Foto’s van wenners: Kansa-Spar-tee vanjaar virtueel

InSPARasie: Elana van Breda

Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) se jaarlikse Kansa-Spar-tee het Saterdagoggend te midde van die Covid-19-pandemie virtueel plaasgevind en daar is oudergewoonte weer tafel gedek, gesmul en gesels – dié keer egter tuis of by plekke soos koffiewinkels en ander venues. Die wenners van die onderskeie afdelings is na afloop van die verskillende kuiergeleenthede bekend gemaak.

Dié gewilde glansgeleentheid word gewoonlik by die St. George’s Hotel in Irene gehou, maar weens die Covid-19-pandemie was dit nie vanjaar moontlik om die sowat 150 gasvroue en 1 500 gaste op een plek te ontvang nie. Daarom het Kansa en Spar, die hoofborg van dié fondsinsameling ten bate van Kansa, besluit om vanjaar ʼn virtuele geleentheid aan te bied.

Die geleentheid het 117 virtuele inskrywings van reg oor Pretoria asook die res van Gauteng ontvang van gasvroue en -here wat hul gaste tuis of elders ontvang het. Kansa-tees is ook in Bloemfontein en Kaapstad gehou. Soos elke jaar is die tafels gekenmerk deur glans en kleur, kreatiwiteit en aandag aan detail.

Passie vir Onthaal – Ria Moolman

Elize Joubert, uitvoerende hoof van Kansa, sê hoewel die kankervereniging swaar getref is deur die Covid-19-pandemie, het hulle geleer om kreatief te dink.

Buiten die virtuele teeparty is ander virtuele planne ook beraam om kankerpasiënte by te staan. Dié planne sluit in virtuele en aanlyn ondersteuningsprogramme vir kankerpasiënte en hul geliefdes asook ’n telefoonberadingslyn wat telefoniese berading deur ’n kliniese sielkundige bied. Dié diens word in sewe tale aangebied.

“[Die deelnemers aan die tee] gee vandag ’n geskenk van hoop aangesien hulle help om dié waardevolle dienste aan ons pasiënte aan die gang te hou.”

Hiér is vanjaar se Kansa-Spar-tee-wenners:

Kansa-vertolking: Chrizanne Potgieter (Foto: Facebook)

Manstafel: Johannes Prinsloo (tafel 115)

Kansa-vertolking: Chrizanne Potgieter (tafel 133)

Blomme: Rinella Jansen van Vuuren (tafel 79)

InSPARasie: Elana van Breda (tafel 51)

Passie vir onthaal: Ria Moolman (tafel 119)

 

Spar Kreatief:

Eerste plek: Juanita McLellan (tafel 51)

Tweede plek: Marli du Preez (tafel 65)

Derde plek: Hanlie Jansen van Rensburg (tafel 96)

Etiket: Elmarie le Roux (tafel 16)

Kreatiwiteit van klein geskenkies: Dassie Barnard (tafel 100)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elsabe ·

Geluk aan die wenners. Die tafels is uiters dekoratief gedek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.