Godly Revolution, die beste manier om Jeugdag te vier!

Die kreatiewe span agter die reuse Christelike musiekfees. (Foto: verskaf)

Radiokansel 657AM het ʼn passie om jongmense te help om hul identiteit in Christus te vind. Dit is hulle wat ons gemeenskappe sal lei, innovasie sal aandryf en die wêreld waarin ons leef sal vorm.

Daarom is die Godly Revolution Lof- en Aanbiddingsfees reeds in die 2000’s ingestel. Duisende jongmense het jaarliks hierdie byeenkoms bygewoon. Mense van heinde en ver getuig vandag nog van die impak wat Godly Revolution op hul lewens gehad het.

In 2022 het Radiokansel, saam met die Goeie Nuus Fabriek-span, weer die Godly Revolution byeenkoms aangebied. Dit was ʼn yslike sukses! Ons hoop dat die 2023-byeenkoms nóg meer jong lewens sal aanraak.

Godly Revolution vind vanjaar op 16 Junie plaas vanaf 17:00 tot 21:00, by die hoofouditorium van Lewende Woord-kerk in Brummeria, Pretoria. Dit is verreweg die beste manier om Jeugdag te vier!

Top Christelike kunstenaars soos Hillsong South Africa, DJ Maeztro, One Crown, Minke Brits, Fusion Band, Pedri van der Westhuisen, Majozi, en vele meer, kom bymekaar met lewendige lofprysing en aanbidding.

Die byeenkoms bied topklas skoon, opbouende vermaak, deelname aan lof- en aanbiddingsbelewenisse en lewensveranderende boodskappe. Ouers is ook welkom om vir hulself ʼn kaartjie te koop om sodoende dit saam met familie en vriende te kan geniet.

Godly Revolution
16 Junie 2023
17:00 – 21:00
Lewende Woord Kerk, Brummeria

 

Vir elke ouer met n tiener naby Pretoria16 Junie17:00-21:00Lewende Woord Brummeria (Pretoria)Godly Revolution kaartjies teen afslag*Betaal slegs R1000 vir 6 mense* Belê in jou kind se geestelike groei en bespreek hierhttps://qkt.io/lwGmtZ@radiokansel@godlyrevolution@iamyouth#pretoria#godlyrevolution#youth#iamyouth

Posted by Gretha Wiid on Thursday, May 18, 2023

(Foto: verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.