Hoërskool Centurion spog met top-matriekuitslae

Hoërskool Centurion se matriekuitslae het weereens bewys waarom hulle as die top- akademiese skool in Centurion gereken word.

Buiten die 100%-slaagsyfer, het die 165 matrikulante ‘n gemiddeld van 64% behaal met ‘n 100%-toelating tot tersiêre instansies. Hierdie resultate getuig van die besondere karakter, veerkragtigheid en uitnemendheid van die hele Woerie-gemeenskap.

“Ons is ongelooflik trots op ons matrieks wat uitsonderlike prestasies behaal het, ten spyte van ‘n jaar wat ongekende uitdagings aan leerders sowel as personeel gestel het,” het die skool in ʼn verklaring gesê. “Leerders was aanvanklik baie opgewonde oor die Maart-vakansie wat met ‘n week vervroeg is. Die opgewondenheid het egter vinnig in ‘n nagmerrie ontaard toe die grendeltyd onbepaald voortgeduur het.”

Woerie-personeel het besef dié onbepaalde tyd kan die leerders akademies kelder indien hulle nie vinnig gemobiliseer word nie. Binne vier weke het die personeel die hele skool in aanlyn klasse betrek. Ouers is opgelei om Teams-profiele vir leerders te skep. Personeel is opgelei om aanlyn klas te gee en van verskeie toepassings op die aanlyn platforms gebruik te maak… en so is geboorte geskenk aan ʼn nuwe Woerie- aanlyn skool.

Intussen is daar kliphard agter die skerms gewerk om al die Covid-19-protokolle in plek te kry vir die Woeries om so vinnig moontlik terug te keer skool toe. Hoërskool Centurion was van die eerste skole in Tshwane wie se leerders almal terug op die skoolbanke was.

“Met ons graad 12’s terug by die skool het hulle ‘n langer akademiese dag gehad om die werk wat in die twee maande aanlyn gedoen is, te konsolideer. Die personeel het gewissel tussen klasse met graad 12-leerders wat voor hulle gesit het en aanlyn klasse met die ander grade wat nog nie by die skool was nie.”

Dit is geen wonder dat Hoërskool Centurion se 2020-seniors, ons graad 11-en 12-leerders, ‘n 100%-slaagsyfer behaal het nie.

Die helfte van die matriekgroep het ʼn A- of B-simbool vir Engels, Inligtingstegnologie, Visuele Kunste en Elektriese Tegnologie behaal. Toerisme het ʼn gemiddeld van 83% behaal met meer as twee derdes van die leerders wat met ʼn onderskeiding in die vak geslaag het. Een van die Toerisme-leerders, Daniëlle Pienewald, het 100% vir dié vak behaal. Vakke soos Dramatiese Kunste en Geskiedenis het onderskeidelik gemiddeldes van 79% en 76% behaal.

Drie leerders wat onderskeidings vir Verbruikerstudies behaal het met me. R. Heyns (Verbruikerstudies onderwyser) (Foto verskaf)

Zanie Görgens het agt A’s en Carl Brant, Kirsti Oelofse en Karli Snyman het elk sewe A’s behaal. Carl Brandt het die hoogste gemiddeld in die graad met ‘n 88%-gemiddeld behaal. Daar is vier ander leerders met vyf onderskeidings en agt leerders met vier onderskeidings. Twee van die matrikulante wat vier onderskeidings elk behaal het, het moes weens komorbiditeite hul matriekjaar van Aprilmaand af tuis met aanlyn klasse voltooi.

“Sulke skitteruitslae getuig voorwaar van die Woerie-karakter, veerkragtigheid en uitnemendheid van Hoërskool Centurion se leerders en personeel. Kom vul jou hart by Hoërskool Centurion. Woon Hoërskool Centurion se Opedag by op 14 en 15 April 2021.”

Besoek gerus Hoërskool Centurion se sosialemediaplatforms:
Facebook: https://www.facebook.com/HSCEN
Instagram: @woeriekampus
Webblad: www.hscenturion.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.