Help AfriForum-tak om ʼn bakkie te koop én wen self een!

(Foto verskaf)

Jy kan in 2022 dalk met ʼn splinternuwe Toyota Hilux wegry as jy AfriForum se Krugersdorp-tak se droom om ’n diensvoertuig aan te koop, help bewaarheid.

Dié tak pak gereeld verskeie take in die gemeenskap aan, van skoonmaakprojekte tot verlening van hulp met brandbestryding. Daarom is dit noodsaaklik dat ʼn betroubare en geskikte voertuig beskikbaar is vir die tak se amptelike bedrywighede.

Ander AfriForum-takke soos dié in Vanderbijlpark het ook vanjaar ʼn diensvoertuig aangekoop en kan daarvan getuig dat dit hul taklede se hande net sterker maak.

Om die Krugersdorp-tak te help en in aanmerking te kom vir die prystrekking, kan jy kaartjie by iTickets koop. Elke kaartjie kos R200. Inskrywings is reeds oop en sluit op 31 Maart 2022. Elkeen wat ʼn kaartjie koop, word outomaties ingeskryf om deel van die gelukkige trekking vir ʼn nuwe bakkie te wees.

Tien name sal getrek en genooi word om op 9 April 2022 by Fourways Toyota in Krugersdorp aan te meld, waarna elkeen ʼn stel bakkiesleutels sal ontvang. Die persoon wie se sleutels die bakkie oopsluit, is die gelukkige wenner van ʼn splinternuwe Hilux-bakkie.

Klik hier om nou in te skryf!

Bepalings en voorwaardes vir die kompetisie:

  • Die trekking sal regstreeks op 9 April 2022 plaasvind.
  • Enigiemand mag deelneem, behalwe die bestuur van AfriForum se Krugersdorp-tak.
  • Die bakkie kan nie vir kontant geruil word nie.
  • Die trekking is finaal en word deur onafhanklike stelsels gedoen.
  • Alle kaartjies moet aanlyn gekoop word. Kaartjies mag nie in grootmaat aangekoop en herverkoop word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.