Meer as 10 000 mense gaan na verwagting landwyd van 18-20 Maart saamtrek vir vanjaar se Christelike naweekfees, #imagine, in onderskeidelik die Vrystaat, Wes-Kaap en Oos-Kaap.
#imagine is ʼn Christelike naweekfees waar tieners oor taal-, kerk- en kleurgrense heen kan lofprys. Die sprekers vir die fees in die Vrystaat is Ivor Swartz, Jaco Strydom, George Motubatse en Manie Botha. Tieners word bemagtig deur praktiese werksessies en gebedstasies.
Dié fees is ʼn manier om Suid-Afrika weer te laat hoop en leiers met integriteit, toewyding, empatie en geloof te ontwikkel. “Die doel van die fees is drieledig: #imagine glo dat ʼn positiewe verandering in die land by jongmense begin. Deur hierdie jongmense met die regte Christelike hulpbronne toe te rus, kan hulle die nodige verskil maak oral waar hulle gaan,” sê die organiseerders in ʼn verklaring.
Jongmense kan dit waarmee hulle toegerus word op die fees vir hulle vriende vertel. “’n Rimpeleffek van positiewe veranderinge in skole, op die sportveld en in vriendekringe vind sodoende plaas.”
Vanjaar is die vierde jaar dat die fees aangebied word. In 2017 word daar gefokus op die toerusting van leiers, mentors en feesgangers. Die aand voordat die fees begin, is daar geleentheid vir mense tussen 18 en 35 jaar om te ontmoet, saam te kuier en te aanbid.
Vir meer inligting, kyk na #imagine se webwerf.
Ek kan dit #imagine…
Stuur asb vir zuma en malema n uitnodiging,ons almal het dit nodig.