordeel trek by die stembus maar vergeet van die gevolge. Hy dwing nou die VSA om SA te straf.

Papsak ·

SA het nie meer n ekonomie hulle het dit af gebreek met al hierdie gemors soos virusse oorloe beurtkrag swak water dit alles het n inpak op land se ekonomie regtig hoop is maar skraal

Katinka ·

5 maanda terug was Rand teen New Zealand Dollar, R10, dit stap nou R12 toe vir 1 NZD.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.